...

Die rol van die Kerk ten aansien van herstellende geregtigheid

by user

on
Category: Documents
7

views

Report

Comments

Transcript

Die rol van die Kerk ten aansien van herstellende geregtigheid
1
Die rol van die Kerk ten aansien van herstellende geregtigheid
in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel:
’n Teologies-etiese perspektief.
’n Mini verhandeling
deur
Gert Heldegaard (Gerhard) van Rooyen
Voorgelê aan die Fakulteit Teologie
ter gedeeltelike vervulling vir die vereistes van die graad
MA (Teologie)
Dogmatiek en Christelike Etiek
Fakulteit Teologie
Universiteit van Pretoria
PRETORIA
November 2011
Studieleier: Prof. D.E. de Villiers
© University of Pretoria
2
INHOUDSOPGAWE
1.
2.
3.
Inleiding...................................................................................................................................
4
1.1
Doel van die studie.......................................................................................................
5
1.2
Sub-probleme...............................................................................................................
5
1.3
Motivering vir die studie................................................................................................
6
1.4
Navorsings metodologie...............................................................................................
7
Wat is herstellende geregtigheid?...........................................................................................
9
2.1
Inleiding........................................................................................................................
9
2.2
Herstellende geregtigheid vs retribusie........................................................................
10
2.3
Definisies van herstellende geregtigheid......................................................................
12
2.4
Herstellende geregtigheid en tradisionele Afrika konflik beslegtingsisteme................
13
Die rol van herstellende geregtigheid in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel..........................
16
3.1
Inleiding........................................................................................................................
16
3.2
Verskillende stadiums waarop herstellende geregtigheid toepassing vind..................
17
3.2.1 Voor-verhoor stadium........................................................................................
17
3.2.2 Vóór-vonnis en vonnis stadium..........................................................................
19
3.2.3 Ná-vonnis stadium.............................................................................................
22
Gevolgtrekking..............................................................................................................
23
Herstellende geregtigheid en die Bybel..................................................................................
24
4.1
Inleiding........................................................................................................................
24
4.2
Enkele grondslae van bybelse geregtigheid.................................................................
24
4.2.1 Shalom...............................................................................................................
24
4.2.2 Verbond.............................................................................................................
25
4.2.3 Torah.................................................................................................................
26
Bybelse geregtigheid in die Ou Testament...................................................................
27
4.3.1 ’n Karaktertrek van God.....................................................................................
27
4.3.2 Om agente van God se geregtigheid te wees...................................................
27
4.3.3 Geregtigheid as hoop........................................................................................
28
4.3.4 Geregtigheid as primêre verpligting...................................................................
29
4.3.5 ’n Verbintenis tot optrede...................................................................................
30
4.3.6 Geregtigheid gaan oor verhoudings..................................................................
30
3.3
4.
4.3
3
4.4
4.3.7 ’n Herstellende (restoratiewe) aktiwiteit.............................................................
31
4.3.8 Die verhouding tussen retribusie en herstellende geregtigheid........................
31
4.3.8.1
Fisiese aanranding.......................................................................
32
4.3.8.2
Diefstal.........................................................................................
32
4.3.8.3
Die Lex Talionis............................................................................
33
God se geregtigheid by Paulus en Jesus.....................................................................
35
4.4.1 Paulus................................................................................................................
35
4.4.2 Jesus.................................................................................................................
37
4.4.2.1
Vergifnis.......................................................................................
38
4.4.2.2
Jesus en die Lex Talionis.............................................................
39
5.
Die Kerk se rol in herstellende geregtigheid............................................................................
41
6.
Gevolgtrekkings.......................................................................................................................
45
7.
Bibliografie...............................................................................................................................
46
8.
English Summary....................................................................................................................
49
9.
Trefwoorde .............................................................................................................................
51
4
1. INLEIDING:
“The original concept of shalom,......., did not exclude the victims of society. Through the
centuries, however, the Church, like the legal system, has shifted the focus from the hurting
individual to intolerance for breaking the rules. Today’s criminal justice system charges the
offender with a crime against the state – not against the victim. In many cases the ensuing
process is actually a hostile environment for victims. Can a more restorative form of justice –
one that takes into account the victim’s role – find its way into our legal system? Fortunately,
changes are taking place. But unless churches take up their vital parts, change will be slow in
coming.” (Zehr 1999:131).
In hierdie studie gaan spesifiek gefokus word op die probleem wat Zehr hier opper. Ons
verstaan van wat geregtigheid is en hoe dit in die Bybel toegepas word, is bepalend vir ons
siening van hoe ’n meer herstellende vorm van geregtigheid ’n verskil in ons strafregsisteem
en ons samelewing kan maak. Die probleem is egter dat die kerk baie keer eerder optree
soos ’n termometer, soos Martin Luther King, Jr., in sy Letter from Birmingham City Jail skryf:
“There was a time when the church...was not merely a thermometer that recorded the ideas
and principles of popular opinion; it was a thermostat that transformed the mores of society...”
(Washington, 1986: 299).
Daar gaan ook gefokus word op watter rol die kerk kan speel om ’n termostaat te wees sodat
samelewingswaardes en ons siening van geregtigheid verander kan word soos die Ierse digter
Seamus Heaney dit verwoord:
Human beings suffer,
They torture one another,
They get hurt and get hard.
No poem or play or song
Can fully right a wrong
Inflicted and endured.
The innocent in gaols
Beat on their bars together.
A hunger-striker’s father
Stands in the graveyard dumb.
5
The police widow in veils
Faints at the funeral home.
History says, don’t hope
On this side of the grave.
But then, once in a lifetime
The longed-for tidal wave
Of justice can rise up,
And hope and history rhyme.
So hope for a great sea-change
On the far side of revenge.
Believe that further shore
Is reachable from here.
Believe in miracles
And cures and healing wells.
Seamus Heaney (from “The Cure at Troy,” 1990).
1.1
DOEL VAN DIE STUDIE:
Die doel van die navorsing is om die konsep van herstellende geregtigheid uit ‘n teologiesetiese perspektief te ondersoek en om te kyk hoe dit in die Suid-Afrikaanse Strafregstelsel
toegepas word om sodoende vas te stel watter rol die Suid-Afrikaanse kerke in dié verband
kan speel.
1.2
SUB-PROBLEME:
1
Wat is herstellende geregtigheid?
2
Wat is die rol van herstellende geregtigheid in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel?
3
Wat is ‘n Teologies-Etiese siening van herstellende geregtigheid soos dit toegepas word in die
Suid-Afrikaanse strafregstelsel ?
4
Watter rol behoort die Suid-Afrikaanse kerke in die bevordering van herstellende geregtigheid
te speel?
6
1.3
DIE MOTIVERING VIR DIE STUDIE:
Die algemene houding teenoor misdadigers in Suid-Afrika is dat hulle gestraf moet word (hulle
moet betaal vir wat hulle gedoen het). “Retribusie” is die aanvaarde strafvorm. In dié verband
is die houding, dat die enigste effektiewe manier om met misdadigers te handel, is om hulle
“toe te sluit en die sleutels weg te gooi.” Hierdie houding word versterk a.g.v. die hoë vlakke
van misdaad in die land en ook die feit dat minimum vonnisse vir ‘n reeks ernstige misdade
voorgeskryf word.
Die Moderamen van die Algemene Sinode van die NG Kerk van 2007 het in ‘n verslag oor
Misdaad en Geweld die volgende gesê: (onder die opskrif “Enkele Teologiese Oorwegings.”)
