...

NAVORSINGSVERHANDELING

by user

on
Category: Documents
1

views

Report

Comments

Transcript

NAVORSINGSVERHANDELING
NAVORSINGSVERHANDELING
’n Prakties Teologiese studie vanuit ‘n
gemeentebouperspektief om die uitwerking te bepaal van
die “40 dae Doelgerigte Lewe” van Rick Warren as
hulpmiddel in die Hervormde gemeentes van die Ring van
Klerksdorp ten einde hulle bestaansdoel te ontdek.
DEUR
ANDRÉ GERHARDUS UNGERER
TER VERVULLING VAN DIE VEREISTE VIR DIE
GRAAD
MA (TEOLOGIE)
FAKULTEIT TEOLOGIE
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
STUDIELEIER: PROF MALAN NEL
2006
1
VERKORTE INHOUDSOPGAWE
VOORWOORD
3
OPSOMMING/ SUMMARY
4
HOOFSTUK 1
8
1.
Probleemstelling
8
1.1.
Die kerk in ‘n krisis
8
1.2.
Eksterne krisis
12
1.3.
Interne krisis
16
1.4.
Samevattend
19
2.
Die doelstellings van die studie
20
3.
Hipotesestelling
21
4.
Metode van ondersoek
21
Hoofstuk 2
2.1.
Die boumetafoor
27
2.2.
Afgeleide beginsels uit die Skrif
29
2.3.
Sekere basiese konsepte
30
2.4.
‘n Definisie van gemeentebou
36
2.5.
Motivering en ontvriesing
39
Hoofstuk 3
3.1.
Die aanloop
42
3.2.
Die verloop
47
3.3.
Die afloop
50
3.4.
Die doelgerigte Lewe (Warren 2002/3)
51
3.5.
Hulpbronne gedurende die 40 dae veldtog
92
Hoofstuk 4
4.1.
Kwantitatiewe navorsing
93
4.2.
Kwalitatiewe navorsing
106
Hoofstuk 5
5.1.
Waardering
119
5.2.
Kritiek
123
5.3.
Bevinding
144
2
VOORWOORD
My opregte dank en waardering aan:
•
Ons Hemelse Vader wat my die leiding en krag gegee het om hierdie werk te
kon doen.
•
Gemeentes van die Ring van Klerksdorp vir hulle deelname aan die 40 dae
veldtog asook die navorsingsgedeelte.
•
My kollegas vir hulle samewerking en ondersteuning.
•
My studieleier, prof. Malan Nel by wie ek oneindig baie geleer het oor die
afgelope jare.
•
My vrou Esbè en kinders, Christiaan, Nadè en Merike wat baie van my tyd en
aandag moes ontbeer.
•
Pietie Botes en Mieke Koekemoer vir die proefleeswerk.
•
Dr. Mike van der Linde en Jeanette Pauw van die Statistiek departement vir
hulle onontbeerlike hulp.
3
OPSOMMING
Warren se boek, “The Purpose Driven Life” (2002), het meer as 20 miljoen kopieë
die afgelope 2 jaar verkoop en is die beste hardeband verkoper in die VSA se
geskiedenis. Van sy eerste boek, “The Purpose Driven Church”, is meer as ‘n
miljoen kopieë in 20 tale verkoop en is aangewys as een van die 100 Christelike
boeke wat die 20ste eeu verander het. In Suid-Afrika het ongeveer 415
kerke/gemeentes Purpose Driven pakette aangekoop en het reeds die 40 Dae
Doelgerigte veldtog deurloop of beplan om dit te doen. Die naam Rick Warren en
“Purpose Driven” is sinoniem en die populariteit van sy werk asook die invloed wat
hy uitoefen in hierdie land, regverdig ‘n studie van hierdie aard.
Hierdie studie wil die uitwerking van Rick Warren se 40 Dae Doelgerigte Lewe
Veldtog bepaal in die Ring van Klerksdorp van die Nederduitsch Hervormde Kerk
van Afrika. Warren bied in die Afrikaanse vertaling van sy boek, Die Doelgerigte
Lewe (2003), vyf doeleindes aan wat volgens hom die bestaansdoel van die kerk is.
Die boek word in 40 kort hoofstukke aangebied en deelnemende gemeentes word
aangemoedig om die boek as deel van ‘n 40 Dae Doelgerigte Lewe veldtog deur te
werk. Aanvullend tot die boek (Warren 2002/3) word ‘n “Campaign Training Manual”
beskikbaar gestel wat gemeentes help om reg voor te berei vir die veldtog ten einde
dit suksesvol af te handel.
Hoofstuk 1 van hierdie studie kyk na die probleemstelling waarin die eksterne en
interne krisis in die kerk bekyk word. Daar word ‘n saak uitgemaak vir die feit dat die
kerk nie altyd seker is van wat presies haar bestaansdoel is nie. Die onderskeid word
getref tussen doeltreffendheid (efficiency) en effektiwiteit (effectiveness) waar
laasgenoemde daaroor gaan om die regte dinge reg te doen. Die regte dinge
impliseer die dinge wat die kerk se bestaansdoel uitmaak. Die studie berus op die
hipotese dat die Die Doelgerigte Lewe Veldtog ’n uitstekende projek is vir gemeentes
4
om hulle bestaansdoel te ontdek terwyl dit ook dien tot versterking en uitbouing van
die gemeentebouproses by gemeentes wat reeds met gemeentebou besig is.
Met bogenoemde hipotese in gedagte word daar in hoofstuk 2 na ‘n teologiese
onderbou van die vakgebied gemeentebou gekyk waarin grondliggende konsepte
uitgewys word en verskillende definisies van gemeentebou gegee word.
In Hoofstuk 3 kom die aanloop, verloop en afloop van die 40 Dae Doelgerigte Lewe
soos voorgehou in die “Campaign Training Manual”, aan die orde. Die deelnemende
gemeentes in die Ring van Klerksdorp word beoordeel aan die hand van die riglyne
in die “Campaign Training Manual”. Vervolgens word daar ook teologies na elkeen
van Warren (2002/3) se vyf doeleindes gekyk.
Hoofstuk 4 bevat die kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing wat die Ring van
Klerksdorp gedoen is. Agt gemeentes het deelgeneem aan die navorsingsprojek en
die respondente se reaksie daarop word bespreek. Onderhoude wat met die
deelnemende predikante gevoer is, word ook bespreek.
In hoofstuk 5 vind ‘n kritiese evaluasie van die veldtog asook Warren (2002/3) se
werk plaas. Die bevinding in daardie hoofstuk oordeel of hipotesestelling gelyk
gegee kan word.
5
Summary
More than 20 million copies of Warren’s book, The Purpose Driven Life (2002), were
sold over the past 2 years. It is the best-selling hardback in U.S. history. Warren’s
previous book, “The Purpose Driven Church” (1995), has sold over one million
copies in 20 languages, and was selected as one of the 100 Christian books that.
changed the 20th century. More than 415 churches/congregations in South-Africa
have already purchased “The Purpose Driven campaign kit” and completed the 40
Days Campaign or are planning to do so. The name Rick Warren is synonymous
with “Purpose Driven” and the popularity of his work as well as his influence in this
country, justifies a study of this nature.
This study wants to determine the effect of Rick Warren’s 40 days of purpose in the
Circuit of Klerksdorp of the Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Warren
(2002/3) provides five purposes for a believer in the church in his book, A Purpose
Driven Life, which is according to him, the church’s purpose of existence. The book
is divided into 40 brief chapters and participating congregations are motivated to use
the book as part of their 40 days campaign. A Campaign Training Manual can be
used complementary to the book helping congregations to prepare their campaign
successfully.
Chapter 1 of this study takes a look at the external and internal problems in the
church. The question arises if the church is at all times sure of her purpose of
excistence. There is a difference between efficiency (doing things correctly) and
effectiveness, which is doing the right things correctly. The purpose of the church’s
existence therefore involves choosing the right alternatives. The hypothesis of this
study is that the 40 Days of Purpose is an excellent project for congregations to
discover their purpose of existence while it also strengthens the process of building
up the local congregation.
6
With this hypothesis in mind, chapter 2 provides the underlying theological
principles, concepts and some definitions of the subject of building up the local
church.
Chapter 3 contains a description of the preparation, the course and the ending of the
40 Days Campaign. The participating congregations in the circuit of Klerksdorp are
evaluated according to the guidelines of the Campaign Training Manual. A
theological view of each of Warren’s (2002) five purposes is also presented.
Chapter 4 provides the quantitative and qualitative research which was done in the
Curcuit of Klerksdorp. Eight congregations participated in the research project and
the respondents reactions are discussed. Interviews that took place whith the
pastors of participating congregations, are also discussed.
Chapter 5 contains a critical evaluation of the 40 Days of Purpose as well as the
book of Warren (2002/3). The conclusion reviews the hypothesis and whether it can
be confirmed.
7
Hoofstuk 1
1.
DIE PROBLEEMSTELLING
Dit gaan nie om jou nie. Dit is die eerste sin van Dag 1 in Warren (2002/2003) se
boek, Die Doelgerigte Lewe. Jou lewensdoel is veel groter as jou persoonlike
vervulling, jou innerlike vrede of selfs jou geluk… As jy wil weet waarom jy op die
planeet geplaas is, moet jy met God begin. Jy is deur sy doel en vir sy doel gebore.
Warren argumenteer dat die mens in sy soeke na die doel dikwels by verkeerde plek
begin nl. by onsself. Ons vra selfsugtige vrae soos: Wat moet ek met my lewe
maak? Wat is my doelwitte, my ambisies, my drome vir my lewe (Warren 2003:15)?
In hoe ‘n mate het die kerk deur die eeue haar vereenselwig by bogenoemde
uitspraak: Deur sy doel en vir sy doel? Het die kerk altyd in elke strewe en aktiwiteit
by God begin? Watter rol het eie belang gespeel in die krisis waarin die kerk haar
bevind?
1.1.
Die kerk in ’n krisis
Die kerk van Jesus Christus verkeer in ‘n krisis (Swanepoel 1996:449). Bosch
spesifiseer die krisis deur te wys op die sending en meer nog, die hele wêreld wat in
‘n krisis is (1991:2,3). Bosch haal Kraemer aan in die volgende woorde: “Strictly
speaking, one ought to say that the church is always in a state of crisis and that its
greatest shortcoming is that it is only occasionally aware of it” (Bosch 1991:2).
Getz (1984:40) wys daarop dat wanneer daar mense is, daar ook funksie en vorm is.
Met die tyd begin mense om vas te raak aan ‘n bepaalde vorm. Dit is volgens Getz ‘n
konstante: “The constant is fixity.” Hy wys verder daarop dat mense net op een
voorwaarde verander aan strukture en vorm in die samelewing - en dit is met een of
ander krisis. Dit blyk dus dat daar by die mens ‘n ingeboude weerstand is teen
verandering. Iets wat die kerk van Jesus Christus nie vryspring nie.
8
König stel dit so:
Een van die ernstige probleme in ons benadering van ander Christene
en van verskille binne die kerk, is dat ons dat ons ‘n bepaalde
uitgangspunt het: As daar twee verskillende sienings of standpunte is,
is een reg en die ander een verkeerd – en natuurlik is dit ons s’n wat
reg is. Ons het min gevoel daarvoor dat verskillende standpunte
elkeen hul eie waarde kan hê. Ons dink “swart-wit”, “reg of verkeerd
en nie genuanseerd en gedifferensieerd nie. Ons is ook baie huiwerig
oor nuwe dinge. Die meeste het die neiging om veilig te voel met die
bekende, en nuwe dinge te wantrou. Onbekend maak onbemind.
(König 1998:31)
Die krisis in die kerk en die sending sentreer in sy beheptheid aan ‘n bepaalde
struktuur en vorm. Sosiale strukture bied ‘n mate van sekerheid aan die mens.
Wanneer daar gepeuter word aan struktuur werk dit in op mense se emosionele
stabiliteit wat weer die angsvlakke laat styg, en angs lei tot weerstand teen
verandering (Getz 1984:40). McLaren omskryf hierdie weerstand soos volg:
My guess is that out of one hundred churches, maybe ten would say
they want to transition. Most are happy as they are, or they’d rather
die than change. My guess is that out of the ten churches who say
they want to transition, probably only two or three really do, meaning
that they are willing to pay the full price. My guess is that of those two
or three, one or two could actually do it, but it would be far more
difficult than they imagined.
(McLaren 2001:147)
Bosch (1991: 181-189) het ‘n interessante hoofstuk oor paradigma veranderings wat
inherent teweeg gebring word deurdat krisisse oor bepaalde modelle kan ontstaan.
Hy bespreek Thomas Kuhn se paradigmateorie in kort en wys dat verandering soos
byvoorbeeld in die wetenskap, nie deur kumulatiewe groei plaasvind nie, maar
9
eerder deur rewolusies (1991:184). Een so ‘n paradigma verskuiwing het uitgeloop
op die Verligting wat ‘n enorme rol in die wêreld en teologie gespeel het. Die kerk
ervaar steeds die nagevolge van die Verligting op vele maniere.
Die vraag kan egter gevra word of die kerk werklik in gevaar verkeer? Is dit nodig om
enigsens bekommerd te wees oor die kerk terwyl die woorde van die gesang dikwels
in gereformeerde eredienste weerklink: “Hou Christus self sy kerk in stand - vergeefs
die hel se woede!” (Lied 477:1). Die woorde kan verseker as ‘n soort
geloofsbelydenis gebruik word. Natuurlik hou Christus sy liggaam, die kerk in stand.
Dit was so deur al die eeue heen, ons kan dit met ons hele wese glo. Maar daar is ‘n
kwalifikasie aan verbonde. Warren (1995:16) sê dat die kerk, die liggaam van Jesus
‘n lewende organisme is. Dit is daarom natuurlik dat die kerk behoort te groei. Alle
lewende wesens wat gesond is groei, jy hoef hulle nie te maak groei nie. ‘n Gebrek
aan groei dui op ‘n ongesonde situasie - ‘n moontlike siekte. Gesondheid kom eers
wanneer alles in balans gebring is. Dit is daarom die taak van kerkleiers om alle
groeibeperkende siektes en struikelblokke uit die weg te ruim sodat natuurlike en
normale groei kan plaasvind.
Warren (2002:17) kwalifiseer egter die groei soos volg: “I believe the key issue for
churches in the twenty-first century will be church health, not church growth....
Focussing on growth alone misses the point. When congregations are healthy, they
grow the way God intends. Healthy churches don’t need gimmicks to grow - they
grow naturally.” Dit is die uitdaging van elke gemeente, van elke denominasie om
agter te kom wat gesond maak en watter “siektes” die kerk laat kwyn. Gebeur dit nie
kan sekere kerke kwyn terwyl ander gedy.
Hendriks (1995:17-32) het die tendense in Suid-Afrika se kerke nagevors aan die
hand van die 1991 sensus en ‘n paar interessante rigtingwysers aangedui. Hy toon
aan dat die kerk in hoofsaak uit Afrikane bestaan nl. 21,68 miljoen uit ‘n moontlike
27,87 miljoen. Daarby beleef die African Independent Churches (AIC’s) ‘n
fenomenale groei. ‘n Groei wat eintlik ‘n wegbeweeg van die hoofstroom kerke is.
Die hoofstroom kerke is besig om te kwyn terwyl “small-group churches” besig is om
10
te groei. Dit is veral van toepassing op die AIC’s alhoewel daar by die blanke en
kleurling kerke ook onderskeidelik ‘n 210% en 211% groei is na hierdie klein-groep
kerke. Mead (1994:12) dat die mees dramatiese groei plaasvind in die geledere van
charismatiese en onafhanklike kerke. In Europa en die VSA is daar egter die
onrusbarende tendens dat die gevestigde hoofstroomkerke lidmate verloor. Dreyer
(2003:1051) noem dat die draaipunt in die VSA in 1965 was terwyl dit in Suid-Afrika
in 1985 was. Mead (1994:1-17,128) noem die volgende finansiële impikasies wat dit
in die VSA gehad het: Rasionalisering van sinodale poste; teologiese opleiding raak
te duur; predikante raak onbekostigbaar vir kleiner gemeentes en die getal werklose
predikante neem drasties toe. Dit is dieselfde simptome wat in die tradisionele
Afrikaanse kerk toenemend manifesteer. Die Gereformeerde groepe se markaandeel
in Suid-Afrika het gedaal van 33% in 1911 tot 16% in 1991 (Dreyer 2003:1052).
Die prentjie wêreldwyd, gemeet teenoor die Islam, lyk ook nie rooskleurig nie. Price
(2001:178) noem dat die Islam die afgelope 50 jaar getallewys met 500%
toegeneem het teenoor die 47% van die Christendom. Hy meen verder dat lande wat
voorheen histories as Christenlande bekend was vinnig deur die Islam ingehaal
word. In Wes Europa is die Islam die tweede grootste godsdiens en word verwag dat
dit die grootste godsdiens in net twee dekades sal word. In Frankryk is daar een-en’n-half miljoen Moslems (ongeveer 6 Moslems vir elke Christen). In Engeland is daar
meer as 2000 moskees en in die VSA is daar 7 miljoen Moslems en 1 370 moskees
teenoor dertig jaar gelede waar daar slegs 500 000 Moslems en 598 moskees was
(Price 2001:178).
‘n Ander interessante tendens is dat “die wat het”, die kerk verlaat terwyl “die wat nie
het nie”, lidmate van die kerk word. Die wat die kerk verlaat is veral die invloedrykes
uit blanke en kleurling geledere terwyl die armes na die kerke toe gaan vir hulp en
sekuriteit. Dit is ‘n wêreldwye tendens. Hendriks (1995: 27) noem dat dit ‘n uitdaging
vir die hoofstroom kerke gaan wees om Suid-Afrika se “Yuppies” te bereik en weg te
lei van destruktiewe indiwidualisme, materialisme en selfgesentreerdheid.
11
In die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika is daar sedert 1992 ‘n konstante
afname in lidmaatgetalle. Van 1971 was daar ‘n konstante groei vanaf 109 240
belydende lidmate tot ‘n hoogtepunt in 1992 met 134 160 belydende lidmate. In die
elf jaar sedertdien het die belydende lidmaattal afgeneem tot ‘n ontstellende 113 228
in 2003 (Almanak 2004:132). Geneem teen 400 lidmate per gemeente, het die kerk
52,33 gemeentes verloor in ‘n periode van 11 jaar. Toegegee, daar is faktore soos ‘n
afname in geboortesyfer onder blankes en ‘n daling a.g.v. emigrasie, maar ‘n afname
in die getal dopelinge het eers in 1986 begin plaasvind. Dit kan nie nou reeds ‘n
invloed op die getal belydende lidmate hê nie.
Die vraag is: Wat veroorsaak hierdie daling in die getalle van die meeste hoofstroom
kerke wêreldwyd? Daar is ‘n verskeidenheid van faktore wat vervolgens onder die
hoofpunte Eksterne- en Interne krisis behandel word.
1.2.
Eksterne krisis
1.2.1. Die Verligting
Die era van die Verligting begin in die sewentiende eeu (Bosch 1991:262). Deist
(1984:53) dateer die aanvang van die Verligting later en sy bondige definisie van die
era lees soos volg: “An 18th-century intellectual movement that held human reason
to be the ultimate norm of truth, thus tending towards anti-authoritarianism.” Die
wortels van moderniteit lê in die Verligting. Die Renaissance het die mens meer in
die middelpunt geplaas en God op die agtergrond begin skuif. Die mens het mag oor
die natuur en kan sodoende die natuur se diepste geheime ontrafel (Olson 2002:1123). Die hoofkenmerke van die verligting sentreer in die beklemtoning van die rede,
die subjek-objek skema, die inbring van direkte kousaliteit om die werklikheid te
verstaan, die strewe na vooruitgang en die idee dat die wetenskaplike kennis feitelik,
vry van waardes en neutraal moet wees (Bosch 1991:264-267).
Die Verligting en sy denke kan uitsluitlik as ‘n produk van die westerse wêreld gesien
word. Dit is daarom dat die ontwikkeling wat daaruit voortgekom het ‘n geweldige rol
12
gespeel het in die tot standkoming van sosio-ekonomiese faktore soos
industrialisasie, verstedeliking en sekularisasie. Hierdie tydsgees het uiteraard ‘n
enorme invloed gehad op die kerk en sy bediening.
Pieterse (1993:13-14) sê dat met die term Verligting, die moderne tydvak wat die
mens as redelik subjek in die middelpunt van die wêreld plaas, bedoel word. Die
moderne mens sou oor objektiewe kennis beskik en met tegnologie die natuur
beheer om sodoende sy vooruitgang en ontwikkeling te verseker. Die modernisme
het egter na ruim drie eeue in ‘n krisis beland deur die katastrofale verwoesting van
die Eerste Wêreldoorlog. Op hierdie kruispunt van die geskiedenis van die twintigste
eeu staan Karl Barth wat ‘n besonderse aanvoeling gehad het oor wat tydens die
Eerste Wêreldoorlog met die gees van Modernisme gebeur het. Pieterse 1993:14)
haal vir Bronkhoorst (1953:12-13) in hierdie verband aan:
In Safenwil beleefde Barth de eerste wereldoorlog. Deze wereldoorlog
heeft een eind gemaakt aan het blijmoedige optimisme van die 19e
eeuw. Aan de tijd, toen men meende, dat die wêreld zich tot steeds
hoger volkomenheid ontwikkelde. Dat onze kinderen het beter zouden
hebben en beter zouden zijn dat hun vaders en onze kleinkinderen
weer beter dan onze kinderen. Deze genoegelijke optimistische
wereldbeschouwingen die in het jaar 2000 dan zo ongeveer de hemel
op aarde meenden bereikt te zullen hebben, storten in deze jaren
plotseling en radikaal in elkander. En die prediker op de kansel ging
ontdekken, dat zijn vriendelijke beschouwingen over de goede God in
de hemel en de bijna-goede mens op aarde niet langer klopten…
Die moderne tydvak het ‘n wrange erfenis in die twintigste eeu nagelaat. Ons
tegnologiese prestasies het gemaak dat die omgewing meer en meer
vernietig is. Dit het gelei tot ‘n arsenaal van kernwapens wat ‘n
onvoorstelbare vernietiging inhou. Dit het ook gelei tot ‘n uitstorting van die
godsdiens uit die openbare na die private lewe, wat ‘n armoede van waardes,
13
norme en wellewendheid in die openbare lewe gebring het (Pieterse
1993:15).
1.2.2. Industrialisasie en die gepaardgaande verstedeliking
Dit was die ontwikkeling van industrieë en die bou van fabrieke wat die magneet was
wat mense in groot getalle getrek het vanaf die platteland na die stede. Getz
(1984:44) sê dat ons van die agricultural wave beweeg het na die industrial wave
wat gelei het tot sentralisasie van die bevolking. Verstedeliking word gesien as die
mees beduidende demografiese verandering hierdie eeu (Gibbs 1993:121,125). Die
kerk moes by hierdie situasie aanpas met wisselende grade van sukses. Gibbs
(1993:136) merk in hierdie verband op: “Mainline Protestantism is seldom really at
home in the city.”
Die impak van verstedeliking op mense se religieuse verbintenis is verreikend.
Mense woon in een deel van die stad, werk in ‘n tweede deel en gaan sosiale
verhoudinge aan in ‘n ander deel (Gibbs 1993:135). Mense weet nie meer primêr
waar hulle hoort nie. Is dit by die familie, werksplek of elders? Daarby word die
indiwidu nie meer so goed geken as in ‘n pre-industriële gemeenskap nie. Dit is
daarom te verstane dat ‘n pastor langer in ‘n stedelike gemeenskap sal moet bly om
‘n redelike invloed uit te oefen. Gibbs (1993:146) meld dat in die geval van ‘n
middestad gemeente die pastor hom tien jaar lank behoort te verbind. Warren
(1995:31) sluit hierby aan deur aan te dui dat gesonde, groot kerke gelei word deur
pastors wat ‘n lang tyd daar is. “A long pastorate does not guarantee a church will
grow, but changing pastors every few years guarantees a church won’t grow.” Dit is
een voordeel van die huidige situasie in die Hervormde Kerk met sy oorskot
predikante - dominees word gedwing om langer in gemeentes te bly. Hopelik sal dit
‘n positiewe uitwerking in baie gemeentes tot gevolg hê.
14
1.2.3. Sekularisasie
Os Guiness (1983:51-53; aangehaal in Gibbs 1993:164) definieer die proses van
sekularisasie as volg: “The process through which, starting from the centre and
moving outward, successive sectors of society and culture have been freed from the
decisive influence of religious ideas and institutions.” Bosch (1991:3) verwoord die
uitwerking van sekularisasie op geloof soos volg: “Why turn to religion if we
ourselves have ways and means of dealing with the exigencies of modern life.” Op
die oog af lyk dit asof die opbloei van die wetenskap en tegnologie, en daarmee
saam die wêreldwye proses van sekularisasie, geloof in God oorbodig gemaak het.
Soos Hendriks uitgewys het, blyk dit veral vir die kerk in die westerse wêreld ‘n
probleem te wees (1995:27).
Stephen Covey (1989:18-19), in sy insiggewende boek, The Seven Habits of Highly
Effective People, wys daarop hoe die proses van sekularisasie omgekeer kan word.
Hy onderskei tussen karakteretiek en persoonlikheidsetiek. Laasgenoemde
konsentreer op aangeleerde tegnieke en vaardighede om die proses van menslike
interaksie
te
vergemaklik.
Baie
van
hierdie
persoonlikheidsetiek
is
egter
manipulerend van aard omdat dit op tegnieke ingestel is wat mense van jou laat hou
sodat jy hulle sover kan kry om te doen wat jy wil hê hulle moet doen. Die karakter
etiek fokus op wat Covey noem, basic goodness. Covey argumenteer verder vir ‘n
beginsel-gesentreerde paradigma, wat hy ook noem ‘n “inside-out” benadering: “If I
try to use human influence strategies and tactics of how to get people to do what I
want... while my character is fundamentally flawed, marked by duplicity and
insincerety - then in the long run I cannot be succesfull. My duplicity will breed
distrust, and everything I do - even using so-called good human relation techniques will be perceived as manipulative... Only basic goodness gives life to technique”
(1989:21). Christene in veral die westerse wêreld kan hierdie proses van
sekularisasie help stuit deur waarlik dissipels te wees vir Jesus Christus (Watson
1983:16). Ware dissipelskap kan tog nie anders as om “basic goodness” en nog véél
meer te wees nie.
15
1.2.4. Godsdienstige pluralisme
Die weste wat vir meer as ‘n millenium die tuiste van die Christendom was, het sy
dominante plek in die wêreld verloor. Verder is daar ‘n toenemende gevoel van
ontnugtering oor die westerse tegnologie en ontwikkeling. “Progress, the god of the
Enlightment, proved to be a false god after all” (Bosch 1991:188). Die Weste het ook
sy eie kulturele waardes vir baie verloor en is dus meer vatbaar vir godsdienste soos
Islam en Hindoeisme wat indiwidualisme beveg (Gibbs 1993:199).
Christene, Moslems, Hindoes en vele ander godsdienste het daagliks kontak met
mekaar in die nuwe Suid-Afrika. Hierdie ander godsdienste doen in baie opsigte
meer aggressief sending as wat Christene bereid is om te doen. Vir die pluraliste is
dit onaanvaarbaar om van godsdienstige oortuigings te praat as waar of vals,
aangesien dit ‘n privaat aangeleentheid is en elke mens geregtig is op ‘n godsdiens
van sy eie. ‘n Missionêre gerigtheid van die kerk kan deur die pluraliste as
indringerigheid beskou word, omdat jy nie jou godsdiens op ander mag afdwing nie
(Swanepoel 1996:188).
Tog meen Gibbs (1993:195) dat dit noodsaaklik is vir die kerk om sy lidmate toe te
rus om hulle geloof uit te leef in ‘n pluralistiese samelewing. Ook nominale Christene
wat die meeste vatbaar is vir sending vanuit ander godsdienste, moet voorberei
word. Daar moet verseker word dat hierdie nominale Christene ‘n “intellectually
robust faith” het sodat hulle al die belangrikste sake deurdink het as hulle met ander
godsdienste gekonfronteer word (Gibbs 1993:208).
1.3.
Interne krisis
1.3.1. Nominaliteit
Die meeste bewegings en organisasies gaan deur ‘n lewenssiklus as toegelaat word
dat gebeure hul eie gang gaan (Gibbs 1993:13). Die beweging gaan vooruit op
grond van die visie van die stigter en op grond van die toewyding van hulle wat hulle
16
rondom die pionier geskaar het. As die stigter wegval, inspireer die eerste getuies
hulle opvolgers met eerstehandse getuienisse. Die volgende geslag is steeds in
voeling met die lewende tradisie, maar hierdie mense raak oud en is minder in
getalle. Hulle geheue is ook nie meer so goed soos dit eens was nie. Die tweede en
opeenvolgende geslagte neig om vertroetel te word binne-in die beweging eerder as
wat daar bekering van buite af plaasvind. Gevolglik aanvaar baie die voorregte van
die lidmaatskap as vanselfsprekend en sommiges raak gefassineer deur
alternatiewe lewensstyle buite die beweging. Die beweging wat deur die stigter begin
is degenereer na ‘n masjien toe en eindig as ‘n monument. Die Christelike kerk is nie
immuun teen hierdie degeneratiewe proses nie. Dit raak plaaslike gemeentes asook
denominasies (Gibbs 1993:13).
Nominaal is dus om in naam deel te wees van ‘n beweging maar nie in werklikheid
nie. Die persoon is nie aktief betrokke nie. Hulle dra dalk die titel, maar daar is niks
substantief om dit te rugsteun nie. Daar is die wat aanhou om te behoort terwyl hulle
nie meer glo nie, dan is daar die wat glo al het hulle opgehou om te behoort (Gibbs
1993:13,16). Nel (2003:9) verwoord hierdie tendens aangrypend as hy die kerk met
sy ma vergelyk:
“Maar ek is bekommerd oor my ma. Baie ander mense is ook
bekommerd oor die kerk. Ek het soveel verwagtinge van die kerk.
Die kerk is nie meer vir almal soos ’n ma nie. Baie mense voel nie
meer veilig by haar nie. Baie mense wil niks meer van haar weet en
ontken dat sy enige invloed in hulle lewe gehad het. Hulle kan ’n lang
lys van persoonlike teleurstellings in hierdie kerk opnoem. En dis nie
lekker nie. Dis nie soos dit moet wees nie.”
1.3.2. Institusionalisme
Volgens Getz (1984:252) is institusionalisme in proses wanneer die organisasie
belangriker word as die mense waaruit die organisasie bestaan. Indiwidue verloor
hulle kreatiwiteit en begin soos ratte in ‘n masjien funksioneer. Die strukturele
17
bepalings van die organisasie raak rigied en onbuigbaar en mense raak gevange in
reëls en regulasies. Die moraal van mense neem af en hulle raak toenemend
ontnugter.
Niebuhr (1959:11 aangehaal in Bosch 1991:51) onderskei so tussen ‘n beweging en
instituut: ‘n Institusie is konserwatief terwyl ‘n beweging progressief is. Die een is
passief terwyl die ander een aktief is, die een is beïnvloed eerder as om invloed te
laat geld. Institusie kyk terug na die verlede terwyl ‘n beweging toekomsgerig is. Die
institusie is angstig terwyl ‘n beweging bereid is om kanse te waag. Die een beskerm
grense terwyl die ander dit oorsteek. Baie Reformatoriese kerke, die Hervormde
Kerk ingesluit, het ook nie aan hierdie proses van institusionalisme ontkom nie. Die
religieuse sisteem is gekoester, maar die indiwidu is uit die oog verloor. Dogmas en
tradisies met hulle vorm en strukture het meer belangrik geword as mense. Mense
het ag geslaan op hulle doktrine maar dit het min ingehou vir hulle alledaagse
verhouding met God en die medemens. Godsdiens het in vorm en seremonies
verval. ‘n Persoonlike verhouding met God is vervang met ‘n onpersoonlike
verhouding met die organisasie (Getz 1984:259).
Bogenoemde beskrywing van die kerk hoef nie so te wees nie. Gardner (aangehaal
in Getz 1984:251) noem dat ‘n organisasie “oud” kan raak in twee of drie dekades of
dat dit kan oorleef vir eeue. Organisasies kan hulleself voortdurend vernuwe. Die
Christelike kerk word vernuwe deur hulle wat onder die leiding van die Heilige Gees
waarlik daarna streef om ‘n gehoorsame, lewende en groeiende kerk te wees.
Gaan die kerk hierdie gevaar, kreatief en in afhanklikheid van die Heer, in
geleenthede omskep? As ons dit nie doen nie dan word die woorde van Callahan
(1987:122) vir ons dalk ‘n verdoemende profesie: “A pastor or key leader who still
behaves as though it were the post - world war II churched culture of the 1950's can
be compared to the captain on the bridge of a disabled ship. He or she presides with
honor and dignity as the ship slowly founders and sinks into the depths of the sea
beneath.”
18
1.4.
Samevattend
Soos in voorafgaande gesien, is die kerk voortdurend in ‘n staat van krisis met die
tekortkoming daarby - die kerk is net somtyds bewus daarvan (Bosch 1991:2). Dit
sentreer in ‘n eksterne krisis en interne krisis (1.2. en 1.3). Die volgende vraag kan
tereg gevra word: Hoekom is die kerk in ‘n voortdurende staat van krisis en net by
geleentheid bewus daarvan? Het dit dalk grootliks te doen met Drucker (aangehaal
in Warren 1995:90) se onderskeiding tussen doeltreffendheid en effektiwiteit.
Doeltreffendheid is om dinge reg te doen terwyl effektiwiteit beteken om die regte
dinge te doen. Die kerk het hopelik in die verlede gepoog om dinge reg te doen,
maar was daar voldoende begrip vir wat die regte dinge was wat gedoen moes
word? Warren (1995:90) stel dit soos volg:
Many churches are efficient in that they are well organized and
maintain a full slate of programs. But while they generate a lot of
activity, there is little productivity. Energy is wasted on trivial issues.
It’s like rearranging deck chairs on the Titanic; everything may look
nice and organized, but it doesn’t matter because the ship is still
sinking! It is not enough for a church to be well organized; it must be
well organized to do the right things.
Rust en Young (1995:5) bewoord iets van bogenoemde as hulle skryf oor ‘n eie
gemeentebouproses: Die kerk is nie altyd bewus van haar identiteit en roeping in die
wêreld nie. Die kerk moet voortdurend besin oor haar eie wese en bestaansdoel. Die
vraag is of die omvang van die kerk se bestaansdoel in die verlede altyd duidelik
was en duidelik gekommunikeer is? Sal ‘n beter begrip van die kerk se bestaansdoel
nie juis die geleentheid wees om die krisis waarna verwys is, meer effektief af te
weer nie? Koyama (1980:4: aangehaal in Bosch 1991:7) wys daarop dat die
Japanese karakter vir krisis ‘n kombinasie van die karakters vir gevaar en
geleentheid is. Die krisis is daarom nie die einde van die geleentheid nie, maar
19
eintlik die begin! ‘n Krisis is die punt waar gevaar en geleentheid ontmoet (Bosch
1991:7).
2. DIE DOELSTELLINGS VAN DIE STUDIE
In die lig van die voorafgaande probleemstelling word daar in hierdie studie gekyk na
die werk van Rick Warren soos vervat in sy boeke: The Purpose Driven Church
(1995) en veral, The Purpose Driven Life (2002), in Afrikaans vertaal: Die
Doelgerigte Lewe (2003). Hierdie studie wil die uitwerking van die Doelgerigte Lewe
projek vasstel in die Ring van Klerksdorp nadat gemeentes blootgestel is aan ’n
veertig dae wydingsperiode. Die vyf doeleindes wat deur Warren (2003) omskryf
word kan aangewend word om die krisis (punt 1) die hoof te bied. Uit ’n
gemeentebou oogpunt het hierdie studie waarde. Dit kan vasstel in hoe ’n mate dit ’n
hulpmiddel is vir gemeentes wat reeds besig is met ’n gemeentebouproses in terme
van doelgerigte aksie.
Op ’n Ringskomitee vir predikante vergadering is daar op 9 Februarie 2004 na die
“The purpose driven life simulcast” video gekyk van Rick Warren. Daar is toe besluit
om kerkrade uit elke gemeente te nooi na ’n bekendstellingsaand op 25 Maart 2004
waar dieselfde video vertoon is. Van die 11 gemeentes was slegs 2 gemeentes nie
verteenwoordig nie. Na 25 Maart is dit aan elke ouderlingevergadering oorgelaat om
te besluit of hulle gemeente deel gaan wees van die 40 Dae Doelgerigte Lewe projek
wat in die derde kwartaal ’n aanvang sou neem. Die tweede kwartaal sou dan
gebruik word as voorbereiding, bekendstelling en motivering vir die derde kwartaal.
Dit sou ook genoeg geleentheid gegee om die voetwerk reg te kry vir kwalitatieween kwantitatiewe navorsing betreffende die projek.
Die doel van die studie is om deur middel van praktiese-teologiese navorsing te kyk
na die praktyk van die implementering van “The 40 days of purpose” as projek van
die ring van Klerksdorp. Die volgende doelwitte word gestel:
•
’n Literatuurondersoek te doen van die werk van Rick Warren asook relevante
navorsingsliteratuur.
20
• ’n Kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoek na die resultaat van hierdie projek in
deelnemende gemeentes van die ring.
3. HIPOTESESTELLING
‘n Hipotese is ’n onbewese stelling wat moet dien as grondslag vir redenering of
anders gestel, ‘n veronderstelling of voorlopige veronderstelling wat gebruik word om
iets anders te bewys (Odendal e.a. (reds.), 1985:393). Dit is ‘n stelling wat ‘n
vermeende verband of verskil tussen twee of meer verskynsels of veranderlikes
postuleer (Mouton & Marais, 1989:135). ‘n Navorsingshipotese dui dus op ‘n
tentatiewe oplossing van ‘n probleem (De Wet, Monteith en Venter, 1981:32. In die
lig hiervan sou die volgende as basiese hipotese vir die studie kon dien:
Die 40 Dae Doelgerigte Lewe Veldtog is ’n uitstekende projek vir
gemeentes om hulle bestaansdoel te ontdek terwyl dit ook dien tot
versterking en uitbouing van die gemeentebouproses by gemeentes
wat reeds met gemeentebou besig is.
4. METODE VAN ONDERSOEK
Volgens Van der Ven (1994:29-44) is daar hoofsaaklik drie benaderings ten opsigte
van ondersoekmetodes naamlik die hermeneutiese, historiese en empiriese
benadering. Heitink (1993:159) noem dat in die metodologie van die praktiese
teologie ons te make het met drie begrippe: begryp, verklaar en verander. Die
perspektief van begryp staan sentraal in die hermeneutiese interpretasieteorie. Dit
gaan oor die verstaan van menslike handelinge binne spesifieke omstandighede en
dit gaan nie daaroor om algemeen geldende konklusies te bereik nie. Die perspektief
van verklaar staan sentraal in die empiriese benadering wat gaan oor die
identifisering van prosesse, empiriese navorsingsmetodes, die formulering van
hipoteses en toetsing van die geldigheid daarvan. Die perspektief van verandering
staan in ‘n ander orde as die vorige twee. Heitink noem dit die strategiese
21
perspektief. Beide begryp en verklaar het ‘n uitwerking wat lei tot verandering.
Verandering is die resultaat en doel van God se koms na die mens.
Strien (1986:18 e.v.) praat van ‘n regulatiewe siklus by verandering naamlik:
probleemstelling – diagnose – plan – ingreep – evaluasie. Heitink (1993:161) stel
bogenoemde op die volgende wyse skematies voor (figuur 12: die methodologie van
die praktische theologie):
Die kwalitatiewe navorsorgsingsmetode behoort myns insiens by begryp en verklaar
sonder om empiries te verifieer. Volgens Denzin en Lincoln (1994:4) is die verkil
tussen kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing soos volg:
The word qualitative implies an emphasis on processes and meanings
that are not rigorously examined, or measured (if measured at all), in
terms of quantity, amount, intensity, or frequency. Qualitative researchers
stress the socially constructed nature of reality, the intimate relationship
between researcher and what is studied, and the situational constraints
that shape inquiry. Such researchers emphasize the value-laden nature
of inquiry. They seek answers to questions that stress how social
experience is created and given meaning. In contrast, quantitave studies
emphasize the measurement and analysis of causal relationships
22
between variables, not processes. Inquiry is purported to be within a
value-free framework.