“1.4.5 Misdaad en geweld is in wese oortreding van God se wet. Wanneer iemand hom aan ‘n ander
se persoon of besittings vergryp, oortree hy die eise van sowel die Tien Gebooie as Jesus se
samevatting van die Wet.
1.4.6 Die misdadiger kan dus veroordeling en straf verwag. Kerklike steun aan ‘n sisteem van
wetstoepassing vloei voort uit die beskerming van die waardigheid van die lewe. Straf moet
egter met die oortreding verband hou en mag nie as ‘n aksie van wraak uitgevoer word nie.
1.4.7 Die misdadiger staan egter nie sonder meer buite God se genade nie. Ook ‘n misdadiger
moet met God se boodskap van versoening en vergifnis gekonfronteer word. “
Daar is hierteenoor ‘n lang tradisie van herstellende geregtigheid (“Restorative Justice”) wat
nie so goed bekend is as retribusie nie en wat duidelik ander doelwitte het. Herstellende
geregtigheid is normaalweg gebaseer op drie fundamentele aannames:
1
Misdaad is primêr ‘n konflik tussen individue wat lei tot nadeel aan slagoffers, gemeenskappe
en die oortreders self; dit is slegs sekondêr ‘n oortreding van die wet.
2
Die oorhoofse doel van die strafregstelsel moet wees om partye te versoen terwyl dit die
nadeel wat deur misdaad veroorsaak word, moet herstel.
7
3
Die strafregstelsel moet aktiewe deelname fasiliteer van slagoffers, oortreders en hulle
gemeenskappe. Dit behoort nie deur die owerheid oorheers te word tot uitsluiting van andere
nie.
Alhoewel herstellende geregtigheid al meer ‘n plek begin kry in ons strafregstelsel, bv. in die
Kindergeregtigheidswet, Wet 75 van 2008 (“Child Justice Act”) is die begrip herstellende
geregtigheid (“restorative justice”) nog nie algemeen aanvaar as ‘n manier waarop daar met
oorteders gehandel word nie, en is die kerk se betrokkenheid hierby minimaal. Die kerk se
houding, soos weerspieël uit die Algemene Sinode se verslag, is nog grootendeels dat
retribusie die aanvaarde norm is en daar word nog nie genoeg van herstellende geregtigheid
gebruik gemaak nie. Die vraag kan dus gevra word of herstellende geregtigheid nie ‘n meer
Bybelse siening is van “straf” as retribusie nie.
1.4
NAVORSINGS METODOLOGIE:
‘n Literatuur studie gaan onderneem word waarin die volgende aspekte van die onderwerp
geanaliseer sal word:
1
Wat word verstaan onder herstellende geregtigheid?
Daar sal gekyk word na die onderliggende sienings van ‘n strafregstelsel gebaseer op
retribusie (die tradisionele siening) en ‘n sisteem gebaseer op herstellende geregtigheid.
Ondersoek sal ook ingestel word na die vraag of retribusie en herstellende geregtigheid
mekaar wedersyds uitsluit en hoe herstellende geregtigheid in die praktyk funksioneer.
2
Die rol van herstellende geregtigheid in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel.
Daar sal veral gefokus word op hoe herstellende geregtigheid in die strafregstelsel toepassing
vind. Die toepassing van herstellende geregtigheid in die Child Justice Act, Wet 75 van 2008
(Kindergeregtigheidswet) en by vonnisoplegging van oortreders sal ook ondersoek word om
vas te stel of dit ‘n haalbare opsie is.
3
‘n Teologies-Etiese siening van herstellende geregtigheid.
Daar sal gekyk word hoe beide die Ou Testament en Nuwe Testament die idee van
herstellende geregtigheid beskou. Verder sal gevra word of hierdie sienings van herstellende
geregtigheid ‘n Bybelse begronding voorsien vir herstellende geregtigheid in die praktyk van
die Suid-Afrikaanse strafregstelsel.
8
4
Die kerk se rol in die bevordering van herstellende geregtigheid.
Daar sal spesifiek gekyk word na die vraag of die Suid Afrikaanse kerke ‘n rol in dié verband
behoort te speel en of dit net aan die Staat oorgelaat behoort te word.
9
2. WAT IS HERSTELLENDE GEREGTIGHEID?
2.1 INLEIDING:
In die tradisionele strafregsisteem wat in Suid-Afrika geld, is een van die belangrikste
aspekte wat van toepassing is in ‘n saak dat die staat te staan kom teenoor ‘n beskuldigde
person wat een of ander reël oortree het en derhalwe straf verdien. Die regstryd tussen
die staat en die individu begin met die staat wat die bewyslas dra om die saak teen die
beskuldigde te bewys en eindig indien die beskuldigde skuldig bevind word, met
laasgenoemde wat gestraf word (Tshehla 2004:3). Die gevolg is dat die person wat die
slagoffer van die beskuldigde se optrede was, nie in die regstryd betrokke is nie behalwe
as ‘n getuie om die staat te help om die staat se saak teen die beskuldigde te help bewys.
Op hierdie manier tree die staat as die slagoffer op (Tshehla 2004:3).
Howard
Zehr,
wat
as
een
van
die
grondleggers
van
die
herstellende
geregtigheidsbeweging beskou word, skets in hierdie verband die volgende vyf
veronderstellings met betrekking tot misdaad en geregtigheid (Zehr 2005:65-81).
1. ‘n Misdaad is primêr die oortreding van ‘n wet;
2. As ‘n wet oortree is, behels geregtigheid om skuld vas te stel;
3. Die doel is dat die oortreder kry wat hom toekom (dat hy gestraf word vir sy oortreding);
4. Deur die toediening van “pyn” – mense moet ly vir die lyding wat hulle veroorsaak het;
5. Dit geskied deur ‘n konflik waarin reëls en prosedures belangriker is as uitkomste.
Die slagoffer van die misdaad word dan soos hierbo aangetoon, aangedui as die staat. Die
Staatsaanklaer, in ons strafregsisteem, is die dominus litis as ‘n verteenwoordiger van die
staat (Tshehla 2004:3).
Alhoewel die belange van die slagoffer van die misdaad in sekere omstandighede by
vonnisoplegging in ag geneem word, is die algemene houding dat die hof die saak afhandel
deur bloot ‘n gepaste vonnis op te lê sonder inagneming van wat daarna gebeur (Tshehla
2004:3-4). Dit kan ook as retributiewe geregtigheid beskryf word. Baie min aandag word
gewy aan die feit dat, alhoewel die staat se belange geaffekteer is, daar baie gereeld
verhoudings verbreek is, afhangende van die tipe misdaad wat gepleeg is (Tshehla
2004:4).
10
Dit is juis op hierdie punt waar herstellende geregtigheid ‘n rol kan speel. Volgens Zehr
(2002: 22-23) is daar drie belangrike pilare waarop herstellende geregtigheid berus.
Eerstens verstaan herstellende geregtigheid misdaad as die leed wat mense en
gemeenskappe aangedoen word. Die regsisteem verloor maklik dié belangrike aspek uit
die oog, omdat dit meer fokus op reëls en wette. Omdat dit primêr wil seker maak dat
oortreders kry wat hulle verdien, word die slagoffers as sekondêr beskou. Herstellende
geregtigheid begin met die belang van slagoffers en hulle behoeftes. Dit poog om hierdie
leed so ver as moontlik te herstel. Alhoewel die eerste belang die leed is wat slagoffers
ervaar het, beteken dit ook dat die leed wat oortreders en gemeenskappe ly, aangespreek
moet word. Dit beteken dat die oorsaak van misdaad ook aangespreek sal moet word. Die
doel van herstellende geregtigheid is om genesing vir almal te bewerkstellig.
Tweedens word klem gelê op die oortreder se aanspreeklikheid en verantwoordelikheid.
As misdaad essensieël oor nadeel gaan, beteken aanspreeklikheid dat oortreders
aangemoedig moet word om dit te verstaan. Hulle moet begin om die gevolge van hulle
optrede te verstaan – wat verder beteken dat hulle ‘n verantwoordelikheid het om dinge
sover as moontlik reg te stel, beide konkreet en simbolies.
Derdens behels herstellende geregtigheid dat die primêre partye wat deur die misdaad
geaffekteer word, - slagoffers, oortreders en lede van die gemeenskap, ‘n belangrike rol in
die regsproses gegee word. Hierdie sogenaamde rolspelers moet inligting omtrent mekaar
ontvang en behoort betrek te word in die besluit oor wat geregtigheid in ‘n spesifieke geval
moet behels.
2.2
HERSTELLENDE GEREGTIGHEID VERSUS RETRIBUSIE
Herstellende geregtigheid is gebaseer op ‘n anderste siening van die Strafreg deur ‘n
herstellende lens.
Waar die Strafreg misdaad as ‘n oortreding van ‘n wet of die
Gemenereg beskou en sodoende die staat benadeel, beskou herstellende geregtigheid
misdaad as ‘n benadeling van mense en verhoudings (Zehr 2002:21).
11
Ander aspekte wat Zehr (2002:21) in dié verband aantoon as verskille tussen die
konvensionele strafregsisteem (retribusie) en herstellende geregtigheid kan as volg
skematies aangedui word:
STRAFREG
HERSTELLENDE GEREGTIGHEID
Oortredings veroorsaak skuld
Oortredings skep verantwoordelikhede
Geregtigheid vereis dat die staat skuld
Geregtigheid betrek slagoffers, oortreders en
bepaal en straf oplê
lede van die gemeenskap in ‘n poging om
dinge reg te stel
Sentrale fokus:
Sentrale fokus:
Oortreders kry wat hulle verdien
Slagoffer se belange en die oortreder se
verantwoordelikheid om die nadeel te herstel
Alhoewel Zehr in die eerste uitgawe van sy boek, Changing Lenses – a New Focus for
Crime and Justice (1990), ‘n skerp onderskeid getref het tussen ‘n retributiewe raamwerk
van die strafregsisteem en ‘n herstellende benadering tot geregtigheid, het hy later (Zehr
2002:58) tot die besef gekom dat so ‘n polarisasie ietwat misleidend mag wees. Dit was na
aanleiding van die regsfilosoof Conrad Brunk (Brunk 2001:31-56) se argument dat op ‘n
teoretiese en filosofiese vlak is retribusie en herstel nie die teen-pole is wat ‘n mens soms
aanvaar dit is nie. Hulle het inderwaarheid baie ingemeen. ‘n Primêre doel van beide
teorieë is om regverdigheid deur wederkerigheid daar te stel. Hulle verskil egter in dit wat
elkeen voorstel effektiewelik die balans sal herstel (Zehr 2002: 58).
Retribusie is gegrond op die idee dat ‘n oortreder ‘n onregverdige voordeel behaal het deur
‘n misdaad te pleeg wat slegs reggestel kan word deur die toediening van straf. Dit verskil
egter van blote weerwraak – straf word toegepas binne streng beperkings – slegs skuldiges
verdien straf en dit is slegs geregverdig as dit die verdiende lyding toedien (Roche 2007:
78). Dit mag egter in die praktyk baie keer teenproduktief wees vir beide die slagoffer en
die oortreder (Zehr 2002:59). Zehr voer verder aan dat wat regtig geregtigheid daarstel, is
erkenning van die slagoffer se leed en behoeftes tesame met ‘n poging om oortreders aan
te moedig om verantwoordelikheid te neem vir hulle dade en om onreg reg te stel en die
oorsake van hulle optrede aan te spreek (Zehr 2002:59).
12
Deur retribusie en restorasie as wedersyds uitsluitend te beskryf, verminder dit ook die
moontlikheid om gemeenskaplike belange tussen die aanhangers van die twee posisies te
ondersoek.
Dit verberg ook die retributiewe elemente wat deel mag wees van ‘n
herstellende geregtigheid benadering (Zehr 2005: 272).
Volgens Zehr (2005: 272) moet die twee benaderings eerder gesien word as punte op elke
end van ‘n meter. Soms sal die meter meer na die wetlike kant beweeg en somtyds meer
na die herstellende geregtigheid kant. Die ideaal volgens hom sal ‘n sisteem wees wat
basies
restoratief is met minder restoratiewe opsies wat beskikbaar is as meer
restoratiewe opsies nie slaag nie en duidelik ontoepaslik is (Zehr 2005: 273).
2.3
DEFINISIES VAN HERSTELLENDE GEREGTIGHEID:
Definisies van herstellende geregtigheid omvat onder andere die volgende:
“Restorative Justice is a process to involve, to the extent possible, those who have a stake
in a specific offence and to collectively identify and address harms, needs and obligations,
in order to heal and put things as right as possible” (Zehr 2002: 37).
“Any process in which the victim and the offender, and, where appropriate, any other
individuals or community members affected by a crime, participate together actively in the
resolution of matters arising from the crime, generally with the help of a facilitator.
Restorative processes may include mediation, conciliation, conferencing and sentencing
circles “(UN Basic Principles, 2002: Article 2).
Die Suid-Afrikaanse Wetgewer het reeds twee keer herstellende geregtigheid gedefinieer.
In die Wet op Proefdienste, Wet 116 van 1991 (soos gewysig deur Wet 35 van 2002) word
dit soos volg gedefineer:
“The promotion of reconciliation, restitution and responsibility through the involvement of a
child, and the child’s parents, family members, victims and the communities concerned.”
13
Die definisie in die Child Justice Act (Kindergeregtigheidswet), Wet 75 van 2008, lees soos
volg:
“Restorative Justice means an approach to justice that aims to involve the child offender,
the victim, the families concerned and community members to collectively identify and
address harms, needs and obligations through accepting responsibility, making restitution,
taking measures to prevent a recurrence of the incident and promoting reconciliation.”
(Artikel 1).
Wat uit bogenoemde definisies duidelik blyk is dat herstellende geregtigheid die idee
bevorder dat misdaad ‘n verbreking van verhoudings is eerder as ‘n oortreding van die reg
en dat daar eerder gefokus behoort te word op die herstel van die leed wat die slagoffers
en gemeenskap aangedoen is as om net te konsentreer op die straf van die oortreder.
2.4 HERSTELLENDE GEREGTIGHEID EN TRADISIONELE AFRIKA KONFLIK
BESLEGTINGSISTEME:
Informele geregtigheid en konflikbeslegting meganismes soos dit beoefen word deur baie
swart Suid-Afrikaanse inwoners, beide in plattelandse en stedelike gebiede, bevat
elemente van herstellende geregtigheid (Kgosimore 2002:71).
Skelton (2007:230) het sover gegaan om nege ooreenkomste te identifiseer tussen
tradisionele Afrika geregtigheidsprosesse en modern herstellende geregtigheidsprosesse.
Een van die belangrikste ooreenkomste is dat beide ten doel het om versoening te
bewerkstellig en vrede en harmonie in die gemeenskap te herstel.