As onderdeel van kwalitatiewe navorsing word kollegas van die gemeentes wat
saamwerk genooi om deel te wees van die ondersoek. Dit sou kon tuisgaan
onder wat Denzin en Lincoln (1994:324-329) “Co-Operative Inquiry” en
“Participatory Action Research” noem. Hier kan van die gestruktureerde of
ongestruktureerde onderhoudmetode (Denzin+Lincoln 1994:361-375) gebruik
gemaak word.
Hierdie studie bevat ook ‘n goeie deel kwantitatiewe navorsing in terme van ‘n
empiriese ondersoek. Soos Pieterse (1993:26) dit stel: “…wat geskied deur
distansiëring, objektivering en deur beskrywing, verkenning en verklaring.” Hy
noem verder die belangrikheid van empiriese navorsing (Pieterse 1993:26):
“Sonder hierdie empiriese navorsing loop die praktiese teologie (en die pogings
tot verstaan van die evangelie in ons eietydse konteks) gevaar om verkeerde
vermoedens, naïewe assosiasies en ongegronde spekulasies oor wat mense
sou glo, ervaar en praktiseer, as die waarheid daar te stel.”
Die volgende werkswyse word in vooruitsig gestel:
•
’n Literatuurondersoek na die werk van Rick Warren asook relevante
navorsingsliteratuur.
•
’n Kwalitatiewe ondersoek waar deelnemende kollegas saamwerk ten
einde die uitwerking van hierdie projek in hulle gemeentes te bepaal.
•
’n Empirisiese ondersoek waar vraelyste uitgestuur word en
kwantitatief verwerk sal word om ’n resultaat te bepaal.
•
‘n Evaluering van die resultate.
23
Die hoofstukindeling is soos volg:
Hoofstuk 1 bevat die inleidende probleemstelling waarna die hipotesestelling
uiteengesit word en die doel van die studie verduidelik word. In hoofstuk 2 word
gekyk na die teologiese onderbou van gemeentebou met spesifieke verwysing na
die gemeentebouproses asook ‘n definisie van gemeentebou. Hoofstuk 3 bied ‘n
uitgebreide oorsig oor die proses van beplanning en reklamering van die 40 dae
wydingsperiode, die verloop daarvan asook die afloop. Die 5 doeleindes in ‘n
doelgerigte lewe van Warren (2002/3) word ook behandel. In Hoofstuk 4 word die
kwantitatiewe en kwaltitatiewe resultate van hierdie studie voorgehou. Hoofstuk 5 is
‘n evaluering van die Doelgerigte Lewe Veldtog asook die werk van Warren (2002/3).
Aan die einde van hoofstuk 5 word die bevindinge van die studie bespreek.
Die kerk van Jesus Christus verkeer in ‘n krisis, soos in hierdie hoofstuk uitgewys is.
Bied die Doelgerigte Lewe van Warren (2002/3) asook die 40 Dae Doelgerigte Lewe
veldtog wat ten nouste daaraan gekoppel is, enige hoop vir Christene en
gemeentes? Is die 40 Dae Doelgerigte Veldtog ‘n nuttige projek vir gemeentes om
hulle bestaansdoel te ontdek?
24
HOOFSTUK 2
TEORETIESE ONDERBOU:
Te Velde (1992:18) vertel dat gemeente opbou in die moderne geskiedenis sy
ontstaan in die Grote Duitse Volkskerk het. Die lidmaatregisters in die groot stede
het duisende aangedui terwyl slegs ‘n klein persentasie getroue kerkgangers was.
Teen die einde van die vorige eeu (1890) het mense na nuwe moontlikhede begin
soek om randlidmate meer aktief by die kerk in te skakel. Met die oog hierop het
predikante in enkele Duitse stede “Gemeindeaufbau” begin doen.
In die werke van Rick Warren soek jy tevergeefs na prinsipiële gemeentebou
literatuur. Hy het sy Teologiese opleiding ontvang by die Southwestern Baptist
Theological Seminary te Fort Worth, Texas (1995:11). Sy werk is eerder geskoei op
Church Growth uitgangspunte wat hom voorberei het vir sy gemeentewerk en gelei
het tot die boek “The Purpose Driven Church” (1995). Hy noem in die boek dat hy vir
die afgelope twintig jaar ‘n student is van groeiende gemeentes en dat hy honderde
sulke gemeentes, ongeag hulle grootte besoek het. Hy het in ‘n stadium ‘n jaar
gespandeer om die honderd grootste kerke in Amerika te bestudeer en noem verder
dat hy elke boek gelees het oor kerkgroei. Daarby het hy die Nuwe Testament uit ‘n
kerkgroei oogpunt bestudeer: “The New Testament is the greatest church-growth
book ever written…it’s the owner’s manual for the church” (Warren 1995:17-18).
Verder noem hy dat sy grootste leerskool dit was wat God gedoen het in die
gemeente waarin hy pastor is. “It gave me an education that no book, no seminar,
and no professor could have ever given me.” Oor die praktykgerigtheid van sy boek
sê hy die volgende: “Nothing in this book is theory. The last thing we need is another
church-growth theory. What is needed are answers to real problems that have been
proven effective in actual church settings” (1995:18).
25
Dit is ironies dat Wagner (1984:49) juis met sy kerkgroeibril op, die jong Warren
getipeer het in die vroeë tagtigerjare:
“One of the most rapidly growing churches in Southern California is
the Saddleback Valley Community Church, a Southern Baptist Church
in Laguna Hills. Their pastor, Rick Warren, is a church growth pastor.
They celebrated their third anniversary on Easter Sunday, 1983, with
1000 in attendance. His announced growth goal is 20 000 members by
the year 2020 plus starting a new church every year. So far they have
started three new churches in three years. One of Warren’s qualities is
an assurance of his call.”
Dit wil lyk of Warren, ten minste in die beginjare van sy bediening, die kerkgroeietiket moeilik afgeskud sou kry. Wagner (1984:49) het ook die volgende opgemerk
oor die “assurance of his call” van Warren:
“I am impressed with his letterhead. Across the top in bold letters are
the words “Richard Warren, Pastor.” The church name is in small type
along the bottom of the page. I showed this letterhead to another
pastor friend of mine who exclaimed, “This goes against the grain of all
I ever learned in seminary!” … It is easy to comprehend my friend’s
feelings. Ultimately, the Body of Christ is the most important… But
Warren’s letterhead is not designed to impress Christians, it is
targeted toward non-Christians, the 20 000 of them he hopes to win to
Christ over the next thirty or forty years.”
Brian McLaren (2001:147) wat allerweë as die vader van die Emergent Church
Movement beskou word maak ‘n terloopse opmerking oor Rick Warren en Bill Hybels
as hy die volgende sê:
The next hunch is going to be counterintuitive – but I would guess that
churches that “missed” the traditional-to-contemporary transition (à la
26
Willow Creek or Saddleback) might have a better chance of
transitioning
to
postmodern
ministry
than
ones
that
became
contemporary… Contemporary churches are happily modern, and their
numbers (attendance, budget) are probably sufficient so that the pain of
changing would be greater than the pain of not changing. Of course,
there are some amazingly smart contemporary pastors out there – Rick
Warren en Bill Hybels and others. So I’m sure there will be exceptions
to this.
Omdat hierdie studie vanuit ‘n gemeentebouperspektief geskied word daar
vervolgens gekyk na ‘n teoretiese onderbou vir die vakgebied gemeentebou.
2.1.
Die boumetafoor.
As ‘n mens in die Bybel soek na die term gemeentebou soek jy tevergeefs. Die saak
kom wel na vore nl. dat dit die Here God is wat sy gemeente wil bou (Te Velde
1992:10, Nel 1994:7). Bou veronderstel ‘n begin, ‘n fondament wat God self gelê het
waarop daar ook voortgaande arbeid moet plaasvind (Te Velde 1992:11). Warren
1995:309) praat van die skare erediensgangers wat kerk moet word: “The crowd
must become a church.” Dit is ‘n gebeure wat verloop van ‘n gemeenskap wat praat
van “daardie kerk” na ‘n skare wat praat van “hierdie kerk” tot by ‘n gemeente wat
praat van “ons kerk”.
In die hierdie konteks is die opmerkings van Pieterse (1993:5) belangrik:
God neem alle inisiatief. In sy genadige en liefdevolle toewending tot
die mens het Hy Hom as lewende en sprekende God openbaar. Die
hoogtepunt van Sy openbaring is die versoeningswerk van Jesus
Christus. Ons moet openbaring en Skrif aan mekaar koppel. In die Skrif
openbaar God Hom as sprekende God. En die Heilige Gees is die
Vertolker van die Skrif. God is vandag onder lewend en sprekend
teenwoordig deur Sy Woord en Gees. Daartoe neem Hy mense in
27
diens. God kom tot mense in hul wêreld in sy Woord Deur die
intermediêre, die bemiddelende pastorale optrede van mense wat deur
die Gees ingeskakel word in Sy werk.
In die Ou Testament
Die stam van die werkwoord om te bou kom ongeveer 390 kere in ‘n verskeidenheid
vorme in die Ou Testament voor (Nel 1994:2). Volgens Hendriks (1992:40) is God
deurgaans die subjek. Dit is Hy wat as die verbondsgod in die geskiedenis optree en
dit ‘n heilsgeskiedenis maak. Dit is die Here wat bou, maak, oprig, tot stand bring en
regmaak. Dit kan selfs beteken om te skep (Nel 1994:2). Verskeie tekste dui op God
wat as die subjek te werk gaan: Amos 9:11; Jesaja 65:21; Jesaja 66:1-2; Jeremia;
Sagaria en andere.
God as subjek het egter ook ‘n objek wat sy bouwerk betref, naamlik sy
verbondsvolk. Dit geskied egter nie ongekwalifiseerd nie. As die volk ongehoorsaam
is dan bou Hy hulle nie op nie maar breek hulle af. Die begrip banâ (Kittel 1990)
word in sy verbondskonteks gebruik waarin dit duidelik is dat God bepaalde eise aan
sy volk stel. Dit is ook duidelik dat God meer as net die volk se eie opbou ten doel
het (Hendriks 1992:42). Hy het ook ‘n missionêre perspektief in gedagte: “Sodat al
die ander mense die Here kan soek, ja, al die heidennasies wat Ek geroep het om
my eiendom te wees, sê die Here wat hierdie dinge doen (Vertaling van die
Septuagint in Hand 15:17 van Amos 9:12 en Jer 33:9). Naas die missionêre in die
Ou Testament is daar ook ‘n toekomsgerigtheid (Nel 1994:3). Die beeld dui dikwels
op die belofte van terugkeer uit die ballingskap. Dan gaan dit veral oor die heil wat
God aan die volk beloof het en ook die nuwe verbond wat Hy met hulle sluit.
In die Nuwe Testament
In die Nuwe Testament (Aland et al:1975) word banâ met oikodomein (om te bou)
vertaal. Hier is ook sterk sprake van ‘n messiaanse konsep omdat die messias die
nuwe tempel en nuwe gemeenskap bou (Nel 1994:4). God bou vir Homself ‘n
28
gemeente onder wie Hy woon en deur wie Hy werk. Natuurlik is Jesus Christus dan
die konstituerende krag deur wie hierdie bouwerk plaasvind. Hy is die een deur Wie
die nuwe tempel van God opgebou word. Terselfdertyd is Hy ook die een wat self sy
gemeente bou (Nel 1994:4).
Paulus is die Nuwe Testamentiese skrywer wat die begrip “opbou” die meeste
gebruik. Sy briewe is deurweef met die waarheid dat die gemeente homself moet
opbou (Nel 1994:4). By Paulus word sterk klem gelê op die trinitariese aard van die
bouwerk, die ampte en die gelowiges met hulle gawes wat almal in die bouwerk
betrek word (Hendriks 1992:65-69). Dit gaan by Paulus in die bouwerk oor die
eenheid van die kerk en ook die sending. Die bou is inwendig of kwalitatief. Dit is ook
uitwendig of kwantitatief. Die twee aspekte kan nie van mekaar losgemaak word nie.
Die een geskied as’t ware in sy verhouding met die ander. As die een stol, sal die
ander een ook kwyn (Hendriks 1992:71,72).
2.2.
Afgeleide beginsels uit die Skrif.
Volgens Nel (1994:8-9) kom die doel van die bouwerk van God aan sy gemeente, in
die lig van die Skrifgegewens, op die volgende neer:
•
Die vorming van ‘n besielde gemeenskap van dissipels van Jesus Christus.
•
Binne hierdie gemeenskap wend gelowiges gesamentlik en afsonderlik hulle
gawes tot nut en saligheid van mekaar aan.
•
Om as opgeleide mense God so bekend te maak dat die wêreld Hom deur
Jesus Christus en deur die werk van die Heilige Gees leer ken, sodat
•
hulle in die gebou van God, sy kerk, ingebou (bygebou) word.
Met alles wat tot dusver oor die rol van die Skrif gesê is is ‘n vermaning tog nodig
wat betref die rol daarvan in gemeentebou. Nel (1993:117) noem dat dit maklik is vir
oorywerige vernuwers in die gemeente om bepaalde revolusionêre veranderinge in
die bestaande gemeentemodel as ‘n opdrag van Christus deur die aanhaling van
tekste te bewys. Te Velde (1992:87) kan hiermee saam gelees word:
29
De Schrift is geen naslagboek voor allerlei werkmethodes in die
gemeentebouw, net zo min als je er methodische aanwijzingen in
krijgt voor preken of catechiseren. Maar we vinden wel de
schriftbeginselen waaraan de gemeente in haar functionering en
opbouwwerk moet voldoen. We leren daaruit Gods wil verstaan, die
voor ons bindend is. Op de bijbelse principes en voorschriften
moeten we ons steeds oriënteren.
Getz (2003:39-41) gee vier riglyne hoe om “supracultural principles” uit die Skrif
af te lei:
♦ Om Bybelse riglyne te formuleer oor ‘n spesifieke onderwerp moet ‘n
mens na die hele Skrif (totality of Scripture) kyk.
♦ Wanneer mens ‘n spesifieke onderwerp in die Skrif bestudeer, moet die
ontvouing van God se openbaarmaking gevolg word.
♦ Ons moet seker wees dat ons die Skrif akkuraat interpreteer.
♦ Ons moet algemene observasies maak wat ons spesifieke ontdekkings
saamvat/opsom.
2.3.
Sekere basiese konsepte oor gemeentebou.
‘n Konsep van vernuwing
Nel (1994:15) noem in sy werk dat enige vorm van gemeenteverval fataal en niks
anders as sonde is nie. Dit blyk dat daar wêreldwyd ‘n afname in betrokkenheid by
die kerk is. Dit word ‘n dringende saak soos Nel (1994:17) dit stel: “wanneer ‘n
gemeente sy betrokkenheid op God en by God en God se wêreld verloor.” Dit
behoort daarom die wese van die reformatoriese kerk te wees - dat die kerk
voortdurend sal reformeer. Wat die Hervormde Kerk betref kan Hervormd deel van
die naam wees maar mag dit nooit die wese van die Kerk uitspel nie.
30
Nog ‘n belangrike saak is dat hierdie vernuwing oor meer as die verandering en
vernuwing van individuele gelowige gaan. Geen gelowige vertoon op sy eie, alleen
die beeld van Christus nie. Dit gaan oor die gemeente wat korporatiewe verandering
nodig het. Waar Christus die Hoof van die kerk is is die gemeente ‘gesig’ van die
hoof. Woorde soos die in 2 Korintiërs 3:18: “ Ons word almeer verander om aan die
beeld van Christus gelyk te word”, is ‘gemeentewoorde’ (Nel 1998:27).
Vernuwing in gemeentebou word na twee kante toe afgebaken (Nel 1994:19, Te
Velde 1992:13-14):-
Gemeentebou wat vernuwing en groei insluit is nie maar net
mensewerk nie, dit is primêr God se werk. God gebruik mense in sy
diens om hierdie werk te doen en daarom is dit nodig dat hierdie
werk in biddende afhanklikheid gedoen moet word. Daarom kan gesê
word dat gemeentebou ‘n gebedsbediening is in diepe afhanklikheid
van God.
Warren (1995: 13) verduidelik die rol van God aan die hand van ‘n beeld oor
branderplankry. Die mens kan nie die brander (golf) skep nie, slegs God kan.
Surfing is the art of riding waves that God builds. A lot of books
and conferences on church growth fall into the “How to build a
wave” category. They try to manufacture the wave of God’s
Spirit, using gimmicks, programs, or marketing techniques to
create growth. But growth cannot be produced by man! Only
God makes the church grow. Only God can breathe new life
into a valley of dry bones. Only God can create waves – waves
of revival, waves of growth, and waves of spiritual receptivity.
Warren (1995:13-14)
•
Baie gemeentes is vasgevang in wat Getz (1984:40) “fixity” noem - die
vashou aan bepaalde vorm. Stagnasie kan ‘n gemeente in sy doel laat faal en
31
dit is sonde. Warren (1995:77) haal Ralph Neighbour aan wat sê: “The seven
last words of the church are, We’ve never done it that way before.” God roep
sy gemeente op tot verantwoorde vernuwing.
•
Die gemeente soos die Bybel dit definieer staan bekend as die gedefiniëerde
subjek (Nel 1994:12). Dit is soos God die gemeente bedoel het om te wees.
Op aarde kry ons dat die gemeente dikwels anders lyk, dit word die empiriese
subjek genoem. Vernuwing in gemeentebou gaan oor die vraag oor hoe die
empiriese subjek nader kan kom (reformasie), meer kan word wat dit bedoel
is om te wees naamlik, die gedefiniëerde subjek (Nel 1998:18).
‘n Konsep van integrering en koördinering van bedieninge
Soms gebeur dit dat daar by die gebrek of swak funksionering van ‘n bepaalde
bediening gedink word dat die regstel daarvan die probleem sal oplos. Bedieninge in
‘n gemeente is ‘n eenheid. Die gevaar bestaan dat baie gemeentebou as ‘n
somtotaal van bedieninge sien. Nel (1994:10; 1998:30) noem dat dit nie noodwendig
is dat prediking + erediens + pastorale sorg + getuienis na buite + kategese +
jeugbediening + koinonia + dienslewering = gemeentebou nie. Gemeentebou kan
nie sonder een van hierdie bedieninge slaag nie, maar dit is tog meer as hulle
somtotaal. Die vraag word tereg gevra dat as gemeentebou net die somtotaal van
bedieninge is, waarom is daar dan nie meer opgeboude gemeentes nie. Dit is net so
misleidend om van gemeentebou ‘n aftreksom te maak. In hierdie geval word die
minder wesenlike afgetrek en dit wat oorbly word bymekaar gemaak om
gemeentebou te verkry (Nel 1994:10). Gemeentebou is ook nie ‘n deelsom waar jy
alles deur een bepaalde bediening deel nie, soos byvoorbeeld koinonia nie. Koinonia
is dan die enigste bediening waaraan toegespitste aandag gegee word.
Gemeentebou is eerder ‘n vermenigvuldigingskonsep waarin integrering en
koördinering plaasvind in belang van die geheel.
32
‘n Konsep van ‘n langtermynbediening
Gemeentebou is ‘n prosesmatige bediening wat gerig is op die voortdurende
vernuwing van die gemeente (Nel 1994:12; 1998:). Uiteraard verloop hierdie proses
oor ‘n lang termyn en is dit nie iets wat ooit afgehandel word nie. Dit onderstreep net
weereens die belangrikheid van ‘n lang verbintenis wat ‘n pastor met ‘n gemeente
behoort te hê (vgl Gibbs 1993:146 en Warren 1995:31). Volgens Stevens en Collins
(1993:7) is nie net ‘n lang verbintenis nodig nie maar is dit ook nodig om deel van die
gemeente te word. Hulle bepleit ‘n sisteembenadering en nie net bloot ‘n
rolvervulling nie: “It is not a question of roles; it’s a matter of the heart.” ‘n Pastor kan
‘n gemeente net beïnvloed as hy/sy volledig deel raak van die gemeente. Die deel
raak van ‘n gemeente en die vernuwing wat daaruit kan voortspruit is iets wat baie
jare duur.
Van der Merwe (2005:5) noem enkele voorbeelde van langtermynbediening en stel
dit soos volg:
♦ Langtermynbediening (voortaan afgekort as LTB) kan die ontwikkeling van
goeie verhoudings verbeter. Daar is die potensiaal om die lidmate en
personeel goed te leer ken, saam met hulle te kan lag en huil. Daar ontwikkel
diepgaande wedersydse respek en waardering, ‘n ruimte van vertroue vir
kommunikasie en om gehoor te kan word, asook ‘n geborge werksomgewing.
♦ LTB kan verdieping in pastoraat en prediking bring. ‘n LTB kan vir ‘n leraar ‘n
besondere diepte in bediening meebring. Die prediking het die potensiaal om
‘n sterk persoonlike en relasionele karakter te verkry. Wat die pastoraat
betref, hou dit die geleentheid in om ‘n verdiepte koinonia met lidmate te
vestig.
♦ LTB kan geborgenheid vir leraar en gemeente bring. ‘n LTB hou die
potensiaal in dat ‘n leraar en sy/haar gesin die geborgenheid van die
gemeente ervaar. Hiermee saam kan ook die aanvaarding kom van die leraar
se persoon en menslikheid.
33
♦ LTB kan ook doelgerigte bediening bevorder. Dit hou goeie moontlikhede in
vir langtermynbeplanning, bedieningsontwikkeling, doelmatige werk en die
bereiking van doelwitte.
♦ LTB bied geleentheid vir ‘n bediening met persoonlike karakter. Dit het die
potensiaal vir wedersydse aanvaarding tussen predikant en gemeente, ‘n
geleentheid om vrede te maak met eie potensiaal en tekortkominge, die
vryheid om lewe en bediening na die eise van omstandighede in te rig en om
met mislukkings saam te leef.
♦ LTB bied die geleentheid vir die predikant om werklik deel te word van die
gemeenskap deur die wel en weë van mense te deel, vriende te maak met
mense wat nie deel van die gemeente is nie en om bande te bou met kollegas
in ander kerke.
Van der Merwe (2005:5) noem ook verskeie nadele van langtermynbediening soos
vasgelooptheid,
verhoogde
werkslading,
‘n
beheptheid
met
finansies,
ongemotiveerdheid, emosionele verwaarlosing en ander sake. Vir die doeleindes
van hierdie studie word daar liefs gefokus op die positiewe. Warren het self vir meer
as twintig jaar net in een gemeente gedien met groot sukses.
‘n Konsep van afhanklikheid van God
Wanneer met die gemeente van Jesus Christus besig is kan mens nie andes as om
te besef dat jy met God se gemeente besig is nie. Jesus Christus het sy kerk, sy
gemeente met sy bloed gekoop en die duur prys daarvoor betaal (Hand 20:28). God
is met sy gemeente besig en Hy het sy gemeente liewer as wat ons ooit kan hê.
Armstrong (1979:76) demonstreer hierdie waarheid verder deur te wys hoe God
selfs diegene voorberei wat nog nie deel van die gemeente is nie: “Before we ring a
doorbell, God has already been there...” God is ook met sy gemeente in aantog
besig.
Dit is daarom ondenkbaar dat ‘n pastor en enige gemeenteboukommissie
gemeentebou in eie krag kan aanpak. Nel (1994:126; 1998:35) stel dit baie duidelik
34
deur te sê dat in hierdie bediening daar oomblik vir oomblik gewerk word in die wete
dat gemeentewees die werk van die Vader, Seun en Heilige Gees is, want in die
werk van die drie-enige God vind die kerk sy oorsprong en onuitputlike bron van
lewe. Hy noem dat daar in hierdie verband tereg van Trinitariese gemeentebou
gepraat kan word.
Shawchuck en Heuser (1993:31) noem dat Jesus alle religieuse leiers geroep het tot
“childlikeness that they may learn to allow God to carry them through places, to
teach them the lessons they need to learn...” Daarmee saam moet die waarde van
gebed in die hele gemeentebouproses nie onderskat word nie. Callahan (1987:101)
noem dat gebed uiters belangrik is in hierdie hele proses en dat die hele gemeente
opgeroep moet word om te bid oor hierdie aangeleentheid. Spesifieke groepe kan
ook getaak word om te bid. Soos Callahan dit stel: “The practise of praying should
really be a standard way of life in a local church.”
‘n Konsep van identiteitsopleiding
Motivering is ten diepste ‘n begeleiding tot ‘n identiteitsbewussyn (Nel 1994:127).
Die gemeente moet toenemend gelei word om te verstaan wie hulle werklik in
Christus is (Nel 1998:29). Daar moet by die gemeente ‘n korporatiewe
identiteitsbewussyn geskep word. Hierdie korporatiewe selfbeeld moet as teenvoeter
dien vir ‘n indiwiduele identiteitswaarde. By die gemeente in identiteitsvinding gaan
dit baie keer soos by adolessente. Dit gaan oor vrae soos: Wie is ek? Wat glo ek?
Wat is my verhouding tot ander? Dit is alles wesenlike identiteitsvrae. Nel (1998:29)
noem dat hierdie geskenkte selfbeeld en status word ontdek om vanuit die gegewe
‘status’ te leef. Die sola gratia en sola fide van die gemeente se bestaan moet ook
ernstig geneem word.
‘n Ander dimensie wat ter sprake kom is die andersheid van die gemeente omdat hy
in Christus is. Omdat hulle in Christus is, deur Hom aan die Vader behoort en die
Gees in hulle woon, kan hulle al hoe meer word, wees en doen wat God in en deur
hulle wil doen (Nel 1994:128). Dit gaan hier oor die kwessie van heiliging en dit kan
35
goed wees om die saak stap vir stap deur te werk. Wat beteken dit byvoorbeeld as
Hebreërs 3:1 van ons praat as “geroepe heiliges” (ou vertaling). Dit gaan hier ten
diepste oor die meer en meer word wat ons reeds is. Dit bring onmiddelik die saak
van gehoorsaamheid na vore. Identiteitsvinding vra na hoor en ge-hoor-saam (Nel
1994:129). Dit is deel van die gemeente se identiteit dat hulle deur die Gees
afgesonder is om aan God gehoorsaam te wees. Die gemeente is tot
gehoorsaamheid verkies.
2.4.
‘n Definisie van gemeentebou
Nel (1994:14,216) gee ‘n werksformule om gemeentebou mee te beskryf. Hy sê dat
dit die bediening is waarbinne die gemeente opgelei en begelei word om:
•
Sy eie wese en bestaansdoel te verstaan;
•
self, as gemotiveerde gemeente, sy eie funksionering te evalueer, doelwitte
vir sy doelgerigte funksievervulling te formuleer en op beplande wyse te
bereik;
•
self, soos nodig, op ‘n voortgaande basis strukture, wat die heilshandelinge
van die drie-enige God in kerk en wêreld dien, vir die gemeentelike
funksionering te ontwikkel.
Hendriks (1992:85-86) gee die volgende definisie van gemeentebou. Gemeentebou
is die werk van die drie-enige God.
•
Dit is gefundeer in die uitverkiesende genade van die Almagtige God wat
Hom heilshistories-verbondsmatig aan die mens openbaar.
•
Dit is gebaseer op die kruisversoening en opstandingsoorwinning van Jesus
Christus wat as Hoof van die kerk sy kerk regeer.
•
Dit is handelend aanwesig deur die lewegewende, kragdadige werking van
die Heilige Gees.
•
Die drie-enige God bou sy gemeente deur die dienswerk van die gelowiges
wat Hy met gawes vir hierdie werk toerus. Die leidinggewende bedienings
36
speel hierin ‘n grondliggende rol.
•
Die dienswerk van die gelowiges geskied in die konteks van die liefde,
koinonia, gehoorsaamheid, kennis, vrede, orde, vreugde, gebed, getuienis,
onderrig, die erediens, geregtigheid, dade van barmhartigheid en die
voortgaande proses van stryd.
Gemeentebou het ten doel:
•
die kwantitatiewe en kwalitatiewe opbou (dit is: geestelike groei tot
volwassenheid, die voorkoming van dwaalleer en betrokke raak by die missio
dei) van die ekklesia;
•
die realisering van die eenheid van die liggaam van Christus;
•
die blywende visie op die eskatologiese hoop van die ekklesia;
•
die daarstelling van die ekklesia as ‘n voorlopige gestalte van die koninkryk
van God.
•
die verheerliking van God;
•
die bestudering van die teorie en praktyk van die opbou van die gemeente om
die ekklesia as liggaam van Christus in sy geheel en in sy dele te laat
funksioneer.
Hoewel Goedhart (1984:10) nie werklik ‘n definisie gee nie noem hy dat
“gemeenteopbouw” daaroor gaan - om ‘n dienende, vierende, lerende en delende
gemeente te word.
•
Die dienende gaan vir hom oor die diakonie, die diens van barmhartigheid en
dan nie soseer ‘n diens vanaf die diakens se kant af nie, maar vanuit die
geledere van die gemeente. Hy praat in hierdie verband van ‘n “algemene
diakenskap van die gelowige” in ‘n dienende of diakonale gemeente.
•
Dit gaan oor die gemeente wat vierende besig is in die erediens. Die
gemeente dink aan die heil van God vir die wêreld, verkondig en vier die heil
in die liturgie.
•
Gelowig wees impliseer ‘n lewenslange leerproses. Dit beteken dat die
37
gemeente sal leer dien, leer vier, leer deel, “...leren gemeente te zijn en ook:
leren leren!”
•
Die gemeente vorm ‘n gemeenskap van mense wat saam deel het aan
Christus en aan mekaar se lewe. Dit gaan oor ‘n bereidheid om geloof en
lewe te deel met ander.
Bisschoff (1991:44) meen dat gemeentebou die toegespitste aktiwiteit is naas en
saam met ander fasette van die gemeentewerksaamhede waardeur die gemeente
begelei word om:
1. Al meer te verstaan wat hy moet wees volgens die Woord, en
2. om self mee te werk aan die bereiking van die Bybelse ideaal deur
doelgerigte en beplande ingryping in die huidige stand van sake.
Te Velde (1989:11-12 se definisie is as volg:
In het vak gemeenteopbouw vindt de teologische bezinning plaats op
de structuren, werkvormen en processen waarin de gaven en
diensten in de gemeente van Jezus Christus in een optimale
samenhang kunne worden dienstbaar gemaakt aan haar intern en
extern, horizontaal en verticaal functioneren met het oog op haar
volmaking in Christus.
Uit hierdie definisies kan mens agterkom hoe omvattend die saak van gemeentebou
is en hoe moeilik dit is om ‘n bondige definiëring te verskaf. Met ‘n definisie word
soveel agtergrond en konsepte veronderstel, dat net die mees basiese en
grondliggende gestel kan word. Die eerste drie sake in Hendriks (1992: 85-86) se
definisie word byvoorbeeld deur Nel (1994:14, 216) se bewoording “wese en
bestaansdoel” omsluit. Hendriks (1992: 85-86) se definisie het meer ‘n inhoudelike
strekking terwyl Nel (1994: 14, 216) die proses omlyn met die inhoudelike as
veronderstelde kennis. Dit lyk egter of Goedhart (1984:10) van die “aftreksom
benadering” gebruik maak met net die vier sake waarop hy konsentreer. Bisschoff
38
(1991:44) het raakpunte met Nel (1994: 14, 216) en Hendriks (1992: 85-86) hoewel
sy definisie kort en bondig is.
2.5.
Motivering en ontvriesing.
Daar is baie geskryf oor die wese van die kerk en haar bestaansdoel (Nel 1994:22).
Hy noem dat daar grootliks eenstemmigheid is dat die doel van die kerk uit haar
wese afgelei moet word. Heinrich Ott (1981:424-428) is oortuig dat die wese van die
kerk daarin lê dat dit deel het aan die sending van Jesus Christus. Die kerk het ‘n
driedimensionele betekenis, ‘n gerigtheid na bo, na buite en na binne. Bosch
(1991:9) stel dit sterk: “Christian faith, I submit, is intrinsically missionary…” En op ‘n
ander plek (1991:392): “Mission has its origin in the heart of God. God is as fountain
of sending love. This is the deepest source of mission. It is impossible to penetrate
deeper still; there is mission because God loves people.” Getz (1984:48) noem dat
kerk bestaan om twee basiese opdragte uit te voer, naamlik evangelisasie (om
dissipels te maak) en om hulle te leer (edification).
Motivering is deel van die hele proses van gemeentebou, maar dit behoort ‘n baie
prominente deel van die eerste fase, die motiveringsfase te wees. Nel (1994:125)
noem dat motivering in gemeentebou soos die suurdeeg in ‘n baksel is. Dit sit die
proses aan die gang, verleen daar krag aan en deursuur die hele deeg. Saam met
motivering loop die kwessie van ontvriesing. Wanneer leiers bewus word van ‘n
probleem in die funksionering van die gemeente is dit nog nie te sê dat ‘n
beduidende getal uit die gemeente dieselfde aanvoeling het of waarneming maak
nie. Motivering is tegelyk ook ‘n ontvriesingsproses (Nel 1994:126). Die vergelyking
kan getref word met ‘n stuk vleis wat gevries is. Eers wanneer dit ontvries is kan die
maaltyd voorberei word.
2.5.1. Identiteitsvinding
In hoofsaak moet die gemeente begelei word tot identiteitsvinding. Die gemeente
moet ontdek wie en wat hulle reeds in Christus is. Oor hierdie begeleiding na
39
identiteit is reeds op bladsy 35 gehandel onder die hoof “‘n Konsep van
identiteitsopleiding”. Dit is goed om vervolgens te kyk na vyf maniere waarop ‘n
gemeente gemotiveer kan word tot identiteitsvinding. Volgens Callahan (1987:76-83)
is daar vyf motiveringsbronne in ‘n gemeente:
•
“Compassion” (empatie, medelye)
•
“Community” ( gemeenskap, saamwees/deel)
•
“Challenge” (uitdaging)
•
“Reasonability” (Redelikheid)
•
“Commitment” (verbintenis)
Al vyf hierdie bronne is in ‘n gemeente teenwoordig alhoewel nie almal tegelyk by ‘n
bepaalde groep nie. Gewoonlik is net twee uit die vyf by ‘n bepaalde groep
teenwoordig. By die leiers kan die bronne van uitdaging en verbintenis sterk
teenwoordig wees, terwyl die pastor se bronne dalk gemeenskap en redelikheid kan
wees. Die gemeente word weer eerder gemotiveer deur empatie en gemeenskap.
Dit is dus belangrik vir motiveerders om agter te kom watter motiverinsgsbronne by
lidmate funksioneer. ‘n Verkeerde motiveringsbron kan dalk net teenproduktief werk.
Warren (1995) maak in sy boek “The Purpose-Driven Church” baie daarvan dat elke
gemeente sy bestaansdoel moet ontdek. ‘n Duidelike omlynde bestaansdoel
verseker dat daar op die regte dinge gefokus kan word. Lig wat deur ‘n vergrootglas
gekonsentreer word kan ‘n vuur aan die brand steek, terwyl dit nie gebeur as die lig
nie gefokus is nie. Hy verduidelik in vier stappe hoe om ‘n gemeente te help fokus
(Warren 2002: 96-100):
•
Bestudeer wat die Bybel leer oor die bestaansdoel van die kerk. Moedig
gemeentes aan om saam Bybelstudie oor bepaalde Skrifgedeeltes te doen. ‘n
Teksgedeelte kan as huiswerk gegee word vir die week, terwyl die volgende
Sondag daaroor gepreek word. Sodoende kan meer mense by die soeke na
‘n bestaansdoel betrek word.
•
Soek antwoorde vir veral vier vrae: Hoekom bestaan die kerk? Wie en wat is
40
ons as kerk? Wat moet ons as kerk in die wêreld doen? Hoe moet ons dit
doen?
•
Stel jou bevindinge op skrif. Dit gaan hier net oor die inwin van informasie. In
hierdie stadium gaan dit nog nie oor die formulering van ‘n bestaandoel nie. Al
hierdie geskrewe werk kan dan getik en as dokument saamgebind word.
•
Vat al die bevindinge in een sin saam. Begin deur dieselfde konsepte onder
opskrifte te plaas byvoorbeeld evangelisasie, koinonia, dienslewering, ens.
Die volgende stap is om al die hooftemas in ‘n enkele paragraaf saam te vat.
Die kern van die paragraaf word dan in een sin saamgevat.
Die groot waarde van so ‘n werkswyse is dat ‘n groter deel van die gemeente by die
soeke na ‘n bestaansdoel betrokke is. In die proses leer die gemeente gaandeweg
sy identiteit ken en is die prediking meer van waarde omdat die gemeente ‘n
bepaalde teks kon voorberei. Daarby word koinonia ook bevorder, veral waar
besprekingsgroepe na die erediens kan plaasvind (Nel 1994:141; sien Celliers
1996:131 vir vraelys).
41
Hoofstuk 3
DIE DOELGERIGTE LEWE VELDTOG
Rick Warren het feitlik ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword. Dit is geen
geheim dat die Doelgerigte Lewe Veldtog Suid-Afrika soos ‘n veldbrand getref het
nie. Kyk ‘n mens na die webtuiste van Purpose Driven Life in Southern Africa sien jy
dat daar reeds 415 kerke/gemeentes in die land die 40 dae veldtog deurloop het of
gaan deurloop. Op die webruimte word daar statistieke gegee van die hoeveelheid
deelnemers, deelnemers by kleingroepe ingeskakel, deelnemers by verskillende
bedieninge ingeskakel.
Die webruimte http://pdmsa.org, bied vir geregistreerde gemeentes ‘n magdom
inligting en hulpmiddels oor die vooraf veldtog, die verloop van die veldtog asook die
afloop daarvan. Daarby is daar massas inligting vir die goeie funksionering van
kleingroepe. Voordat die vyf doeleindes van Warren behandel word gaan daar eers
gekyk word na die verloop van die veldtog.
3.1.
3.1.1.
Die aanloop.
Eksponensiële denke.
Warren maak ‘n sterk saak uit in die Campaign Training Manual vir wat hy noem, ‘n
Campaign Spark: Exponential Thinking. Hy beskryf eksponensiële denke soos volg
(Warren sj: 1-3)
The idea behind exponential thinking is to identify the results you
think you can achieve, add a zero, then you have a goal that only
God can achieve. For example, if you think you can baptize five
people during your campaign, add a zero, and pray that God ignites
50 people to get baptized! If you think you can start 20 new small
groups, add a zero and believe God for 200 new small groups! And
42
beware: if you can figure out how to pull it off, it’s not exponential
thinking!
Eksponensiële denke is die grondwerk vir die veldtog (Warren sj: 1-3) Die
oorkoepelende beginsels vir die veldtog is krag, preskripsie en prioriteit. Met
krag/mag word bedoel gebed in die beplanning, en die deurvoering van die veldtog.
“Without prayer, this Campaign could just be a series of exhausting activities.”
(Warren sj: 3) Preskripsie staan vir ‘n definitiewe voorskriftelikheid hoewel elke
gemeente se unieke konteks verreken moet word (Warren sj: 3). Met prioriteit word
bedoel dat die veldtog absolute voorkeur moet geniet bo alle ander aktiwiteite. Die
kalender moet oopgehou word met die veldtog as die enigste saak op die agenda.
Die hele saak oor eksponensiële groei word aan die hand van tien hoofpunte
uitgewerk met stawende Skrifdele daarby. In hoofstuk 5 word daar meer breedvoerig
aan hierdie saak aandag gegee met kritiek op hierdie soort denke.
Die veldtog het drie groeperinge in die oog. In die eerste plek die indiwidu wat
persoonlik verryk en inspireer word asook die indiwidu as deel van ‘n kleingroep en
uiteindelik die groeperinge wat as totale gemeente byeenkom.
3.1.2.
Indiwiduele deelname:
Die oogmerk is dat die indiwidu Die Doelgerigte Lewe van Warren (2002) oor ‘n 40
dae periode sal bestudeer – een dagstukkie per dag (Warren sj: 4). Dit is belangrik
dat daar by een dagstuk per dag gehou word sodat dit behoorlik gereflekteer kan
word oor die betekenis van elke dagstukkie.