Die beginsel van
“ubuntu”, word as ‘n belangrike beginsel in dié verband gebruik. Die beginsel word soos
volg beskryf:
“Ubuntu (a Zulu word) is a lifestyle or unifying world-view (or philosophy) of African
societies based on respect and understanding between individuals. Ubuntu has been
translated as “humaneness” and is derived from the expression: umuntu ngumuntu
ngabantu [a person is a person because other people/a person can only be a person
14
through others]. It envelops values of group solidarity, compassion, respect, human dignity,
conformity to basic norms and collective unity” (Anderson 2003:9).
Desmond Tutu beskryf die beginsel so:
“For ubuntu the summum bonum, the greatest good is communal harmony. Anger, hatred,
resentment all are corrosive of this good. If one person is dehumanized then inexorably we
are all diminished and dehumanized in our turn. A criminal offence has caused a breach in
relationship and the purpose of the penal process is to heal the breach, to restore good
relationships and to redress the balance. Thus, it is that we set out to work for reconciliation
between the victim and the perpetrator. There may be sanctions such as fines or short exile
but the fundamental purpose of the entire exercise is to heal” (Tutu : 2004).
Hy toon ook aan hoe Ubuntu verbind is aan die idee van vergifnis. In dié verband sê hy dat
om te vergewe nie net altruïsties is nie, maar dat dit die beste vorm van selfbelang is,
omdat vergifnis mense volharding leer wat hulle in staat stel om te oorleef en steeds
menslik te bly ten spyte van alle pogings om hulle te ontmenslik (Skelton 2007: 232).
‘n Ander belangrike ooreenkoms is dat beide gemeenskapsdeelname en -eienaarskap van
die proses voorstaan.
So ‘n sosiale deelname proses word sterk deur inheemse
regsisteme beïnvloed. In die verband het Elechi (2004:2) die volgende gesê:
“The African indigenous justice system is community based, human centered and employs
restorative and transformative principles in conflict resolution. Restorative justice is
negotiative and democratic; hence it empowers the community to mediate in conflicts.
Ideally, African indigenous justice systems provide opportunities for dialogue amongst the
victim, the offender, their families and friends, and the community. Conflict provides
opportunities for primary stake-holders to examine and bring about changes to the society’s
social, institutional and economic structure.”
In beide prosesse word restitusie en vergoeding as belangrik beskou. Tradisionele Afrika
konflik-beslegting berus op die idee dat daar vergoeding moet wees vir skade. Dit word
gedoen deur die onreg reg te stel en iets ekstra te betaal. Beide prosesse kan ook meer
simboliese vorms van restitusie inhou (Skelton
2007: 237).In dié verband verwys
Kgosimore (2002:71-72) na die volgende voorbeelde in die inheemse regsisteem.
15
“For example, the Thembu people of the Eastern Cape attain justice through practising a
philosophy of healing and reconciliation by placing the victim, the offender and the
community at the heart of the justice process ...Observation among the Ba-Venda people
was that medicine and sacrifice, in crimes that had less serious effect, could be used to
cleanse and heal the offender. In other instances, the offender was required to compensate
the injured party and then share in a ritual meal, in which all the people would eat one of
the animals imposed as a fine upon the offender, in public. The symbolic meaning of the
sharing in the meal was that the crime was expiated and the criminal readmitted into the
community.”
16
3. DIE ROL VAN HERSTELLENDE GEREGTIGHEID IN DIE SUID-AFRIKAANSE
STRAFREGSTELSEL.
3.1 INLEIDING:
‘n Herstellende geregtigheid-sisteem kan een van vier vorms aanneem t.o.v. die wyse
waarop dit met die konvensionele strafreg-sisteem in verhouding staan (Hargovan 2008:
27 met verwysing na Van Ness 2002:145-146).
a) ‘n Eenheidsmodel waar die herstellende sisteem die enigste beskikbare opsie is (Model
1).
b) ‘’n Dubbel-stroom of paralelle model waarin beide sisteme sy aan sy staan, maar waar
daar aangewese plekke is waar partye heen en weer tussen die twee strome kan
beweeg. ‘n Aparte herstellende geregtigheid-sisteem word geskep maar is verbind en
interafhanklik met die formele strafreg-sisteem (Model 2).
c) ‘n Veiligheidsnet-model waarin die herstellende geregtigheid-sisteem die basiese
reaksie op misdaad is, maar konvensionele prosesse beskikbaar is as dit benodig word
(bv. om skuld vas te stel waar dit in geskil is) (Model 3).
d) ‘n Hibriede model waar beide benaderings verbind is in ‘n enkele sisteem –
konvensionele prosesse word gevolg totdat skuld vasgestel is en dan verskuif dit na
herstellende prosesse (Model 4).
Die eerste en tweede modelle aanvaar dat herstellende geregtigheid by enige tipe misdaad
toepassing kan vind en in alle stadiums van die strafregsisteem gebruik kan word – dit verg
egter ‘n substansiële staatsbetrokkenheid om dit vir almal beskikbaar te maak. Die SuidAfrikaanse Child Justice Act is ‘n goeie voorbeeld van hierdie modelle. Die vierde model
mag toepaslik wees vir meer ernstige misdade en waar die beskuldigde skuld ontken.
Hierdie model skep die moontlikheid van herstellende geregtigheidsbenaderings by die
oplegging van vonnis soos
blyk uit die beslissings in ‘n aantal Hooggeregshof sake
(Hargovan 2008:27).
Onlangse ontwikkelings in Suid-Afrika dui daarop dat daar ‘n beweging is weg van ‘n
parallelle stroom waar herstellende geregtigheids inisiatiewe heeltemal onafhanklik van die
strafregsisteem funksioneer tot ‘n meer interafhanklike sisteem (soos in die tweede model
17
hierbo) waar herstellende geregtigheid benaderings toepassing mag vind op verskillende
stadiums van die strafregsisteem (Hargovan 2008:30).
Suid-Afrika is huidiglik op dié stadium waar die strafregsisteem tentatief begin het met die
eksperimentele toepassing van laasgenoemde model en daar is ‘n ontwikkelende
regspraak in dié verband. Huidige inisiatiewe in dié verband dui op ‘n benadering waar
gemeenskapsgebaseerde
nie-regeringsorganisasies
wat
herstellende
geregtigheids-
programme aanbied, vennootskappe met die strafregsisteem (Departement van Justisie,
Korrektiewe dienste, Maatskaplike Ontwikkeling en die Nasionale Vervolgingsgesag) sluit
(Hargovan 2008:31).
3.2
VERSKILLENDE
STADIUMS
WAAROP
HERSTELLENDE
GEREGTIGHEID
TOEPASSING VIND.
3.4.1 VOOR-VERHOOR STADIUM:
Volgens die Suid-Afrikaanse reg het aanklaers ‘n diskresie om te vervolg in elke
strafsaak – dit is hierdie diskresie wat huidiglik die grondslag vorm van alle voor-verhoor
afwending van sake uit die strafregsisteem (Skelton & Batley 2008:43). Die basiese
proses wat gevolg word is die volgende:
Die aanklaer identifiseer dié sake wat moontlik deur ‘n herstellende geregtigheidsproses opgelos kan word. Hy stel beide die oortreder en die klaer (slagoffer) in kennis
en die aangeleentheid word dan na ‘n toepaslike diensverskaffer (‘n Proefbeampte in
diens
van
die
Departement
van
Maatskaplike
gemeenskapsorganisasie) verwys vir verdere ondersoek.
Ontwikkeling
of
‘n
As dit na voorlopige
evaluering sou blyk dat die geval geskik is vir ‘n herstellende geregtigheids-proses, vind
fasilitering plaas en ‘n verslag word aan die hof verskaf.
Die saak word intussen
uitgestel in die hof totdat die proses voltooi is (Skelton & Batley 2008:43). Geen formele
pleit word genotuleer nie en alhoewel die oortreder verantwoordelikheid vir sy optrede
moet aanvaar, word die klagte teruggetrek en sy/hy het geen kriminele rekord nie
(Skelton & Batley 2008:44).
Herstellende geregtigheid kan ook toegepas word waar die aanklaer besluit dat die
saak nie teruggetrek gaan word nie en waar die oortreder skuldig pleit. Ingevolge ons
reg kan ‘n beskuldigde wat regsverteenwoordig is en die Vervolgingsgesag, ‘n
18
pleitooreenkoms aangaan ingevolge die bepalings van Artikel 105 A van die
Strafproseswet, Wet 51 van 1977 (Skelton & Batley 2008:44).
Die aanklaer is verplig om met die slagoffer van die misdaad te konsulteer en die
betoning van restitusie aan die slagoffer word spesifiek bepaal as ‘n moontlike
voorwaarde wat gestel kan word. As die slagoffer ontvanklik is vir dié idee, kan ‘n
herstellende geregtigheids proses plaasvind vóór die pleit en vonnis ooreenkoms en die
uitslag daarvan kan genotuleer word in die ooreenkoms (Skelton & Batley 2008:44).
Die voordeel van hierdie proses is dat die slagoffer direk betrokke is by die proses
sonder dat hy hoef te getuig in ‘n verhoor.
Die Child Justice Act, Wet 75 van 2008 maak afwending van sake ‘n sentrale aspek van
die kindergeregtigheid-sisteem. Die doel van die Wet is onder andere om die gees van
ubuntu in die kindergeregtigheid-sisteem te bevorder en om versoening te bevorder
deur middel van ‘n herstellende geregtigheids- benadering (Artikel 2). Van die
afwending opsies waarvoor in die Wet voorsiening gemaak word, is die volgende:
-
‘n Familiegroep konferensie word belê wat ‘n informele prosedure is om die
oortreder kind en die slagoffer bymekaar te bring, ondersteun deur hulle families en
ander gemeenskapslede, om ‘n plan te ontwikkel oor hoe die kind die gevolge van
die misdaad kan herstel (Artikel 61).
-
Slagoffer-oortreder mediasie, wat ‘n informele proses is met die doel om die kind wat
na bewering ‘n misdaad gepleeg het en die slagoffer bymekaar te bring sodat ‘n plan
uitgewerk kan word hoe die kind die gevolge van die misdaad kan hanteer (Artikel
62).
-
Simboliese restitusie aan ‘n spesifieke persoon of groep persone of ‘n gemeenskap
of welsynsorganisasie (Artikel 53 (3) (l)).
-
Restitusie van ‘n spesifieke voorwerp aan ‘n gespesifiseerde slagoffer van ‘n
misdaad waar dit wel moontlik is (Artikel 53 (3)(m)).
19
-
Betaling van vergoeding aan ‘n spesifieke persoon of groep persone of
“gemeenskaps- of welsynsorganisasie” waar die kind of sy familie in staat is om dit
te doen (Artikel 53 (3) (p)).
Artikel 59 van die Wet bepaal uitdruklik dat indien ‘n afwendingsbevel suksesvol aan
voldoen is, mag ‘n vervolging op dieselfde feite nie ingestel word teen so ‘n kind nie en
stel so ‘n bevel ook nie ‘n vorige veroordeling vir só ‘n kind daar nie.
3.2.2 VÓÓR-VONNIS EN VONNIS STADIUM:
Die volgende stadium waar herstellende geregtigheid toepassing kan vind, is by die
oplegging van vonnis. Nadat ‘n persoon skuldig bevind is, kan ‘n hof enige inligting
versoek wat sal bydra om ‘n geskikte vonnis te bepaal (Artikel 274 van die
Strafproseswet, Wet 51 van 1977). ‘n Vóór-vonnis verslag kan aangevra word vanaf ‘n
maatskaplike werker en as ‘n herstellende geregtigheids-proses deurloop word en die
deelnemers ‘n ooreenkoms bereik, kan dit deel vorm van die vonnisaanbevelings aan
die hof (Skelton & Batley 2008:44).
Dat herstellende geregtigheid ‘n al groter rol begin speel by hierdie stadium van die
strafregproses, word bevestig in die volgende uitsprake van ons Hoogeregshowe.
In Staat v Shilubane 2008 (1) SASV 295 (TPD) het regter Bosielo die volgende gesê in
verband met herstellende geregtigheid (op bl 297 para 4):
“The accused herein stole seven fowls from the complainant, which according to his
admissions, he cooked. Self-evidently the loss to the complainant amounts to R216,16
which is the value of the seven fowls reflected on the charge-sheet. I have little doubt in
my mind that, in line with the new philosophy of restorative justice, the complainant
would have been more pleased to receive compensation for his loss. An order of
compensation coupled with a suspended sentence would, in my view, have satisfied the
basic triad and the primary purposes of punishment.”
In Staat v Maluleke 2008 (1) SASV 49 TPD het regter Bertelsman klem gelê op die
belangrikheid en relevansie van herstellende geregtigheid in Suid-Afrika.
20
In dié spesifieke saak is ‘n vrou wat skuldig bevind is aan moord op ‘n man wat by haar
huis ingebreek het, gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf wat opgeskort is op sekere
voorwaarders – onder andere dat sy volgens die gebruik van haar gemeenskap die
moeder van die oorledene en haar familie om verskoning moes vra, binne ‘n maand na
vonnisoplegging. In die loop van sy uitspraak maak die regter die volgende opmerkings
met betrekking tot herstellende geregtigheid:
“The particular circumstances of this case created the opportunity to introduce the
principles of restorative justice into the sentencing process.
Restorative justice has been developed by criminal jurists and social scientists as a new
approach to dealing with crimes, victims and offenders. It emphasises the need for
reparation, healing and rehabilitation rather than harsher sentences, longer terms of
imprisonment, adding to overcrowding in jails and creating greater risks of recidivism.
While improving the efficiency of the criminal justice system is necessary, applying
harsher punishment to offenders has been shown internationally to have little success in
preventing crime. Moreover, both these approaches are flawed in that they overlook
important requirements for the delivery of justice, namely
•
considering the needs of victims;
•
helping offenders to take responsibility on an individual level; and
•
nurturing a culture that values personal morality and encourages people to take
responsibility for their behaviour.
Considering that crime rates in South Africa remain high and that government’s focus
appears to be on punishment rather than justice, a different approach is needed.”
(Paragraaf [25]-[26] Bl 52).
“Restorative justice in South Africa is still in its infancy. Anecdotal evidence exists of
successful pilot projects that have been launched to help offenders to take responsibility
for their actions and to begin a reconciliation process with the victims, such as the
project at the Rooigrond Prison in the North West Province, where rape offenders
sentenced to long terms of imprisonment were reconciled with their victims and a
healing process was thereby started. The victims and the offenders met within the
confines of the prison after advance counselling.
The offenders apologised to the
21
victims in an effort to enable the latter to find closure of the relevant incident and its
consequences. Acceptance of the apology should encourage the offenders in their
rehabilitation.” (Paragraaf [31] Bl 53-54).