3.1.3.
Deelname in groepe:
Kleingroepe (Warren sj: Campaign Overview 5) vorm ‘n integrale deel van die
veldtog. Gashere word vooraf geïdentifiseer, moontlike lede word gewerf en vir die
ses weke van die veldtog kom groepe in die huise van gashere byeen. Daar is ‘n
43
studiegids wat voorsien word (in Engels – Afrikaanse vertalings is in omloop) asook
‘n videogids van Warren (20 minute) wat deur elke groep gespeel kan word met die
aanvang van die byeenkoms. Die video handel oor die beginsels van kleingroepwerk
in die algemeen asook oor die betrokke studie.
3.1.4.
Deelname tydens eredienste:
Die gemeente word aangemoedig om elke erediens in hierdie 40 dae
wydingsperiode by te woon (Warren sj: Campaign Overview 5). Die prediking handel
in hoofsaak oor die beginsels van ‘n doelgerigte lewe en is aanvullend tot die lees
van die dagstukkies en die studie in die kleingroepe. Lidmate word aangemoedig om
‘n voorneme in te vul en te teken waarin hulle onderneem om die eredienste en
geleenthede rakende die veldtog getrou by te woon.
3.1.5.
Tydskedule.
In die Pakket (Warren sj: Campaign Highlights:1-4) word beklemtoon dat daar
behoorlik voorbereiding gedoen moet word in aanloop tot die Doelgerigte Lewe
Veldtog. Riglyne word in hierdie verband gegee wat vervolgens bespreek word
asook hoe die gemeentes van die Ring van Klerksdorp daarby ingeskakel het:
3.1.5.1.
3-4 Maande voor die veldtog
In hierdie tyd word die loodskomitee vir die veldtog gewerf en word die eerste
vergaderings gehou. Dit is dieselfde tyd waarin die gebedsaksie van stapel gestuur
word. Daar moet ook in hierdie tyd seker gemaak word dat daar niks anders as die
veldtog geskeduleer is in die gemeente se jaarprogram nie. Dit is die tyd waarin daar
vergaderings met leiers en ander sleutelpersone gehou word ten einde die visie vir
die veldtog voor te hou en hulle samewerking te verkry (Warren sj: Campaign
Highlights:1).
44
Die predikante in Klerksdorp het na ‘n Ringskomiteevergadering ‘n ope uitnodiging
aan die ouderlinge van elke gemeente gerig om op 25 Maart 2004 die National
Simulcast video te kyk (sien funksie van video in “week voor die veldtog”). Die doel
was om die hele projek aan die sleutelleiers van elke gemeente bekend te stel
waarna die onderskeie Ouderlingevergaderings hulle moontlike deelname aan die
veldtog moes bespreek en daaroor besluit. Daar was goeie belangstelling die
betrokke aand en die terugvoering oor die video was oorwegend positief. In hierdie
tydstip
was
die
beplande
datum
vir
die
veldtog
in
September
wat
ouderlingevergadering genoeg tyd gelaat het om hieroor te besluit. Finale
terugrapportering oor watter gemeentes sou deelneem is vir 26 Mei 2004
geskeduleer. Dit sou elke gemeente genoeg tyd gee om met ‘n eie aanloop tot die
Doelgerigte Lewe Veldtog te begin.
Uiteindelik het 8 van die 11 Ringsgemeentes deelgeneem. Die loodskomitees in elke
gemeente het verskil. Daar was enkele gemeentes wat ‘n loodskomitee verkies het
terwyl ander ‘n komitee op ‘n ad hoc basis saamgestel het. By elke komitee het die
predikant ‘n leidende rol gespeel.
3.1.5.2.
1-2 Maande voor die veldtog
Primêr gaan dit in hierdie tyd oor die organisering van kleingroepe of
kategeseklasse. Leiers of lidmate word gewerf as gashere wat hulle huise
beskikbaar wil stel. In hierdie tyd speel kommunikasie ‘n belangrike rol en word die
daarstel van ‘n kommunikasiespan voorgestel (Warren sj: Campaign Highlights:2).
In die Ring van Klerksdorp het elke gemeente ‘n eie strategie gevolg. Sommige
gemeentes het enkele aande gereël waarin die saak bespreek is en die Simulcast
video vertoon is. Ander het wyksbyeenkomste gereël in hierdie tyd waarin 5-10 wyke
byeen gekom het om na die video te kyk. In enkele gemeentes is die video geensins
vertoon nie en is die veldtog gewoon aan die lidmate mondelings bekend gestel. Net
drie van die deelnemende gemeentes het kleingroepe in die vooruitsig gestel terwyl
die res eerder op die gemeente as eenheid gekonsentreer het.
45
3.1.5.3.
Week voor die veldtog.
Dit word aanbeveel in die pakket dat die National Simulcast video van Rick Warren
in hierdie tyd vertoon word. Die video is ongeveer 90 minute lank en Warren stel die
hoofpunte van die doelgerigte lewe op sy kenmerkende en boeiende manier bekend.
Daar is musiek insetsels asook visuele insette van kleingroepe wat funksioneer,
mense in bepaalde bedieninge asook volwasse doop wat plaasvind (Warren sj:
Campaign Highlights:2).
3.1.6.
Die loodskomitee.
Gebed vir die regte loodskomitee is krities en dit is ongewens om vakatures op ‘n
lukraak wyse te vul. God is reeds besig om sekere mense voor te berei om hierdie
belangrike sleutelposte te vul. Dit is belangrik om daarop te let dat sleutelleiers wat
op die komitee dien van die meeste verpligtinge losgemaak word ten einde kwaliteit
aandag aan die veldtog te kan bestee. Die veldtog behoort die “program” vir die
seisoen te wees en nie maar die belangrikste gebeure te midde van ander gebeure
nie (Warren sj: Team 1-4).
3.1.6.1.
•
Die komiteelede.
Die seniorpastor is die veldtogleier en sy insette is strategies van die hoogste
belang en die veldtog sal nie slaag as hy nie betrokke is as visiedraer nie. In
al die deelnemende gemeentes van die Ring van Klerksdorp was dit die
predikante wat die visiedraers was en ‘n sleutelrol vervul het.
•
Die veldtogdirekteur is die volgende belangrike persoon wat oorhoofse leiding
neem in die beplanning, uitvoering van beplanning asook die werf van
spanlede. Die persoon moet nou saamwerk met die seniorpastor en sy/haar
rol is kardinaal in die vroeë fase van die veldtog. Nie elke gemeente het ‘n
veldtogdirekteur gehad nie. Die gemeentes Môrester en Klerksdorp-Suid het
wel een gehad, maar in die geval van die ander gemeentes was dit die
predikant wat leiding aan die komitee gegee het.
46
•
Die
gebedskoördineerder
beplan
die
gebedsaksie,
werf
lede
vir
gebedsgroepe en implementeer ‘n strategie vir gebed in die gemeente onder
alle ouderdomsgroepe. Nie een van die deelnemende gemeentes het ‘n
gebedskoördineerder aangewys nie. Daar is wel in die algemeen oproepe tot
gebed gerig aan komiteelede, kerkraads- en gemeentelede.
•
Dit spreek vanself dat ‘n kommunikasiekoördineerder uiters belangrik is. Daar
behoort ‘n omvattende kommunikasieplan te wees wat die breë spektrum van
videovertonings, nuusbulletins, responskaarte, e-posse, plakkate en ander
middele insluit. Dit was hoofsaaklik die komitees onder leiding van die
predikante en saakgelastigdes wat verantwoordelikheid vir kommunikasie en
reklame aanvaar het.
•
Daar is ook ‘n eredienskoördineerder wat op kreatiewe maniere die tema van
elke week se eredienste moet help tuisbring. Die predikante in die
deelnemende gemeentes het hierdie rol vervul.
•
Die kleingroepe koördineerder is vir die totale strategie verantwoordelik om
kleingroepe tot stand te bring wat essensieël is in die hele 40 dae veldtog. Dit
behels die werf van gashere, die voorbereiding van materiaal, reklame ens.
(Warren sj: Smallgroups 1-18). Slegs drie gemeentes nl. Klerksdorp
Doringkruin, Môrester en Klerksdorp-Suid het kleingroepe as hulpmiddel
gebruik gedurende die veldtog.
3.2.
Die verloop.
3.2.1. Die Simulcast Video.
Soos vermeld in 3.1.5.3. het elke gemeente eie geleenthede gereël om na die
National Simulcast Video te kyk. Die gemeente Klerksdorp het gekies om nie die
video te vertoon nie. In Doringkruin is die gemeente in wyksgroepe verdeel en is die
video oor 5 geleenthede vertoon. Die meeste lidmate wat die video gesien het was
positief oor die inhoud en aanbieding. Enkeles het gevoel dat die aanslag van
Warren asook die bedieningstyl nie heeltemal inpas by die Hervormde Kerk se etos
nie.
47
3.2.2. Die verspreiding van die Doelgerigte Lewe boek.
Al die deelnemende gemeentes het met hulle veldtog op 11 Augustus 2004 begin. In
die meeste gemeentes was die Doelgerigte Lewe boeke (Warren 2003) aangekoop
en versprei. ‘n Totaal van 1200 boeke is onder die 8 deelnemende gemeentes
versprei. Die totale belydende lidmaattal in hierdie gemeentes vir 2004, volgens die
Almanak (2004:96-98) was 3844. Dit dui op ‘n persentasie van 31% as mens sou
veronderstel ‘n boek vir elke persoon. Daar was egter gevalle waar mense vir
vriende of familielede boeke gekoop het. Dit is ook waar dat gesinne in meeste
gevalle net een boek per gesin aangeskaf het.
3.2.3. Aantal deelnemers wat die boek gelees het.
In onderhoude met die predikante van die 8 deelnemende gemeentes is spesifiek
gevra na die aantal deelnemers in die gemeente. Daar is nie in alle gevalle
noukeurig telling gehou nie maar die getalle weerspieël ‘n redelike getroue
weergawe van die aantal deelnemende lidmate. Die beraamde getal deelnemers
was 1562 wat 41% van die belydende lidmate in die deelnemende gemeentes
uitmaak. Dit moet duidelik gestel word dat die 41% slegs dui op deelnemers wat die
boek in die 40 dae periode gelees het. Dit geld nie deelname aan kleingroepe of
erediensbywoning nie.
3.2.4. Die eredienste in die 40 dae periode.
Wat erediensbywoning betref het 6 gemeentes ‘n styging in erediensbywoning
gehad en twee het nie ‘n definitiewe styging vermeld nie. Dit dien vermeld te word
dat die predikant in Klerksdorp-Suid in daardie tyd met siekteverlof was na ‘n
beroerte-aanval. Erediensbywoning in hierdie gemeente was laer as gewoonlik. Die
ander gemeente wat nie ‘n styging beleef het nie was Hartbeesfontein wat ‘n klein
gemeente is met stabiele erediensbywoning.
48
In al die gemeentes is daar elke week in die 40 dae periode oor een van die 5
doelwitte gepreek soos voorgeskryf in die Campaign Training Manual. Al die
predikante met die uitsondering van een het die voorgeskrewe riglyne van Rick
Warren (sj: Campaign Highlights: 1-4) gebruik. Al die predikante was positief oor die
prediking en die uitwerking daarvan in die 40 dae periode. Die spesifieke
kommentaar van die predikante oor die eredienste word later in hierdie werk
weergegee.
3.2.5. Die bedieninge- en missionêre uitstalling.
In die Campaign Training Manual word voorgestel dat ‘n “Mininstry Fair” gehou word
(Warren sj: Ministry Fair and Mission Fair: 1-7) op die Sondag waar daar oor
bedieninge gepreek word. Die gedagte is dat verskillende bedieninge in die
gemeente uitgestal word en dat lidmate daardeur gemotiveer word om in te skakel
waar hulle geroepe voel. In die Campaign Training Manual (Warren sj: Ministry Fair
and Mission Fair: 1-7) word skitterende voorstelle gemaak hoe om hiervan ‘n sukses
te maak. Daar was slegs in Môrester ‘n poging tot so ‘n uitstalling terwyl in ander
eredienste verskillende bedieninge net genoem is. Wat die missionêre uitstalling op
daardie betrokke Sondag betref het geen gemeente enige poging aangewend nie.
Verskeie redes kan hiervoor aangevoer word:
•
Gemeentes het nie genoegsame voorbereidingstyd gehad nie.
•
Bedieninge en missionêre aktiwiteite in gemeentes is nie genoegsaam
gestruktureer nie. Daar was nie pamflette om uit te deel of enige visuele
hulpmiddels nie.
•
Die missionêre strukture en aksies in die Ringsgemeentes is baie gebrekkig.
3.2.6. Die feeserediens.
Op 19 September 2004, die laaste dag van die veldtog, was daar ‘n gesamentlike
feeserediens
vir
al
die
deelnemende
gemeentes
in
die
kerkgebou
van
Doringkruingemeente. Dit was ‘n aanderediens en spesiale moeite is gedoen met
stemmingsmusiek deur musikante. Die kerkgebou bied meer as 700 sitplekke en
49
daar was 527 lidmate teenwoordig. Die liturgie het in die vorm van ‘n “Woord en Lied
Erediens” verloop met die 5 doelwitte wat kernagtig voorgehou is deur deelnemende
predikante en afgewissel is met toepaslike liedere. Die reaksie na hierdie erediens
was oorweldigend positief en bemoedigend.
Na afloop van hierdie feeserediens is vraelyste met die oog op hierdie studie
uitgedeel en heelwat het dit daar ingevul en ingehandig. (Die ooreenkoms met die
statistiek departement was dat hierdie opname op ‘n sensus manier kan geskied en
nie ‘n verteenwoordigende steekproef hoef te wees nie). Ander het onderneem om
dit tuis in te vul en later in te handig. Predikante het vraelyste na gemeentes geneem
en laat invul deur lidmate wat deelgeneem het. Uiteindelik is 171 vraelyste ingekry –
9.1% van die getal wat hulle verbind het om die Doelgerigte Lewe te lees. Die uitslag
van die vraelyste word in die volgende hoofstuk bespreek.
3.2.7. Kleingroepe.
Die veldtog bied ‘n uitstekende geleentheid om kleingroepe in die gemeente te
vestig. Warren (sj: Small Groups 1-21) in die Campaign Training Manual bied goeie
riglyne om kleingroepe te beplan, gashere te werf en groepe van die grond te kry vir
die 40 dae veldtog.
Vier van die deelnemende gemeentes het die geleentheid gebruik om kleingroepe te
vestig. Doringkruin het 14 gevestig, Môrester 10, Orkney-Oos 1 en Klerksdorp-Suid
3. Die ander gemeentes het van bestaande Bybelstudiegroepe gebruik gemaak wat
deur die predikant gelei word. Klerksdorp het in die 40 dae periode 2 geleenthede op
Woensdae gehad wat deur ongeveer 100 lidmate bygewoon is. By die gemeente
Declerqville het ongeveer 200 mense die Bybelstudie op Dinsdagaande in hierdie
periode bygewoon.
50
3.3.
Die afloop.
Tydens die onderhoude met die predikante van die deelnemende gemeentes is die
vrees uitgespreek dat alles na die 40 dae veldtog in die lug sal hang en dat die
gemeente stoom sal verloor. Purpose Driven voorsien ‘n pakket waarin die 40 dae in
40 weke verwerk is en veral geskik is vir kleingroepe. Die gemeentes Klerksdorp
Môrester en Doringkruin het hierdie pakkette aangekoop en in 2005 vir kleingroepe
beskikbaar gestel.
3.4.
Die Doelgerigte Lewe (Warren 2002/3).
Die boek bestaan uit 40 dagstukke en die leser word gemaan om nie meer as een
dagstuk per dag te doen nie (Warren 2002:10). Hy motiveer die 40 dagstukke deur
te noem God 40 dae as ‘n belangrike geestelike tydperk beskou. God gebruik 40
wanneer mense vir sy doelwitte voorberei Warren (2002:9):
•
Noag se lewe is deur 40 dae se reën verander.
•
Moses was na 40 dae op die berg Sinaï ‘n ander mens.
•
Die verkenners was na 40 dae in die beloofde land ander mense.
•
Dawid se lewe is deur Goliat se uitdaging van 40 dae verander.
•
Elia het verander toe God hom 40 dae se krag uit ‘n enkele maaltyd gegee
het.
•
Die hele stad Nineve het verander toe God hulle 40 dae gegee het vir
bekering.
•
Jesus is deur 40 dae in die wildernis bemagtig.
•
Die dissipels is deur die 40 dae na Jesus se opstanding en verskyning aan
hulle verander.
Hierna word die eerste 7 dagstukke behandel (Warren 2002: 15-46) onder die
opskrif: Wat op aarde doen ek nou eintlik hier? Dit gaan in die algemeen by hierdie
dagstukke om ‘n inleiding tot die 5 doeleindes wat volg van dag 8 tot 40. Soos in
51
hoofstuk 1 van hierdie verhandeling vermeld, begin Warren (2003:15). Dag 1 met die
woorde: “Dit gaan nie om jou nie.” Daarmee wil hy die grondslag lê vir ‘n doelgerigte
lewe nl. dat dit oor God en die mens se verhouding met God gaan. In dag 2 (Warren
2003:19-22) gaan dit juis vir hom daaroor dat geen mens se lewe toevallig of per
ongeluk is nie, want God het jou vir ‘n rede gemaak. In dag 3 (Warren 2003:23-30)
handel dit oor die dryfkrag in ‘n mens se lewe. Hy noem dat mense deur verskillende
dinge gedryf word o.a. deur skuldgevoelens, wrewel en woede, vrees, materialisme
en ‘n behoefte aan goedkeuring. In dag 4 (Warren 2003:31-35) word die leser
herinner dat hierdie lewe na die ewigheid oorloop en dat daar ewige gevolge is van
wat jy op aarde doen. Dae 5 en 6 (Warren 2003:36-45) handel oor drie metafore wat
God se perspektief op ons lewe bied nl. die lewe is ‘n toets, die lewe is
rentmeesterskap, en die lewe is ‘n tydelike opdrag. Dag 7 (Warren 2003:46-51)
herinner die leser daaraan dat alles gaan oor God se eer.
In sy boek, Hoekom is ek hier? hanteer De Villiers (1997:7) byna dieselfde soort
vraagstuk en sê in die voorwoord: “In hierdie boek sal jy sien wat die eintlike doel
van jou lewe op aarde is, hoekom jy hier is.” Hy werk veral met die eksistensieelsielkundige beskouinge van Victor E. Frankl. Daar word ook gekyk na die spirituele
kragte in ‘n mens en hoe dit jou in staat stel om doeltreffende verhoudings met ander
mense, met God en ook materiële dinge te handhaaf. Beide De Villiers (1997:25) en
Warren (2002:15) meen dat die lewe nie oor die mens self gaan nie, maar oor ‘n
lewensdoel veel groter as die mens self. Soos reeds genoem koppel Warren
(2002:15) dit aan God en noem dat die mens deur sy doel vir sy doel gebore is. De
Villiers (1997:25) noem dat die mens se grootste behoefte is om die bedoeling van
sy lewe te realiseer.
3.4.1. Doeleinde 1: Aanbidding - Jy is beplan vir God se behae!
Hierdie sewe dagstukke gaan hoofsaaklik oor die indiwidu se verhouding met God
wat met die term aanbidding beskryf word. In hoofsaak kom aanbidding (Warren
2002: 55-99) neer op die volgende: Aanbidding in die erediens, aanbidding as
vervulling van jou lewensdoel, aanbidding as gesindheid van oorgawe en aanbidding
52
as gebed. Hierdie indeling is nie die indeling wat Warren (2002:55-99) gee nie – dit
is vir die doeleindes van hierdie studie nodig om die hoofsaak van die eerste doelwit
uit te maak.
3.4.1.1. Aanbidding in die erediens.
Die gedeelte in Dag 8 (Warren 2002: 55-59), “Vir God se behae beplan” handel nie
pertinent oor die erediens nie, maar daar is genoeg wat op die indiwidu se
betrokkenheid en ervaring van die erediens wys. Warren (2002:56) meen alles wat jy
doen om God te behaag is aanbidding. Kerkdienste, gesange, gebede, prediking en
ander godsdienstige seremonies bevat elemente van aanbidding. Maar aanbidding
is veel meer as dié uitdrukkings – dit is ‘n lewenswyse (Warren 2002:56) Hoewel
Warren hierdie standpunt handhaaf begin hy dadelik met dele van die erediens as
vorme van aanbidding soos musiek in die erediens en die regte ingesteldheid
teenoor die erediens nl. dat aanbidding (die erediens) nie ter wille van jou as mens is
nie. Nel (1994:37) noem dit gaan in die erediens sentraal om die diens van God op
grond van die verdienste van Jesus Christus. Warren (2002:57-58) sê die behae wat
die mens God gee word aanbidding genoem.
Volgens Warren (2002:56) is aanbidding vir baie mense sinoniem met musiek. Die
term “aanbidding” word deur mense gebruik om na ‘n bepaalde soort musiek te
verwys. Hy beskryf dit soos volg (Warren 2003:56-57):
Ons sing eers ‘n gesang, en dan ‘n lied van prys en aanbidding. Of,
ek hou van die vinnige prysliedere, maar ek hou die heel meeste van
die stadige liedere van aanbidding. Soos dit hier gebruik word, word
‘n
lied
‘n
‘pryslied’
as
dit
vinnig
en
hard
is,
of
as
koperblaasinstrumente gebruik word. As dit stadig en stil en intiem is
– miskien met kitaarbegeleiding – is dit aanbidding. Dit is ‘n
algemene misbruik van die woord ‘aanbidding’.
53
Volgens Callahan (1983:27) maak musiek 40% van die erediens uit. ‘n Goeie
musiekprogram het volgens hom 3 bestandele nl. beplanning en spontaneïteit,
balans en verskeidenheid, kwaliteit en diepte. Müller (1990:33) vra die vraag: “Is
daar enigiets wat meer atmosfeer skep as musiek en sang? Gebruik ons dit genoeg
in ons gereformeerde erediens? Hy noem dat musiek as uiters effektiewe middel
meer doelgerig in ons eredienste aangewend moet word om sodoende die korrekte
atmosfeer te skep. Musiek help ons om uitdrukking te gee aan ons gevoelens wat
dikwels moeilik op die verbale vlak geartikuleer kan word. Sang en musiek open die
deure vir ‘n atmosfeer van betrokkenheid en deelname, stemminge wat in die
erediens onontbeerlik is. Warren (2002:57) meen dat God van alle soorte musiek
hou en as musiek en liriek met ‘n goeie gees en opregtheid aan God gebied word, is
dit aanbidding. Daarmee gee hy te kenne dat musiek wel ‘n vorm van aanbidding is
hoewel aanbidding veel meer as musiek is.
Callahan (1983:28) meen die hele erediens het te make met die evangelie wat goeie
nuus is. Sommige predikers vergeet dit omdat te veel genade in wet verander, goeie
nuus in oordeel en liefde in wettisisme. Müller (1990:9-13) beklemtoon die feit dat die
erediens die fees van die gemeente is. Die erediens is die barometer van die
geloofsdiepte van die gemeente. Dit is die venster waar enige buitestaander kan
inkyk en met reg ‘n oordeel vel oor die gehalte van die geloofslewe van die betrokke
mense. Dit is egter nie net ‘n venster waardeur ‘n mens kan inkyk nie, dit is ook die
venster waardeur uitgekyk kan word na elkeen se opdrag en roeping in die wêreld.
3.4.1.2. Aanbidding as vervulling van jou lewensdoel.
Dag 9: “Wat laat God glimlag?” is hier ter sprake (Warren 2002:6-66). Warren
(2002:60) begin deur te sê: “Dit is jou lewensdoel om God te laat glimlag.” Hy
verduidelik aan die hand van die volgende hoofpunte terwyl hy dit demonstreer uit
die lewe van Noag: God glimlag …
•
Wanneer ons Hom volledig liefhet.
•
Wanneer ons Hom ten volle vertrou.
•
Wanneer ons Hom heelhartig gehoorsaam.
54
•
Wanneer ons Hom gedurig prys en dank.
•
Wanneer ons ons vermoëns gebruik.
‘n Mens sou Barnard in hierdie verband kon aanhaal as hy praat van die erediens
van die lewe:
Die wese van die erediens kan nie voldoende verstaan en beleef word
nie as dit slegs gesien word soos dit op Sondag funksioneer. Die
eintlike sin en betekenis daarvan kom tot openbaring wanneer die
erediens van die Sondag waar word in die erediens van die lewe …
Aanbidding wat nie betrekking het op die daaglikse lewe nie, is
onwerklik, lewensvreemd en kragteloos, en versuim sy ware doel.
(Barnard 1981:459)
Nel (1994:43) praat in hierdie verband van die toegesegde status van ‘n Christen wat ons in Christus gegee is (indikatief) en wat ons uit dankbaarheid geneem het,
maak van ons wat ons is. Om te bestaan en selfstandig geestelik te funksioneer, vra
dat die gelowige moet wees (imperatief) wie hy in Christus is. Hy (Nel 1994:37)
noem ook dat alle diens in die gemeente veranker is in die dienswerk van Christus.
God se “diens” aan die mens het so mens geword dat die gemeente voor die keuse
gestel word om ook so mens te word. Hy noem dat God juis gedien word deur die
diens aan mense. Godsdiens en naastediens hoort bymekaar. Hoe eerliker die
Godsdiens in die erediens is, hoe meer logies vloei die naastediens as deel van ons
Godsdiens daaruit voort. God die Vader, Seun en Gees word op hierdie wyse verHeer-lik (Nel 1994:37-38).
Warren (2002: 58) laat ver-Heer-liking oorloop in die alledaagse deur dit te noem dat
aanbidding nie net vir eredienste is nie. Behalwe pertinente naastediens, is die
uitleef van talente en vermoëns aanbidding:
55
Jy reken miskien God het net in jou ‘n behae wanneer jy ‘geestelike
dinge doen – Bybel lees, kerk bywoon, bid of jou geloof met iemand
deel… Elke menslike bedrywigheid (behalwe sonde) kan God
behaag as jy dit met ‘n houding van lof uitvoer. Jy kan skottelgoed
was, iets regmaak, ‘n produk verkoop, ‘n rekenaarprogram skryf, ‘n
gewas verbou en ‘n gesin grootmaak – alles tot eer van God. Soos ‘n
trotse ouer kyk God veral hoe jy die talente en vermoëns wat Hy jou
gegee het, gebruik. God het elkeen doelbewus verskillende gawes
gegee sodat Hy dit kan geniet. Hy het gesorg dat sommige atleties
is, en ander ontledend. Jy het dalk gawes as ‘n werktuigkundige of
wiskundige of musikant of een van ‘n duisend ander vaardighede. Al
dié vermoëns kan God laat glimlag.
(Warren 2002:64-65).
3.4.1.3. Aanbidding as gesindheid van oorgawe.
Warren (2002: 67) praat oor die moelike saak van oorgawe en noem dat dit die hart
van aanbidding uitmaak. Aan die ander kant wek die woord “oorgawe” vele
negatiewe assosiasies soos onderwerping, om ‘n verloorder te wees, ‘n nederlaag te
ly of om die knie te buig voor die sterker teenstander. Hybels vertel hoe moeilik
oorgawe is aan die hand van gesprekke met sommige kerkleiers:
But still I meet church leaders all over the world who admit to me
privately, in hushed tones, that they have never been able to
establish and sustain a close, consistent, vital walk with Jesus Christ.
They tell me how ashamed they feel when other leaders describe
their consistent practice of disciplines like solitude, fasting, prayer,
journaling, or Scripture memorization.
(Hybels 2002: 216-217)
56
Aan die ander kant is daar weer baie pastors wat kla oor lidmate wat geestelik
onvolwasse bly en geen behoefte het om geestelik te groei nie. Kerke stagneer
omdat lidmate nie geestelik groei nie en afhanklik bly soos “babas” wat net bedien wil
word (Van der Spuy 2004: 15).
Ware aanbidding – wat God behaag – gebeur wanneer jy jouself volkome aan God
gee. Aanbidding gaan daarom dat jy jouself aan God gee (Warren 2002: 67). Warren
(2002: 72) verduidelik dit deur die leser aan te raai om Christus agter die stuur van
jou lewe te plaas en die hande van die stuurwiel af te haal. Nel (2001: 134) meen die
kritiese vraag in ons verhouding met God en ook in ons verstaan van onsself is: “Glo
ek werklik in ‘n persoonlike God?” Dit is die hart van ons verhouding met God en ‘n
lewe van oorwinning. Hy gebruik die volgende praktiese voorbeelde o.a. ook van
motorbestuur maar in die konteks van ‘n gehoorsame lewe:
Dink maar aan jou laaste gebed. Met Wie het ek gepraat? Hoe het ek
gedink? Waar was Hy toe ek gebid het? Ver? Of naby, by my, nader
as ‘n dierbare wat saam met my gebid het? Nog ‘n manier om vir
onsself ‘n antwoord op hierdie vraag te vind, is om aan die bestuur
van
‘n
motor
te
dink.
Hoe
sou
ons
bestuur
indien
‘n
verkeersinspekteur langs ons sit? Anders, nè? Hoe praat ons
byvoorbeeld wanneer iemand vir ons baie respek het in die vertrek
is? Wanneer ons bely dat God ‘n Persoon is, dat Hy leef en dat Hy
teenwoordig is, behoort dit mos anders te wees.
(Nel 2001:134)
Miller bied ‘n goeie perspektief op oorgawe en geestelike groei aan die hand van
twee punte:
•
Spiritual growth is a gift of God; is not the self-manufactured quality that many
New Agers seem to think. Nor is it a program that church bureaucrats can
print and distribute …. [P]eople do not grow spiritualy, except through the
touch of God.
57
•
On the other hand, people do not become God-like without trying. Trying is
always a factor – as is deciding to live in an environment where trying is
encouraged. Rick Warren says that spiritual growth is what happens when
Christ is ‘resident and president of your life’ (Warren 1992).
(Miller 1994: 22-23)
Getz (2003: 238) maan teen oorhaastigheid as dit kom by geestelike groei en sê dat
daar nie ‘n “fast forward” manier is om geestelike volwassenheid te produseer nie.
Selfs Jesus het drie jaar nodig gehad om sy dissipels toe te rus vir hulle rol en dit het
‘n klomp krisisse gekos om dit dieper vas te lê. Van der Spuy (2004: 16) het ‘n
soortgelyke siening wanneer hy sê dat geestelike groei ‘n lewenslange opdrag is:
“We need to understand that spiritual growth is not a single step in our spiritual lives,
but a long, slow process that continues until the day when Christ comes to take us
home.”
3.4.1.4. Aanbidding as spiritualiteit en gebed.
Bostaande opskrif is ‘n poging om die hele saak van spiritualiteit en gebedslewe van
die gelowige saam te voeg. Warren (2002: 75-99) het dit in vier dae opgedeel:
•
Word beste vriende met God.
•
Ontwikkel jou vriendskap met God.
•
Aanbidding wat God behaag.
•
Wanneer God afsydig lyk.
Oor spiritualiteit
Die saak oor spiritualiteit kon al by die vorige punt (3.4.1.3) gedien het, maar ter wille
van Warren se invalshoek: “Word beste vriende met God”, word dit hier bespreek. In
‘n artikel stel Smit (1989:83) die vraag of spiritualiteit werklik omskryf kan word.
Koekemoer (1999:327) sluit hierby aan as daar oor Hervormde spiritualiteit gepraat
word en noem dat dit moeilik definieerbaar is en moeilik onder een noemer gebring
58
kan word. Smit (1988:183) meen dat daar iets soos Gereformeerde spiritualiteit
bestaan en dat dit opgebou is rondom die erediens en die huisgodsdiens. Die twee
kernaspekte
rondom
die
gereformeerde
vroomheid
is
die
gemeentelike
godsdiensoefening en gemeentelike lewe daar rondom en die huisgesin wat ook
individuele vroomheid insluit. ‘n Mens sou kon sê dit gaan om nederigheid,
afhanklikheid en gehoorsaamheid. Dit alles om die eer van God te dien. Barnard
(2004:37) meen spiritualiteit neem vorm aan binne drie basiese verhoudinge: Die
verhouding met God, die verhouding met ander en die verhouding met die skepping.
In lyn met resente navorsing het hy spiritualiteitstipes in eredienste in die ring van
Paarl ondersoek en bevind dat kopspiritualiteit (44.4%) die oorheersende
gemeentelike styl is teenoor hartspiritualiteit (31.9%) wat die lidmate se voorkeur is.
Die oplossing volgens Barnard (2004:87) is om te sorg vir ‘n kreatiewe spanning
tussen hart- en kopspiritualiteit en ook om die vier spiritualiteite (kop, hart, mistiek en
hand) met mekaar te kombineer.
Spiritualiteit word soos volg deur Peterson gedefinieër:
Spirituality is the attention we give to our souls, to the invisible
interior of our lives that is the core of our identity, these image-of-God
souls that comprise our uniqueness and glory. Spirituality is the
concern we have for the invisibility that inheres in every visibility, for
the interior that provides content to every exterior. It necessarily
deals much with innerness, with silence, with solitude. It takes all
matters of soul with utmost seriousness.
(Peterson 1997:6-7)
Dit is goed om Eugene Peterson (1997:3-15) se beskrywing van spiritualiteit
behoorlik onder oë te neem ten einde die regte klem te laat val. Peterson (1997)
gebruik die evangelie volgens Markus as die basiese teks vir Christelike spiritualiteit.
Hy noem dat twintig eeue van spirituele ervaring ons entoesiasme vir die saak
heelwat gedemp het. Spiritualiteit word dikwels met suspisie bejeën (vgl Van der
Westhuizen 2001:878) en soms met skerp vyandigheid. “For in actual practice
59
spirituality very often develops into neurosis, degenerates into selfishness, becomes
pretensious, turns violent” (Peterson 1997:7). Ook McLaren wys op die gevaar as hy
praat oor die lirieke van liedere:
But sometimes I feel uncomfortable with the lyrics – it’s all about
“me”. How Jesus makes me feel, what he does for me, how he loves
and forgives me. The language is almost erotic – he holds me close,
embrace me, and so on. Again, nothing wrong with this, but I wonder
– does this represent a kind of narcissistic and overindividualized
spirituality?
(McLaren 2001:120-121)
Warren (2002:75-87) bou die tema “Word beste vriende met God” en “Ontwikkel jou
vriendskap met God” uit onder die volgende hoofpunte:
•
Deur ‘n gedurige gesprek.
•
Deur gedurige oordenking.
•
Ek moet besluit om met God eerlik te wees.
•
Ek moet God gelowig gehoorsaam.
•
Ek moet besluit om prys te stel op dit waarop God prys stel.
•
Ek moet vriendskap met God meer as enigiets anders wil hê.
Oor gebed
Hybels (1998:9) noem dat gebed vreemd is vir ons trotse natuur. Tog sal elkeen,
iewers die punt bereik waar jy jou kop sal laat sak of op jou knieë neerval en jou
aandag op God vestig en bid. Sommige sal loer of iemand hulle nie sien nie ander
sal bloos maar tog bid. Vir die meeste mense is persoonlike stiltetyd ‘n belangrike
saak. Tog veroorsaak dit dikwels skuldgevoelens omdat dit volgens McLaren
(2001:120) te veel gaan oor kwantiteit:
60
Staple of evangelical spirituality in my experience was “the quiet
time”: get up each morning to read the Bible and pray. Hard to be
against Bible reading and prayer! But here’s my problem: the whole
quiet time endeavor seemed to be about quantity. The more of Bible
you read or studied, the better. The more you prayed (how many
minutes?), the better. I remember for many years almost hating to
read Bible and pray, because as soon as I finished, the only thought
in my mind was, “I should be doing this so much more than I am.
Nicol (2002:37) bied ‘n soortgelyke ervaring: “Ek het gevoel (graad 10 jaar) dit
behoort nie korter as ‘n driekwartuur te duur nie en het vir ‘n tyd getrou daarby
gehou…. [D]aar was baie rykdom en vreugde, maar tog ook die gevoel van
verpligting.” McLaren koppel hierdie hele worsteling van sommige gelowiges aan die
invloed van die modernisme op ons lewens:
Looking back, really does seem “modern” eh? – wanting more
information (knowledge is power), quantifying everything, reducing to
formula and mechanism (“if I pray this much, I get these results”),
making everything measurable. How can we keep prayer and Bible
reading as key to our spiritual lives without turning spirituality into
spiritual techniques, duties, and legalism- still more to feel guilty
about?
(McLaren 2001:120)
Warren (2002: 77) konsentreer nie juis op die formele karakter van gebed nie. Vir
hom gaan dit oor die vriendskapsaspek wat verder uitgebou moet word: “Jy sal nooit
‘n intieme verhouding met God bou deur net een maal per week kerk toe te gaan of
selfs elke dag ‘n stiltetyd met hom te ervaar nie. ‘n Vriendskap met God word gebou
deur al jou lewenservarings met Hom te deel.” Hy noem dat dit belangrik is om ‘n
daaglikse aanbiddingstyd met God te kweek maar dat God meer wil hê as net ‘n
afspraak in ‘n mens se skedule. “Hy wil by elke aktiwiteit, elke gesprek, elke
probleem of selfs elke gedagte betrokke wees.” Alles wat jy doen kan tyd met God
wees (Warren 2002:77). Die bedoeling van Warren in hierdie verband is sekerlik
61
suiwer – die vraag is of dit nie skuldgevoelens gaan laai op diegene wat nie ‘n
daaglikse ervaring het van ‘n gedurige gesprek met God nie?
Tot dusver is genoem dat gebed vir baie ‘n moeilike saak is om vol te hou, deur
ander as sware verpligting gesien word terwyl ander dit kwantifiseer. Gebed bly
nietemin ‘n belangrike saak – soos Hybels dit stel (Vryvertaal AU):
Hulle dink: “Ek het geen struktuur of gewoontes nodig om my geloof
te laat groei nie. Ek doen dit soos ek lekkerkry. Ek gaan saam met
die stroom. Ek laat God toe om te doen wat Hy wil en sal maar sien
wat gebeur.”… Dit is naïef om so te dink en jy bedrieg jouself. Ons
kan nie groei sonder enige struktuur nie, net so min as wat ons, ons
liggame kan verbeter deur net te sit en kyk wat sal gebeur.
(Hybels 1998:44-45)
Warren (2002:88-93) doen baie moeite om die korrekte van die gebed van die bidder
te bevorder. Die opskrifte wat dien in dag 13 is:
•
God is tevrede wanneer ons aanbidding akkuraat is.
•
God is tevrede wanneer ons aanbidding opreg is.
•
God is tevrede wanneer ons aanbidding nadenkend is.
•
God is tevrede wanneer ons aanbidding prakties is.
Hybels (1998:52) is ook begaan oor bogenoemde as hy pleit vir gereelde, opregte en
spesifieke gebede. God wil hê ons moet met hom praat soos wat jy met jou pa of
vriend sal praat. Opreg, eerlik, persoonlik en ernstig. “Praat met God, stort jou hart
uit. Sê, “Ek is bekommerd oor iets, ek het hieroor gedink, ek is moedeloos of
depressief of gelukkig. Praat in alle opregtheid met jou Vader. Moenie babbel as jy
bid en ’n klomp geykte uitdrukkings gebruik nie. Partykeer las ons ’n klomp sinne wat
belangrik en oulik klink aanmekaar en noem dit gebed” (vryvertaal AU). Warren
(2002:91) meen ook dat God nie tevrede is met onnadenkende gesange, geykte
62
gebede of sommer net sulke uitroepe soos “Prys die Heer” nie. Hy noem tereg: “As
aanbidding sielloos is, is dit betekenisloos. Jy moet jou verstand gebruik.”
Behalwe die beredeneerde gebed wat akkuraat, opreg, prakties en nadenkend is
(Warren 2002:88-93), is daar ook die dimensie van stilte wat toenemend deur
skrywers bepleit word (Muller 2002 ; Nicol 2002). Ook Hybels (1998:133-144) vind
dit belangrik genoeg om tyd aan die “luister-gedeelte” van gebed af te staan. Dit is
iets wat nie pertinent in Warren (2002) na vore kom nie. Nicol (2002: 31-41) bepleit
die belangrikheid van stilte, iets wat Muller (2001:14) beskryf as “oomblikke van
heilige niksdoen”. Beide (Muller 2001; Nicol 2002) noem Christelike kontemplasie
(die gebed van die hart) as die bestemming om by uit te kom, hoewel Muller (2001)
meer aandag aan die meditatiewe gee.
3.4.2. Doeleinde 2. Onderlinge sorg - Jy is vir God se familie geskep!
Volgens Mead (1996:46) het die mense in Amerika na die tweede Wêreldoorlog na
die stede toe gestroom : “It was a search not only for a house and a plot of ground,
but also for the myth of close-knit human community...” Tans woon 50% van die
wêreld se bevolking reeds in stede. Teen die jaar 2025 sal daar ongeveer 93 groot
wêreldklas stede wees waarvan 80 in ontwikkelende lande sal wees (George
1992:20-22). Dit blyk dat die soeke na gemeenskap in die stede, vir die meeste ‘n
ontnugterde ervaring is. Mense wil hulle woonbuurte steeds sien as ‘n bron van
gemeenskap maar, soos Mead (1996:46) tereg opmerk: “Neighbour is often the new
word for stranger.”
Die Saddleback Church van Rick Warren is in Lake Forest, Kalifornië (Purpose
Driven Life 2002-2005) geleë en soos bo genoem is daar by die verstedelikte mense
‘n soeke na gemeenskap. Warren (2003) se tweede doel is “Jy is vir God se familie
geskep”. Dit is ook die woorde waarmee hy dag 15 begin (Warren 2003:103). Die
hele saak van God se familie word uitgebou in 7 dagstukke en sluit die volgende in:
63
•
God se familie (Dag 15).
•
Liefde – die belangrikste deel van ons lewe (Dag 16).
•
Lidmaatskap van ‘n kerk (Dag 17).
•
Gemeenskap van gelowiges en die uitbou daarvan (Dag 18-21).
3.4.2.1. God se familie (Dag 15).
Burger (1996:16) noem dat die moderne era se soeke na individualiteit tot die
probleem van vereensaming en vervreemding bygedra het. Aan die een kant het dit
tot wonderlike vryhede gelei, mense kan byna onbeperkte keuses uitoefen. Maar
daar is ook ‘n skadukant aan verbonde: In hierdie “wonderlike” wêreld het
eensaamheid ‘n verskriklike probleem geword. Warren (2003:114) merk tereg op:
“Selfs in die volmaakte en sondevrye omgewing van Eden het God gesê: ’Dit is nie
goed dat die mens alleen is nie.’” Beide outeurs (Burger 1996, Warren 2003) begin
by God wat in verhouding met mens wil staan. Warren (2003:15) sê dat God die
mens geskep het om deel van ‘n familie te wees terwyl Burger (1997:13) begin met
die gelykenis van die verlore seun waar die oudste seun nie die hart van sy Vader
verstaan nie. Hierdie doel, “Jy is vir God se familie geskep”, gaan juis hieroor – om
mense deel van God se familie te laat word en om hulle die hart van die Vader te
wys.
Costella (1998:4-5) wys daarop dat die doel van Saddleback is om skares te lok
sodat hulle uiteindelik tot redding sal kom en lidmate kan word. Hoewel krities, wys
hy tog op die strategie wat Saddleback volg:
What is the key? One must provide a product that will meet the real
or perceived needs of the consuming public. For Saddleback
Community Church, that meant they had to determine via a survey
the needs of the Saddleback community at large and then provide
programs at the church to meet those needs. As a result of the
survey, a composite "Saddleback Sam," or unsaved church seeker,
64
was defined, and the style and programs of the church were then
redefined to meet his needs. Hence, the ministries (support and
special interest groups, recreational fellowships, etc.) and the style
and content of the "Seeker Service" were aimed at making the typical
"Saddleback Sam" feel comfortable, helped and encouraged.
(Costella 1998:5)
Warren (2003:103-107) bou sy argument uit deur te sê dat nie elke ‘n mens ‘n kind
van God is nie – jy word net deel van God se familie deur daarin gebore te
word…”Jy word lid van God se familie as jy weer gebore word” (Warren 2003:104).
Hy noem vervolgens dat ‘n mens se geestelike familie selfs belangriker is as jou
fisiese familie, want dit gaan vir ewig duur. Ons verhouding met ander gelowiges
gaan ‘n hele ewigheid lank bestaan. Hy noem verder dat die oomblik toe ons in God
se familie ingebore is het ons ‘n klompie verstommende verjaarsdaggeskenke gekry:
die familienaam, die familie-ooreenkoms, die familie voordele, intieme toegang tot
die familie, en die familie erfenis! (Warren 2003:104).
Hy bou daaropvolgend voort op die gedagte van die erfenis en noem wat dit behels
(Warren 2003:105):
• Ons gaan vir ewig met God wees.
• Ons gaan volkome verander en soos Christus word.
• Ons gaan van alle pyn en lyding verlos word.
• Ons gaan beloon word en posisies van diens kry.
• Ons gaan deel in God se heerlikheid.
Warren (2003: 105-106) gaan baie versigtig te werk met die moeilike saak van doop
as inlywing in die familie van God. Die teksgedeeltes wat aangehaal word verwys
uiteraard na die doop van volwassenes Bv. Matteus 28:19, 1 Korintiërs 12:13 en
Handelinge 2: 41. Die taalgebruik en formulering maak dit redelik aanvaarbaar vir
voorstanders van die kinderdoop: “Die doop het allerlei betekenisse. Jou doop
verklaar jou geloof, maak jou deel van Christus se begrafnis en opstanding,
simboliseer die afsterwe van jou ou lewe, en kondig jou nuwe lewe in Christus aan.
65
Dit vier ook jou insluiting in God se familie” (Warren 2003:106). Die sensitiwiteit
waarmee Warren (2003:105-106) te werk gaan illustreer die kritiek van sommiges
soos in hoofstuk 5 bespreek word, dat daar weggebly word van doktrine wat verdeel
(Kyk Cloud 2005: par 3,8; Costella 2004:2).
3.4.2.2. Liefde – die belangrikste deel van ons lewe (Dag 16).
Burger (1996:16) deel tereg die volgende waarheid: “Dit is so dat dit uiteindelik in die
kerk om meer en groter goed as warmte en intimiteit gaan. Maar, kerke wat nie
moeite doen om aan mense òòk warmte en intimiteit te gee nie, sal waarskynlik nie
mense hê om die ander, groter dinge mee te doen nie...” Warren (2003:108) begin
dag 16 met die woorde: “Die lewe draai grootliks om liefde.” Hoewel hierdie hoofstuk
van Warren 2003:108-113) nie pertinent oor die erediens gaan nie – is dit altyd ‘n
goeie vertrekpunt om daar te begin. Nel (1994:41) bied ‘n basis om van te vertrek:
Deur Jesus Christus word die mens in sy verhoudinge met sy
medemens herstel tot liefhê - om met woorde en dade te dien en te
deel.
Christus
se
versoeningswerk
het
die
mens
se
kommunikasiekanale weer oopgemaak met God, die skepping en sy
medemens. Juis hierdie herstelde verhoudings is die hart van
koinonia. Die beoefening en inoefening van koinonia kan beplan
word, maar koinonia self is die gevolg van geestelike vernuwing. Die
gemeente is ‘n gemeenskap van mense wat saam deel het aan
Jesus Christus en wat om dié rede deel kry (deel gee en deelneem)
aan mekaar se lewens.
(Nel 1994:41).
Callahan (1983:24-26) praat van die liefde wat ‘n besoekers reeds by die
parkeerterrein moet aanvoel: Dit is dus belangrik om te let op warmte, aanvaarding
en liefde vandat die besoeker by die parkeerplek stilhou tot na die erediens. Dit is
daarom nodig om vriendelike parkeerplek aanwysers te hê en ook groeters by die
66
ingange wat werklik die gawe het om mense tuis en gemaklik te laat voel. Dit is ook
belangrik dat die plekaanwysers op die regte wyse mense ontvang en laat tuis voel
(vryvertaal AU). Al hierdie dinge en ook die gebeure tydens die erediens laat
Callahan (1983:26) die volgende opmerk: “Throughout this progression, visitors
should be greeted in love and warmth. They should be made to feel welcome, to
sense that they are appreciated as distinctive human beings, not as numbers to add
to the attendance figures.”
Liefde en warmte wat in die erediens uitgestraal word moet sekerlik ook deel wees
van elke gelowige se daaglikse verhoudinge. Warren (2003:108-109) noem dat dit
nie maklik is om onselfsugtig lief te hê nie. Ons is gedurig blootgestel aan irriterende,
onvolmaakte en frustrerende mense en daarom neem dit ‘n leeftyd om onselfsugtige
liefde aan te leer. Een van die waardevolle bydraes in hierdie hoofstuk word gevind
in Warren se beskrywing van tyd wat die beste uitdrukking van liefde is (Warren
2003:111-112): “Tyd is jou kosbaarste geskenk, want jy het net soveel daarvan…
wanneer jy iemand jou tyd gee, gee jy hulle ‘n stukkie van jou lewe…Verhoudings
kos tyd en inspanning, en die beste manier om liefde te spel, is: T-Y-D.”
Warren (2003:110-111) maak ‘n kontroversiële punt as hy sê: Ons sal volgens ons
liefde beoordeel word in die ewigheid. Hy maak o.a. die volgende stelling (Warren
2003:111) “Wanneer jy na die ewigheid oorgaan, gaan jy al die ander dinge
agterlaat. Jy neem net jou karakter met jou saam. Dis waarom die Bybel (Ef 1:8) sê:
‘Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.’” (eie
kursivering). Hierdie saak word meer breedvoerig in 5.2.2.3. bespreek.
3.4.2.3. Lidmaatskap van ‘n kerk (Dag 17)
Warren (2003:114) begin dag 17 met die woorde: “Jy word geroep om te behoort, en
nie net om te glo nie.” Dit herinner aan Ott (1981:401): “Ich kann meinen Glauben an
Jesus Christus gar nicht allein für mich vollziehen, sondern mur in einer innersten
Solidarität mit meinen Brüdern im Glauben.” Ook Berkhof (1985:335) dien vermeld te
word: “Wie verbond zegt, zegt gemeenschap; in die gemeenschap worden wij als
67
enkelingen tegelijk met God en met andere mensen verbonden.” Warren (2003:114)
redeneer tereg as hy sê die Bybel ken geen afgesonderde heiliges of geestelike
kluisenaars wat van ander gelowiges afgesny is en van die gemeenskap ontneem is
nie. Hy noem vervolgens dat jou verhouding met God persoonlik is maar dat God nie
wil hê dit moet privaat wees nie.
Hy (Warren 2003:114-121) lewer ‘n waardevolle bydrae om die toenemende
kerkvervreemding teen te staan waarvan Nel (2003: 23-33) ook praat. Dit is
waarskynlik ook een van die belangrike bydraes van Warren (2002) waarna Costella
(2004:2) verwys het: “…and his book is full of important, practical truths that present
day believers tend to ignore or forget.“ Warren gebruik die beeld van die liggaam om
die effek van onbetrokkenheid te illustreer:
As ‘n orgaan van die ligaam afgesny word, sal dit verskrompel en
doodgaan. Dit kan nie op sy eie bestaan nie, en jy ook nie. As jy van
die lewensbloed van ‘n plaaslike liggaam afgesny word, sal jou
geestelike lewe verskrompel en oplaas nie meer bestaan nie. Dit is
waarom ongereelde bywoning van dienste en ander byeenkomste
van gelowiges gewoonlik die eerste teken van geestelike ondergang
is. Wanneer ons oor gemeenskap onverskillig raak, begin al die
ander dinge ook agteruit gaan.
(Warren 2003:115)
Warren (2003:116) lê ook klem daarop om by jou plaaslike gemeente betrokke te
raak – “…so anders as die kultuur van onafhanklike individualisme… skyngelowiges
wat van die een kerk na die ander spring, sonder enige identiteit, toerekenbaarheid
of toewyding.” McManus beskryf die fenomeen van “church shoppers” treffend:
“We’re looking for a church that meets our needs.” It seems like I’ve
heard this one a thousand times. The phenomenon of church
shoppers has profoundly shaped the contemporary church. The
entire conversation in not about relevance but convenience. The
68
focus is not in serving the world; the church itself became the focal
point. Our motto degenerated from “We are the church, here to serve
a lost and broken world” to “What does the church have to offer me?”
This move has made the pastor the only minister, while making the
members the only recipients of mininstry. What is lost in this process
is an army of healers touching the planet.
(McManus 2001:29-30)
Op die vraag hoekom jy ‘n kerkfamilie nodig het, noem en bespreek Warren (Kyk
2003:116-119) volgende redes:
•
‘n Kerkfamilie bewys dat jy ‘n ware gelowige is.
•
‘n Kerkfamilie red jou van selfgesentreerde isolasie.
•
‘n Kerkfamilie help jou om geestelike gespierdheid te bou.
•
Christus se liggaam het jou nodig.
•
Jy sal in Christus se missie in die wêreld deel.
•
‘n Kerkfamilie help ons om nie afvallig te word nie.
3.4.2.4. Gemeenskap van gelowiges en die uitbou daarvan (Dag 18-21).
Warren (2003:122) noem dat die liggaam van Christus net soos jou eie liggaam, ‘n
versameling van talle klein selle is. “Die lewe van die Liggaam van Christus, soos jou
eie liggaam, is in dié selle vasgevang. Daarom moet elke Christen by ‘n klein groepie
binne die kerk betrokke wees, sy dit ‘n tuisgroepie, Sondagskoolklas of Bybelstudie.”
Warren (2003: 122-134) handel in dae 18 en 19 oor die waarde van kleingroepe en
hoe om gemeenskap verder uit te bou. Dag 20 (Warren 2003:135-141) handel oor
hoe om stukkende gemeenskap te herstel en dag 21 (Warren 2003:142-148), hoe
om jou kerk te beskerm.
Oor die saak van kleingroepe is baie geskryf. Dat dit ‘n waardevolle deel van baie
gemeentes se bestaan geword het, is nie te betwyfel nie. Van der Spuy (1998:25-48)
noem ‘n klomp geseënde gevolge van kleingroepe: “Koinonia kom tot sy reg omdat
kleingroepe aan die moderne mens met sy geneigdheid tot individualisme ‘n
69
geleentheid bied om in die warmte van ‘n klein kring Christene te ontwikkel.”
Betekenisvolle geestelike vriendskappe word ontwikkel; daar is groter omgee vir
mekaar in die praktyk; oefenruimte vir en die bevordering van geestelike groei; ‘n
basis vir intersessie; projekte wat deur kleingroepe aangepak word; gawes word
ontvries en ontgin; groter offerbereidheid – om maar enkeles te noem. Van hierdie
voordele stem ooreen met dit wat Warren (2003:122-127) noem:
•
Met ware gemeenskap ervaar mense egtheid.
•
In ware gemeenskap ervaar mense gemeenskaplikheid.
•
In ware gemeenskap ervaar mense meelewendheid.
•
In ware gemeenskap ervaar mense genade.
Potgieter (1995:170,175) noem tereg: “As die kerk nie ‘n gemeenskap is nie, is dit
nie kerk nie... gemeenskap is nie slegs ‘n modus of fasset van die kerk se bestaan
nie maar die wesenlike eienskap waarsonder dit nie kerk kan wees nie.” Bisschoff
(1998:4) meen dit is ‘n eenheid wat alle grense transendeer. “Tekste soos Gal 3:28
en Kol 3:11 is merkwaardig as ons besef watter krag die grense, wat daarin beskryf
word, wel in daardie tyd gehad het: Volks-, godsdienstige, ras-, klasse, geslags- en
beskaafdheidsgrense. Almal word in Christus oorgesteek om ‘n nuwe eenheid te
vorm. Die ‘mekaar’ tekste is almal gerig op die praktiese uitvoering van die opdrag
om koinonia te beoefen en te beleef.” Schwarz (1996:32) wys daarop dat holistiese
groepe die beste effek het op kwalitatiewe en numeriese groei in ‘n gemeente. “They
must be holistic groups, which go beyond just discussing Bible passages to applying
its message to daily life… Holistic small groups are the natural place for Christians to
learn to serve others – both in and outside the group – with their spiritual gifts”
(Schwarz 1996:32).
Kleingroepe is volgens Arnold (1992:9) “an intentional gathering of three to twelve
people who commits themselves to work together to become better disciples of
Jesus Christ.” Die drie sleutelterme is “commitment”, “working together” en
“discipleship”. Vervolgens word aandag gegee aan belangrike momente in die
byeenkoms van kleingroepe (Bisshoff 1998:13vv; Nel 1994:85-96):
70
•
Koinonia volgens Arnold (1992:42) is iets wat soos wat soos ‘n goue draad
deur al die bedieninge in ‘n gemeente loop, dit is ‘n fundamentele deel van
elkeen. Koinonia behels verhoudinge. ‘n Bybelse verstaan daarvan behels ‘n
verhouding tussen God en ‘n groep gelowiges. God het ons gemaak vir
gemeenskap met Hom en mekaar. Die twee boustene van koinonia is
toewyding (commitment) en gesonde kommunikasie (Arnold 1992:42-43).
Warren (2003:128) bevestig die punt dat gemeenskap toewyding vereis: “Dit
kos God se krag en ons inspanning om ‘n liefderyke Christelike gemeenskap
daar te stel.” Hy noem dat dit eerlikheid, nederigheid, hoflikheid, vertroulikheid
en gereelde byeenkomste verg om gemeenskap te bou (Warren 2003:128133).
•
Aanbidding en lofprysing wat ‘n bewuste fokus op God het. Gebed gerig op
aanbidding en lof aan die Here, en selfs sang, maak van die moment ‘n
spesiale oomblik van stilword voor die Here. Dit is belangrik om hiervoor
voorsiening te maak en groeplede hierin te help groei. Van der Spuy
(1998:32) sê dat die kleingroep lidmate leer om intersessie vir groeplede en
ander mense te doen. Hy noem dat werklike verandering plaasvind wanneer
ernstig en opreg oor ‘n saak saam gebid word. Groeplede word ook geestelik
aanmekaar verbind met versoeke en opdragte om gedurende die week vir
mekaar te bid of vir spesifieke gebedsake byeen te kom (Van der Spuy
1998:32).
•
Woordstudie wat lei tot die integrasie van ons geloofskennis met ons eie
lewensverhaal. Bybelstudie bly baie belangrik en moenie afgeskeep of
afgewater raak nie. Deur te luister na wat God deur sy Woord vir ons wil sê,
word gemeenskap met Hom en mekaar verdiep. Kleingroepe kan ook die
preek van Sondag bespreek. Van der Spuy (1998:33) meld die volgende:
Omgeegroepe getuig dikwels dat sake waaroor hulle verskeie preke gehoor
het eers in hulle lewe verander en regkom wanneer dit in die kleingroep
bespreek word.
•
Saamdoen - aktivering tot dienswerk. Uiteindelik moet daar geleentheid
geskep word vir saamdoen in die gemeente of gemeenskap. Sonder ‘n na-
71
buite-gerigtheid vind daar maklik “koinonitis” plaas wat, soos Nel (1994:92) dit
stel: “... ‘n broeiplek van baie afbrekende emosies, klieks, skinderbidure en
wat selfs sieklike selfsug en dwaling kan word.”
•
Getuienis lewer behoort deel te wees van die kleingroep se missionêre
bewussyn. Nuwe lede moet gedurig die groep ingebring word. George
(1992:100,128) stel ‘n ideaal van twee persone elke jaar. Om die lede aan
hierdie visie te herinner, stel hy voor dat daar ‘n “oop stoel” by elke
geleentheid moet wees, sodat daar gebid en gewerk kan word om daardie
stoel gevul te kry.
•
Onderlinge dissipline vind plaas waar gelowiges vanuit hulle verbondenheid
met Christus ‘n dissipelverbondenheid met mekaar het en ontwikkel, waar
egte empatie en vermaning ook plaasvind. Dissipelskap lei tot dissipline en
nie andersom nie (Nel 1994:94).
Een van waardevolle hoofstukke in Die Doelgerigte Lewe (2003) is dag 20 met die
opskrif: “Herstel stukkende gemeenskap”. Warren (2003:135-141) slaag uitstekend
daarin om die regte perspektiewe te stel wat betref konflik in ‘n gemeenskap van
gelowiges. Volgens Leas (2002:4), heg religieuse groepe hoë waarde aan deugde
soos eenheid en saamwees. In diens van hierdie waardesisteem sal lidmate dikwels
swyg oor erge gedrag van ander gemeenteleiers of selfs die pastor. Hulle sal vir
weke en maande stilbly oor aspekte wat hulle kwel en dit ter wille van ‘n skynvrede
terwyl dit van binne kook met gevoelens van woede, verraad en seerkry. Wanneer
hierdie bitterheid uiteindelik oorkook is dit ‘n verrassende ontploffing van emosie wat
byna onbeheerbaar is.
Konflik behels twee of meer partye wat hulle belange as onversoenbaar beskou en
wat aksiegerig optree ten einde hulle belange te beskerm, hetsy ‘n idee of materiële
dinge (Becker 1999:37). Cosgrove en Hatfield :(1994:21) brei uit hierop en beskryf
konflik as die uitdrukking (in woorde en aksies) van disharmonie tussen verskillende
opinies en behoeftes wat teenwoordig is in alle menslike sisteme. Hulle noem dat
mense nie altyd hulle klagtes openbaar maak nie: “Often they prefer to mask what’s
really bothering them by fighting over other issues” (1994:21).
72
Nel (1994:133) oordeel dat konflik in enige fase van die gemeentebouproses ‘n
werklikheid is en daarom behoort dit teologies verstaan en so hanteer word. Konflik
is ‘n gegewe werklikheid in enige vernuwingsproses. Die vraag is nie of daar konflik
gaan wees nie, maar wel wat daarmee gemaak gaan word. Nel (1994:134) haal
Lissenburg aan waar hy sê dat “konflik mag” ‘n beter slagspreuk is as “harmonie
moet”. Dobson et al (1992:31-33) se siening kom hiermee ooreen as hulle sê dat
konflik in die kerk nie ‘n ongesonde teken is nie. Dit kan inteendeel ‘n groot klomp
goeie dinge produseer. Dit bedoel nie die soort konflik waar daar baie bitterheid en
gegriefdheid is nie, hoewel daar in sulke vlakke van konflik ook iets goeds kan kom.
“To me, whenever people disagree, even if they disagree gracefully, that’s conflict.”
Hieruit blyk dat konflik ‘n klompie voordele het: Verskillende geskille word ten volle
ondersoek, beter besluitneming volg en mense is meer verbind aan die besluite
(Dobson et al 1992:31-33).
Warren (2003:136-141) gee sewe Bybelse stappe om gemeenskap te herstel:
•
Praat met God voordat jy met die persoon praat.
•
Neem altyd die inisiatief.
•
Simpatiseer met hul gevoelens.
•
Bely jou aandeel aan die konflik.
•
Val die probleem aan, en nie die persoon nie.
•
Werk soveel as moontlik saam.
•
Beklemtoon versoening eerder as ‘n oplossing.
In dag 21 doen Warren (2003:142-148) ‘n beroep op gelowiges om die eenheid van
hul kerk te beskerm. In sy boek “Discover your conflict management style” skryf
Speed B. Leas (1998:2) dat ‘n mens se styl van konflikbestuur nie met ‘n mens se
persoonlikheid verband hou nie, maar dat dit eerder met die konteks waarin die
konflik staan, verband hou. Volgens hom bestuur ‘n mens konflik verskillend in die
volgende kontekste byvoorbeeld, werk, huis, kollegas en in die sosiale arena. Vir
Warren (2003:142) is die konteks die kerk/gemeente wat beskerm moet word en hy
maak die volgende stelling: “Daar is op aarde vir God niks belangriker as sy kerk nie.
73
Hy het die hoogste prys daarvoor betaal, en Hy wil hê dit moet beskerm wees, veral
teen die vernietigende skade wat verdeling, botsings en disharmonie kan
veroorsaak.” Konflik raak die pastor nog meer (Dobson et al 1992:15). Hulle stel dit
treffend deur te sê: “Politici is tervrede as 51% van die kiesafdeling hulle ondersteun.
Die pastor, daarteenoor, ervaar pyn wanneer selfs net een kritikus uit ‘n honderd
sy/haar stem laat hoor.”
Warren (2003:142) meen as jy deel is van God se familie, is dit jou
verantwoordelikheid om die eenheid van jou gemeenskap in ere te hou. Hy gee die
volgende praktiese raad aan die hand van die Bybel (Warren 2003:143-148):
•
Lê klem op wat ons gemeen het, nie op ons verskille.
•
Wees realisties in jou verwagtinge.
•
Moedig eerder aan as om te kritiseer.
•
Moenie na skinderstories luister nie.
•
Beoefen God se metode vir die beslegting van konflik.
•
Ondersteun jou pastor en leiers.
3.4.3. Doeleinde 3: Dissipelskap – geskep om soos Christus te word!
Die term dissipelskap word nie deur Warren (2003:151-196) gebruik in ‘n opskrif nie.
Hy begin sy sewe dagstukke met die opskrif en inleidingsin: “Jy is geskep om soos
Christus te word” (Warren 2003:150-151). Soos met die vorige doeleindes word
dissipelskap ook in eenhede opgedeel en bespreek:
•
Die motivering vir dissipelskap (Dag 22 en 23).
•
Die rol van die Bybel in dissipelskap (Dag 24).
•
Gevorm deur probleme en versoekinge (Dag 25-27).
•
Dissipelskap – ‘n lewenslange proses (Dag 28).
3.4.3.1.
Motivering vir dissipelskap (Dag 22-23).
Die woord dissipel het in die Griekse wêreld die betekenis van vakleerling gehad
(Nel 1994:85). Dit kon ook beteken om ‘n student van ‘n bepaalde vak te wees of ‘n
74
leerling van ‘n sekere leermeester (Watson 1983:19). Volgens Nel (1994:86) gryp
hierdie gedagte terug na die Griekse werkwoord manthanein wat beteken om jou
gedagtes op iets te fokus. Die werkwoord vir “volg”, akolouthein kan volgens kenners
ook op dissipelskap dui. Die kwessie van onderrig was vir Jesus belangrik gewees,
maar sy bedoeling was nie net om inligting oor te dra nie, maar om ‘n
onvoorwaardelike oorgawe aan, en verbondenheid met Hom wakker te maak (Nel
1994:86). Die Griekse woord vir dissipel, mathytys beteken, behalwe “vakleerling”,
ook ywerige navolger, selfs om nabootser van ‘n leraar te wees.
Daar is te veel mense in die Christelike kerk wat voel dat dit hulleself is wat ‘n keuse
vir Christus gemaak het. Baie dink ook dat dit hulleself is wat ‘n keuse vir ‘n
bepaalde kerk gemaak het. Sulke mensgerigtheid voorspel geestelike doodsheid of
ten minste ‘n soort steriliteit. Dit is eers wanneer ons onsself sien as uitverkose,
geroepenes en gevolmagtigdes, dat ons waarlik besef wat dit beteken om onsself te
gee as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is (Watson 1983:21) Miller
(1994:16) noem ‘n dissipel iemand wat met God wandel, die Woord leef, bydra tot
die werk en ‘n impak het op die wêreld. Dit kan gesê word dat elkeen wat in ‘n
verhouding met Jesus Christus leef ‘n dissipel is. Elke dissipel is ook lid van die
liggaam van Jesus Christus. ‘n Mens sou kon sê dat Christenskap = dissipelskap =
lidmaatskap van die liggaam van Jesus Christus (Nel 1994:84).
Warren (2003:151-162) lê tereg klem op die rol van die Heilige Gees in die vorming
van die mens as dissipel van God. In dag 22 bespreek hy die rol van die Heilige
Gees onder drie punte:
•
Ons moet met die Heilige Gees se werk saamwerk.
•
God gebruik sy Woord, mense en omstandighede om ons te vorm.
•
Dis ‘n lang, stadige groeiproses om soos Christus te word.
Dag 23 (Warren 2003:158-162) “So groei ons” is ‘n uitbreiding op dag 22. Hy noem
aan die hand van Fil 2:12-13 dat die “toelê” die mens se verantwoordelikheid is en
die “uitvoer” God se werk is. “Geestelike groei beteken dat jy en die Heilige Gees
saamwerk. God se Gees werk met ons, en nie net in ons nie” (Warren 2003:159). Hy
75
beskryf aan die hand van ‘n treffende beeld en Rom 12:1-2 onder die opskrif “Skakel
jou outomatiese loods af”, hoe die regte denkproses noodsaaklik is vir ‘n veranderde
lewe (Warren 2003:160).
3.4.3.2.
Die rol van die Bybel in dissipelskap (Dag 24).
Warren (2003:163-169) gee praktiese riglyne aan die hand van ‘n boek (Twelve
personal Bible study methods) wat hy geskryf het. Hy noem: “Ons kan nie sonder
God se woord lewe nie…Die Bybel moet altyd die eerste en laaste woord in my lewe
wees (Warren 2003:164). Nel (1994:88) noem twee momente wat Bybels
dissipelskap konstitueer:
•
Aanvaarding in ‘n persoonlike verhouding deur Hom wat jou tot hierdie
verhouding met Hom roep;
•
‘n Roeping wat insluit dat jy binne die verhouding navolger en leerling is van
die Een wat hou hiertoe geroep het naamlik God in Christus. Wie binne
hierdie verhouding is, is per definisie lerende navolger van Christus (eie
kursivering)
Bogenoemde dimensie beteken gehoorsaamheid aan die Woord en die wil van die
Here (Nel 1994:89). “Gelowiges is leerlinge (dissipels) op weg. Hulle is mense op
weg, wat volg waar Hy lei en wat as’t ware – omdat hulle Hom nie meer fisies sien
nie – op sy Woord af die toekoms instap (Nel 1994:90-91). In sy boek “Ek is die
verskil” beskryf Nel (2001:107) die uitwerking wat die Woord op die pastor moet hê:
“Voortdurende aandag aan ons eie verhouding met die Iemand wat ons verander:
God is Christus deur die Gees. Dit is binne hierdie verhouding dat ons vir die Woord
van God oopgaan en pastoraal (herderlik) vir ander oopgaan.” Die invloed van die
Woord kan kort en kragtig gestel word: “Dissipels maak erns met die Woord” (Nel
1994:89).
76
Warren (2003:165-168) gee 5 praktiese riglyne vir ‘n Christen se omgaan met die
Bybel:
•
Ontvang die Woord met ‘n oop en ontvanklike houding.
•
Lees die Bybel sistematies aan die hand van ‘n Bybel-leesplan.
•
Bybelstudie (navorsing) aan die hand van goeie Bybelstudie-metodes.
•
Memorisering van Bybelverse.
•
Oordenking van die Bybel.
Dit is gepas om hierdie deel af te sluit met die woorde van Miller (1994:110): “Biblical
information is not the prime objective of the Christian faith. Disciples are not defined
by what they know, but by whether they think, talk, and act like Christ.”
3.4.3.3.
Gevorm deur probleme en versoekinge (Dag 25-27).
Warren (2003:170) se inleiding by dag 25 stel die saak van dissipelskap en
probleme kort en kragtig aan die orde: “God het ‘n doel met elke probleem.” Miller
(1994:23) maak die interessante opmerking:
Spiritual growth often begins, however, from a point outside the realm
of personal volition or congregational engineering. For example, many
people report that their initial spiritual growth resulted from a time of
stress, an illness, a change in life circumstances, or the arrival of
children. Their congregation played no role whatever. The touch of
God began through a life experience.
(Miller 1994:23)
By Warren (2003:170-171; vgl Van der Spuy 2004:167) word die klem weer
eens op karakterbou gelê. God gebruik omstandighede om ons karakter te
bou en om jou nader aan Hom te bring. Hy (Warren: 2003:171-173) gebruik
Romeine 8:28-29 om God se “ten goede meewerk” in die gelowige se lewe te
verduidelik. Hy verduidelik dat ten goede meewerk nie noodwendig op
77
gelukkige eindes dui nie – op aarde is daar talle ongelukkige eindes. Nicol
(2000:110) wys daarop dat baie godsdiens as ‘n soort massale vlugroete
sien. “Die groot vraag is of ons godsdiens ons uit aardse realiteite uittrek of
daarin instuur.” Warren (2003:173) noem dat gelowiges soos juwele is wat
deur die hamer en beitel van swaarkry geslyp word. Volgens Nicol
(2000:110) moet godsdiens jou nie laat vlug nie, maar laat aanval; dit moet
jou nie in ‘n “fools paradise” laat leef nie, maar versterk om soveel as
moontlik van die paradys in hierdie harde lewe te laat realiseer. Van der
Spuy (2004:168) sê tereg dat daar sekere aspekte van ons geestelike lewens
is wat ons net kan bemeester deur swaarkry en pyn: “God lets these things
cross our paths because He desires to use them to build our faith, to teach
us to perserve, to set us free from weakness and sin, and to bring spiritual
growth and the fruits of the Spirit into our lives.” Nicol (2000:210) bied troos
as hy gelowiges aanmoedig om hul swaarkry te beleef as maniere waarop
God jou jou behoefte aan Hom op ‘n baie egte, realistiese vlak laat ervaar.
“God word nie net by kerkbyeenkomste, en in stilte, gebed en Bybellees
ervaar nie. Daar is geen lewensterrein waarop God nié ervaar kan word nie.”
Die werking van versoeking word deur Warren (2003:178-180) beskryf as
Satan wat ‘n begeerte in jou identifiseer; jou dan laat twyfel oor wat God oor
sonde gesê het; jou verblind vir die waarheid; ongehoorsaamheid wat volg. In
antwoord daarop sê (Warren 2003:180-183) moet ‘n mens weier om
geïntimideer te word; jou versoekingspatrone leer identifiseer en reg wees
daarvoor; God se hulp vra; fokus op iets anders; vir ‘n Godvresende vriend of
steungroep sê dat jy sukkel; die duiwel weerstaan en besef hoe kwesbaar jy
is.
3.4.3.4. Dissipelskap – ‘n lewenslange proses (Dag 28).
Nel (1994:90) bied ‘n betekenisvolle subopskrif aan onder dissipelskap: “Leerling
word, wees en bly”. Hy tipeer die gemeente tot ‘n groot mate as mense wat
aanhoudend leer en ontdek Wie God is, hoe Hy werk, en wat Hy in ons en deur ons
78
in sy wêreld doen en wil doen. Geen gelowige kan iemand wees wat gearriveer het
nie, maar juis ‘n mens wat aanhou leer. Nicol stel dit só:
’n Mens se dink kom nooit by sy eindpunt nie, sodat ek nie weet hoe
my godsdiens in hierdie opsig sal ontwikkel nie, maar dis lekker om
op reis te bly om steeds dié styl te probeer vind wat in ‘n sekere tyd
die beste werk… Die teologie van die vrye genade is aan my
gedoseer, maar dit het baie jare geneem om agter te kom in hoe ‘n
mate dit vir my die hart van my geloof en boodskap is. So het ek
ervaar hoe tradisie werk as dit goed werk: dit plaas dinge so diep in
jou dat dit jou lank neem om die skatte te ontdek. Dis soos diamante:
moeilik om te ontdek, maar groot vreugde wanneer dit gebeur.
(Nicol 2000:204-205)
Warren (2003:191-196) bied ‘n treffende hoofstuk oor groei wat ‘n lewenslange
proses is. Hy noem dat die mens deesdae ‘n obsessie met spoed het, maar dat God
meer belang stel in krag en stabiliteit. Ware volwassenheid is nooit die gevolg van ‘n
enkele ervaring nie… groei is iets wat geleidelik plaasvind. Op die vraag waarom dit
so lank neem, antwoord hy dat ons maar stadig leer; dat ons baie dinge eers moet
afleer; dat ons bang is om die waarheid oor onsself nederig te aanvaaar; dat groei
dikwels pynlik en skrifwekkend is en dat dit tyd neem om gewoontes te ontwikkel.
3.4.4. Doeleinde 4: Bediening – Jy is geskep om God te dien!
Gibbs (1981:313) het die volgende uitspraak gemaak oor lidmate en bedieninge:
“Church Growth cannot be sustained unless the laity are mobilised to fulfil their
distinctive ministries both in the Church and the world.” Volgens Van der Spuy
(2004:155) wil mense wat geestelik onvolwasse is net ontvang en bedien word. Vir
baie is dit genoeg om net die eredienste by te woon en te ontvang. Hulle het geen
behoefte om uit te reik of betrokke te raak by gemeenskapsdiens nie. Nel (1994:237)
noem tereg dat die gemeente ten diepste God se mense is wat Hom in hierdie
wêreld dien en verteenwoordig. Strukture van die bedieninge is vorme van die
79
funksies van mense in diens van God. Hy noem dat die bepalende die funksie is wat
vervul moet word, nie die strukture of vorm wat mettertyd van middele tot doeleindes
op sigself word nie. Strukture is diensbaar aan die doel waarvoor hulle geskep is.
Hulle word nie die doel nie (Nel 1994:238). Strukture en vorm kan maklik lei tot wat
Warren (2003:203) ‘n “bedien my” of “Ek soek ‘n kerk wat my behoeftes bevredig en
my seën” houding noem. Hy (Warren 2003:202) praat van ‘n indruk sonder ‘n
uitdrukking wat ‘n teneerdrukking veroorsaak. Studie sonder diens beteken geestelik
stagnasie: Die laaste ding wat talle gelowiges deesdae nodig het, is nog Bybelstudie.
Hulle weet reeds baie meer as wat hulle in die praktyk toepas. Hulle het dienervarings nodig waar hulle hul geestelike spiere kan bult.
3.4.4.1. Ontdek jou S H A P E.
Warren (2003:206-218) gebruik ‘n akroniem, SHAPE om gelowiges te motiveer vir
diens in die wêreld.
Sielsgawes
Hart
Aanleg
Persoonlikheid
Evaring
a) Sielsgawes
Die woord “sielsgawes” is geforseerd en vreemd aan Afrikaans maar word ter
wille van die akroniem verduur. Voortaan word van ‘n genadegawe gepraat (HAT:
2000:273) wat beteken: “‘n Gawe waarop die mens geen aanspraak het nie maar
wat uit genade aan hom geskenk word.” Warren (2003:207; vgl Gibbs 1981:324;
Richards & Martin 1981:111) sê ‘n genadegawe is spesiale vermoëns wat God
net aan gelowiges gee sodat hulle Hom kan dien. Nel (1994:45) praat van
charismatiese diens en noem dat die werking van die Gees onlosmaaklik aan die
opbou van die gemeente verweef is. “Deur hierdie gawes rus die Here deur sy
Gees die gemeente toe, elkeen volgens die genade wat aan hom of haar gegee
is, om aan aan die opbou van die gemeente mee te werk.” Nel (1994:46) meen
80
ook dat dit onmoontlik is om Bybels met die opbou van die gemeente besig te
wees sonder om die gawes ernstig in berekening te bring.
Omdat God van verskeidenheid hou, word geen enkele gawe aan almal uitgedeel
nie. Geen indiwidu ontvang ook al die gawes nie. “As jy almal gehad het, sou jy
niemand anders nodig gehad het nie, en dit sou een van God se doelwitte
verydel het” (Warren 2003:208; vgl Gibbs 1981:325) Hy noem ook dat gawes
soos geskenke is en dat daar twee algemene probleme is met die ontvang en
waardering van dit:
Twee algemene probleme is “geskenk-jaloersheid” en “geskenkprojeksie”. Die eerste gebeur wanneer ons ons eie gawes met ander s’n
vergelyk, ontevrede is met wat God ons gegee het, en ‘n renons of
jaloesie voel oor hoe God ander mense gebruik. Die probleem duik op
wanneer ons verwag dat almal dieselfde geskenk as ons moet hê, moet
doen wat ons geroep is om te doen, en ewe geesdriftig as ons daaroor
moet voel.