“It is obvious that restorative justice cannot provide a single and definitive answer to all
of the ills of crime and its consequences. Restorative justice cannot ensure that society
is protected against offenders who have no wish to reform, and who continue to
endanger our communities.
But on the other hand restorative justice, properly considered an applied, may make a
significant contribution in combating recidivism by encouraging offenders
to take
responsibility for their actions and assist the process of their ultimate reintegration into
society thereby.
In addition, restorative justice, seen in the context of an innovative approach to
sentencing, may become an important tool in reconciling the victim and the offender,
and the community and the offender.
alternatives to imprisonment.
It may provide a whole range of supple
This would ease the burden on our overcrowded
correctional institutions.” (Paragraaf [32]-[34] Bl 54)
Dat hierdie benadering van herstellende geregtigheid ook by die Hoogste Hof van Appèl
aanklank gevind het, blyk uit die onlangse beslissing van Staat v Matyityi 2011 (1)
SASV 40 waarin appèlregter Ponnan die volgende te sê het oor die belang van
herstellende geregtigheid.
“An enlightened and just penal policy requires consideration of a broad range of
sentencing options, from which an appropriate option can be selected that best fits the
unique circumstances of the case before court. To that should be added, it also needs
to be victim-centred. Internationally the concerns of victims have been recognised and
sought to be addressed through a number of declarations, the most important of which
is the UN Declaration of the Basic Principles of Justice for Victims of Crime and Abuse
of Power. The declaration is based on the philosophy that adequate recognition should
be given to victims, and that they should be treated with respect in the criminal justice
system.
In South Africa victim empowerment is based on restorative justice.
22
Restorative justice seeks to emphasise that a crime is more than the breaking of the law
or offending against the State – it is an injury or wrong done to another person. The
Service Charter for Victims of Crime in South Africa seeks to accommodate victims
more effectively in the criminal justice system.
As in any true participatory democracy
its underlying philosophy is to give meaningful content to the rights of all citizens,
particularly victims of sexual abuse, by reaffirming one of our founding democratic
values, namely human dignity. It enables us, as well, to vindicate our collective sense
of humanity and humanness. The charter seeks to give to victims the right to participate
in and proffer information during the sentencing phase. The victim is thus afforded a
more prominent role in the sentencing process by providing the court with a description
of the physical and psychological harm suffered, as also the social and economic effect
that the crime had and, in future, is likely to have. By giving the victim a voice the court
will have an opportunity to truly recognise the wrong done to the individual victim.”
(Paragraaf [16] Bl 48-49).
In die Child Justice Act, Wet 75 van 2008, word herstellende geregtigheid by
vonnisoplegging ook
aangemoedig.
Ingevolge Artikel
73, mag die hof
‘n
aangeleentheid verwys na ‘n familie-groep konferensie, vir slagoffer-oortreder mediasie
of vir enige ander herstellende geregtigheidsproses wat in ooreenstemming is met die
definisie van herstellende geregtigheid.
3.4.2
NÁ-VONNIS STADIUM:
‘n Herstellende geregtigheids proses kan ook begin word waar ‘n oortreder ‘n vonnis
van gevangenisstraf of korrektiewe toesig uitdien.
Alhoewel so ‘n proses geen
uitwerking op die vonnis as sulks kan hê nie, mag dit ‘n besluit met betrekking tot parool
beïnvloed. Die klem in só ‘n geval sal meer lê op die antwoord van slagoffers se vrae
en om te help met die proses van genesing as op restitusie en diens aan die slagoffer
(Skelton & Batley 2008:45). Die Departement van Korrektiewe Dienste het in 2001
reeds herstellende geregtigheid as ‘n benadering aanvaar en in 2007 is ‘n spesifieke
beleid oor herstellende geregtigheid goedgekeur (Skelton & Batley 2008: 45).
3.5
GEVOLGTREKKING:
23
Uit bogenoemde beskrywing blyk dit duidelik dat herstellende geregtigheid ‘n al groter rol
begin speel in die Strafregstelsel. Dit bevorder ‘n nuwe manier om geregtigheid te laat
geskied. Dit behoort nie bloot as ‘n “program” beskou te word nie en moet ook nie beperk
word tot ‘n afwending van of ‘n alternatief tot die strafregstelsel nie.
Dit demonstreer
duidelik hoe herstellende geregtigheid effektief toegepas kan word op elke stadium van die
strafregstelsel, soms as ‘n alternatief en soms as ‘n bruikbare tegniek binne-in of parallel
aan die strafregstelsel (Skelton & Batley 2008: 49).
24
4. HERSTELLENDE GEREGTIGHEID EN DIE BYBEL:
4.1
INLEIDING:
As ‘n mens na die Bybel gaan kyk moet ‘n mens aanvaar dat beide herstellende
geregtigheid en retribusie deel is van geregtigheid (CSRJ: 2005:17).
Sommige
herstellende geregtigheid voorstanders beskou die Bybel as eksklusief retributief terwyl
ander weer dit as uitsluitlik restoratief beskou (Burnside 2007:132).
Om by ‘n Bybelse verstaan van geregtigheid uit te kom is egter nie maklik nie. Daar is ‘n
geweldige hoeveelheid inligting beskikbaar en die data is ook baie divers. Verskillende
skrywers spreek verskillende historiese omstandighede aan en hulle neem soms
verskillende standpunte in oor wat geregtigheid behels (veral met betrekking tot kriminele
geregtigheid) (Marshall 2005:3). Verder moet dit ook in gedagte gehou word dat ‘n Bybelse
nadenke oor geregtigheid plaasvind binne ‘n groter kulturele en godsdienstige raamwerk
wat in baie opsigte heeltemal verskil van dié van die huidige sekulêre gemeenskap waarin
ons, ons bevind (Marshall 2005:3).
Geregtigheid is egter een van die onderwerpe wat die meeste voorkom in die Bybel. Die
Hebreeuse en Griekse woorde vir geregtigheid (mishpat, sedaqah, dikaiosune, krisis) kom
meer as ‘n 1000 keer in die Bybel voor (Marshall 2005:10-11).
In die Ou Testament sluit die begrip reg ook geregtigheid in . Dit gebeur gereeld in die Ou
Testament dat die woorde “geregtigheid” (sedeqah) en “reg” (mishpat) saam voorkom met
byna identiese betekenisse bv.
“Kyk ‘n koning sal regeer in geregtigheid en die vorste sal heers volgens reg” Jesaja 32:1
(1953 vertaling).
Geregtigheid in die Bybel sluit dus die idee in van die doen wat reg is en om reg te doen
dra die idee oor van regmaak wat verkeerd gegaan het, van die herstel van dinge na ‘n
staat van “heelheid” of geregtigheid (Marshall 2005:12).
4.2 ENKELE GRONDSLAE VAN BYBELSE GEREGTIGHEID:
4.2.1 Shalom
25
Shalom is die Hebreeuse word vir “vrede”. Hierdie vrede is egter nie ‘n genoegsame
woord vir al die betekenisse daarvan nie. Volgens Perry B. Yoder (1987:10-16) het die
woord drie betekenisse:
Shalom word in die eerste plek die meeste gebruik vir mense se materiële fisiese
omstandighede. In verskeie verwysings in die Bybel bv. Gen. 28:21 en 2 Sam 15:27
verwys Shalom na dinge of mense soos hulle behoort te wees. Shalom verwys dus na
‘n staat van wel-wese waar alles reg is. Dit kan ook verwys na voorspoed en oorvloed.