(Warren 2003:208)
b) Hart
Volgens Warren (2003:209) is dit verstommend dat niemand van al die miljarde
mense wat al ooit geleef het, presies dieselfde hartklop as jy gehad het nie. God
gee vir elke ‘n mens ‘n eie “emosionele hartklop” wat dui op belangstellings en
voorliefdes. Passie is ‘n ander woord vir hart – jy voel hartstogtelik vir sekere
dinge en ander laat jou koud. Jou emosionele hartklop is die tweede sleutel om
jou vorm vir diens te verstaan.”‘n Mens blink selde uit in take wat hulle nie geniet
nie… God wil hê jy moet jou natuurlike belangstelling gebruik om Hom en ander
mense te dien” (Warren 2003:209-210). De Villiers (1997:157) bied ‘n
alternatiewe siening: “… as jy jou daarvoor oopstel om jou unieke take te vervul,
jy nie die taak ontdek nie, maar dat die taak jou ontdek … Dit gebeur gewoonlik
in jou stille afsondering van gebed, meditasie…” Dan ‘n siening wat met Warren
(2002:209) klop as hy sê: “Wat jou beroep betref, moet jy nie vergeet nie dat jou
81
aanlegte, daardie dinge waarvan jy hou om te doen en goed regkry, ‘n sterk
aanduiding is van watter taak jy moet vervul.” Ook Nicol (2000:61) het dieselfde
siening as hy sê die mens se diepste kern is steeds goed omdat dit na die beeld
van God gemaak is en dat God dit wil bevry om volledig te wees wat dit
veronderstel is om te wees. Die mens moet volledig na sy of haar menslikheid
terugkeer want dit is ‘n tuiskom en tuisraak in jou eie aard.
c) Aanleg
Alle aanleg kom van God af (Warren 2003:212-213). Hy bied ‘n interessante stel
feite aan wat betref die mens se ingeskape vermoëns (kyk Coetzee: 2001:147
oor inligting rakende die wonder van die menslike hart):
Talle studies het getoon dat die gemiddelde persoon tussen 500 en
700 verskillende vaardighede en vermoëns het… jou brein kan
byvoorbeeld 100 triljoen feite bêre. Jou kop kan 15000 besluite per
sekonde behartig, ook wanneer jou spysverteringstelsel werk. Jou
neus kan tot 10 000 verskillende reuke ruik. Jou tassin kan ‘n
voorwerp van een tienduisendste van ‘n sentimeter dik voel, en jou
tong kan een deel kinien in twee miljoen dele water proe. Jy is ‘n
pakket van ongelooflike vermoëns, ‘n verstommende skepping van
God. Dis deel van die kerk se verantwoordelikheid om jou
vermoëns om God te dien, te identifiseer en vry te stel
(Warren 2003:213)
Warren (2003:214-215) bespreek ‘n klompie waarhede aangaande ‘n mens se
aanleg. Daar word kortliks puntsgewys na dit verwys:
•
Jy is die enigste persoon op aarde wat jou vermoëns kan gebruik.
•
Om God se wil vir jou lewe te ontdek, moet jy ernstig kyk na wat jy
goed doen, en wat jy nie so goed doen nie.
•
God sal jou nooit vra om jou lewe te wy aan ‘n taak waarvoor jy geen
talent het nie.
82
•
Die vermoëns wat jy wel het is ‘n goeie aanduiding van wat God wil hê
jy moet met jou lewe doen.
•
God vermors geen vermoëns nie; Hy pas ons roeping by ons
vermoëns aan.
•
Vermoëns is nie net om ‘n bestaan mee te maak nie – gebruik dit ook
vir jou bediening… wat jy ook al goed doen, moet jy vir die kerk doen!
d) Persoonlikheid
Volgens Warren (2003:215) is die waarskynlikheidsyfer dat jy ooit iemand net
soos jy sal raakloop 10 tot die 2 400 000 000ste mag. As ‘n mens die syfer sou
uitskryf, en elke nul was 2,5cm breed, sou jy ‘n strook papier van byna 60 000
km lank nodig hê! “Daar was nog nooit iemand presies soos jy nie, en daar sal
ook nooit so iemand wees nie.” Nel (2001:13) noem dat elke gesonde mens die
vraag vra: Wie is ek? Hy noem dat sommige mense in ‘n mindere of meerdere
mate nooit ten volle ontdek wie hulle is nie. Hulle ly hulle lewe lank aan ‘n
identiteitskrisies. “Ander mense, waarskynlik die meeste mense, maak vrede met
wie hulle is en leef ‘normaal’” (Nel:2001:13). Hy noem verder:
Die vraag na “wie ek is”, word dus nie irrelevant wanneer en omdat
ek ‘n Christen is geword het en is nie. Die worsteling om my nuwe
“ek” is ‘n voortdurende ontdekking en vrede-maak met wie ek is, my
persoon en persoonlikheid. Wie hierdie waarheid nie ernstig neem
nie, mag later, en soms te laat, ontdek dat sy/hy teen die verkeerde
vyand geveg het en nog veg.
(Nel 2001:14)
Nicol (2000:61) wys op die uniekheid van elke mens se persoonlikheid en sê dat
God
die
mens
se
sonde
wil
wegneem
maar
nie
sy/haar
basiese
persoonlikheidstruktuur nie. “Die denker hoef nie ‘n doener te word of andersom
nie; die alleenmens hoef nie ‘n groepsmens te word of andersom nie; die een
wat meer esteties ingestel is hoef nie te verander in een wat meer prakties
ingestel is, of andersom nie...” (Nicol 2000:61). Warren (2003:215) het ‘n paar
83
ekstra voorbeelde: …daar is mense wat van roetine hou, en die wat eerder
rondspring… sommiges is denkers en ander is gevoelsmense, sommige werk
beter alleen en ander funksioneer beter in ‘n span. Ten slotte gee hy (Warren
2003:216) die volgende advies: “Dit is daarom dat dit nooit sal werk as jy iemand
anders se bediening probeer namaak nie. Jy het nie daardie persoon se
persoonlikheid nie. Buitendien het God jou gemaak om jy te wees. Jy kan van
ander mense se voorbeeld leer, maar jy moet alles wat jy leer, deur jou eie wese
filter.”
e) Ervaring
Daar is ten minste ses soorte ervarings wat God gebruik het om jou te vorm
(Warren 2003:216):
•
Gesinservarings
•
Opvoedingservarings
•
Beroepservarings
•
Geestelike ervarings
•
Bedieningservarings
•
Pynlike ervarings
“God gebruik die laaste kategorie, pynlike ervarings, die meeste om jou op jou
bediening voor te berei. God vermors geen seerkry nie! Jou grootste bediening gaan
trouens waarskynlik uit jou grootste seerkry kom” (Warren 2003:217). Leer is die
meeste van die tyd ‘n pynlike ervaring want dit het te doen met groei en verandering.
Een van die grootste krisisse wat Christen-volwassenes in die Weste bedreig is dat
hulle so diep ingekoop het in die Westerse Kapitalisme, met die gerief en gemak wat
dit meebring dat hulle glad nie meer wil sukkel nie. Niemand sien eens kans vir die
pyn van leer nie – en dit kan fataal wees vir ons geloof (Burger 1997:91-92) Van der
Spuy (2004:168) sê dat God dinge toelaat omdat hy ons geloof wil bou, volharding
wil leer, wil vrymaak van swakhede en sonde en geestelike groei in ons lewe wil
bewerkstellig. Hy sê die volgende: “To be useful in the Kingdom of God means that
we must be willing to allow the Lord to shape us for his service, to change us if
necessary and to refine us through trials and tribulations” (van der Spuy 2004:168).
84
Burger (1997:96) sê dat in die lewe se leerproses daar drie dinge met mekaar in
balans gehou moet word:
•
Ons verstaan en verwagtings van die lewe;
•
Ons eie geskiedenis en ervarings.
•
Ons hemelse Vader se geskiedenis met ons (soos ons dit in die Bybel
en veral in die lewe van Jesus Christus vind).
Warren (2003:217) moedig sy lesers aan om hulle pynlike ervarings met ander te
deel. Mense voel altyd meer bemoedig wanneer ons hulle vertel hoe God se genade
ons met ons swakheid gehelp het, as wanneer ons oor ons sterkpunte spog.
3.4.4.2. Gereed vir diens.
Die volgende dagstukke (32-35) word deur Warren (2003:219-244) gebruik om
dienaars aan te moedig om diensbaar te wees en te dien. Dag 32 (Warren
2003:219-225) word gebruik om die leser aan te moedig om hom/haarself te ontdek
deur eie gawes, passie, persoonlikheid en ervarings te beoordeel aan die hand van
hul SHAPE. Dag 33 (Warren 2003:226-232) se opskrif dra alreeds ‘n stuk motivering
met die verwysing na “ware” dienaars, wat die volgende doen:
•
Ware dienaars stel hulle vir diens beskikbaar.
•
Ware dienaars skenk aandag aan behoeftes.
•
Ware dienaars doen hul beste met wat hulle het.
•
Ware dienaars doen elke taak met ewe veel toewyding.
•
Ware dienaars bly hul bediening getrou.
•
Ware dienaars bly op die agtergrond.
Dag 34 gaan oor die regte denke wanneer jy dien (Warren 2003:233-238) wat in
wese neerkom op die regte gesindheid. Die hoofopskrifte in hierdie gedeelte is:
•
Dienaars dink meer aan ander as aan hulself.
•
Dienaars dink soos bestuurders, nie eienaars nie.
•
Dienaars dink aan hul werk, nie wat ander mense doen nie.
85
•
Dienaars grond hul identiteit in Christus.
•
Dienaars beskou die bediening as ‘n geleentheid, nie ‘n plig nie.
Warren (2003:239-244) se dag 35 gaan oor God wat ook deur swak mense werk. Hy
begin die deel met die woorde: “God gebruik graag swak mense”, en noem dat Hy
ook ons swakhede tot sy glorie gebruik. Sy siening van swakhede is die volgende:
“’n Swakheid is enige beperking wat jy geërf het en nie kan verander nie. Dis miskien
‘n liggaamlike beperking, soos gestremdheid, chroniese siekte of min energie. Dis
miskien ‘n emosionele beperking, soos trauma, ‘n pynlike herinnering, ‘n
persoonlikheidstrek of ’n oorerflike neiging. Of dis miskien ‘n talent- of intellektuele
beperking” (Warren 2003:240). Wat swakhede betref – sy raad in hoofpunte:
•
Erken jou swakhede.
•
Wees tevrede met jou swakhede.
•
Wees eerlik oor jou swakhede.
•
Daar is glorie in ons swakhede.
3.4.5. Doeleinde 5: Evangelisasie – Jy is vir ’n sending geskep!
“There is a famine of hope” (Newbigin 1994:41). Newbigin het hierdie woorde
gebruik toe hy na sy Winson Green ministry (1997-1988) verwys het. Dit was ‘n klein
gemeentetjie in Birmingham en sy antwoord op die “famine of hope” – “We have
good news to tell.” Maar dan met ‘n vermaning aan die Kerk in die middestad:
It is not communicated if the question uppermost in our minds is
about the survival of the Church in the inner city… if our “evangelism”
is at bottom an effort to shore up the tottering edifice of the Church
(and it sometimes looks like that), then it will not be heard as good
news. The church is in God’s keeping. We do not have the right to be
anxious about it. We have our Lord’s word that the gates of hell shall
not prevail against it.
(Newbigin 1994:41)
86
Met die regte motiewe in gedagte vra Newbigin (1994:42) die vraag na die beste
manier om die evangelie geloofwaardig oor te dra aan mense wat klaarkom sonder
God. “I know of only one clue to the answering of that question, only one real
hermeneutic of the gospel: congregations that believe it” (eie kursivering).
Bosch (1991:48-49) noem dat gelowiges deur God gestuur om geografiese,
religieuse en sosiale grense oor te steek. In ‘n sin was die vroeë kerk polities
rewolusionêr. Dan word daar nie onder rewolusie verstaan dat dit met een of ander
vorm van geweld gepaard gegaan het nie. Dit was eerder oor die alternatiewe wat dit
gebied het. Die gode van die heidense wêreld is verwerp; nuwe verhoudinge het
ontstaan wat rewolusionêr was - Jood, Romein, Griek, vryman en slaaf, ryk en arm,
man en vrou het mekaar aanvaar as broer en suster in Christus. Die nuwe taal van
Christene was die taal van liefde wat nie net lippetaal was nie, maar ‘n aksie van
liefde en dade. Newbigin (1991:42) praat van die “believing congregation …
scattered throughout the community to bear the love of God into every secular
happening and meeting. It is they who scatter the seeds of hope around…”
Newbigin (1958:21;43; aangehaal in Bosch 1991:373) onderskei tussen die kerk se
sendingintensie en sendingdimensie. Sendingdimensie het te doen met die
werksaamhede van die gemeente waar lidmate toegerus word vir hulle roeping in die
samelewing en waar die strukture plooibaar en innoverend is. Alle werksaamhede
van die kerk behoort ‘n sendingdimensie te hê. Sendingintensie reik uit na anderkant
die mure van die kerk en raak betrokke in missionêre “punte van konsentrasie” soos
evangelisasie en werk vir vrede en geregtigheid. In ‘n gemeente behoort beide
hierdie sake aanwesig en werksaam te wees.
Die missionêre sluit ook meer in as bogenoemde, dit is ook kerk met ander kerke.
Die kerk bestaan nie net vir homself nie maar ook vir hulle wat buite die kerk is
(Bosch 1991:375). Saam met ander word daar aan die intensie gewerk om hulle wat
“buite” is, te bereik. Die kerk is ook Missio Dei, die drie-enige God wat die kerk die
wêreld instuur. Sending het sy oorsprong in die hart van God, Hy is die fontein van
87
sendende liefde. Daarom kan die kerk nie anders as om ‘n evangeliserende kerk te
wees nie. Evangelisasie begin plaaslik en kring wyer, (Getz 1984:69-81) van die
spreekwoordelike Jerusalem, sowel as in die hele Judea en Samaria, tot aan die
uithoeke van die wêreld. Hierby inbegrepe, ook die sending aan hulle van ander
godsdienste.
Mead (1996:69) noem dat sending (evangelisasie ingesluit) tot op hede baie
institusioneel verstaan is. Dit is meestal die leierskap van die gemeentes wat
evangelisasie inisieer en bestuur. Die uitdaging voor die kerk se deur, is soos Mead
dit stel: “The church of the future must become fully apostolic (vgl. Gibbs 2000:51) It
must be an apostolic people, not an apostolic institution or hierarchy. Each member
of the church must see him- or herself as being an apostle.” Mead stel dat daar
duidelik onderskei moet word tussen “Apostolic People” en ‘n “Apostoliese Kerk”.
Laasgenoemde dra die kiem in hom dat die missionêre die religieuse kant van
kerklike imperialisme word wat uitloop op ‘n “top-down” situasie. Apostoliese mense
besef dat sending God se sending is waarvan hulle deel kan wees. Dit beteken dat
elke lidmaat van die gemeente betrokke by sending moet wees, die hele tyd en oral
(Mead 1996:80).
Volgens Dulles (1987:89) in sy hoofstuk oor die kerk as dienskneg, is die kerk die
aktiewe subjek en die wêreld die objek, met wie die kerk werk en probeer beïnvloed.
Hy sluit by Bonhoeffer aan (1967:203) wat gesê het: “Die kerk is alleen kerk as dit vir
ander bestaan...” Armstrong (1979:38) sluit hierby aan as hy sê: “If there is one
image in the Bible that expresses the mission of the church, it is that of a servant.”
Armstrong (1979:47) spesifiseer hierdie dienskneg gestalte van die kerk deur te wys
dat die kerk daar moet wees waar daar konflik is, om ‘n instrument van versoening te
wees; waar daar onreg is, moet die kerk die instrument vir hervorming wees; waar
daar lyding of bepaalde behoeftes is, moet die kerk ‘n gemeenskap wees waar daar
medelye is en moet die behoeftes van mense in nood aangespreek word “in
whatever ways are possible”; Waar daar korrupsie is, moet die kerk ‘n simbool wees
van God se oordeel oor die euwels van die gemeenskap en ‘n getuie van die
waarheid; waar ‘n persoon afgesonder is van ‘n ander persoon, groep van ‘n ander
88
groep, ras van ‘n ander ras, nasie van ‘n ander nasie moet die kerk ‘n demonstrasie
wees van God se liefde en sy eenheid in Christus. Daar is ook ander skrywers wat
aansluit by hierdie saak van die “dienskneg gestalte” van die kerk. Callahan (1983:1)
se eerste kenmerk van ‘n suksesvolle kerk is Spesifieke, Konkrete Missionêre
doelwitte. Daarby bedoel hy ‘n gemeente wat fokus op spesifieke “human hurt and
hope” soos byvoorbeeld hulp aan alkoholiste en hulle families. Die gedagte is dat ‘n
gemeente met sulke doelwitte werklike diens aan ‘n gemeenskap sal lewer en in
daardie diens ook ‘n missionêre gerigtheid sal hê. In hierdie benadering moet daar
gewaak word om nie alles vir almal te wees nie: “The church that does that, ends up
helping no one with anything.” Sjogren (1993:17) gee ‘n definisie van wat hy
“Servant Evangelism” noem: “Demonstrating the kindness of God by offering to do
some act of humble service with no strings attached.” Ook Sider et al (2002:45) in
hulle boek: Churches that make a Difference, pleit vir betrokkenheid in die wêreld,
maar dan vanuit ‘n holistiese benadering. In hoofstuk 2: The church’s calling to
holistic mininstry word die volgende gesê: “To spread the kingdom of God is more
than simply winning people to Christ. It is also working for the healing of persons,
families, and relationships. It is doing deeds of mercy and seeking justice.”
Dit is teen hierdie agtergrond dat Warren (2003:247-267) in dae 36-38 aan die woord
gebring word. Die volgende kan opgemerk word vanuit hierdie Doeleinde: “Jy is vir ‘n
sending geskep.”
3.4.5.1. Evangelisasie en sending – ‘n verskil?
Warren (2003:247-267) maak nie ‘n onderskeid tussen evangelisasie en sending nie.
‘n Rede hiervoor kan die groot verwarring wees wat daar bestaan oor die term en
betekenis van die begrip evangelisasie. Barret (1987:77) noem dat daar in Engels
meer as 300 verskillende definisies is van die konsep “evangeliseer” (evangelize):
“…using vastly different terminology and employing over 700 different terms or
synonyms or near-synonyms of part-synonyms.” Evangelisasie kan opgesom word
volgens Bosch (1991:420) as daardie dimensie en aktiwiteit van die kerk se sending,
wat deur woord en daad en in die lig van spesifieke omstandighede en in bepaalde
konteks aan elke persoon en gemeenskap, oral ‘n geldige geleentheid bied tot ‘n
89
radikale heroriëntasie wat dinge insluit soos bevryding en slawerny aan die wêreld
en sy magte; om Jesus Christus aan te gryp as redder en Heer; en ‘n lewende
lidmaat van sy gemeente te word; betrokke te raak in sy diens van rekonsiliasie,
vrede, geregtigheid op aarde en om toegewy te wees aan God se doel om alles
onder die heerskappy van Christus te stel. Guder (2000:3-27) handel breedvoerig
oor die herkoms en gebruik van die begrippe sending en evangelisasie. Vervolgens
word elke begrip kortliks behandel:
Guder (2000:20) sluit hoofsaaklik by Barth se siening van sending as missio Dei aan.
In kort kom dit daarop neer dat die Vader, Seun en Heilige Gees die kerk die wêreld
instuur. Sending is nie primêr ‘n aktiwiteit van die kerk nie maar ‘n eienskap van
God. God is ‘n missionêre God. Sending word daarom gesien as ‘n beweging van
God na die wêreld en die kerk is ‘n instrument vir daardie sending. Die kerk is daar
omdat daar sending is en nie andersom nie. Volgens Gibbs (2000:51) is ‘n kerk
missionêr wanneer die volgende gebeur: “… A church that is missional understands
that God’s mission calls and sends the church of Jesus Christ to be a missionary
church in its own society and in the cultures in which it finds itself…. Mission is the
result of God’s initiative… mission means ‘sending’”. McLaren (2001:156) deel
hierdie mening as hy sê: “Our mission is comprehensive – so that every Christian,
‘clergy’ and ‘lay’, is equally sent – to a classroom, a factory, an office building, a
highway, a jungle, whatever – to be an agent of Christ, an agent of the kingdom.”
Guder (2000:22) noem dat sending as vakgebied, die missiologie ontwikkel het in ‘n
groot dissipline en navorsing wat met die ander teologiese areas geïntegreer is.
“Whereas mission has become a central theme of theology, evangelism has
continued to be an ambiguous term” (Guder 2000:23). Hy pleit vir ‘n begrip van
evangelisasie wat gewortel is in die missio Dei. Hy praat eerder van die begrip
“evangelization” as “evangelism” (hierdie onderskeid is nie in Afrikaans so duidelik
nie. ‘n Moontlike onderskeid sou wees “evangelisasie” vs. “evangelisering/end”) en
noem dat daar 4 voordele is in die gebruik van die woord “evangelization”.
90
•
It is closer to the New Testament usage, with its emphasis upon the
church’s commision to evangelize (euangelizein), that is, to communicate
the gospel.
•
It stresses the ongoing, dynamic, process character of the church witness.
•
It moves away from the reductionism of evangelism as method and
program.
•
And it confirms a common usage among Protestants and Roman Catholics,
since it is already the preferred terminology of the Catholic world.
(Guder 2000:25)
Nog ‘n belangrike rede vir die term “evangelize” volgens Guder (2000:26) is dat ons
ons taal en begrip moet bevry van die idee dat evangelisering net op ongelowiges
gemik is: “The New Testament is adressed to believers from beginning to end, and it
evangelizes at every turning. Evangelizing churches are churches that are being
evangelized. For the sake of its evangelistic vocation, the continuing conversion of
the church is essential.”
3.4.5.2. Sending – jou diens aan ongelowiges.
Warren (2003:247) onderskei tussen die bediening en sending- betrokkenheid van
die gelowige: Jou bediening (Doeleinde 4) is jou diens aan gelowiges en jou sending
(Doeleinde 5) is jou diens aan ongelowiges. Die vraag is wat presies met die
woorde: “diens” aan ongelowiges bedoel word? Uit dag 36 blyk dit dat “diens”
neerkom op ‘n gelowige wat evangeliserend in die wêreld aan die werk is. Warren
(2003:248-253) koppel dit aan die Groot Opdrag van Jesus wat deur elke gelowige
uitgevoer moet word. Hy noem dat elke gelowige se sending ‘n wonderlike voorreg
is, dat die goeie nuus aangaande verlossing en ewige lewe gedeel moet word.
Behalwe dat jou sending van ewige belang is gee dit ook betekenis aan jou eie lewe.
In die hoofstuk: Word ‘n wêreldklas-Christen (Warren 2003:264) moedig hy
gelowiges aan om by ‘n korttermyn-sendingprojek na ‘n ander land aan te sluit.
Warren (203:265) noem dat so ‘n projek ‘n positiewe uitwerking op die gelowige het:
91
“Dit gaan jou hart laat swel, jou visie verbreed, jou geloof groter maak, jou mededoë
versterk en jou met die soort vreugde vul wat jy nog nooit ervaar het nie. Dit kan die
keerpunt in jou lewe wees.” Hierdie motivering is ook by McLaren teenwoordig as hy
sê:
I look back over my years in mininstry and ask what has really helped
people change and deepen spiritually: (1) Youth retreats, (2) shortterm mission trips… I look over this list and wonder what they have in
common. The biggest thing – intensity. Odd: we try to make our
spiritual formation experience routine, and that maybe guarantees
they become less effective. The more intense and less routine the
educational experience, the greater the impact – at least that’s what
strikes me as I look over my list.
(McLaren 2001:122)
3.5.
Hulpbronne gedurende die 40 dae periode.
Warren (2003) sluit sy boek af met 2 Bylaes en Endnote. Bylaag 1 bied
besprekingsvrae oor die eerste sewe dae (Wat op aarde doen ek nou eintlik hier?)
asook elkeen van die vyf doeleindes. Bylaag 2 bied hulpbronne uit die Purpose
Driven ® stal wat o.a. al die boeke, bevestigingskaarte en houers, videos en adresse
insluit. Die endnotas bied die teksverwysing asook titels van aangehaalde bronne
soos wat dit in die onderskeie dagstukke voorkom. In die dagstukke is die
aanhalings genommer sodat die leser die nommer met die Skrifgedeelte of ander
bron by die endnotas kan vind.
92
Hoofstuk 4
4.1.
Kwantitatiewe navorsing.
Daar is vooraf besluit dat vraelyste op ‘n sensusbasis uitgedeel word aan wie ookal
teenwoordig is by die feeserediens en bereid is om een in te vul. Soos reeds
vermeld het die 40 Dae Doelgerigte Lewe Veldtog in die Ring van Klerksdorp
plaasgevind van 11 Augustus tot 19 September 2004. Die aand van 19 September
2004 is ‘n feeserediens gehou waarin al die deelnemende gemeentes betrek is. Na
afloop van die erediens is vraelyste uitgedeel aan almal wat wou neem. Tydens die
geleentheid is ongeveer 200 vraelyste geneem. Predikante van deelnemende
gemeentes is versoek om vraelyste te neem en gedurende die drie daaropvolgende
Sondae uit te deel. Die versoek was dat alle vraelyste teen einde Oktober 2004
ingehandig moes wees. Daar is altesaam 400 vraelyste versprei waarvan 171 teen
die spertyd ingehandig is – ‘n persentasie van 43%. Sien bylaag 1 vir ‘n voorbeeld
van die vraelys.
4.1.1. Profiel van deelnemers.
Dit was nie moontlik om presiese rekords te hou van elke deelnemer in elke
gemeente nie. Die respondente se ouderdomsprofiel word in die onderstaande
grafiek weergegee. Dit blyk dat die grootste aantal respondente in die
ouderdomsgroep 40 tot 69 jaar was.
Hoeveelheid
Ouderdomsverspreiding
50
40
30
20
10
0
10 + 20 - 30 - 40 - 50 - 60 - 70 - 80 +
29 39 49 59 69 79
Ouderdom
93
Uit die vraelys blyk dit dat 166 belydende lidmate van die Hervormde Kerk van Afrika
is asook 5 dooplidmate. Van die belydende lidmate was 79 (46%) ampsdraers
gewees. Dit blyk dat die volgende kursusse deur van die respondente deurloop is:
•
EE3
10
•
GETP
18
•
Getroue Getuies
24
•
Kerkraadskategese
73
•
Ander
10
4.1.2. Deelnemende gemeentes.
Van die 11 gemeentes in die Ring van Klerksdorp het net 8 gemeentes deelgeneem.
Die gemeentes Stilfontein, Stilfontein-Wes en Wilkoppies het nie deelgeneem nie.
Hartbeesfontein het deelgeneem en net een vraelys is van hulle ontvang,
waarskynlik omdat hulle predikant in daardie tyd ‘n beroep aangeneem en verhuis
het. Die volgende gemeentes het deelgeneem en die maatstaf was diegene wat
hulle daartoe verbind het om die boek (Die Doelgerigte Lewe 2003) oor ‘n 40 dae
periode te lees. Die tabel dui die aantal deelnemers in die gemeente aan asook die
aantal vraelyste wat deur elke gemeente ingehandig is:
Aantal
deelnemers
Vraelyste
ingevorder
Klerksdorp
Môrester
Orkney
Hartbeesfontein
Declercqville
Orkney-Oos
Doringkruin
Klerksdorp-Suid
250
120
80
52
500
90
380
90
29
18
16
1
27
18
51
11
Totaal
1562
171
Gemeente
94
Die aantal deelnemers in die Ring is 1562 lidmate uit ‘n potensiële 6327 lidmate
(Belydend en nie – belydend) wat ‘n persentasie van byna 25% beloop. Dit is moeilik
om te bepaal hoeveel van die deelnemers belydend en nie – belydend was
aangesien baie gesinne net een boek gekoop het en kinders dalk aan die leesstof
blootgestel is tydens huisgodsdiens. Dit kan aanvaar word dat die grootste
persentasie van die deelnemers belydende lidmate was.
4.1.3. Motivering tot deelname.
Op die vraag: Wat het u beweeg om by die Doelgerigte Lewe Veldtog betrokke te
raak?, is daar 6 moontlikhde genoem:
Nuuskierigheid
12
Omdat die predikant gevra het
15
Soeke na betekenis
134
Oorreed deur ‘n vriend/in
3
Wou saam met die stroom
0
Ander
0
Uit bogenoemde blyk dit dat daar ‘n definitiewe soeke na betekenis was onder die
deelnemers.
4.1.4.
Vlak van toewyding.
4.1.4.1. Lees van die Doelgerigte Lewe boek.
Dit is belangrik om vas te stel hoeveel deelnemers Die Doelgerigte Lewe (2003)
getrou gedurende die 40 dae periode gelees het. Dit strook met Warren (2003:9-10)
se motivering vir die 40 dae periode. Uiteraard is die respondente meer toegewyd,
maar dit gee tog ‘n aanduiding:
95
Elke dag getrou die dagstuk gelees:
Ja
125
Nee
9
Soms
33
(73%)
4.1.4.2. Bywoning van eredienste.
Die predikante (Sien kwalitatiewe navorsing) het oor die algemeen ‘n stygende
tendens in die erediensbywoning opgemerk gedurende die 40 dae. Wat die
respondente betref was die oogmerk om vas te stel hoeveel al die eredienste
bygewoon het. Deel van die motivering vir die 40 dae periode het daaroor gegaan
dat lidmate aangemoedig word om al die eredienste by te woon.
Al 6 die eredienste
102
(60%)
5 eredienste
39
(23%)
4 eredienste
14
(8%)
3 eredienste
9
(5%)
2 eredienste
4
(2%)
1 erediens
2
(1%)
Geen erediens
1
(0.6%)
‘n Mens sou kon redeneer dat 5 en meer eredienste bygewoon die gewenste
resultaat sou wees aangesien die oordra van die 5 doeleindes belangrik is. Dit sou
neerkom op ‘n persentasie van 83% respondente wat heeltemal of gedeeltelik aan
die versoek voldoen het.
4.1.4.3. Inskakeling by ‘n kleingroep.
‘n Redelike groot hoeveelheid respondente het by ‘n kleingroep ingeskakel:
Gereeld vir 6 weke
Glad nie
Soms
124
(73%)
42
(25%)
3
(2%)
96
Die vraag na deelnemers se belewenis van die kleingroepe toon ‘n meer gematigde
houding by respondente:
Uiters positief
89
(68%)
Positief
36
(27%)
Onseker
6
(5%)
Veertig (23%) respondente het geen antwoord verskaf nie. Die vraag is of daar
onsekerheid bestaan oor hulle ervaring en of dit as ‘n negatief of uiters negatief
geneem kan word? Daar is tog ‘n groot mate van konsekwentheid want die volgende
vraag vra na die voortsetting van deelname aan ‘n kleingroep nadat die 40dae
periode verby is:
Ja
121
(86% - klop redelik met bogenoemde “uiters
positief” en “positief”)
Nee
Onseker
6
(4%)
14
(10%)
Die getal wat geen antwoorde verskaf het nie is hierdie keer 30 (16%).
4.1.4.4. Memorisering van ‘n Bybelvers elke week.
Dit lyk nie of Warren (2003) se ideaal ‘n geslaagde uitwerking by die respondente
gehad het nie. Op die vraag of deelnemers daarin ‘n geslaag het om die Bybelvers
wat elke week aangewys is te memoriseer, was die antwoorde soos volg:
Ja
51
(34%)
Nee
40
(27%)
Soms
57
(39%)
Van die respondente het 23 niks by hierdie vraag ingevul nie.
97
Die leser behoort saam te stem dat daar ‘n goeie vlak van toewyding by die
respondente was met die uitsondering van die Bybelverse se memorisering.
4.1.5.
Bestaansdoel.
Vraag 13 tot 15 was ‘n poging om iets van ‘n bewussyn van ‘n bestaansdoel by die
respondente vas te stel voor die Doelgerigte Lewe Veldtog en na afloop van die
veldtog. Op die vraag: “Het u voor die Doelgerigte Lewe Veldtog gewonder oor u
bestaansdoel as Christengelowige?”, die volgende antwoorde:
Gereeld
62
(36%)
Soms
88
(52%)
Nooit
20
(12%)
Dit blyk dat daar tog by die respondente ‘n onsekerheid was t.o.v. hul bestaansdoel.
In hierdie stadium kon die respondent dalk onsekerheid beleef het oor wat onder die
term “bestaansdoel” verstaan word. Daarom is die term “bestaansdoel” met die
volgende vraag gekoppel aan Warren (2003) se doeleindes.
Kon u u bestaansdoel as Christengelowige, soos Rick Warren dit uiteensit, duidelik
omskryf VOOR die Doelgerigte Lewe Veldtog ’n aanvang geneem het?
Beslis- Ek het dit bedink volgens die 5 doelwitte.
19
(11%)
109
(65%)
38
(22%)
3
(2%)
In ’n redelike mate maar nie in soveel woorde en
volgens die 5 doelwitte nie.
Glad nie – ek het ’n vae begrip gehad wat van my
as Christen verwag word.
Nooit probeer nie – ek dink nie so daaroor nie.
98
Die laaste vraag oor die bestaansdoel van die Christengelowige is die
beantwoording van die hipotese waarop hierdie studie berus: “Is u na afloop van die
Doelgerigte Lewe Veldtog oortuig van u bestaansdoel as Christengelowige?”
Ja
159
(95%)
Nee
2
(1%)
Onseker
7
(4%)
Daar was drie respondente wat niks ingevul het nie.
Uit bogenoemde blyk dit dat daar beslis ‘n groter begrip en vaslegging van die
bestaansdoel volgens Warren (2003) se 5 doeleindes gekom het. 11% respondente
het hulle bestaansdoel bedink volgens die 5 doeleindes en 65% in ‘n redelike mate,
hoewel nie in soveel woorde nie. Dit meen dat 76% respondente ‘n redelike goeie
idee van hul bestaansdoel as Christengelowige gehad het. Die 40 Dae Doelgerigte
Lewe Veldtog het hierdie bestaansdoel oortuigend vasgelê met 95% wat seker is
van die 5 doeleindes.
4.1.6.
Missionêre bewussyn.
Vrae 16a tot 17d was ‘n poging om iets van ‘n missionêre bewussyn by die
respondente vas te stel. Uiteraard is die meting ‘n aanduiding van voor en tydens die
veldtog met goeie agtergrond oor die missionêre in Warren (2003) se boek wat nog
in wording was. Nietemin gee dit tog ‘n indruk van die missionêre bewussyn van
Hervormde lidmate in die Ring van Klerksdorp.
4.1.6.1. Gesprekke met ander gelowiges.
Dit is vrae 16a tot 16c wat handel oor gesprekke en motivering van ander gelowiges.
99
16a.
Vir hoeveel ander Christengelowiges (Vriende, familie, kollegas) het u van die
Doelgerigte Lewe Veldtog vertel? (Noem getal by benadering)
Cumulative
Cumulative
V24
Frequency
Percent
Frequency
Percent
--------------------------------------------------------0000
10
5.92
10
5.92
0001
1
0.59
11
6.51
0002
8
4.73
19
11.24
0003
11
6.51
30
17.75
0004
16
9.47
46
27.22
0005
20
11.83
66
39.05
0006
17
10.06
83
49.11
0007
3
1.78
86
50.89
0008
6
3.55
92
54.44
0009
3
1.78
95
56.21
0010
35
20.71
130
76.92
0011
1
0.59
131
77.51
0012
8
4.73
139
82.25
0014
1
0.59
140
82.84
0015
8
4.73
148
87.57
0016
2
1.18
150
88.76
0020
13
7.69
163
96.45
0025
1
0.59
164
97.04
0030
2
1.18
166
98.22
0040
2
1.18
168
99.41
0050
1
0.59
169
100.00
Frequency Missing = 2
Bogenoemde syfers spreek vanself. 35 Respondente het vir 10 ander gelowiges
vertel wat ‘n persentasie van 21% verteenwoordig. Diegene wat vir 20 of meer
gelowiges vertel het, vang die oog. Dit sou familie, vriende of kennisse wees en
bevestig die vermoede dat die hele veldtog ‘n beroering veroorsaak het in
Klerksdorp. Naas die Lede in Christus, was die Hervormde gemeentes die enigste in
Klerksdorp wat in daardie stadium gewaag het met die Doelgerigte Lewe Veldtog.
Sedertdien het verskeie ander denominasies ‘n veldtog gehad.
100
16b.
Hoeveel van die getal Christengelowiges wat in Vraag 16a geoem is, wou ook
‘n “Die Doelgerigte Lewe” boek bekom?
Cumulative
Cumulative
V25
Frequency
Percent
Frequency
Percent
-------------------------------------------------------000
42
24.71
42
24.71
001
19
11.18
61
35.88
002
32
18.82
93
54.71
003
14
8.24
107
62.94
004
19
11.18
126
74.12
005
7
4.12
133
78.24
006
12
7.06
145
85.29
007
4
2.35
149
87.65
008
2
1.18
151
88.82
010
11
6.47
162
95.29
012
1
0.59
163
95.88
015
1
0.59
164
96.47
016
1
0.59
165
97.06
020
4
2.35
169
99.41
036
1
0.59
170
100.00
Frequency Missing = 1
Let op die vraagstelling: “Hoeveel wou ‘n boek bekom…?” Dit blyk dat 621 van die
ander gelowiges wat deur respondente vertel is van Die Doelgerigte Lewe, ‘n boek
wou bekom. Die boeke was in daardie stadium vrylik in die handel beskikbaar asook
by deelnemende gemeentes.
16c.
Hoeveel van die getal Christengelowiges wat in Vraag 16a genoem is, het by
u gemeente se veldtog betrokke geraak? (Bv, Deur die boek te lees of by ‘n
kleingroep in te skakel)
Cumulative
Cumulative
V26
Frequency
Percent
Frequency
Percent
-------------------------------------------------------000
93
55.03
93
55.03
001
20
11.83
113
66.86
002
20
11.83
133
78.70
003
11
6.51
144
85.21
004
6
3.55
150
88.76
005
4
2.37
154
91.12
006
4
2.37
158
93.49
008
1
0.59
159
94.08
010
6
3.55
165
97.63
014
1
0.59
166
98.22
018
1
0.59
167
98.82
020
2
1.18
169
100.00
Frequency Missing = 2
101
Dit is verrassend om te sien dat soveel “ander gelowiges” beweeg is om ‘n boek te
koop of by ‘n kleingroep betrokke te raak. Na alle waarskynlikheid is die meeste van
die 301 betrokke gewees by die koop van Die Doelgerigte Lewe (Warren 2003). Die
ervaring in Doringkruingemeente was dat heelwat lidmate vir familielede en vriende
op ander plekke boeke bestel het. Enkeles het boeke vir hulle kinders gestuur wat
elders in die wêreld woon en werk. Een kleingroep in Doringkruingemeente het drie
egpare vanuit ‘n ander gemeente getrek wat tot op datum steeds betrokke is in die
kleingroep hoewel hulle nie by die gemeente andersins inskakel nie. In ‘n ander
kleingroep was daar een vrou wat vanuit ‘n ander kerk oorgekom het na die
gemeente.
Dit moet duidelik gestel word dat dit geensins die bedoeling behoort te wees om
lidmate met so ‘n veldtog van ander gemeentes te lok met die oog op
proselietmakery nie (vgl. Gibbs 2000:41-42). Tog blyk dit dat die respondente meer
gemaklik is om met ander gelowiges te praat oor geestelike aangeleenthede (sien
onderstaande statistiek 17a-17d) as met kerklos lidmate en ongelowiges.
.
4.1.6.2. Gesprekke met kerklos of ongelowige mense.
By hierdie stel vrae (17a – 17d) lyk die resultate anders as by die gesprekke met
ander gelowiges hoewel daar baie bemoedigende tekens is.
17a.
Vir hoeveel kerklos of ongelowige mense het u van die Doelgerigte Lewe
Veldtog vertel?
Cumulative
Cumulative
V27
Frequency
Percent
Frequency
Percent
-------------------------------------------------------000
121
71.60
121
71.60
001
12
7.10
133
78.70
002
9
5.33
142
84.02
003
6
3.55
148
87.57
004
13
7.69
161
95.27
005
4
2.37
165
97.63
006
1
0.59
166
98.22
008
1
0.59
167
98.82
010
2
1.18
169
100.00
Frequency Missing = 2
102
‘n Beduidende getal respondente, nl. 121 (72%) het geen gesprekke met ongelowige
of kerklos mense gevoer nie. Daarteenoor het 48 (28%) gewaag om met altesaam
154 kerklos en ongelowige mense gesprekke te voer. Hoewel daar by baie
Christengelowiges ‘n terughoudende tendens is is dit bemoedigend dat 28% van die
respondente gewaag het op die terrein van die missionêre.
17b.
Hoeveel van die kerklos of ongelowige mense wat in Vraag 17a genoem is,
het die boek bekom?
Van die 48 kerklos en ongelowige mense met wie gesprek gevoer is, het 33 die boek
van Warren (2003) bekom.
17c.
Het van die kerklos of ongelowige mense wat in vraag 17a genoem is,
enigsins by ‘n kleingroep ingeskakel?
17d.
Ja
7
(6%)
Soms
6
(5%)
Is daar enige aanduiding van ‘n geloofsbeslissing en moontlike betrokkenheid
in u gemeente van een of meer van die persone wat u in vraag 17a genoem
het?
Cumulative
Cumulative
V30
Frequency
Percent
Frequency
Percent
-------------------------------------------------------1
27
21.43
27
21.43
2
57
45.24
84
66.67
3
42
33.33
126
100.00
Frequency Missing = 45
Dit blyk uit bogenoemde dat 27 (18%) van die 154 kerklos en ongelowiges met wie
gesprek gevoer is deur die respondente tot ‘n geloofsbeslissing gekom het. Oor 42 is
daar ‘n onsekerheid en by 57 was daar geen beslissing nie. Dit is onseker hoeveel
103
van die bekeerlinge binne die Ring van Klerksdorp woonagtig is aangesien
respondente ook op familie en vriende gefokus het wat elders woon.
4.1.7.
Respondente se algemene indrukke van die veldtog.
Die respondente kon een of meer uit 6 moontlikhede kies wat hulle algemene
indrukke van die veldtog betref. Die moontlikhede is soos volg aangebied:
• Dit was ’n absolute hoogtepunt in my lewe as Christen.
117
(54 – geen kommentaar)
• Ek weet nie of hierdie veldtog heeltemal vir my was nie.
• Ek is vasberade om voortaan die 5 doelwitte doelgerig uit te leef.
2
79
(92 – geen kommentaar)
• Ek dink die hele veldtog was oorwaardeer.
3
• Ek verstaan meer as voorheen wat my bestaansdoel as Christen is.
113
(58 – geen kommentaar)
• Ek dink dit was ’n mors van tyd.
0
Daar was ‘n oorwegend positiewe belewenis van die veldtog. Daar is 5 wat gevoel
het die veldtog was nie vir hulle nie. Dit is moeilik om vas te stel wat die bedoeling
was van diegene wat geen kommentaar gelewer het nie. Sou dit wees dat hulle
redelik neutraal gestaan het maar beslis nie negatief nie? Of was die vrae so gestel
dat daar nie volle instemming by sekeres kon wees nie?
4.1.8.
Die uitwerking van die 5 doeleindes by respondente.
Daar is gevra dat diegene wat oorwegend positief was oor die veldtog, verder moes
gaan met die vraelys. By elke doelwit is die vrae aangebied sodat vasgestel kon word
of daar ‘n verandering in gesindheid by die respondente ingetree het. Uit
ondergenoemde blyk dit wel die geval te wees, behalwe ‘n groter mate van
onsekerheid wat sending betref.
104
SB = Stem Beslis saam
SS = Stem Saam
SN = Stem Nie saam nie
BN = Stem Beslis Nie saam nie
Aanbidding:
(1)
(2)
(3)
(4)
Jy is beplan vir God se plesier.
Ek ondervind meer as voorheen die teenwoordigheid en krag van God
in my daaglikse lewe.
Ek is meer as voorheen gemotiveer om die eredienste en ander
aktiwiteite (Bybelstudie, kleingroep ens) by te woon.
Ek streef meer as ooit tevore daarna om God te dien in elke aspek van
my lewe (gesondheid, besluite, finansies verhoudings, toekoms ens.).
Gemeenskap met ander gelowiges:
SN
0
BN
1
103
39
4
1
121
31
1
2
SB
108
SS
41
SN
2
BN
1
92
42
5
2
87
47
8
1
Jy is geskape om soos Christus te word.
Ek het ’n groeiende verhouding met God en my geestelike gewoontes
wys dit (bv. meer getroue Bybelstudie en gebed).
Ek ondervind al hoe meer die vrug van die Gees in my lewe (liefde,
vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, selfbeheersing ens.).
Ek spandeer meer tyd saam met ’n ander Christen/e wat my help om
geestelik te groei.
Bediening:
SS
38
Jy is gevorm vir
God se familie.
Ek ervaar ’n groter verdieping in my verhouding met God en met my
medemens.
Ek het gegroei in my behoefte om my liefde aan ander te bewys,
hanteer konflik beter en is meer vergewensgesind.
Dit is nou makliker om my ware behoeftes vir gebed en ondersteuning
met ander te deel.
Dissipelskap:
SB
118
SB
87
SS
59
SN
2
BN
1
91
51
4
0
67
60
6
0
SB
53
SS
76
SN
11
BN
0
86
58
6
1
71
38
15
1
Jy is gevorm om God te dien.
Ek het my unieke, Godgegewe “shape” (gawes) vir bediening ontdek en
ontwikkel dit verder.
Ek vra meer gereeld dat God my geleenthede sal wys waarin ek God en
ander kan dien.
Ek het ’n gereelde bediening (ten minste 1x per maand) in die
gemeente, gemeenskap of saam met my kleingroep of in my wyk.
105
Evangelisasie:
Jy is gemaak vir ’n missie.
Ek begin meer fokus op ongelowige mense en vra God om my
geleenthede te gee om my geloof te deel.
Ek spandeer meer tyd aan mense wie se behoefte dit is om God
persoonlik te ken.
Ek nooi op gereelde basis mense wat nie kerk toe gaan nie om in te
skakel by my kleingroep of om saam met my kerk toe te gaan.
4.2.
SB
59
SS
70
SN
16
BN
0
44
76
15
0
36
58
34
2
Kwalitatiewe navorsing.
As deel van kwalitatiewe navorsing is die predikante van die Hervormde gemeentes
in die Ring van Klerksdorp genooi om deel te wees van die ondersoek en moontlike
deelname aan die veldtog. Dit sou kon tuisgaan onder wat Denzin en Lincoln
(1994:324-329) “Co-Operative Inquiry” en “Participatory Action Research” noem. Tien
predikante in die Ring was betrokke by die bekendstellingsgeleentheid op 9
Februarie 2004 waar ds. Gys Els van Brackenhurst die Simulcast video vertoon het
en vertel het waaroor die veldtog gaan. Soos reeds genoem het 8 predikante die
samewerking van hulle ouderlingevergaderings gekry en is begin om voor te berei vir
die veldtog. Die predikante is ook by die eerste geleentheid ingelig dat hulle deel sou
wees van ‘n navorsingsprojek. Dit sou goedskiks kon tuiskom onder die vaandel van
“Participatory Action Research”. Al die deelnemende predikante is uit die staanspoor
betrek, hulle is ingelig dat navorsing daarby betrokke is, min of meer dieselfde riglyne
is gevolg in die aanloop, die 40 dae veldtog het by al die gemeentes gelyktydig
plaasgevind, die feeserediens is deur almal bygewoon, die vraelyste is onder almal
se lidmate versprei en dieselfde vraelys is in al die gestruktureerde onderhoude
gebruik (Denzin+Lincoln 1994:361-375).
Met die onderhoude is die volgende werkswyse gevolg: ’n Vraelys is aan die
predikant oorhandig met wie die onderhoud gevoer is sodat daar nie onsekerheid
kon bestaan oor die inhoud van die vraag nie. Die antwoorde is deur die
onderhoudvoerder neergeskryf. Nadat elke antwoord gegee en neergeskryf is is dit
aan die predikant teruggelees om seker te maak dat hy met die antwoord
ooreenstem. Die werkswyse het byval by al die predikante gevind.
106
4.2.1. Algemene profiel van die predikante.
Die onderstaande tabel is ’n aanduiding van die algemene profiel van die agt
deelnemende predikante.
Gemeente
Klerksdorp
Tydperk in
gemeente
Jare in
bediening
Ouderdom
Môrester
Orkney
Hartbeesfontein
Declercqville
OrkneyOos
Doringkruin
K/Dorp
Suid
6mde
8jr
9jr
4jr
16jr
11jr
10mde
22jr
17
10
13
10
19
14
17
24
42
35
38
35
61
37
44
49
Drie van die predikante is met gestruktureerde gemeentebou in hulle gemeentes
besig, terwyl twee ander ’n gemeenteboukursus by prof. Malan Nel deurloop het. In
Doringkruin is die voorneme om in 2006 met ’n gestruktureerde proses te begin. In
Môrester is ’n analise gedoen en bestaan ’n gemeenteboukomitee wat maandeliks
vergader. Hulle is tans in die evaluerings- en konsolideringsfase. Declercqville het
ver gevorder op die pad en van die langtermyndoelwitte is reeds bereik. Orkney-Oos
wat ’n proses begin het het teruggestig na Orkney gemeente toe nadat die predikant
’n beroep aanvaar het. Die ander predikante staan nie negatief teenoor
gemeentebou nie.
4.2.2.
Die eerste kennismaak met Warren (2002/3) se werk.
Aan elke predikant is gevra wat sy eerste gevoel was nadat hy met Rick Warren se
werk kennis gemaak het. Dit was met die Similcast Video wat tydens ’n
Ringskomitee vir predikante (9 Februarie 2004) vertoon is met die oog op moontlike
deelname aan die veldtog. Vyf moontlikhede is gestel en die keuses verskyn
langsaan:
Skepties
0
Versigtig optimisties
1
Positief
3
Entoesiasties om te begin
3
Ander (spesifiseer)
1
107
Vir die meeste het die eerste kennismaak positiewe gewaarwordinge en selfs
entoesiasme gebring. Enkeles was meer versigtig (een was aanvanklik neerslagtig)
wat mettertyd gegroei het na opgewondenheid en optimisme. Daar was by sommige
die verwagting dat die veldtog energie in die gemeente sou losmaak en sou bydra tot
’n gemeentebouproses. Die kommentaar word gegee in willekeurige volgorde:
“Het voor die tyd reeds van sy werk gelees en by ander gehoor. Die
gemeente was in ’n groef en ek het dit as ’n geleentheid gesien om
energie los te kry.”
“Ek het dit as ’n manier gesien om die gemeente op te bou.”
“Die eerste kennismaak het goed geklink maar ek het nie genoeg
inligting gehad nie. Ek was later meer positief.”
“Ek was versigtig omdat te veel dinge in die verlede aangepak is wat
nie gewerk het nie. Het daarom eerder gekies vir ‘positief’ as die
volgende blokkie ‘entoesiasties’.”
“Ek het dit onmiddellik gesien as ’n geleentheid om die gemeente
aan die gang te kry. ’n Moontlike geestelike ‘upliftment’ vir die
gemeente het my opgewonde gemaak.”
“Sy werk het my soos ’n handskoen gepas, net om momentum te
behou.”
“Aanvanklik het dit my neerslagtig gemaak en na die deurlees van sy
werk het dit my opgewonde gemaak.”
“Ek was onseker wat die reaksie van die gemeente sou wees. die
video en Gys Els se bekendstelling het my tog optimisties gemaak.”
108
4.2.3.
Die aanloop.
Warren (SJ: Campaign Overview) beveel sterk aan dat die veldtog betyds en deeglik
beplan moet word ten einde die beste waarde te verkry. In die onderhoude met die
predikante het vrae 7 tot 10 gehandel oor die aanloop en voorbereiding.
4.2.3.1. Aanloop met behulp van ’n loodskomitee.
Net 4 predikante noem dat daar ’n loodskomitee in sy gemeente was. Vraag 8 vra uit
hoeveel lede die loodskomitee bestaan het terwyl daar ook geleentheid was vir
opmerkings:
Uit hoeveel lede?
“Hele ouderlingekorps.”
Opmerkings:
“Het bosberaad met hulle gedoen (±30) en toe volledig
beplan. Hulle was baie entoesiasties.”
Uit hoeveel lede?
“Voorsitter, sekretaris, gebedsgroep, mediaskakelbeampte, ens.”
Opmerkings:
“Moeilik in die Hervormde Kerk. Die mense verwag dat
die dominee die leiding moet neem. Ons het deur al die
videos gekyk en baie gepraat. Die domineeskerk begrip
funksioneer nog te sterk vir hierdie voorgestelde
werkswyse. Hulle het gedoen wat ek as dominee vir hulle
gesê het om te doen.”
Uit hoeveel lede?
“Twee lede.”
Opmerkings:
“Dit was hoofsaaklik ek en die administratiewe beampte.”
Uit hoeveel lede?
“Twee lede.”
Opmerkings:
“Hulle was baie positief – het vroëer in Moreletapark
opleiding deurloop. Dit was in die tyd toe ek ’n beroerte-
109
aanval gehad het en met siekteverlof was. Hulle het die
hele veldtog self gereël – ek was beskikbaar vir advies.”
Soos reeds genoem, het vier gemeentes nie van ’n loodskomitee gebruik gemaak
nie. Die volgende opmerkings word gedeel:
“Het dit self gedoen. My gemeente is klein en ’n komitee was
onnodig.”
“Ons het nooit die simulcast video gewys nie. Ek dink nie die video
sou goed by die gemeente aanklank gevind het nie.”
“Het dit grootliks self gedryf – kerkraad was deel van ’n seminaar wat
help kyk het na die geestelike toekoms van die gemeente. Ek het die
5 punte ter motivering gebruik.”
“My kennis van die gemeente het my laat voel … ek dink op grond
van my ervaring dat ’n loodskomitee nie gaan werk nie.”
4.2.3.2. Getrou volgens voorskrifte van die pakket?
Slegs twee predikante het hier “Ja” geantwoord, een “Nee” en vyf wat “Soms”
geantwoord het. Enkeles het kommentaar gelewer:
a) Getrou volgens die pakket.
“Ons het begin by die eerste video en het dit deurgevoer tot die einde
toe.”
“Ons het redelik streng daarvolgens gehou, behalwe by die
tydskedule. Ons het dalk te laat begin. Dit is beter om ten minste 6
maande voor die tyd die pakket te kry en te begin werk. Die
110
gebedsgroep het ook nie na verwagting gefunksioneer nie. Daar is
wel tydens en voor die veldtog gebid asook in die erediens.”
b) Het nie die voorskrifte gevolg nie.
“Dit was eintlik nie vir ons nodig om die pakket te koop nie, my
motivering en deurwerk van die die boeke was genoegsaam.”
c) Soms.
“Ons het die basiese raamwerk gevolg, maar nie getrou volgens al
die voorskrifte nie.”
“Die voorskrifte was te oorweldigend en ek kon nie binne my
gevestigde take in die nuwe gemeente die tyd en energie vind om dit
presies so te doen nie.”
“Ek het dit heeltemal anders aangepak. Ek het die Bybelstudiegroepe
aan die boek blootgestel ter voorbereiding. Ek het verder van die
kansel af voorbrand gemaak. Kon die meeste van die goed nie
gebruik nie.”
4.2.3.3. Hoeveelheid boeke versprei en gelees.
Sien 3.2.2. en 3.2.3. vir ’n bespreking van die aankoop, verspreiding en lees van Die
Doelgerigte Lewe (Warren 2003).
4.2.4.
Die verloop.
Hieronder sorteer die vestiging van kleingroepe asook alles rondom die eredienste.
111
4.2.4.1.
Die vestiging van kleingroepe.
Vir ’n algemene oorsig wat die vestiging van kleingroepe betref kan teruggeblaai
word na 3.2.7. Daar is tog kommentaar van enkeles rakende die vestiging van
kleingroepe wat gedeel kan word:
“Die groep wat aangemeld het was teen die gedagte van
kleingroepe. As ek die projek weer sou doen, sou ek dit wou
implementeer. Ek het wel met die groep wat aangemeld het (±18) die
Bybelstudies gedoen.”
“Ons
het
een
omgeegroep
gestig
naas
die
bestaande
Bybelstudiegroep. Die omgeegroep bestaan steeds. Die kleingroep
se stigting is ongekend omdat ons in die verlede soveel keer misluk
het. Die mense wat betrokke was is eintlik die onwaarskynlikes. Dit is
die mense wat ek gedink het nooit betrokke sou raak nie.”
“Ons gaan in 2005 begin daarmee deur in elke wyk ’n kleingroep te
vestig. Dit sal ’n langtermynprojek wees. Daar is reeds wyke wat een
maal per maand byeenkom. Met die veldtog is daar meer mense wat
entoesiasties is om te begin.”
Al die predikante van die gemeentes waar daar kleingroepe gevestig is, het aangedui
dat hulle voortgaan met die uitbou daarvan.
112
4.2.4.2. Doelgerigte prediking tydens die veldtog.
Die volgende twee vrae word in tabelvorm weergegee:
Elke
Sondag
oor
betrokke
van
Warren
doelwit gepreek?
Preekriglyne
gevolg?
Ja
Nee
Soms
8
0
0
7
0
1
Dit blyk uit die onderhoude dat al die predikante goeie terugvoer ontvang het wat
betref die prediking. Faktore wat dit aangehelp het was die preke van Warren wat
verwerk kon word, die fokus op die 5 doeleindes, bespreking wat gevolg het in
aanddienste of in kleingroepe, groter eenheidsgevoel as gevolg van die veldtog.
Daar was oorwegend die gevoel dat eredienste beter bygewoon is en enkeles het
genoem dat komplimente ontvang is oor die wyse van prediking. Een dominee het dit
soos volg saamgevat: “Daar was ’n nuwe belewenis van ou waarhede. Êrens het ’n
pad tussen kop, hart en hande oopgegaan.”
Ses predikante het genoem dat daar ’n styging in erediensbywoning was. Die twee
predikante wat nie ’n stygende tendens beleef het nie, het tog genoem dat die
deelnemers aan die veldtog meer getrou was in hulle erediensbywoning. Enkeles
noem dat daar weer ’n afname was na die veldtog. In een gemeente was die tema
van die oggend voortgesit in die aand met ’n bespreking, wat ’n aansienlike styging in
bywoning by aanderedienste tot gevolg gehad het.
4.2.4.3. Nuwe bedieninge.
In die onderhoude met die predikante blyk dit dat Warren (SJ: Ministry Fair and
Mission Fair: 1-7) se voorstelle grootliks by hulle verby gegaan het. Vier predikante
het genoem dat daar nie nuwe bedieninge tot stand gekom het nie, alhoewel daar
113
groter betrokkenheid by bestaande bedieninge was. By vier predikante was die
neiging om die begrip “nuwe bedieninge” ook eerder te sien as ‘n groter
betrokkenheid by bestaande bedieninge. Byvoorbeeld in een gemeente waar daar
voor die veldtog ‘n bywoning was van 20 by die Bybelskool, was daar ‘n styging na
200 gedurende die veldtog. Dieselfde tendens was ook by ander bestaande
bedieninge in ander gemeentes te bespeur. Twee predikante het nuwe bedieninge
by die naam genoem, byvoorbeeld: ‘n gesin wat etes aan ‘n bejaarde bedien het,
toebroodjies
aan
laerskoolleerlinge,
‘n
eredienskomitee,
blommekomitee,
projektekomitee, liturgiese ruimte komitee.
Daar is ook pertinent gevra na die getal (by benadering) lidmate wat na die 40 dae
veldtog kom aanmeld het vir bepaalde bedieninge. Twee predikante het geen getal
genoem nie terwyl die ander ses genoem het dat daar ’n totaal van 149 lidmate in die
ses gemeentes kom aanmeld het by bepaalde bedieninge. Dit beteken ongeveer
10% van die totale deelnemers soos onder 4.1.2. genoem, het aksie geneem en by
bedieninge betrokke geraak.
4.2.4.4. Die waarde van Die Doelgerigte Lewe (Warren 2003).
a) Die eerste vraag onder hierdie punt was die waarde wat Warren (2003) vir die
predikant self gehad het. Die meeste het genoem dat die boek bekende
waarhede gestruktureer en gesistematiseer het sodat dit meer bruikbaar vir die
bediening is. Twee van die predikante se antwoorde word weergegee:
“Dit het baie waarde gehad. As jy 15 jaar met gemeentebou
(Declercqville) besig is, bereik jy ’n plato. Hierdie ding het my ’n
geweldige ‘boost’ gegee. Ek wou aftree op 60 en het by geleentheid
die Purpose Driven Church gekoop wat my laat besluit het om aan te
bly tot op 65. die Doelgerigte Lewe Veldtog was ’n bevestiging en ’n
stuk seën op hierdie besluit. Dit help my om sinvol vir die volgende
jare te werk tot en met my aftrede.”
114
“Ja, ek het baie preekmateriaal daaruit gekry. Van die hoofstukke het
ek vir ’n kerklosfamilie gegee en dit het positiewe gevolge gehad.
Klein dingetjies het tog gepla soos sy teologie van onder af,
byvoorbeeld die mens se aanneem van die Here eerder as ’n
antwoord op die Here se roeping. Sy familiêre spreekwyse oor die
Here. Sy grootdoop siening. Verse wat uit konteks aangehaal is en te
veel interpretasie sonder om die konteks te verreken. Hy is ’n
gematigde fundamentalis. Dit is ’n bietjie vreemd aan ons tradisie.”
b) Daar is ook gevra watter waarde die lees van Warren (2003) vir die deelnemers
in die gemeente gehad het. Daar is gevra dat die predikante algemene indrukke
moes gee. Die meeste het geantwoord dat dit verrykende gevolge, geestelike
verdieping, positiewe uitwerking in hulle lewe gehad het. Enkele predikante se
kommentaar word gegee:
“’n Klomp vakante wyke moes gevul word. Van die mees
ondenkbare mense het as ouderlinge en diakens aanvaar. Dit is
direk toe te skryf aan die veldtog.”
“Die respons uit die gemeente is baie positief… daar is reeds 12
volwasse katkisante as gevolg van die veldtog. Mense praat nog
gedurig daaroor. My gevoel is dat mense hierdie goed leef.”
“Bykans almal het op formele of informele wyse kom gesels en
gesê dit is die hoogtepunt van hulle lewens as Christene. ’n
Sestienjarige meisie met selfmoordneigings sprankel na die
veldtog. Sy het gesê dat die lewe voorheen doelloos was – nou wil
sy gaan teologie studeer. Hier is ’n wonderlike borrelende
atmosfeer, ’n warmte en atmosfeer wat fantasties is. Daar is regtig
’n herlewing in die gemeente.”
115
“…die interessante is die gemarginaliseerde lidmate wat amper
meer daaruit geput het as die kerngroep. Waarskynlik te wyte aan
hulle onbetrokkenheid in die verlede.”
c) Sou die veldtog vir nie-deelnemers ’n betekenis gehad het? Die predikante is
gevra om hulle algemene indrukke hieroor te gee. Die helfte van die predikante
het nie iets spesifieks genoem nie. Vier predikante het wel genoem dat daar ’n
merkbare reaksie was. Enkele nie-deelnemers het hulle spyt uitgespreek dat
hulle nie deelgeneem het en die boek gelees het nie. Van hulle het ook
opgemerk dat hulle ’n andersheid by die eredienste kon opmerk. Daar was ook
die versoeke by enkeles dat die veldtog weer aangebied moet word.
d) By die volgende vraag is predikante gevra om hulle oorwoë mening aan te dui
deur te kies tussen alternatiewe. Die aantal predikante wat die bepaalde opsie
gekies het word aan die linkerkant weergegee.
7
0
8
0
8
0
7
8
0
Dit was een van die hoogtepunte in my bediening.
Ek dink dit was ’n mors van tyd.
Ek dink dit is ’n uitstekende hulpmiddel in ’n gemeentebouproses vir
lidmate om hulle bestaansdoel te ontdek.
Ek dink die hele veldtog word oorwaardeer.
Ek sal beslis ander gemeentes aanmoedig om dieselfde deur te gaan.
Ek is nie seker of hierdie veldtog ’n verskil in my gemeente te weeg
gebring het nie.
Die veldtog was vir my eie geloofslewe baie verrykend.
Ek gaan beslis my gemeente laat meedoen aan enige opvolgaksies
wat hieruit voortspruit.
Die Doelgerigte Lewe Veldtog pas nie regtig in by ons Hervormde Kerk
se etos nie.
4.2.4.5. Laaste algemene indrukke.
Met die uitsondering van een predikant, het elkeen ’n laaste indruk gegee.
“Sou graag dadelik begin met opvolgaksies soos kleingroepe. Die
koste aan opvolgpakette is te groot en inhiberend vir die proses. Dit
het ook die gevaar dat dit ’n ‘flash in the pan’ kan wees. Dit was ’n
116
goeie wegspring. As daar nie goeie opvolg gaan wees nie, gaan dit
verdwyn.”
“Ek dink die tydsaspek was in ons guns met die saamval van my as
nuwe predikant in die gemeente. Hulle was geweldig ontvanklik en
daar was nie ’n tikkie negatiwiteit nie. Die entoesiasme van die
predikant is van kardinale belang. Ek het nie van die kursus geweet
nie, en tog was my preke die drie maande vooraf as’t ware ’n
voorbereiding vir die veldtog. Ek beskou dit as die werk van die
Heilige Gees. Na die veldtog is daar ’n totale honger vir ’n
opvolgaksie. Almal vra wat die volgende kursus is wat ons gaan
doen. Baie wil ook graag by evangelisasie betrokke raak. Daar gaan
in 2005 ’n GETP (Gemeentelike Evangelisasie Toerustingsprogram)
kursus aangebied word. As gevolg van ’n groot wisseling van
predikante voor my koms, het mense ’n honger na stabiliteit gehad.
Hulle het gevoel hulle het geestelik verarm. Hulle wou ’n predikant
gehad het wat hulle kon volg, daarom het hulle na een afkondiging
entoesiasties reageer en my volledig vertrou en gevolg. Daar was
ook ’n groot waardering vir die feeserediens. Hulle was voorheen sku
vir gesamentlike dienste… ek dink die vrese begin verander. Daar is
ook voordele vir die finansies – dit het nog nooit finansieël so goed
gegaan as nou nie.”
“My algemene gevoel oor Rick Warren? Oor die wêreld heen het die
Christendom gestagneer. Daar het twee ingrypende gebeurtenisse
plaasgevind. Rick Warren se werk en Mel Gibson se ‘Passion of the
Christ’. Ek voel dit is twee dinge wat God gegee het om die
Christendom ’n soort stoot vorentoe te gee. Dit is veral ook nuttig wat
Woordverkondiging betref omdat baie dinge ontstaan het wat nie
veel met verkondiging te doen gehad het nie soos sangbediening en
vermaak. Rick Warren het ons weer teruggebring na die basiese
waarhede van die Woord.”
117
“Daar moet moeite gedoen word om dit dalk meer ‘Hervormd’ te
maak, veral wat die ‘intro’ betref. Die vreemdheid veroorsaak aversie
aanvanklik. Die hemp wat Warren in die video aangehad het het my
gepla. Dit het gemaak dat ek aanvanklik moelik kon luister. Ek het ’n
beroep na ’n ander gemeente aanvaar en gaan dit definitief (veldtog)
ook daar doen.”
“Uitstekende hulpmiddel om gemeente te ontvries. Rick Warren is
tog plek-plek fundamentalisties oor sake wat binne konteks verreken
en reggestel moet word.”
“Ek dink dit was die moeite werd en wil dit definitief weer aanbied.
Ons dink daaraan om dit volgende jaar weer te doen. Dit was moeilik
om dit in 40 dae te doen, daarom dat ons dit weer wil doen.”
“Evangelisasie is baie ver van ’n realiteit in ons mense se denke.
Mense is nog nie gereed daarvoor nie. Ek wil in my volgende
gemeente (het beroep aanvaar) dieselfde doen. Die ervaring hier
gaan baie help in die nuwe gemeente om die veldtog meer doelgerig
en beter aan te pak.”
118
Hoofstuk 5
KRITIESE EVALUASIE
Baie kerke en gemeentes het tot dusver meegedoen aan ‘n Doelgerigte Lewe
Veldtog en baie stel ‘n veldtog in vooruitsig. Dit is veral op die internet waar dit gons
met woorde soos Purpose Driven Church (PDC) en Purpose Driven Life (PDL)
asook die nou huishoudelike naam, Rick Warren. Dit is daarom goed om waardering
en kritiek uit te spreek oor die Doelgerigte Lewe Veldtog asook die werk van Warren
(2002,2003).
5.1.
Waardering.
5.1.1. Die persoon – Rick Warren
•
Stafford (2002:42) beskryf Warren as ‘n “regular guy” wat onopvallend lewe.
“His home, purchased for $360,000 in an upscale market, is no mansion. He
drives an SUV. Colleagues say Rick Warren is generous to a fault, an
unpretensious, fun-loving man without boat or beach house.” Volgens Stafford
(2002:44) beskryf Warren se vrou, Kay hom as iemand wat nie gesofistikeerd
is nie: “This is a man who will come out in an Elvis costume. He’s a ham. He’s
a goofball.” Hulle het ontmoet toe beide 16 was en hy tydens ‘n
talentkompetisie vir Billy Graham nagemaak het (Stafford 2002:45).
•
Warren het reeds van jongs af definitiewe leierseienskappe openbaar. Hy
groei op in die platteland van Noord Kalifornië, die seun van ‘n Southern
Baptist predikant wat klein kerke gestig en bedien het (Stafford 2002:44).
Tydens die hoogbloei van die “Jesus Movement” het Warren in sy
hoërskooljare skole toegespreek oor “hoe om ‘n Christen klub in jou hoërskool
uit te bou.” Toe hy by California Baptist College in Riverside was het hy ‘n
jeuggroep opgebou met 10 000 studente op ‘n poslys. Hy het dit gedoen met
behulp van $18,000 (bewillig deur kerkleiers) se gewigopteltoerusting as
119
vertrekpunt. Gedurende sy laaste skooljaar het die skool se administrasie
hom gevra om ‘n kursus in evangelisasie aan te bied (Stafford 2002: 45).
•
Hy het Fort Worth’s Southwestern Seminary gekies om sy teologiese
opleiding te voltooi omdat hy blootstelling aan die grootste Southern Baptiste
Kerke sou hê. Dit is in hierdie tyd dat hy briewe aan die 100 grootste kerke in
Amerika geskryf het om die geheim van hulle groei uit te vind (Stafford
2002:45). By Fort Worth’s Southwestern Seminary het hy ‘n meestergraad
verwerf en ‘n doktorsgraad by Fuller Theological Seminary (Purpose Driven
Life 2002-2005).
•
Warren het die Saddleback Church in Januarie 1980 begin met een gesin.
Tans woon 16 000 mense eredienste oor naweke by en is daar meer as 50
000 name op die lidmaatregister. Dit is aangewys as die vinnigste groeiende
Baptiste Kerk in die geskiedenis asook die grootste kerk in die Southern
Baptist Convention. Die afgelope sewe jaar is meer as 9 200 nuwe gelowiges
gedoop en Saddleback het 34 dogterskerke gestig en daar is tans 4 000
lidmate op sendingprojekte oral in die wêreld (Purpose Driven Life 20022005).
•
In die VSA het Warren een van die gewildste predikante geword. Die Time
Magazine van 7 Februarie 2005 het ‘n artikel gehad oor die 25 invloedrykste
“Evangelicals” in Amerika. 600 Senior pastors is gevra om die mense te noem
wat die grootste invloed op kerksake in die VSA gehad het – Warren, naas
Billy Graham se naam het die tweede plek ingeneem. Warren, 51, is die
opvolger van Billy Graham as Amerika se pastor (van Biema, D et al
2005:34).
•
Warren (Stafford 2002:48).noem homself ‘n “Toolmaker”. “I believe that tools
change the world. When Bill Bright [founder of Campus Crusade for Christ]
dies, Bill Bright is going to leave the Four Spiritual laws, Ten Transferable
Concepts, and the Jesus film….[W]hen Dawson Trotman [founder of the
Navigators] died, he left the hand and the wheel. When Rick Warren dies,
he’s going to leave the circles (Warren 1995:153) and the diamond (Warren
1995:144).
120
•
Warren wil deur middel van pastors werk en dit word sy “stealth strategy”
genoem “Through pastors he intends to change the world” (Stafford 2002:42).
Op die webtuiste (Purposedrivenlife.com) word genoem dat meer as 60 000
pastors tans ingeskryf is by Rick Warren’s Toolbox, ‘n weeklikse e-pos
nuusbrief. Meer as 250 000 pastors en kerkleiers van 125 lande het al die
Purpose Driven seminare bygewoon wat in 18 tale aangebied word (Purpose
Driven Life 2002-2005).
•
Merkwaardig is dat hy 90% van sy inkomste afkomstig uit die Purpose Driven
Life beweging skenk aan die opbou en uitbou daarvan.
5.1.2. Purpose Driven Life (2002)
•
Warren (2002) se boek “The Purpose Driven Life” het meer as 20 miljoen
kopieë die afgelope 2 jaar verkoop en is die beste hardeband verkoper in die
VSA se geskiedenis (van Biema, D et al 2005:34). Van sy eerste boek, “The
Purpose Driven Church”, is meer as ‘n miljoen kopieë in 20 tale verkoop
(Purpose Driven Life 2002 - 2005) en is aangewys as een van die 100
Christelike boeke wat die 20ste eeu verander het. Redaksionele kommentaar
in Christianity Today (2004:29) wys daarop dat Purpose Driven Life (2002) die
Harry Potter reeks se verkope oortref het in 2003: “…Actually, make that
Harry Potter and The Da Vinci Code combined. Only when you then add the
sales of The South Beach Diet to those books do you get close to matching
the sales of The Purpose Driven Life.”
•
Costella (2004:2) noem dat invloedryke Christelike leiers soos Billy Graham,
Franklin Graham, Bruce Wilkinson, Max Lucado en Lee Strobel die Purpose
Driven Life (2002) sterk ondersteun en aanbeveel. Hy noem verder: “The
Purpose Driven Life is more than just a book – it’s become a movement…”
en… in Rick Warren’s own words, ‘ a guide to a 40 day spiritual journey’”
(Costella 2004:2).
121
•
In Suid-Afrika het 415 kerke/gemeentes teen Julie 2005 Purpose Driven
South-Africa (PDSA) laat weet dat hulle die 40 dae veldtog gedoen het of tans
besig is daarmee. Volgens PDSA (http://pdmsa.org) is daar gemeentes wat
die veldtog onderneem het maar nie deur hulle gewerk het of aan hulle
rapporteer het nie. Van die 415 kerke/gemeentes het 125 rapporteer en die
volgende statistiek reflekteer die sukses van die veldtogte:
-
Erediensbywoning het met 34% verbeter gedurende die veldtog.
-
Die aantal kleingroepe het met 183% vermeerder.
-
Aantal bedieningsvrywilligers het met 63% toegeneem.
-
Aantal bedieninge het met 22% gegroei.
PDSA het goedgunstiglik die name van kerke/gemeentes/instansies verskaf
wat pakkette gekoop het. Heelwat van hulle het nog nie ‘n veldtog geloods
nie. Dit is veral interessant om die verskeidenheid kerke te sien wat onder een
ekumeniese sambreel (Purpose Driven Life) verkeer. By baie van die
kerke/gemeentes se name is dit moeilik om ‘n denominasie af te lei omdat dit
nie spesifiek genoem word nie. Hier volg ‘n beperkte lys van denominasies
asook enkele interessante name van kerke/instansies, net om die ekumeniese
verskeidenheid te demonstreer:
NG gemeentes
-
98
Methodist
-
31
Baptist
-
25
AGS
-
22
Hervormde gemeentes
-
19
Gereformeerde Kerke
-
8
Assemblies of God
-
8
Nazarene
-
7
Presbyterean
-
6
VEK
-
6
United Church
-
5
122
Enkele name het die oog gevang soos: Living Branches Family Church; Faith
Empowerment Ministries; Cefas Christelike Sentrum; Oase gemeente;
Swaziland College of Theology; Shalom Gesinskerk; Endumisweni Covenant
Church; Deliverance Mininstries; Vineyard Christian Fellowship; His People
Braamfontein; The Triumphant Church of God; Norwegian Settlers Church;
Disciple Ministries; Family Harvest Church Alexandra; Kommandement OVS;
Windhoek Technical High School; Renish Church.
•
Christianity Today (2004:29) lewer komies kommentaar oor die Amerikaanse
spiritualiteit en die boek van Warren (2002): “But Warren’s book is intended to
by merely a start, to help narcissistic Americans stop their spiritual navalgazing.” Sommiges sal sekerlik die boek lees om verborge geluk te vind maar
die mense is moeg om op hulleself te fokus en die rekordverkope dui op twee
dinge (C.T. 2004:29): (i) Sekularisme bevredig nie meer nie, en (ii) ons hoef
nie ons boodskap aan te pas by elke jota en titel van moderniteit om ‘n gehoor
te kry nie (vryvertaal A.U.).
•
Selfs van sy felste kritici het die volgende te sê: “Rick Warren is undoubtedly
a sincere and personable Christian leader, and his book if full of important,
practical truths – truths that present day believers often tend to ignore or
forget” (Costella 2004:2). Jonson (sj:1) merk op: “I have no intention of calling
into question Rick Warren’s motives. I have no reason to believe that he
doesn’t love God, his church and the unsaved. There is nothing in his life that
leads me to believe he is a wolf in sheep’s clothing.”
5.2.
Kritiek.
5.2.1.
Die Purpose Driven Life Paradigma.
Daar is veral kritiek vanaf uitgesproke Christen fundamentalistiese oorde soos die
Foundation: A Magazine of Biblical Fundamentalism met skrywers soos Matt en
123
Dennis Costella en ook ander kritici wie se agtergrond nie duidelik uitgespel word
nie. Soos vermeld hierbo is daar gereserveerde waardering vir die werk en persoon
van Warren (Costella 2004:2) maar weinig verder. Soos genoem onder 5.1.2. word
Purpose Driven Life as ‘n beweging beskryf (Costella 2002:2) en dit is die
vertrekpunt van kritiek:
However, despite the many positive aspects of the book, one must
remember that Warren is guiding millions of people on a spiritual
journey. Therefore, any error must be exposed and addressed in light
of the teachings of Scripture…. [E]ven a small amount of error can
produce disastrous results in the lives of men, women and children.
(Costella 2004:2)
McMahon (sj:1) praat van ‘n ongemaklikheid wat hy ervaar met die boek en
spesifieke probleme wat daaruit spruit: “I felt that I was being ushered into a
developing program that has a agenda beyond just helping the Christian to grow in
his relationship with the Lord or teaching the local church to glorify God and to bear
fruit as it functions as a body in obedience to the Scriptures…” Dennis Costella
(2003:4) verwys na Purpose Driven Church wat soveel reeds beïnvloed het asook
diegene wat seminare bygewoon het. By een só ‘n seminaar het Rick Warren die
“Stealth” beeld in ‘n slotgebed gebruik: "Thank you that there is a movement, a
stealth movement, that's flying beneath the radar, that's changing literally hundreds,
even thousands of churches around the world." Costella (2003:4) vra dan die
volgende vraag:
It is necessary for the faithful believer today to be wary of any
"stealth" (camouflaged, secretive) program intended to fly "beneath
the radar" in order to avoid detection. For many years now the church
growth movement has certainly flown into congregations undetected
by thousands of churches worldwide. The onslaught must be
detected, the warning must be sounded now!