Shalom is dus ‘n positiewe begrip en word verder gekenmerk deur die afwesigheid van
fisiese dreigemente soos oorlog en siekte (Yoder 1987:11-13).
Die tweede betekenis het te doen met sosiale verhoudings. God bedoel dat mense in ‘n
regte verhouding met mekaar en met Hom sal lewe. Dit beteken dat daar ook ‘n noue
verband tussen geregtigheid en Shalom is, bv. in Jesaja 60:17-18. Hier word gepraat
van die einde van intense geweld en onderdrukking.
Sosiale ongeregtigheid word
gesien as die teenoorgestelde van Shalom (Yoder 1987:13-15).
Die derde betekenis van Shalom het te doen met die toepassing daarvan op die morele
en etiese aspekte van die lewe. In hierdie sfeer beteken Shalom dat daar gestreef word
daarna dat bedrog en skynheiligheid uitgeroei word en dat eerlikheid, integriteit en
openhartigheid bevorder word (Yoder 1987:15-16).
Uit bogenoemde is dit duidelik dat Shalom aandui hoe God wil hê dat dinge moet wees.
God wil hê mense moet in ‘n staat van wel-wese in die materiële wêreld lewe, in
interpersoonlike sosiale en politieke verhoudings en met betrekking tot hulle persoonlike
karakter.
4.2.2 Verbond
Die grondslag van Shalom in die Bybel is die idee van die verbond. In die Bybelse
mileu was ‘n verbond ‘n bindende ooreenkoms tussen twee partye. Die kern van die
Bybelse verhaal is die verbond wat God met Israel gesluit het. ‘n Verbond impliseer ‘n
persoonlike verhouding tussen die partye en sekere wederkerige verantwoordelikhede
en verbintenisse (Zehr 2005:133). In die Ou Testament was die fundamentele daad
van bevryding wat die raamwerk vir die verbond daargestel het en die basis gevorm het
26
van Shalom, die Israeliete se eksodus uit die slawerny van Egipte. Die nuwe daad van
bevryding deur die lewe, sterwe en opstanding van Christus het dié basis gevorm van ‘n
“nuwe” verbond, ‘n nuwe manier om saam te lewe (Zehr 2005:134).
Die voorwaardes van die verbondsverhouding word uiteengesit in die Torah, die Wet
wat aan Moses gegee is op Sinai berg. Hierdie wet bepaal wat nodig is vir Israel om ‘n
Shalom lewe te lewe (Marshall 2005:14). Vrede en geregtigheid sal die gevolg wees as
Israel lojaal is in hulle verhouding tot God deur volgens Sy wette te lewe. Bybelse
geregtigheid is derhalwe verbonds-geregtigheid (Marshall 2005:14-15).
4.2.3 Torah
Torah beteken eintlik “onderrig”, dit is die wyse waarop God onderrig in geregtigheid.
Bybelse reg bevat baie wetlike vereistes en beslissings, net soos die moderne reg,
alhoewel Bybelse reg ‘n meer opvoedkundige doel het. Anders as moderne reg, wat
soms net gerig is op regsspesialiste, is die Bybelse reg gerig op die hele gemeenskap
en spel dit in eenvoudige terme uit hoe die lewe in ‘n verbondsverhouding met God daar
behoort uit te sien (Marshall 2005:15).
Die fundamentele aspekte van die verbondsreg kom voor in die Tien Gebooie wat die
buitelyne daarstel van gedrag wat ooreenkom met verbondslidmaatskap. Hierdie kern
beginsels word dan elders in konkrete, sosiale wetgewing beliggaam. Soms is dit in die
vorm van algemene wette wat sekere optrede in die algemeen verbied of beveel en
soms is dit in die vorm van spesifieke wette wat spesifieke of individuele situasies
aanspreek (Marshall 2005:16).
Dit blyk dat ‘n mens hier nie te doen het met ‘n reeks streng regulasies wat letterlik in
elke situasie toegepas moes word nie. Die diverse bepalings wat die Torah uitmaak,
moet eerder verstaan word as verteenwoordigende voorbeelde van regsargumente wat
oor ‘n tyd opgebou is in verskillende omstandighede, waaruit riglyne afgelei kan word vir
ander omstandighede. Regters het ‘n wye diskresie gehad en het ag geslaan op die
geskrewe Torah, maar ook op presedente, omstandighede en die mondelinge tradisie.
Die doel was om reg te laat geskied en nie net wetgewing
(Deuteronomium 16:18-20; 17:8-13) (Marshall 2005:16).
af te dwing nie
27
4.3 BYBELSE GEREGTIGHEID IN DIE OU TESTAMENT:
4.3.1 ‘n Karaktertrek van God
Die Bybelskrywers beskou geregtigheid as ‘n persoonlike karaktertrek van die God van
Israel. In Deuteronomium 32:4 word dit só beskryf:
“Hy is die Rots, sy werk is volmaak,
Alles wat Hy doen, is regverdig.
Hy is die getroue God,
Sonder onreg,
Hy is regverdig en betroubaar.”
Geregtigheid behoort tot die wese van God. Dit is nie iets waarna God strewe nie, maar
dit behoort tot die hart van wie God is en wat Hy doen. (Jesaja 24:16; 30:18; 45:21)
(Marshall 2005:22).
In Jeremia 9:24 verklaar God:
“Ek is die Here,
Ek bewys liefde, reg en geregtigheid op die aarde,
want dit is wat Ek wil hê, sê die Here.”
Die feit dat geregtigheid en reg met God geassosieer word en derhalwe met wat “goed”
is, beteken dat ware geregtigheid kant kies as dit kom by “goed” en “kwaad” (Burnside
2007:134). Geregtigheid is dus partydig in die sin dat dit altyd dit wat God as “goed”
beskou handhaaf en dat dit die “kwaad” teenstaan. Een van die betekenisse van die
Hebreeuse woord vir geregtigheid (mishpat) sluit ook die begrip “oordeel” in.
Geregtigheid is onderworpe aan God se bedoeling om dit te bewerkstellig deur dade
van oordeel (Burnside 2007:134). God se behae in die goeie en sy teenstand teen die
kwaad ontlok ‘n reaksie in die vorm van retribusie. Terselfdertyd beteken dit dat wat
uiteindelik begeer word, die herstel tot die goeie is soos God dit oorspronklik bedoel het
(Burnside 2007:134).
Hier sien ‘n mens reeds die interaksie tussen retribusie en
restorasie. Ons kennis van geregtigheid ontstaan dus ten diepste uit ons kennis van
God en daar kan geen ware kennis van God wees sonder ‘n verstaan van God se
onvoorwaardelike toewyding aan geregtigheid nie (Marshall 2005:25).
4.3.2 Om agente van God se geregtigheid te wees
28
In die Bybelse skeppingsverhale is dit slegs mense wat na die beeld van God geskep is.
Mense is geskep as verteenwoordigers van God (Gen. 1:26-27). Deur mense moet
God se liefdevolle heerskappy sigbaar gemaak word op die aarde. Omdat God ‘n God
van geregtigheid is, moet die mense, wat God se beeld is, ook agente van geregtigheid
wees (Marshall 2005:26).
Sonde het die mens se vermoë aangetas om die waarheid omtrent God te ken en
regverdig te lewe. Twis, geweld en korrupsie het in die menslike gemeenskap ‘n houvas
gekry (Gen. 4:1-16). Maar God se verlossende optrede wat begin by die roeping van
Abraham en die verkiesing van Israel, is daarop gemik om die mens terug te bring na sy
skeppingsdoel.