(Costella 2003:4)
124
Ook Bennet (2005:5) spreek sy kommer uit oor die 40 Dae Doelgerigte Lewe
Veldtog:
The 40 Days of Purpose campaign of purpose and community is
distinct from other movements we have seen in recent times. Warren
asks pastors to devote their church and their people to an intensive
forty days of reprogramming their understanding of God, Christ, and
how one becomes a Christian. He promises at the end of forty days
that the church will be transformed. Through his book and the
agenda laid out, he teaches for forty days on nearly every aspect of
the Christian life. This type of interference in the running of a church
opens the way for an insidious take-over of that church. In Scripture
the function of pastors is to teach and to be watchmen and guardians
of the flocks the Lord has given to them. “Take heed therefore unto
yourselves, and to all the flock, over which the Holy Ghost hath made
you overseers” (Acts 20:28). To hand over their position before the
Lord to another who will for seven weeks teach his own doctrinal
messages based on a multitude of flawed paraphrases of Scripture is
utterly unbiblical. The church is the pastors and elders charge. It is
not theirs to bring in debased ideas that infiltrate every important
area of the church life. In Warren’s book and movement, God’s
absolute sovereignty is flatly denied as men are counseled to
determine their own destinies.
(Bennet 2005:5)
Dit is nodig vir deelnemers aan die 40 dae veldtogte, veral predikante om kennis te
neem van hierdie soort kommentaar. Dit is ‘n vraag of daar in elke opsig met hierdie
kritiek saamgestem moet word? Bennet (2005:5) se vrees dat gemeentes se
verstaan van God geherprogrammeer word is oordrewe. Dit is ook te betwyfel of
Warren (2002) een of ander verborge agenda het soos wat Costella (2003:4)
beweer. Die waarde van die boek lê in die eenvoud van die 5 Doeleindes: “What
125
pastors say when they hear the Purpose – Driven principles is, ‘It makes sense.
Could have written this book.’” En ook: “If Rick Warren is a Regular-Guy pastor,
Purpose – Driven is a regular – church approach – easy to miss because is seems so
ordinary” (Stafford 2002:44,46). Dit bly die opdrag en voorreg van die Pastor Loci om
die regte leiding te gee en lidmate op moontlike gevare en teenstrydige doktrine te
wys.
5.2.1.1. Eksponensiële groei.
Warren (sj. Campaign Training Manual) maak baie van eksponensiële groei as
onderliggend aan die sukses van die hele veldtog. Hierdie leer oor eksponensiële
groei gaan nie sonder kritiek nie. Jonson (sj:par 4) beskuldig Warren van
pragmatisme wat hy soos volg definieer: “Pragmatism is the practice of relying on
methods of techniques rather than our Sovereign Lord for results…It is the
philosophy that looks to the world’s marketing methodologies or poll results rather
than Biblical examples or mandates.” Jonson (sj:par 2) verwys na die video oor
eksponensiële groei wat deur Warren aangebied is by geleentheid: “The video… is
one of the most shocking teachings I have ever seen emerge from a Southern
Baptist.” Jonson (sj:par 17) haal Warren aan wat gesê het dat eksponensiële groei
die belangrikste beginsel van groei is. Jonson (sj:par 20) reageer dan soos volg:
Is seems clear to me that the “most important principal” of church
growth is the sovereign oversight of the Lord Jesus Christ. Warren’s
strategy of exponential thinking supplants God’s role as the One Who
ultimately grows His church. No amount of strategies, gimmicks,
persuasion or promises will result in true church growth. Our
Sovereign Lord is the One responsible for that.
(Jonson sj: par 20)
Vervolgens word tien Skriftuurlike beginsels vir eksponensiële denke genoem en by
enkeles word kommentaar gelewer. Die aanhalings is uit verskillende Engelse
vertalings en daar word vir die doeleindes van hierdie studie by dié vertalings gehou.
126
a) Eksponensiële groei is moontlik.
“But their descendants had many children and grandchildren. In fact, they
multiplied so quickly that they soon filled the land.” Exodus 1:7 (NLT)
Hierdie aanhaling is uit konteks aangehaal. Die vers dui gewoon op die feit dat
die Israeliete buitegewoon vinnig vermeerder het en hou nie verband met ‘n
spesifieke kerkgroeiprogram nie. “However, this is directly tied to the fact that
God specifically told Abraham that they would! There is nothing revelatory here”
(Jonson sj: 23).
b) Eksponensiële groei is ‘n Nuwe Testamentiese model.
“The word of God increased; and the number of the disciples multiplied in
Jerusalem greatly.” Acts 6:7 (KJV)
Dit is die moeite werd om Jonson se kritiek volledig aan te haal want dit is
waarskynlik ‘n worsteling van menige klein gemeentes wat “Die Doelgerigte Lewe
Veldtog” wil aanpak:
Warren takes a general statement about the Body of Christ and
applies it to individual congregations. Has the church grown
exponentially since the book of Acts? Certainly. Should we expect
that same growth in each congregation? Nothing says we should. By
God’s Providence, there are Christian churches in nearly every
community of America. Many of these communities are very small.
Some of them are in dying towns. Is it reasonable for a small, Godhonouring church in a small town to experience exponential growth? I
would say no. Does this mean the pastor’s faith is deficient? I don’t
think so. Calling exponential growth a New Testament model is only
accurate if one refers to the body of Christ as a whole and not
individual congregations.
(Jonson sj:par 24)
127
c) Eksponensiële groei bring eer aan God – omdat Hy die enigste een is wat
dit kon bewerkstellig.
“Lord, you multiplied the number of your people; you multiplied them and brought
honor to yourself.” Jesaja 26:15 (NCV)
d) Eksponensiële groei gryp die verbeelding aan van ‘n ongelowige wêreld.
“But the more the Egyptians oppressed them, the more quickly the Israelites
multiplied! The Egyptians soon became alarmed.” Exodus 1:12 (NLT)
Jonson (sj:par 27) noem dat enige leke Bybelstudent sal saamstem dat hierdie
teksvers net betekenisvol in konteks is. Omdat God aan Abraham en sy nageslag
fenomenale groei belowe het, vermeerder hulle soos in hierdie teksvers
aangedui.
e) Eksponensiële groei word deur God veroorsaak – dit kan nie
geprogrammeer of voorspel word nie.
“The Lord your God has multiplied you, and behold, you are this day as the stars
of heaven for multitude.” Deuteronomy 1:10 (NASB)
Warren weerspreek hom soos wat Jonson (sj:par 28) uitwys: “If exponential
growth is caused by God, then why are you teaching people how to achieve it by
using your program? I truly wonder if Warren is remotely aware of how he
contradicts the purpose of his program by acquiescing to God’s sovereignty
here.”
f) Eksponensiële groei is die resultaat van God se seën.
“That year Isaac’s crops were tremendous! He harvested a hundred times more
grain than he planted, for the Lord blessed him.” Genesis 26:12 (NLT)
Nog ‘n voorbeeld van ‘n teksvers wat uit konteks aangehaal word om
eksponensiële groei te verduidelik.
128
g) Eksponensiële groei laat God glimlag.
“The first servant reported a tremendous gain – ten times as much as the original
amount! ‘Well done!’ the king exclaimed. ‘You are a trustworthy servant.” Luke
19:16 (NLT)
Jonson het geldige kritiek:
Warren referenced the parable of the talents after presenting this
point. Perhaps the reader has noticed what I noticed – if exponential
growth is caused by God and if it brings God honor, then why is God
rewarding man for it? He is teaching how to cause exponential
growth to occur but then says it is all up to God. After saying it is all
up to God he is claiming God will reward us for doing it. This is
contradictory and confusing, at best.
(Jonson sj:par 30)
h) Die enigste versperring in eksponensiële groei is ons eie ongeloof.
“Because of their unbelief, he couldn’t do any mighty miracles among them
except to place his hands on a few sick people and heal them. And he was
amazed at their unbelief.” Mark 6:5-6 (NLT)
i) Die geheim vir eksponensiële groei is om God te vertrou vir groot dinge.
“According to your faith will it be done to you.” Matthew 9:29 (NIV)
“When a believing person prays, great things happen.” James 5:16 (NCV)
j) Eksponensiële groei begin met eksponensiële denke.
“Enlarge the place of your tent, stretch your tent curtains wide, do not hold back;
lenghten your cords, strengthen your stakes. For you will spread out to the right
and to the left.” Jesaja 4:2-3 (NIV)
Die hele aanbieding van Warren (sj: 1-3) oor eksponensiële verg deeglike besinning.
Daar is sekerlik gemeenskappe waar eksponensiële groei ‘n werklikheid is, maar
129
soos Jonson (sj: par 36) tereg noem is daar baie wat frustrasie ervaar: “Many
pastors are unhappy and even depressed with their smaller congregations. They feel
as if preaching the Word expositionally is not interesting enough. They see a Rick
Warren take off his socks and put on a Hawaiian shirt and think the power of God is
behind it.” Olsen (2002:11-23) spreek ook sy besorgdheid uit oor kerkleiers wat
begin het om wetenskappe soos die sosiologie, sielkunde, opvoedkunde,
antropologie, en organisatoriese ontwikkeling in te span om die masjien van die kerk
te diens en in te stel. “In the modern church, what cannot be counted cannot be
blessed. A whole industry has emerged around the analysis of statistical reports,
financial ledgers and other computable functions of the church.”
Soos reeds genoem is daar gemeentes wat hoegenaamd nie kan staatmaak op
eksponensiële groei nie vanweë kwynende gemeenskappe as gevolg van die
ontvolking van die platteland en gepaardgaande verstedeliking. Sulke gemeentes
behoort hulle deeglik te vergewis van hulle konteks asook ‘n realistiese
groeipotensiaal.
5.2.1.2. “Seeker sensitive”.
In Dag 17 maak Warren (2003:120) ‘n onderskeid tussen ‘n kerkganger en lidmaat:
Die verskil tussen ‘n kerkganger en ‘n lidmaat lê in die toewyding.
Kerkgangers kyk van die kantlyn toe, en lidmate raak by die
bediening betrokke. Kerkgangers is verbruikers, en lidmate is
bydraers. Kerkgangers wil die voordele van ‘n kerk hê, maar nie die
verantwoordelikhede nie. Hulle is soos paartjies wat sonder
verbintenis van ‘n huwelik wil saam woon.
In die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, en so ver my kennis strek, die
meeste ander kerke met ‘n Gereformeerde grondslag, is die teenoorgestelde van
bogenoemde waar. Dit is juis die gereelde kerkganger wat die betrokke en
toegewyde lidmaat is. Hulle is ook nie die verbruikers waarvan Warren (2003:120)
130
hulle beskuldig nie. Die onbetrokke lidmate is dikwels net in naam deel van ‘n
gemeente, omdat hul name op die gemeente se register verskyn. Hy noem dat
kerkgangers die voordele van ‘n kerk wil hê, maar nie die verantwoordelikhede nie
(Warren 2003:120). Ook hier val dit vreemd op die oor. In die Hervormde Kerk is dit
gewoonlik lidmate (meesal onbetrokke lidmate) wat die voordeel wil hê van
lidmaatskap sonder om noodwendig getroue kerkgangers of betrokke lidmate te
wees. Waarom dan die verskil tussen die situasie in Saddleback en die
Gereformeerde tradisie?
Die rede vir hierdie uitsprake van Warren (2003:120) lê in die “Seeker Sensitive”
benadering van Saddleback (Warren 2002:251-277; vgl Costella 2003:2). Die
ongeredde
en
buitekerklike
mense
(seekers)
word
getrek
na
‘n
gebruikersvriendelike erediens wat volgens Costella (2003:2) “…non-threatening,
familiar and comfortable” moet wees. Dit is hierdie “seekers” na wie Warren
(2003:120) as kerkgangers verwys. Om lidmaat te word in Saddleback moet jy eers
‘n lidmaattoerustingskursus (class 101) deurloop alvorens jy lidmaatskap verkry
(Warren 2002:315-316). Dit verklaar die hele sienswyse van Warren (2003:120)
t.o.v. die verskil tussen kerkgangers en lidmate. Lidmate gaan uiteraard kwalifiseer
as
meer
toegewyd
omdat
hulle
die
eerste
stap
gegee
het
om
‘n
lidmaattoerustingskursus te deurloop en by kleingroepe en bedieninge betrokke te
raak.
Costella (2003:2; vgl. Kjos 2003:2-3) is krities oor Warren (2002) se “seeker
sensitive” benadering. Kjos (2003:2) wys daarop dat Warren (2002) baie van sy idees
by Peter Drucker, ‘n bestuurskundige van dekades gelede gekry het. Witty (2002) sê
die volgende oor Drucker: “Peter was the first, for example, to help managers
understand that they had to define their business from a customer’s perspective.”
Kjos (2003:2) skryf verder: “Focusing on the ‘customer’s perspective’ brings success.
People feel satisfied. They come and they buy. When this process is applied to
churches, it works!” Kjos (2003:2) praat van die “people pleasing methods” wat
Warren (2002) by Robert Schuller en sy Crystal Cathedral gekry het. Hy (Kjos
131
2003:3) haal dan vir Dr. Robert Klenck aan (The 21st Century Church) wat hierdie
proses dialekties beskryf:
...in this movement, it is imperative that unbelievers are
brought into the church; otherwise, the process of
continual change cannot begin. There must be an antithesis
(unbelievers) present to oppose the thesis (believers), in order
to move towards consensus (compromise), and move the
believers away from their moral absolutism (resistance to
change). If all members of the church stand firm on the Word of
God, and it’s final authority in all doctrine and tradition, then the
church cannot and will not change. This is common faith.
Soon, we will see why these “change agents” are pushing so
hard for change to occur in the church."
Dit blyk verder dat Warren nie “tradisionele evangelisasie” doen in sy gemeente nie.
Dit is waarskynlik hoekom hy nie die term prominent in Doeleinde 5 (Warren
2003:247-267) gebruik nie.
The ministries of the church must be geared to meeting the needs
and special interests of the thousands who attend. Support groups
for depression, eating disorders, infertility, family and friends of
homosexuals, post abortion, and separated men and women were
abundant. Many ministries were intended to bring together ones with
similar business or professional interests, common recreational
interests and so on. We could not find one single ministry listed
in Saddleback Community Church's bulletin that involved the
taking of the Gospel message out to the lost in the community.
In fact, Warren scoffed at the idea of passing out tracts or going
door-to-door since "Saddleback Sam" is offended by such oldfashion, out-moded forms of evangelism (Eie kursivering).
(Costella 2003:3)
132
Costella (2003:3) se kritiek hierbo is nie heeltemal korrek nie. In “The Purpose
Driven Church” bespreek Warren (1994,2002: 234-235) hierdie soort kritiek teen
hom. Hy meen dat daar genoeg bewyse in die Nuwe Testament is vir ‘n “Go and tell”
en ‘n “Come and see” benadering. “A balanced, healthy church should provide
opportunities and programs for both. At Saddleback, we use both approaches. We
say “Come and see!” to our community, but to our core we say, “Go and tell” (Warren
1995,2002:235).
5.2.1.3. Markgedrewe.
Rick Warren volg ‘n markgedrewe strategie by Saddleback (Costella 2003:5). “What
is the key? One must provide a product that will meet the real or perceived needs of
the consuming public.” By Saddleback is ‘n opname gemaak oor die behoeftes wat
daar in die gemeenskap bestaan. “As a result of the survey, a composite
‘Saddleback Sam’, or unsaved church seeker, was defined, and the style and
programs of the church were then redefined to meet his needs” (Costella 1998:5).
McLaren (2001:156-157) argumenteer dat die kerk nie mense werf om verbruikers
van ons produkte of religieuse programme te wees nie – ons werf hulle om kollegas
in ons sending te wees: “The church doesn’t exist to satisfy the consumer demands
of believers; the church exists to equip and mobilize men and women for God’s
mission in the world” (McLaren 2001:157).
Gibbs (2000:41-42) lewer insiggewende kritiek in die algemeen op wat hy noem:
“The Marketing Mentality”. Kerke wat ‘n verhoogde erediensbywoning het behoort
bedag te wees op wat Gibbs (2000:41) ‘n “premature sense of achievement” noem.
Die vraag moet altyd gevra word waar die mense vandaan kom. Is ‘n betrokke kerk
besig om ten koste van ‘n ander gemeentes te groei? (Sien ook Sider et al 2002:67).
Daar moet na die tipe groei gekyk word:
A distinction needs to be made between those “seeker-sensitive”
churches that represent new growth (returning “de-churched” and
133
“never –churched” people), and the “market-driven” that have grown
at the expense of the smaller community churches around them. In
the latter case, one is left wondering what will happen to these
market-driven churches when their small-church feeder systems dry
up.
(Gibbs 2000:41-42)
Nog ‘n kwessie is die stabiliteit van so ‘n kerk/gemeente:
… large congregations that lack a shared memory are unstable
communities. A significant percentage of their members drift from
church to church and are especially vulnerable during a time of
leadership transition. If such churches eventually collapse and the
churches around them are so depleted or have already been
driven out of bussiness, will they have produced a spiritual
wilderness?
(Gibbs 2000:42).
Dit moet tot Warren se krediet gesê word dat Saddleback nie primêr groei uit ander
kerke nie. Hy sê self (Warren 1995:39): “We’ve never encouraged other believers to
transfer their membership to our church; in fact, we have openly discouraged it. We
don’t want transfer growth… [T]he original focus of our church: to bring the
unchurched, irreligious people of our community to Christ.” Tog erken hy dat daar
lidmate van ander kerke oorkom na Saddleback toe: “In every membership class we
say: ‘If you are coming to Saddleback from another church, you need to understand
up front that this church was not designed for you… you are welcome here only if you
are willing to serve and minister.”
Wat Gibbs (2000:42) se kommer oor leierskapsverandering betref, bly dit ‘n vraag
wat van die nalatenskap van prominente geestelike leiers soos Billy Graham, Robert
Schuller, Bill Hybels en Rick Warren gaan word as hulle nie meer daar is nie? In die
geval van Graham en Schuller het die mantel reeds op hulle seuns (Franklin en
134
Robert jnr.) as opvolgers geval wat waarskynlik ‘n poging is om die “leadership
transition” waarvan Gibbs (2000:42) praat so glad en pynloos as moontlik te maak.
Wat ookal die kritiek en besorgdheid oor die “seeker sensitive” en markgedrewe
mentaliteit, dit verander niks aan die merkwaardige resultate daarvan nie. Soos
Warren (1995, 2002:248) self opmerk: “Although I’ve heard some people claim that
you can’t reach the unchurched if you do these, over 7,000 unbelievers have
registered a personal commitment to Christ at Saddleback, and thousands of others
are considering that decision as they return week after week.” Die rede daarvoor is
veranderde lewens (Warren 1995, 2002:247): “What really attracts large numbers of
unchurched to a church is changed lives – a lot of changed lives. People want to go
where lives are being changed, where hurts are being healed, and where hope is
being restored.”
5.2.1.4. Musiekbediening.
As daar een gebied is waar Warren homself baie kritiek (kyk Costella 1998; Jonson
sj; Kjos 2003) op die hals haal, dan is dit die musiekbediening by Saddelback.
Hoewel Warren baie versigtig te werk gaan in Purpose Driven Life (2002:56-57) om
nie aanstoot te gee nie, word die 40 dae deelnemers blootgestel aan Saddleback se
musiek wanneer hulle na die Simulcast video kyk. Hy behandel sy standpunte oor
die
kontemporêre
musiek
breedvoerig
in
“The
Purpose
Driven
Church”
(1995;2003:279-292). Warren het ‘n vraelys uitgestuur waarin navraag gedoen is na
die musiek waarna die gemeenskap meesal luister. Die gevolgtrekking was dat bitter
min na orrelmusiek luister en daarom het hulle orrelbegeleiding vervang met ‘n
kontemporêre aanslag. Warren praat só daaroor: “So, we made a strategic decision
that we are unapologetically a contemporary music church. And right after we made
that decision and stopped trying to please everybody, Saddleback exploded with
growth. Now, I'll be honest with you, we are loud. We are really, really loud on a
weekend service.... I say, ‘We're not gonna turn it down’" (aangehaal deur Costella
1998:6). By ‘n ander geleentheid het Warren (2002) die pers aangehaal wat na
Saddleback verwys as “The flock that likes to rock”. Kjos reageer so:
135
These statements beg at least two responses. First, Pastor Warren
wrote: "...in the Psalms, I see that they used drums...." None of the
standard Bible translations mention drums, but they do mention
timbrels which are sometimes translated tabrets or tambourines.
Apparently, these were small, round wooden rings or frames covered
with animal skin and usually carried by women or "maidens" in
dance, praise or "merriment." Some Bible commentaries describe
them as small hand drums, "examples of which have been found in
Egyptian and Mesopotamian excavations." Obviously, they were not
like today's large, throbbing percussion instruments which the Bible
neither forbids nor approves. Nor were they listed in 1 Chronicles
along with other instruments prescribed for temple worship. Second,
our Father Himself prepares the hearts of His chosen ones to
respond to the saving truth of the gospel and the demonstration of
His love. He doesn't need our clever business schemes. “No one can
come to Me unless the Father who sent Me draws him," said Jesus.
[John 6:44] But can't God use contemporary music to draw us to
Himself? Of course He can! He can use anything He chooses! Again
and again, He brings blessings out of our human choices, be they
wise or foolish or in between. But His wonderful grace and mercy
never justify our disobedience. He repeatedly warns His people to
guard against the seductive forces of the world system [Rom. 12:2, 1
John 2:15; Psalm 1:1-3], and "Christian" music.
(Kjos 2003:16-17)
Daar is ook ander punte van kritiek teen Warren (2002) se musiekfilosofie maar vir
die doeleindes van hierdie studie word volstaan by die kritiek van Kjos wat ‘n
redelike verwoording is van ander kritici se standpunte.
136
5.2.2. Die Doelgerigte Lewe (2003)
In al die kommentaar en kritiek oor die inhoud van Purpose Driven Life van Warren
(2002) is die vernaamste beswaar die van sy Skrifgebruik. In hierdie deel word
hieraan aandag gegee asook aan ander punte van kritiek. Dit is uiteraard nie
moontlik om in detail hierop in te gaan nie en word die hoofsaak van die kritiek
bespreek.
5.2.2.1. Skrifgebruik.
Die BusinessWeek Online van 23 Mei 2005 haal Warren aan waar hy homself en sy
kerk as “Evangelical” posisioneer. Nicol (2000:12) sê dat die tradisiestroom wat ons
evangelies noem, ‘n taamlik gevarieerde stroom is wat met die Piëtisme en
Revivalisme verband hou, en baie klem lê op die belewenis van die godsdiens. Hy
noem dat hierdie stroom sedert die begin van die vorige eeu heelwat invloed op
Afrikaners uitgeoefen het. Wat vir hierdie studie van belang is is die eie siening van
die Evangelicals dat die Bybel letterlik die woord van God is:
Rick Warren, senior pastor of Saddleback Church in California -- and
arguably the nation's most influential evangelical pastor -- says
evangelicals are united by three characteristics: "They believe that
the Bible is literally God's Word, [they believe] that Jesus Christ is
God...and [they believe] that we have a responsibility to pass this
good news on to other people”.
(BusinessWeek Online: 2005)
Wanneer ‘n mens na die Skrifgebruik van Warren (2002) kyk is dit waarskynlik dat hy
‘n letterlike gebruik van die Skrif aanhang, veral as sy uitspraak hierbo in verband
gebring word.
137
Warren (2002) maak van meer as 1200 aanhalings uit verskillende Bybelvertalings
gebruik om sy redevoeringe te staaf. “Warren completely misinterprets and
misapplies certain texts. He presupposes his own ideas and beliefs and then ‘prooftexts’ his points rather than exegeting the Scriptural text in order to discover its true
meaning” (Costella 2004:3). Chritianity Today (2004:29) sluit hierby aan en noem dat
Warren (2002) aanhoudend sekere tekste uit konteks aanhaal om sy punt te staaf.
Warren word gekritiseer omdat hy van te veel parafrases gebruik maak (C.T.
2004:29). Jonson (sj: par 3) lewer skerp kritiek: “He misuses scripture to such a
degree that I question whether he had a single course in Biblical hermeneutics.”
McMahon (sj: par 4) is meer getemper in sy kritiek: “For instance, if it were a rare
exception that Rick Warren misrepresented a Bible verse as a proof text for a
concept he was teaching, it would be unfair to him to make an issue out of it.
However, he does that with great frequency throughout The Purpose-Driven Life”.
‘n Voorbeeld van Warren (2003) se hermenieutiese omgaan met die Bybel is by Dag
15 (Warren 2003:103-107) waar hy die belangrikheid bespreek van die feit dat ‘n
mens vir God se familie geskep is. Hy noem dat die oomblik toe ons in God se
familie ingebore is het ons ‘n klompie verstommende verjaarsdaggeskenke gekry:
Die familienaam, die familie-ooreenkoms, die familie voordele, intieme toegang tot
die familie, en die familie erfenis! Hy bou voort op die gedagte van die erfenis en
noem wat dit behels (Warren 2003:105):
• Ons gaan vir ewig met God wees.
• Ons gaan volkome verander en soos Christus word.
• Ons gaan van alle pyn en lyding verlos word.
• Ons gaan beloon word en posisies van diens kry.
• Ons gaan deel in God se heerlikheid.
Dit is veral die vierde punt: “…en posisies van diens kry”, wat die wenkbroue laat lig.
Wat word daarby bedoel? Daar word na vier teksgedeeltes verwys: Markus 9:41:
10:30; 1 Korintiërs 3:8; Hebreërs 10:35 en Matteus 25:21,23. By al hierdie tekste is
daar nog ‘n saak uit te maak van beloning wat aan die ewige lewe gekoppel kan
word alhoewel, maar nêrens is enige aanduiding van posisies van diens in die
138
hiernamaals nie. ‘n Voorbeeld van verdagte hermenieutiek (vgl. Costella 2004:3;
C.T. 2004:29; Jonson sj: par 3; McMohan sj: par 4).
5.2.2.2. Spiritualiteit.
Warren (2002:75-87) gebruik nie die term spiritualiteit nie hoewel die saak van
spiritualiteit dien in hierdie deel. Hy begin dag 11 met die woorde: “God wil jou beste
vriend wees. Jou verhouding met God het baie verskillende aspekte: God is jou
Skepper, Heer en Meester, Regter, Verlosser, Vader en veel meer. Die skokkendste
waarheid is egter: die Almagtige God wil jou Vriend wees!” (Warren 2002:75). Die
woorde: “God wil jou beste vriend wees”, kan vir sommige vreemd op die oor val.
Bennet (2005:1) spreek fel kritiek uit hieroor:
One of the most flagrant sins of Warren and his movement is the
failure to respect the nature of the Almighty, All Holy God. For
example, in his chapter entitled Becoming Best Friends with God,
God is portrayed as if He were in need, Almighty God yearns to be
your Friend! Yearns signifies craves, hankers, or covets, basically
meaning He needs to be your Friend. The love of God, however,
whereby He gave His only begotten Son, is totally sacrificial and
giving. It in no way signifies a lack in God. On the contrary, the giving
of His only begotten Son is the total outpouring of His perfect love
and certainly not needed to complete or perfect His love. The fact
that God demonstrates His love to unworthy sinners in no way
implies that God needs sinners to satisfy something lacking in Him!
Warrens terminology misrepresents the nature of God.
Lesers van Warren (2002:75-87) sal moet waak teen hierdie gevare veral as die
klem verkeerdelik val op vriendskap van die mens se kant af. Gelukkig stel hy die
regte perspektief deur te noem: “Vriendskap met God is net deur God se genade en
Jesus se opofferings moontlik” (Warren 2002:76).
139
Ware Christelike spiritualiteit haal die aandag van die self af en fokus dit op Jesus.
“Spirituality – the attention we give to our souls – turns out in practice (when we let
St. Mark shape our practice) to be the attention we give to God revealed in Jesus”
(Peterson 1997:8). Peterson (1997:15) stel die saak sterk aan die hand van sy
beredenering uit die Markusevangelie en sê: “… we enter the centre of the story
without becoming the center of the story.” De Wet (1979:22) vertel van Kohlbrugge
se bekering en iets herinner aan die implisiete waarskuwing wat Peterson (1997:15)
stel: “Een van die ou teoloë (Kohlbrugge) vertel dat hy met sy eerste bekering so
heilig was dat selfs die engele in sy teenwoordigheid skaam gekry het. Dan sê hy dat
hy die Vader dank dat hy hom kon bekeer van daardie bekering sodat hy ‘n Christen
en ‘n gelowige kon word” (De Wet 1979:22). Peterson bied verdere perspektief:
Spirituality is always in danger of self-absorption, of becoming so
intrigues with matters of soul that God is treated as a mere accessory
to my experience. This requires much vigilance. Spiritual theology is,
among other things, the exercise of this vigilance. Spiritual theology
is the discipline and art of training us into a full and mature
participation in Jesus’ story while at the same time preventing us
from taking over the story.
(Peterson 1997:15)
5.2.2.3. Doktrine.
Die veiligste invalshoek hier is om te redeneer dat Warren (2002) juis so min as
moontlik aan leerstellige sake aandag wil gee omdat hy nie in ekumeniese verband
aanstoot wil gee nie. Dit haal hom kritiek om die hals uit Christen fundametalistiese
oorde soos o.a. David Cloud van die Fundamental Baptist Information Service.
Cloud (2005: par 3) se artikel gaan onder die naam “Rick Warren’s dangerous judge
not ecumenism”: “His book The Purpose Driven Life contains extensive
documentation of his dangerous an unscriptural ‘judge not’ ecumenical philosphy.”
Cloud (2005: par 8) kritiseer Warren se opmerking (2002:34) waar hy sê dat God nie
140
sal vra na ons religieuse agtergrond of leerstellings nie. Ook Costella (2004:8) voel
dieselfde:
Noticeably absent from Warren’s book is any emphasis on the need
for personal holiness and purity of doctrine. Certainly, in any
believer’s spiritual journey, pure doctrine is vitally important, for the
only truths anyone knows about God and the process of living the
Christian life stem from the teaching (doctrine) of God’s Word…
Warren, however, never warns the believer to watch out for false
doctrine or harmful fellowships – in fact, he minimizes the need for
doctrinal purity by stressing the importance of ‘love’ en ‘unity’ above
anything that would cause strife or division.
Dit blyk of Warren daarin slaag om kerke nie te vervreem d.m.v. leerstellige
voorkeure nie. Costella (2004:2) lys ‘n hele klompie kerke en denominasies wat al
aan 40 dae veldtogte deelgeneem het in Amerika: “Baptist, United Methodist,
Nazarene, Seventh-Day Adventist, Presbyterian, Lutheran, Assemblies of God,
Church of God, Vineyard, Calvary Chapel, Christian, Evangelical Free, International
Pentecostal Holiness and many others.” Costella (2004:2) vra dan die volgende:
“Immediately, one should seriously question whether or not the same spiritual journey
embraced by a Seventh-Day Adventist, Nazarene or United Methodist is a spiritual
journey that is faithful to God’s Word and, therefore, worthy of his use.”
Malan (sj: par 6) noem dat dit met die eerste oogopslag moeilik is om foute in
Warren se boek (2002) raak te sien. Die meeste dinge klink so goed en reg. Die
probleem is dat Waren (2002) net op sekere aspekte van die Christendom fokus. Dit
word positiwisme genoem en Malan (sj:par 6) noem verder:
He does not draw attention to negative subjects such as sin, spiritual
warfare against the powers of darkness and the identifying and
rejection of false teachings. He also does not have a clear teaching
on sanctification. That is why his focus is not on a “Spirit-led life” but
141
on a “Purpose-driven life”. A person has to identify certain Christian
objectives for himself and then search all available Bible translations,
until he finds the perspective that fits his one-sided message.
By 3.4.2.2. is verwys na die hele saak van karakter waar Warren (2002; 2003) dit
met die hiernamaals in verband bring. “Wanneer jy na die ewigheid oorgaan, gaan jy
al die ander dinge agterlaat. Jy neem net jou karakter met jou saam” (Warren
2003:111). In dag 22, “Geskep om soos Christus te word”, maak Warren die
volgende stelling: “God se hoogste doel vir jou lewe op aarde is nie gemak nie, maar
die ontwikkeling van jou karakter…Om soos Christus te word, beteken dat jy jou
karakter verander, nie jou persoonlikheid nie” (Warren 2003:152). Hierdie stellings
kan ’n klompie vrae by die leser laat ontstaan:
Hoe gegrond is die uitspraak: “Jy neem net jou karakter met jou saam”? Is dit waar
dat God se hoogste doel met ons op aarde die ontwikkeling van ons karakter is? Is
die mens se verlossing nie die hoogste doel van God nie? Jonker (1977:194) noem
dat die persoon van Jesus Christus altyd in nouste verbondenheid met sy
heilsbetekenis gebring word. “Dit is egter duidelik dat die hart van die heilswerk
van Christus geleë is in die versoening wat geskied deur die verwydering van die
vyandskap tussen God en mens, want eers langs dié weg word die openbaring van
God’s heerskappy en die ewige vestiging daarvan moontlik” (eie kursivering). Van
der Spuy (2004:167) ondersteun die sienswyse van Warren (2003) as hy feitlik
woordeliks dieselfde sê: “…because He is more concerned about the growth of our
characters than about our ease and comfort on Earth.”
Costella (2004:13) haal ook enkele gedeeltes aan wat hom verontrus:
“Yet throughout The Purpose-Driven® Life, Warren lightly esteems
the believer's actions and claims one's intentions, motives or
character are more important to God. Notice several quotes: "Much
confusion in the Christian life comes from ignoring the simple truth
that God is far more interested in building your character than he is
142
anything else ... God is far more interested in what you are than in
what you do" (Warren 2002: 177).
Costella verwys ook na die volgende uitspraak van Warren (2002:265): "God is
always more interested in why we do something than in what we do" (Warren 2002:
265). Die volgende kommentaar van Costella (2004:13) vra aandag:
Each
aforementioned
statement
is
dangerous,
untrue
and
untrustworthy spiritual advice for anyone's spiritual journey. Yet, the
idea that God is far more concerned with one's motives or character
than with one's actions is a prominent theme of the New
Evangelicalism, and this errant teaching has served as an impetus
for worldly, ungodly and unholy living among professing Christians
for many years. Often, when a believer questions the unbiblical
actions of another professing believer (that it, he exercises
discernment and "judges righteous judgement"), he is branded as
"judgemental" or "unloving" or "legalistic." "Don't judge me. You don't
know my motives" or "I am sincere in my actions, and that is all that
matters to God" is the cry of the professing believer accused of
unbiblical actions. Yet the truth is this—both motives and actions
matter to God; both character and good works are equally important
to Him. God desires integrity of character and purity of motive, but He
also requires obedience and faithfulness as manifested in "good
works." The Judgment Seat of Christ proves that one's works, as well
as one's motives and character, truly matter to God (1 Thess. 4:1-2).
Believers are to be "sincere and without offence till the day of Christ"
(Phil. 1: 10-11).
Van die kritici het op verdere punte beswaar wat kortliks genoem word:
•
Daar word te min gemaak van skuldbelydenis en berou (C.T. 2004:1; vgl.
Costella 2004:7; Kjos 2003:7 & Malan sj: par 3). Bennet (2005:4) stel dit
skerp: “A sinner ought not to be comforted by assurances of the love of God
143
apart from repentance and faith in Christ. Rather a sinner should be
reminded that God hates sinners as Scripture insists.”
•
Daar word te min aandag gegee aan die versoenende werk van Christus
(C.T. 2004:1). Tog maak die skrywer ‘n positiewe opmerking: “Then again,
he does introduce the centrality of Christ in chapter one, a marked
improvement over popular Christian bestsellers of the past like Robert
Schuller’s books on possibility thinking” (C.T. 2004:1).
•
Die vraag word tereg deur Costella gevra (2004:14) of die 5 doeleindes van
Warren (2002) die belangrikste is. Volgens hom is daar net een doel: “The
Bible only declares one purpose for mankind’s existence: to glorify God.” Die
5 doeleindes is volgens Costella die maniere hoe God verheerlik word: “But
the means by which a believer glorifies God must never become the purpose
for existence, for in such an instance, it is possible for the means to conflict
with the purpose” (Costella 2004:14).
•
Die liefde van God word oorbeklemtoon ten koste van sy geregtigheid:
“Warren’s type of God, who loves everyone as a special object of His love, is
utter heresy. Love apart from His righteousness is not the essence of Gods
character. Rather in Scripture God’s saving love is always in accord with His
righteousness” (Bennet 2005: 2). Ook Kjos kan in hierdie verband aangehaal
word:
The problem is not that pastor Warren left out “the fear of God” He
can’t possibly teach all God’s instructions in one book. The
problem is lack of balance. By emphasizing God’s delight in “every
detail of your life” through most of the book while rarely mentioning
God’s anger, holy standard or judgement, he virtually denied the
less comforting side of God’s nature.”
(Kjos 2003:21)
144
5.3.
Bevinding.
Dit is tog jammer dat die voorafgaande bladsye op ‘n meer negatiewe noot moes
wees. Dit kan die leser dalk laat dink dat ‘n bevinding oor die werk van Warren
(2002/2003) en die 40 dae wydingsperiode noodwendig negatief moet wees. Dit is
geensins ‘n noodwendigheid nie, daarvoor is die werk van Warren te waardevol soos
wat die respondente en predikante in hoofstuk 4 uitgewys het.
Hoofstuk 4 verteenwoordig meer vrae en invalshoeke as wat nodig is om die
hipotesestelling te bewys. Dit is goed so want dit bied insig vir voornemende
gemeentes wat die veldtog wil deurloop terwyl die die Ring van Klerksdorp ook gelei
word na groter selfinsig. Vervolgens word die hipotesestelling waarop hierdie studie
berus aan die orde gestel deur dit te weeg aan die hand van die kwantitatiewe en
kwalitatiewe navorsing asook aan die kritiek wat in hierdie hoofstuk gelewer is.
5.3.1. Hipotesestelling.
Die hipotesestelling waarop hierdie studie berus lui soos volg:
Die 40 Dae Doelgerigte Lewe Veldtog is ’n uitstekende projek vir
gemeentes om hulle bestaansdoel te ontdek terwyl dit ook dien tot
versterking en uitbouing van die gemeentebouproses by gemeentes
wat reeds met gemeentebou besig is.
5.3.1.1.
… Vir gemeentes om hulle bestaansdoel te ontdek…
Dit blyk uit die kwantitatiewe navorsing dat daar wel by die respondente nadenke
plaasvind in terme van hul bestaansdoel. In 4.1.5. word die vraag gevra: “Het u voor
die Doelgerigte Lewe Veldtog gewonder oor u bestaansdoel as Christengelowige?”
Dit blyk dat 36% gereeld daaroor gewonder het en 52% soms. ‘n Mens sou ‘n saak
145
kon uitmaak dat daar wel ‘n behoefte by die respondente bestaan het om groter
sekerheid te kry ten opsigte van hulle bestaansdoel as gelowiges.
‘n Bespreking oor die konsep “bestaansdoel” het reeds plaasgevind in hoofstuk 2
onder die opskrif identiteitsopleiding (bladsy 35), motivering en ontvriesing asook
identiteitsvinding (bladsy 39). In wese is die ontdekking van ‘n gemeente se
bestaansdoel ‘n identiteitsbewussyn waarin gelowiges begelei word om toenemend
te verstaan wie hulle werklik in Christus is (Nel 1998:29). Dit gaan ten diepste
daaroor om meer te word wat ons reeds is. Identiteitsvinding vra na hoor en ge-hoorsaam (Nel 1994:129). Vir Warren (2002:96-100) beteken ‘n duidelik omlynde
bestaansdoel dat daar op die regte dinge gefokus word. Hy gebruik dan ook die
beeld van lig wat ‘n vuur aan die brand kan steek as dit op die regte manier deur ‘n
vergrootglas gekonsentreer word.
Die 40 Dae Doelgerigte Lewe veldtog met die gepaardgaande lees van Warren
(2003) se “Die Doelgerigte Lewe” herinner aan bogenoemde fokus, veral ook die
klem op die 5 doeleindes soos reeds bespreek. Warren (2003:48) redeneer dat
enigiets in die skepping God eer deur sy doel te vervul. Hy noem dat daar baie
maniere is om eer aan God te bring, maar dat ons dit kan doen deur God se 5
doelwitte in ons lewe te vervul. Dit is dan aan hierdie 5 doeleindes waaraan die
respondente blootgestel is in die toetsing van die besef van hulle bestaansdoel (Sien
4.1.5. vir uiteensetting).
Soos in die bespreking onder 4.1.5. vermeld, blyk dit dat daar beslis ‘n groter begrip
en vaslegging van die bestaansdoel volgens Warren (2003) se 5 doeleindes gekom
het. 11% respondente het hulle bestaansdoel bedink volgens die 5 doeleindes en
65% in ‘n redelike mate, hoewel nie in soveel woorde nie. ‘n Mens sou kon redeneer
dat die konsepte wat die doeleindes voor staan vir die respondente bekend is,
aangesien gelowiges in ‘n mindere of meerdere mate daarmee gekonfronteer word
d.m.v. prediking, kategese, Bybelstudies en ander geestelike literatuur. Die meeste
predikante van deelnemende gemeentes in die Ring van Klerksdorp (Sien 4.2.4.2. en
4.2.4.4.) het genoem dat
die boek
bekende waarhede
gestruktureer
en
146
gesistematiseer het sodat dit meer bruikbaar vir die bediening is. Een dominee het dit
soos volg saamgevat: “Daar was ’n nuwe belewenis van ou waarhede. Êrens het ’n
pad tussen kop, hart en hande oopgegaan.” Die 40 Dae Doelgerigte Lewe Veldtog
het daarin geslaag om die respondente te beweeg van ‘n vae tot redelike bekendheid
van Warren (2003) se 5 doeleindes tot ‘n oortuigende vaslegging daarvan – 95% van
die respondente het aangedui dat hulle na afloop van die veldtog oortuig is van hulle
bestaansdoel as gelowiges.
Al die predikante (sien 4.2.4.4.) het ook aangedui dat die veldtog daarin geslaag het
om gemeentes hul bestaansdoel te help ontdek. Dit blyk egter dat ‘n ontdekking of
bevestiging van ‘n gelowige se bestaansdoel nie noodwendig altyd ‘n uitlewing
daarvan impliseer nie. Soos blyk by 4.1.8. is daar ‘n merkbare afname in instemming
soos wat die doeleindes aan die orde gebring word, veral wat bediening en die
sendingopdrag betref. Nietemin, die deelname aan die veldtog is oorweldigend
positief beleef deur die respondente asook die predikante.
Op grond van die kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing soos vervat in hierdie
studie, word bevind dat die doelgerigte lewe veldtog ‘n uitstekende projek is vir
gemeentes om hulle bestaansdoel te ontdek soos wat Warren (2003) dit beskryf in sy
boek.
5.3.1.2.
… Versterking en uitbouing van die gemeentebouproses…
Soos voorheen genoem is gemeentebou meer as ‘n somtotaal van bedieninge (sien
2.3) asook Nel (1994:10; 1998:30) wat noem dat dit ‘n konsep van integrering en
koördinering van bedieninge is en dit nie noodwendig is dat prediking + erediens +
pastorale sorg + getuienis na buite + kategese + jeugbediening + koinonia +
dienslewering = gemeentebou nie. Gemeentebou kan nie sonder een van hierdie
bedieninge slaag nie, maar dit is tog meer as hulle somtotaal. Die vraag word tereg
gevra dat as gemeentebou net die somtotaal van bedieninge is, waarom is daar dan
nie
meer
opgeboude
gemeentes
nie.
Gemeentebou
is
eerder
‘n
147
vermenigvuldigingskonsep waarin integrering en koördinering plaasvind in belang
van die geheel (Nel 1994:10).
Die 40 dae veldtog kom plaas ‘n paar sake op die gemeente se agenda. Dit gaan oor
die mobilisering van soveel as moontlik deelnemers, gebedsaksies, die bestudering
van die boek (Warren 2003), doelgerigte prediking vir 6 weke, die vestiging van
kleingroepe, die vestiging en uitbou van verskillende bedieninge en die moontlike
voortsetting van die veldtog met ‘n 40 weke program (waar die 40 dae dagstukke oor
40 weke behandel word).
Die vraag is of die gemeentes in die Ring van Klerksdorp wat besig is met
gestruktureerde gemeentebou versterk en uitgebou is in hulle gemeentebouproses
vanweë die 40 dae veldtog? ‘n Werkswyse sou wees om die gemeentebou
gemeentes te vergelyk met die nie-gemeente-bou gemeentes. Daar kan geredeneer
word dat al die deelnemende gemeentes aan gelyke verwagtinge moet voldoen
volgens die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se Skrifbeskouing, die
Kerkorde, die kerklike etos en die breë visie en missiestelling van die Kerk soos op
die webtuiste http://www.nhk.co.za. Die stand van die gemeentes besig met
gemeentebou teenoor die res kan dan vergelyk word t.o.v. persentasie deelname,
die vestiging van kleingroepe en nuwe bedieninge. Daar word by hierdie kriteria
gehou, aangesien dit deel is van die meetbare aktiwiteite en ook omdat veral die
vestiging van kleingroepe en bedieninge (Warren sj. Campaign Training Manual) ‘n
integrale deel vorm van die 40 dae veldtog.
Soos by 4.2.1. genoem is drie gemeentes (Môrester, Declercqville, Orkney-Oos) met
‘n gestruktureerde gemeentebouproses besig terwyl een gemeente (Doringkruin) van
voorneme is om in 2006 met ‘n gestruktureerde proses te begin. Die gemeente
Doringkruin en Orkney se predikante het die gemeenteboukursus by prof. Malan Nel
deurloop en het ‘n goed gevestigde gemeentebou-filosofiese agtergrond. Om hierdie
rede word Orkney en Doringkruin ingesluit by gemeentebou–gemeentes hieronder.
Soos voorheen vermeld het Môrester ’n analise gedoen en bestaan daar ’n
gemeenteboukomitee wat maandeliks vergader. Hulle is tans in die evaluerings- en
148
konsolideringsfase. Declercqville het ver gevorder op die pad en van die
langtermyndoelwitte is reeds bereik. Orkney-Oos wat ’n proses begin het het einde
2004 teruggestig na Orkney gemeente toe nadat die predikant ’n beroep aanvaar
het. Laasgenoemde behoort nie die navorsing wesenlik te beïnvloed nie aangesien
die predikant ten tye van die onderhoud geen kennis gehad het van ’n moontlike
beroep nie, alhoewel die moontlikheid vir samesmelting met Orkney vir ’n geruime
tyd oorweeg is.
a) Persentasie deelname.
Die kriteria is die aantal belydende lidmate wat aan die veldtog deelgeneem
het deur daagliks die boek te lees oor die 40 dae periode.
Persentasie lidmate (belydend) wat aan die veldtog deelgeneem het:
Gemeentebou-gemeentes
Nie-gemeentebou-gemeentes
Declercqville
73%
Klerksdorp
44%
Doringkruin
43%
Hartbeesfontein
28%
Klerksdorp Oos Môrester 39%
Klerksdorp-Suid
18%
Orkney-Oos
26%
Orkney
21%
Dit blyk dat gemiddelde persentasie deelname aan die 40 dae veldtog by die
nie-gemeentebou-gemeentes 30% was en by die gemeentebougemeentes
40%.
Declercqville
het
gemeentebougemeentes,
beduidend
waarskynlik
beter
omdat
hulle
presteer
al
lank
by
met
die
’n
gemeentebouproses besig is (sien 4.2.1. en 4.2.4.4.).
b) Vestiging van kleingroepe.
Vir bespreking van die saak oor koinonia en kleingroepe word die leser na
3.4.2.4. verwys. Kleingroepe is soos Arnold (1992:9) dit uitdruk: “An intentional
149
gathering of three to twelve people who commits themselves to work together
to become better disciples of Jesus Christ.” Kleingroepe is nie die enigste
vorm van koinonia in ‘n gemeente nie, maar omdat Warren dit sterk bevorder
in sy Campaign Training Manual, word daar gekyk in hoe ‘n mate het
gemeentes in die Ring van Klerksdorp dit gevestig het.
Gemeentebou-gemeentes
Nie-gemeentebou-gemeentes
Doringkruin
Klerksdorp-Suid
3
Klerksdorp Oos Môrester 10
Klerksdorp
0
Orkney
1
Hartbeesfontein
0
Orkney-Oos
1
Declercqville
0
14
Dit is verblydend om te sien dat ‘n totaal van 29 kleingroepe gefunksioneer het
gedurende die 40dae veldtog. Die ses weke periode dien as goeie fondament
vir groepe om te vestig. Die verwagting was dat meeste van die groepe sou
voortgaan om te funksioneer na afloop van die veldtog. Die predikant van
Declercqville het in die onderhoud genoem dat hulle nie gekies het vir
kleingroepe nie maar dat hulle in die plek daarvan byeenkomste gehad het op
Dinsdagaande wat deur gemiddeld 200 mense bygewoon was. Hulle beplan
wel die vestiging van kleingroepe in 2005.
c) Vestiging van bedieninge.
Soos by 4.2.4.3. bespreek het dit geblyk dat Warren (SJ: Ministry Fair and
Mission Fair: 1-7) se voorstelle grootliks by die gemeentes verby gegaan het.
In vier gemeentes het daar nie nuwe bedieninge tot stand gekom nie,
alhoewel daar groter betrokkenheid by bestaande bedieninge was. Daar was
’n neiging om die begrip “nuwe bedieninge” eerder te sien as ‘n groter
betrokkenheid by bestaande bedieninge. Byvoorbeeld in Declercqville waar
daar voor die veldtog ‘n bywoning was van 20 by die Bybelskool, was daar ‘n
styging na 200 gedurende die veldtog. Dieselfde tendens was ook by ander
150
bestaande bedieninge in ander gemeentes te bespeur. In Môrester het ‘n
nuwe bediening ontstaan waar etes aan ‘n bejaarde bedien is. In Doringkruin
het ‘n eredienskomitee, blommekomitee, projektekomitee en liturgiese ruimte
komitee die lig gesien. Wat Doringkruin betref het die bedieninge nie ontstaan
as gevolg van die 40 dae veldtog nie maar eerder vanweë ‘n gemeentebou
bedieningsfilosofie.
Daar is ook pertinent gevra na die getal (by benadering) lidmate wat na die 40
dae veldtog kom aanmeld het vir bepaalde bedieninge. Twee predikante het
geen getal genoem nie terwyl die ander ses genoem het dat daar ’n totaal van
149 lidmate in die ses gemeentes kom aanmeld het by bepaalde bedieninge.
Dit beteken ongeveer 10% van die totale deelnemers soos onder 4.1.2.
genoem, het aksie geneem en by bedieninge betrokke geraak.
Soos reeds genoem is gemeentebou ‘n omvangryke proses wat nie bloot verskraal
kan word tot die doen van ‘n klompie dinge nie. Tog het die veldtog geleentheid
gebied
om
in
‘n
40
dae
periode
te
fokus
op
kernwaarhede
wat
‘n
gemeentebouproses kan versterk. Die vyf doeleindes wat Warren (2003) uitlig
behoort nie in die pad te staan van ‘n visie- en missieverklaring van ‘n gemeente nie.
Dit mag wel tydelik die aandag aflei van die koers wat ‘n gemeente ingeslaan het met
gemeentebou, maar kan andersyds dien as bevestiging dat ‘n gemeente wel op die
regte koers is, al het dit net op enkeles van die 5 doeleindes betrekking. Die
bevinding is dat die 40 dae veldtog in die Ring van Klerksdorp, oor die
algemeen
wel
gedien
het
tot
versterking
en
uitbouing
van
‘n
gemeentebouproses in gemeentes wat besig is met gemeentebou of waar daar
by die predikant ‘n sterk gemeenteboufilosofie teenwoordig is.
5.3.1.3.
Met in agneming van...
In 5.1. en 5.2. is daar waarderend en krities gekyk na die inhoudelike van Warren
(2003) se werk. Dit is veral aspekte van Warren (2002/2003) se werk soos sy
Skrifgebruik en doktrine wat onrus wek. By ander soos Bennet (2005:5) is daar vrese
151
dat Warren besig is met ‘n intensiewe 40 dae herprogrammering van mense se
verstaan van God. Daar is ook by skrywers soos Costella (2003:4) onrustigheid oor
die sogenaamde “stealth strategy” (sien 5.2.1.) van Warren, die verband met die
kerkgroeibeweging en ‘n onderliggende vrees dat daar dalk verskuilde motiewe met
die hele veldtog kan wees. Andersyds is daar van sy felste kritici (Costella 2004:2;
Jonson sj:1) wat tog moet toegee dat Warren se karakter en motiewe bo verdenking
is (sien 5.1.2.). Feit is, die boek bevat talle nuttige waarhede, wenke en metodes om
‘n lewe tot eer van God te lewe. Soos Stafford 2002:44) dit stel: “What pastors say
when they hear the Purpose Driven principles is, ‘It makes sense… Could have
written this book myself.”
Kortom, hierdie navorsing toon dat die positiewe aspekte en waarde van die boek
(Warren 2002/3) soos vervat in die vyf doeleindes vir ‘n doelgerigte lewe, met die
gepaardgaande 40 dae veldtog, die gebreke oortref wat daarin voorkom. Die pastor
loci behoort die gebreke aan die deelnemende gemeente uit te wys asook die
verskille t.o.v. die eie kerklike tradisie en etos.
Die 40 Dae Doelgerigte Lewe Veldtog is ’n uitstekende projek vir
gemeentes om hulle bestaansdoel te ontdek terwyl dit ook dien tot
versterking
en
uitbouing
van
die
gemeentebouproses
by
gemeentes wat reeds met gemeentebou besig is.
152
Literatuurverwysings.
Aland, K et al 1975. The Greek New Testament. West Germany.
Almanak & Bybelse Dagboek. 2004. Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.
Jaargang 99. Sentik.
Arnold, J 1992. The Big Book on Small Groups. Intervarsity Press, Illinois.
Barnard, AC 1981. Die Erediens. Pretoria. NG Kerk Boekhandel.
Barnard, PH 2004. ‘n Praktiese Teologiese ondersoek na spiritualiteitstipes in
eredienste in die ring van Paarl. M. Verhandeling. Universiteit van Pretoria.
Barret, DB 1987. Evangelize: A Historical Survey of the Concept. Birmingham, AL:
New Hope.
Becker, P.E. 1999. Congregations in Conflict. Cultural Models of local Religious life.
Cambridge. University Press.
Bennet, R 2005. The Purpose Driven Life: Demeaning the very nature of God.
[Online]http://www.bereanbeacon.org/articles/rick_warren_purpose_driven_2.
htm [2005, July 1]
Berkhof, H 1985. Christelijk Geloof. Nijkerk. G.F. Callenbach B.V.
Bisshoff, JH 1991. Gemeentebou: ‘n Prakties-teologiese basisteorie. DD Proefskrif,
Universiteit van Pretoria.
Bosch, DJ 1991. Transforming Mission. Paradigm Shifts in theology of mission. New
York: Orbis Books.
153
Bonhoeffer, D 1967. Letters and Papers from prison, rev. ed. New York. Macmillan.
Bronkhoorst,
AJ.
1953.
Karl
Barth.
Een
levensbeeld.
‘s
Gravenhage:
Boekencentrum.
Burger, C 1997. Familie van God…waar gelowiges tuiskom in ‘n koue, harde wêreld.
Kaapstad. Lux Verbi.
BussinessWeek Online 2005. Getting Your Religious Terms Right. [Online]
http://www.businessweek.com/magazine/content/05_21/b3934017_mz001.ht
m. [2005, July 8].
Callahan, KL 1983. Twelve Keys to an Effective Church. San Francisco: Harper.
Coetzee, A 2001. Ek dink…Ek voel… Ek is! Nuwe denke oor selfverryking. Pretoria.
Lapa Uitgewers.
Cloud, D 2005: Rick Warren’s Dangerous Judge Not Ecumenism [Online]
http://www.wayoflife.org/fbns/rickwarren-judgenot.html [2005, July 2].
Cosgrove, C.H., Hatfield, D.P. 1994. Church Conflict: The hidden systems behind
the fights. Nashville. Abbingdon Press.
Costella, D 1998. The Church Growth Movement. An analysis of Rick Warren’s
“Purpose Driven” Church Growth Strategy. Foundation Magazine. March-April
1998.
Costella, M 2004. An Analysis of Rick Warren’s The Purpose-Driven Life
[online].http://www.fundamentalbiblechurch.org/Foundation/fbcAnalysis.htm
[2005, July 1].
154
Covey, SR 1989. The seven habits of highly effective people. London: Simon &
Schuster.
Christianity Today, 2004. Forget your Bliss. The success of The Purpose-Driven Life
reveals a cultural opportunity. V 48. Jan – Jun. p.29
De Wet, JJ & Monteith, JL de K & Steyn, HS & Venter, P 1981.Navorsingsmetodes
In die opvoedkunde: ‘n inleiding tot empiriese navorsing. Durban
De Villiers, HJ 1997. Hoekom is ek hier? Ontdek jou spirituele krag. Kaapstad.
Human & Rousseau.
De Wet, JI 1979. Die Charismatiese Beweging – inleidende opmerkings. HTS
35(3&4), 19-27.
Deist, Ferdinand 1984. A Concise Dictionary of Theological Terms, Pretoria: J.L. van
Schaik.
Denzin, NK. & Lincoln, YS 1994. Handbook of Qualitative Research. California.
SAGE Publications, Inc.
Dobson, E.G., Leas, S.B., Shelley, M. 1992. By Christianity Today, Oregon. Inc.
Multnomah Press.
Dreyer, TFJ 2004. Statistieke vertel ’n storie: ’n Visie vir die Hervormde Kerk op pad
na 2010. HTS 59, 1045-1062.
Dulles, A 1987. Models of the Church. Expanded edition. New York. Doubleday.
George, CF 1992. Prepare your Church for the future. Grand Rapids MI. Fleming H.
Revell.
155
Getz, GA 1984. Sharpening the focus of the Church. Canada: Victor Books.
Getz, GA 2003. Elders and Leaders. God’s plan for leading the church: Chicago
Moody Publishers.
Gibbs, E. 1993. Winning Them Back. Tackling the problem of Nominal Chistianity.
Turnbridge Wells: Marc.
Gouws, L.A., Louw, D.A., Meyer, W.F., Plug, C. 1979. Psigologie Woordeboek.
Johannesburg. McGraw-Hill Boekmaatskappy.
Guder, DL. 2000. The Continuing Conversion of the Church. Grand Rapids.
Eerdmans Publishing Co.
Heitink, G. 1993. Praktische Theologie. Geschiedenis – theorie – handelingsvelden.
Kampen: Kok.
Hendriks, J 1992. Strategiese Beplanning in die gemeente, beginsels & praktyk van
gemeentevernuwing, Wellington: Hugenote-uitgewers.
Hybels, B 1998. To busy not to pray. Slowing down to be with God. Downers Grove
Illinois. InterVarsity Press.
Hybels, B 2002. Courageous Leadership. Grand Rapids, Michigan. Zondervan.
Jonson, B. Sonder jaar. An Examination of Rick Warren’s Teaching on “Exponential
Growth”. [Online] Http://monergism/thethreshold/articles/questions/
Rick Warren_Growth.html. [2005, July 1]
Kittel, R et al 1990. Biblia Hebraica Stuttgartensia. Verkleinerte Ausgabe, vierte
verbesserte auflage. Stuttgart. Deutsche Bibelgesellschaft.
156
Kjos, B 2003. Spirit – Led or Purpose Driven? [Online] http://www.crossroads.to/
2003//1-purpose.htm. [2005, July 5]
Klenck, R sonder jaar. The 21st Century Church. [Online] http://www.crossroads.to/
News/Church/Klenck3.html. [2005, July 6].
König, A 1998. Vernuwe of verdwyn. Hoe oop is is die NG Kerk vir verskillende
vorme van aanbidding? Lux Verbi.
Koekemoer, JH 1999. Die Heilige Gees en spiritualiteit in teologiese opleiding. HTS
55/2 & 3. 322-333
Leas, S.B. 1998. Discover your conflict management style. Bethesda. The Alban
Institute, Inc.
Leas, S.B. 2002. Moving your church through conflict. Bethesda. The Alban
Institute.Inc.
Li, X & Crane, NB 1996. Electronic Styles. A handbook for Citing Electronic
Information. Medford N.J. Information Today, Inc.
Malan, J sonder jaar. Rick Warren Waters Down the Gospel [Online] http://www.
bibleguidance.co.za/Engarticles/Rick.htm [2005: July 5].
McLaren, BD. 2001. A new kind of Christian. A tale of two friends on a Spiritual
Journey. San Francisco: Jossey-Bass.
McManus, ER 2001. An Unstoppable Force. Daring to become the church God had
in mind. California. Group Publishing.
McMahon, TA sonder jaar. Critique of Rick Warren’s – The Purpose-Driven Life.
[Online] http://www.thebereancall.org [2005, July 4].
157
Mead, LB 1996. Five Challenges for the Once and Future Church. Wachington, DC:
Alban Institute.
Miller, H 1994. Connecting with God. 14 Ways churches can help people grow
spiritualy. Nashville. Abingdon Press.
Muller, P 2001. Meditasie. Die gawe van stilte. Hatfield. Protea Boekhuis.
Nel, M. 1993. Gemeentebou: Dinamiese kragte in die vernuwingsproses. Praktiese
teologie in Suid-Afrika. Jaargang 8(2), (115-25).
Nel, M. 1994. Gemeentebou. Halfway House: Orion Uitgewers.
Nel, M. 1998. Gemeentebou: ‘n Reformatoriese Bediening. Praktiese Teologie in
Suid- Afrika. Vol 13 (2) 1998, 26-37.
Nel, M 2001. Ek is die verskil. Die invloed van persoonlikheid in die prediking.
Bloemfontein. CLF-Uitgewers.
Nel, A. 2003. Op soek na God…buite die kerk? Wellington. Lux Verbi. BM
Newbigin, L 1994. A Word in Season. Perspectives on Christian World Missions.
Grand Rapids. Wm. B. Eerdmans Publishing Co.
Nicol, W 2000. Godsdiens wat werk. Ontdek die soort godsdiens wat vir jou die
beste werk. Wellington. Lux Verbi, BM.
Nicol, W 2002. Gebed van die hart. Word stil en beleef God. Wellington. Lux
Verbi.BM.
158
Odendal, FF & Gouws RH 2000. HAT. Verklarende Handwoordeboek van die
Afrikaanse Taal. Vierde uitgawe, derde druk. Midrand: Perskor Uitgewers.
Olson, MA. 2002. Beyond Church Growth. An alternative vision for congregations.
Minneapolis. Fortress Press.
Ott, H. 1981. Die Antwort Des Glaubens. Systematische Theologie in 50 Artikeln.
Kreuz Verlag Stuttgart Berlin.
Peterson, EH 1997. Subversive Spirituality. Grand Rapids. Eerdmans.
Pieterse, H 1993. Praktiese Teologie as Kommunikatiewe Handelingsteorie. RGN
Uitgewers. Pretoria.
Potgieter, M 1995. ‘n Nuwe Bybelse lewenswyse. Die selgemeente. George.
Lewensvreugde.
Price, R 2001. Unholy War – America, Israel and Radical Islam, the truth behind the
headlines. Oregon: Harvest House Publishers.
Purpose Driven Life, 2002-2005. [Online] http://www.purposedrivenlife.
com/rickwarren.aspx. [2005: July 2]
Richard LO & Martin GR 1981. Lay Ministry. Empowering the People of God. Grand
Rapids, MI. The Zondervan Corporation.
Rust RJ & Young JA 2005. Stories van hoop. Die Hervormer. 1 Oktober 2005. bl. 5
Schwarz, CA 1996. Natural Church Development. A Guide to eight essential
qualities of healthy churches. St. Charles, IL 60174. ChurchSmart Resources.
159
Sider, RJ et al 2002. Churches that make a difference. Reaching your Community
with Good News and Good Works. Grand Rapids, MI. Baker Books.
Sjogren, S 1993: Conspiracy of Kindness. A Refreshing New Approach to Sharing
the Love of Jesus with Others. Ann Arbor Michigan. Vine Books.
Smit, DJ 1989: Kan spiritualiteit omskryf word. NGTT 30(1), 83-93.
Stafford, T 2002. A Regular Purpose-Driven Guy. Christianity Today. V 46 2002. Jul
– Dec.
Swanepoel, PC & van der Merwe, PJ 1996. Evangeliserende Gemeente: ’n
Leefwyse?
’n
Besinning
oor
missionêre
gerigtheid
as
aspek
van
gemeentewees. HTS 52, 449-475.
Te Velde, M 1992. Gemeente opbouw 1: Doelgericht en samehangend werken in die
christelijke gemeente. Barneveld: Uitgeverij De Vuurbraak.
Van Biema, D et al 2005. The 25 most influential Evangelicals in America. Time
Magazine. Vol 165 Issue 6. 7 Februarie 2005 bl. 34.
Van der Merwe, JC. 2005. Hoop vir 2005. Die Hervormer, 1 Februarie 2005, bl 5.
Van der Ven, J.A 1994. Empirical Methodology in Practical Theology: Why and how?
Praktiese Teologie in Suid-Afrika, 9(1), 29-44.
Van der Spuy, D 2004. Destined for Growth. Towards as Deeper spiritual Life. Cape
Town. Struik Christian Books.
Van der Westhuizen, HG 2001. Charismatiese bewegings. HTS 57(3&4). 868-881.
Warren, R. 1995. The Purpose Driven Church, Growth without compromising your
message & mission. Michigan: Zondervan Publishing House.
160
Warren, R. 2002. The Purpose Driven Church, Growth without compromising your
message & Mission. Purpose Driven.
Warren, R 2002. The Purpose Driven Life. Michigan: Zondervan Publishing House.
Warren, R 2002. Selecting Worship Music. [Online] http://www. pastorport.
com/ministrytoday.asp?mode=viewarchive&index=18. [2005-07-18]
Warren, R 2003. Die Doelgerigte lewe. Jeppestown: Jonathan Ball Uitgewers (Edms)
Bpk met vergunning van Zondervan VSA.
Warren, R sj. Campaign Training Manual. 40 Days of Purpose. Purpose Driven.
Partnering in South Africa with Walk thru the Bible.
Wagner, PC 1984. Leading your Church to Growth. California: Regal Books.
Witty, K 2002. Peter Drucker’s Search for Community. Business Week Online.
http://www.businessweek.com/bwdaily/dnflash/dec/nf200221224 6814.htm.
161
Bylae 1
VRAELYS: DIE DOELGERIGTE LEWE VELDTOG
RING VAN KLERKSDORP
Hierdie vraelys is deel van ’n ondersoek na die uitwerking van die
Doelgerigte Lewe Veldtog in u verstaan van u wesensdoel as Christen. U
is in die deelnemende gemeentes van die Ring van Klerksdorp en word
versoek om die vrae wat volg deeglik te beantwoord. Dit sal opreg
waardeer word as u die vraelys so spoedig moontlik invul.
Dui asseblief elke keer u antwoord aan deur die toepaslike syfer binne ‘n
gekleurde blokkie te omkring (O) of deur u antwoord in die gekleurde
ruimte daarvoor verskaf in te vul.
Baie dankie vir u samewerking.
Respondent
1.
V1
1
Wat is u ouderdom? (Afgerond tot die naaste jaar)
V2
2.
In watter gemeente is u?
Klerksdorp
Klerksdorp-Oos Môrester
Orkney
Stilfontein
Hartbeesfontein
Declercqville
Orkney-Oos
Klerksdorp-Doringkruin
Klerksdorp-Suid
3.
Ja
Nee
1
2
3
4
5
6
7
8
9
V3
6
1
2
V4
7
1
2
V5
8
Is u ’n belydende lidmaat van die Nederduitsch Hervormde Kerk
van Afrika?
Ja
Nee
4.
4
Is u ’n amspdraer in u gemeente?
162
5.
Was u voorheen by enige van die volgende toerustingprogramme
betrokke?
EE3
GETP (Gemeentelike Evangelisasie Toerustingsprogram)
Getroue Getuies
Kerkraadskategese
Ander (spesifiseer):
6.
Ja
Nee
Soms
10
V8
11
V9
12
V10
13
1
2
3
4
5
V11
14
1
2
3
V12
15
1
2
3
4
5
6
7
V13
16
1
2
3
V14
17
Hoeveel oggenderedienste het u in hierdie 40 dae periode
bygewoon? (Merk slegs een antwoord)
Al 6
5
4
3
2
1
0
9.
9
V7
Het u getrou elke dag ’n dagstukkie vir 40 dae gedoen?
Ja
Nee
Soms
8.
V6
Wat het u beweeg om by die Doelgerigte Lewe Veldtog betrokke
te raak? (Merk slegs een antwoord)
Nuuskierigheid
Omdat die predikant gevra het
Soeke na betekenis
Oorreed deur vriend/in
Wou saam met die stroom
Ander (spesifiseer):
7.
1
2
3
4
Het u by ’n kleingroep ingeskakel gedurende hierdie 40 dae
periode?
163
Indien u wel by ’n groep ingeskakel het, beantwoord asseblief ook vrae
10, 11 en 12.
10.
Wat was u belewenis van die kleingroep?
Uiters positief
Positief
Onseker
Negatief
Uiters negatief
Opmerkings:
11.
V16
19
V17
21
V18
23
1
2
3
V19
25
1
2
3
V20
26
1
2
3
V21
27
1
2
V22
28
Het u VOOR die Doelgerigte Lewe Veldtog gewonder oor u
bestaansdoel as Christengelowige?
Gereeld
Soms
Nooit
14.
18
Het u daarin geslaag om elke week die Bybelvers te memoriseer
wat aangewys is?
Ja
Nee
Soms
13.
V15
Sal u steeds by ’n kleingroep wil inskakel noudat die 40 dae verby
is?
Ja
Nee
Onseker
12.
1
2
3
4
5
Kon u u bestaansdoel as Christengelowige, soos Rick Warren dit
uiteensit, duidelik omskryf VOOR die Doelgerigte Lewe Veldtog
’n aanvang geneem het?
Beslis- Ek het dit bedink volgens die 5 doelwitte.
In ’n redelike mate maar nie in soveel woorde en volgens die 5 doelwitte nie.
Glad nie – ek het ’n vae begrip gehad wat van my as Christen verwag word.
Nooit probeer nie – ek dink nie so daaroor nie.
3
4
164
15.
Is u na afloop van die Doelgerigte Lewe Veldtog oortuig van u
bestaansdoel as Christengelowige?
Ja
Nee
Onseker
16a.
1
2
3
V23
29
Vir hoeveel ander Christengelowiges (Vriende, familie, kollegas)
het u van die Doelgerigte Lewe Veltog vertel? (Noem getal by
benadering)
V24
16b.
16c.
17a.
17b.
17c.
Ja
Nee
Soms
30
Hoeveel van die getal Christengelowiges wat in Vraag 16a geoem
is, wou ook ‘n “Die Doelgerigte Lewe” boek bekom?
V25
34
V26
37
V27
40
V28
43
Hoeveel van die getal Christengelowiges wat in Vraag 16a
genoem is, het by u gemeente se veldtog betrokke geraak? (Bv,
Deur die boek te lees of by ‘n kleingroep in te skakel)
Vir hoeveel kerklos of ongelowige mense het u van die
Doelgerigte Lewe Veldtog vertel?
Hoeveel van die kerklos of ongelowige mense wat in Vraag 17a
geoem is, het die boek bekom?
Het van die kerklos of ongelowige mense wat in vraag 17a
geoem is, enigsins by ‘n kleingroep ingeskakel?
1
2
3
V29
46
165
17d.
Is daar enige aanduiding van ‘n geloofsbeslissing en moontlike
betrokkenheid in u gemeente van een of meer van die persone wat
u in vraag 17a genoem het?
Ja
Nee
Onseker
18.
V30
47
1
2
3
4
5
6
V31
48
V32
49
V33
50
V34
51
V35
52
V36
53
Gee asseblief u algemene indrukke van die 40 dae doelgerigte
lewe veldtog. Merk een of meer van die volgende:
Dit was ’n absolute hoogtepunt in my lewe as Christen.
Ek weet nie of hierdie veldtog heeltemal vir my was nie.
Ek is vasberade om voortaan die 5 doelwitte doelgerig uit te leef.
Ek dink die hele veldtog was oorwaardeer.
Ek verstaan meer as voorheen wat my bestaansdoel as Christen is.
Ek dink dit was ’n mors van tyd.
19.
1
2
3
Indien u positief reageer het met vraag 18 gaan asseblief die
onderstaande deur en merk u keuse. Omkring die een wat u die
beste beskryf op hierdie oomblik.
Gebruik die kode:
SB = Stem Beslis saam
SS = Stem Saam
SN = Stem Nie saam nie
BN = Stem Beslis Nie saam nie
Aanbidding:
(1)
(2)
(3)
(4)
Jy is beplan vir God se plesier.
Ek ondervind meer as voorheen die teenwoordigheid en krag van God
in my daaglikse lewe.
Ek is meer as voorheen gemotiveer om die eredienste en ander
aktiwiteite (Bybelstudie, kleingroep ens) by te woon.
Ek streef meer as ooit tevore daarna om God te dien in elke aspek van
my lewe (gesondheid, besluite, finansies verhoudings, toekoms ens.).
SB
1
SS
2
SN
3
BN
4
V37
54
1
2
3
4
V38
55
1
2
3
4
V39
56
166
19. (vervolg)
Indien u positief reageer het met vraag 18 gaan
asseblief die onderstaande deur en merk u
keuse. Omkring die een wat u die beste beskryf
op hierdie oomblik.
Gebruik die kode:
SB = Stem Beslis saam
SS = Stem Saam
SN = Stem Nie saam nie
BN = Stem Beslis Nie saam nie
Gemeenskap met ander gelowiges:
(1)
(2)
(3)
(4)
Jy is gevorm vir
God se familie.
Ek ervaar ’n groter verdieping in my verhouding met God en met my
medemens.
Ek het gegroei in my behoefte om my liefde aan ander te bewys,
hanteer konflik beter en is meer vergewensgesind.
Dit is nou makliker om my ware behoeftes vir gebed en ondersteuning
met ander te deel.
Dissipelskap:
SS
2
SN
3
BN
4
V40
57
1
2
3
4
V41
58
1
2
3
4
V42
59
SB
1
SS
2
SN
3
BN
4
V43
60
1
2
3
4
V44
61
1
2
3
4
V45
62
SB
1
SS
2
SN
3
BN
4
V46
63
1
2
3
4
V47
64
1
2
3
4
V48
65
Jy is geskape om soos Christus te word.
Ek het ’n groeiende verhouding met God en my geestelike gewoontes
wys dit (bv. meer getroue Bybelstudie en gebed).
Ek ondervind al hoe meer die vrug van die Gees in my lewe (liefde,
vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, selfbeheersing ens.).
Ek spandeer meer tyd saam met ’n ander Christen/e wat my help om
geestelik te groei.
Bediening:
SB
1
Jy is gevorm om God te dien.
Ek het my unieke, Godgegewe “shape” (gawes) vir bediening ontdek en
ontwikkel dit verder.
Ek vra meer gereeld dat God my geleenthede sal wys waarin ek God en
ander kan dien.
Ek het ’n gereelde bediening (ten minste 1x per maand) in die
gemeente, gemeenskap of saam met my kleingroep of in my wyk.
167
19. (vervolg)
Indien u positief reageer het met vraag 18 gaan
asseblief die onderstaande deur en merk u
keuse. Omkring die een wat u die beste beskryf
op hierdie oomblik.
Gebruik die kode:
SB = Stem Beslis saam
SS = Stem Saam
SN = Stem Nie saam nie
BN = Stem Beslis Nie saam nie
Evangelisasie:
(1)
(2)
(3)
(4)
Jy is gemaak vir ’n missie.
Ek begin meer fokus op ongelowige mense en vra God om my
geleenthede te gee om my geloof te deel.
Ek spandeer meer tyd aan mense wie se behoefte dit is om God
persoonlik te ken.
Ek nooi op gereelde basis mense wat nie kerk toe gaan nie om in te
skakel by my kleingroep of om saam met my kerk toe te gaan.
SB
1
SS
2
SN
3
BN
4
V49
66
1
2
3
4
V50
67
1
2
3
4
V51
68
Baie dankie vir u samewerking.
168
Bylae 2
Vraelys vir ’n gestruktureerde onderhoud oor die
Doelgerigte Lewe Veldtog.
Hierdie gestruktureerde onderhoud is deel van ’n ondersoek na die uitwerking van die Doelgerigte Lewe
Veldtog in die deelnemende Hervormde gemeentes van die Ring van Klerksdorp. Daar word met elke
predikant van die 9 deelnemende gemeentes ’n onderhoud gevoer ten einde vas te stel wat elkeen se
waarneming van die veldtog in die gemeente is.
U samewerking word hoog op prys gestel.
1. Van watter gemeente is u predikant?___________________________________________
2. Hoe lank is u al predikant in die gemeente?______________________________________
3. Hoe lank is u al in die bediening?______________________________________________
4. U ouderdom______________________________________________________________
5. Is u enigsens op ’n gestruktureerde wyse in u gemeente met gemeentebou besig?
Opmerkings:_____________________________________________________________
_______________________________________________________________________
6. Wat was u persoonlike gevoel na die eerste kennismaak met Rick Warren se werk en die 40 Dae
Doelgerigte Lewe Veldtog?
Skepties
Versigtig optimisties
Positief
Entoesiasties om te begin
Ander (spesifiseer)
_______________________________________________________________________
7. Het u ’n loodskomitee gehad wat gehelp het met die aanloop tot die veldtog?
Ja
Nee
8. Uit hoeveel lede het die komitee bestaan________________________________________
Opmerkings:______________________________________________________________
____________________________________________________________________
9. Het u die aanloop tot die veldtog getrou volgens die voorskrifte van die pakket gedoen?
Ja
Soms
Nee
Opmerkings:_______________________________________________________________
____________________________________________________________________
169
10. Hoeveel van “Die Doelgerigte Lewe” boeke is in u gemeente
versprei?______________________
11. Hoeveel lidmate in u gemeente het aan die Doelgerigte Lewe Veldtog deelgeneem deur die
boek te lees oor die 40 dae periode.____________________
12. Het u die veldtog gebruik om kleingroepe in u gemeente te vestig?
Ja
Nee
Opmerkings:______________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
13. Indien daar wel kleingroepe gevestig is. Gaan u voort met hierdie bediening?
Ja
Nee
14. Het u gedurende die ses weke elke Sondag oor die betrokke doelwit gepreek?
Ja
Nee
Het jy die preekriglyne van Rick Warren gevolg?
Ja
Nee
Soms
15. Wat was u algemene belewenis van die ses weke se prediking?
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
16. Was daar ’n definitiewe styging in u erediensbywoning teenoor ander Sondae hierdie tyd van die
jaar?
Ja
Nee
Soms
Opmerkings:_______________________________________________________________
_________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
17. Het daar enige nuwe bedieninge in u gemeente tot stand gekom? Noem
________________________________________________________________________
170
18. Hoeveel lidmate het na die 40 veldtog kom aanmeld vir bepaalde bedieninge? Noem by benadering
as u nie ’n spesifieke getal het nie.
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
19. Het die lees van die “Die Doelgerigte Lewe” vir u self waarde gehad? Motiveer.
_______________________________________________________________________
_______________________________________________________________________
20. Watter waarde het dit vir die deelnemers in u gemeente gehad? Gee u algemene indrukke.
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
21. Watter waarde,indien wel het dit vir die nie-deelnemers gehad wat wel die eredienste bygewoon
het? Gee u algemene indrukke.
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
22. Wat is u oorwoë mening van hierdie 40 Dae Doelgerigte Veldtog. Kies een of meer van die
volgende.
Dit was een van die hoogtepunte in my bediening.
Ek dink dit was ’n mors van tyd.
Ek dink dit is ’n uitstekende hulpmiddel in ’n gemeentebouproses vir lidmate om hulle
bestaansdoel te ontdek.
Ek dink die hele veldtog word oorwaardeer.
Ek sal beslis ander gemeentes aanmoedig om dieselfde deur te gaan.
Ek is nie seker of hierdie veldtog ’n verskil in my gemeente te weeg gebring het nie.
Die veldtog was vir my eie geloofslewe baie verrykend.
Ek gaan beslis my gemeente laat meedoen aan enige opvolgaksies wat hieruit
voortspruit.
Die Doelgerigte Lewe Veldtog pas nie regtig in by ons Hervormde Kerk se etos nie.
171
23. Enigiets anders wat u wil noem oor die Doelgerigte Lewe Veldtog of die werk van Rick Warren in
die algemeen?
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
172
Fly UP