In God se verlossende aktiwiteit teenoor Israel word die aard van
Goddelike geregtigheid weer sigbaar en word die mens wat daardeur aangeraak word,
beveel om dit te doen wat hulle gesien het (Levitikus 11:45) (Marshall 2005:26).
“Die Here jou God, Hy alleen is God, Die Here, die groot God,
die Magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en
ook nie omkoopgeld aanneem nie. Hy laat reg geskied aan die weeskind en die
weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere.
Jy moet ook die vreemdelinge liefhê, want jy was self ‘n vreemdeling in Egipte
(Deuteronomium 10:17-19).
Ware kennnis van God behels nie net ‘n waardering van God se toewyding tot
geregtigheid nie, maar ook ‘n verbintenis om ‘n mens se persoonlike lewe te leef in
ooreenstemming met God se geregtigheid (Jeremia 9:24) (Marshall 2005:27).
4.3.3 Geregtigheid as hoop
Alhoewel die hede gekenmerk word deur kwaad en ongeregtigheid is daar altyd hoop
vir positiewe verandering, omdat God die bron van geregtigheid is en altyd betroubaar
is (Marshall 2005:28).
“Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God
van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op
die Here, sy God
... Hy laat reg geskied aan die verdruktes ...” (Psalm 146:5-7).
29
Die volle openbaring van geregtigheid bly die objek van hoop – dit is iets wat nog
gesien moet word. Dit het twee belangrike implikasies (Marshall 2005:28-29):
-
Elke menslike poging om geregtigheid mee te bring is onafwendbaar beperk. Daar
is altyd ruimte vir kritiek en ‘n behoefte aan verbetering.
-
Ongeregtighede in die hede moenie net aanvaar word as onafwendbaar nie. Ons
moet, in samewerking met God, onophoudelik strewe na geregtigheid hier en nou in
die wete dat God uiteindelik ons pogings sal gebruik in die vernuwing van die
skepping. God se komende geregtigheid is die volvoering van die menslike strewe
na groter geregtigheid hier en nou (Marshall 2005:29).
4.3.4 Geregtigheid as primêre verpligting
Geregtigheid gebeur nie vanself nie. Dit vereis toewyding en stryd omdat daar in elke
gemeenskap magte en kragte aan die werk is wat strukture van uitbuiting en
onderdrukking in stand wil hou (Marshall 2005:29). Die nastrewing van geregtigheid is
só krities vir die profete dat alle ander vorme van verering van God, selfs dié wat deur
die Wet vereis word, leeg is in die afwesigheid van ‘n strewe na geregtigheid (Marshall
2005:29).
“Ek haat, Ek verafsku julle feeste,
Ek het niks aan julle feestye nie.
Al bring julle vir my brandoffers en graanoffers,
dit is nie vir My aanneemlik nie,
en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffers van vetgevoerde kalwers nie.
Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing;
Ek wil nie harpmusiek hoor nie !
Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom,
laat dit aanrol soos watergolwe,
soos ‘n standhoudende stroom.” (Amos 5:21-24)
Vir die profete is heiligheid nie net ‘n kwessie van afgesonderd leef as God se
uitverkore volk nie, maar is die kenmerk van heiligheid, ‘n lewenswyse van geregtigheid.
Heiligheid beteken dus heelheid sowel as afsondering (Marshall 2005:32).
30
4.3.5 ‘n Verbintenis tot optrede
Soos reeds aangedui is geregtigheid in die Bybel nie ‘n abstrakte filosofiese idee nie,
maar ‘n beskrywing van hoe God is, hoe Hy teenoor die wêreld optree (Marshall
2005:32). Daarom is dit nie ‘n statiese ideaal nie, maar val die klem op positiewe
optrede, om die uitoefening van mag, om die onderdrukker teen te staan en die
verdrukte vry te stel. Bybelse geregtigheid is meer as die bewaring van wet en orde juis
omdat wette onregverdig kan wees en orde deur geweld instand gehou kan word.
Daarkom vereis dit ‘n aktivistiese ingryping om te “sorg dat daar elke dag reg geskied,
red die mens wat beroof word uit die mag van die uitbuiter” (Jeremia 21:12) (Marshall
2005:33).
4.3.6 Geregtigheid gaan oor verhoudings
Geregtigheid gaan altyd oor verhoudings. Daar is baie min van die moderne abstrakte
beskouing van geregtigheid in die Bybel (CSRJ 2005:20). Geregtigheid het te doen met
God se verhouding met die mens en met die wêreld en met mense se verhoudings tot
mekaar en tot die hele skepping (Marshall 2005:35). Die taal van geregtigheid kom
dikwels voor in verbond sluitende kontekste, want vir Israel was “verbond” die begrip
wat gebruik is vir toegewyde verhoudings.
Geregtigheid in hierdie sin is dus die
heelhartige verbintenis van beide partye tot die verbondsverhouding (Marshall 2001:47).
Geregtigheid kan dus gemeet word aan die mate waarin mense hulle verpligtinge
nakom om in ‘n verhouding te leef wat die gelyke eer en regte van ander bevorder
(Marshall 2005:36).
God se geregtigheid beteken dan dat God getrou bly aan die
verbondsverhouding met Israel, selfs as Israel ontrou aan hierdie verhouding optree
(Marshall 2005:36).
Die verhoudings-aard van Bybelse geregtigheid help ‘n mens ook om te verstaan
hoekom daar vir die Bybelskrywers geen teenstrydigheid bestaan tussen geregtigheid
en genade nie
(Marshall 2005:37).
Ons dink baie keer aan genade as die
teenoorgestelde van geregtigheid. Om dus genade aan ‘n oortreder te betoon, beteken
dus om die straf wat hom sou toekom, op te skort of nie in ag te neem nie. Dit is egter
slegs ‘n problem as ‘n mens geregtigheid in streng wettiese terme verstaan. As dit
egter verstaan word in terme van die herstel van gesonde verhoudings, dan is genade
soms die beste manier om dit te bewerkstellig (Marshall 2005:37).
31
4.3.7 ‘n Herstellende (restoratiewe) aktiwiteit
Waar bewerings teen mense in die hof gemaak word (ook die armes) vereis Bybelse
wette dat die regsisteem alle partye onpartydig behandel. Dit is noodsaaklik vir die
vasstelling van skuld. As dit eers bepaal is, is die fundamentele doel van die Bybelse
regsisteem om te herstel wat deur die oortreding beskadig is (Marshall 2005:45).
Restorasie word vereis op verskeie vlakke – herstel van die heelheid van die slagoffer,
herstel van die oortreder tot sy regte plek in die gemeenskap en herstel van die breër
gemeenskap tot vrede en vryheid van vrees, sonde en benadeling (Marshall 2005:45).
Die oorkoepelende tema hier is dus restorasie. God is daarop uit om verhoudings te
herstel ten opsigte van almal wat sy aanbod aanvaar. As deel van sy herstellende
inisiatief erken hy ook geregtigheid in die retributiewe sin (CSRJ 2005:22).
4.3.8 Die verhouding tussen retribusie en herstellende geregtigheid
Geregtigheid behoort aan God.
Dit word duidelik in bv. Deuteronomium 32:25
uitgedruk:
“Ek straf en Ek vergeld
op die dag as hulle voete gly.
Die dag van hulle ondergang is naby,
wat oor hulle besluit is kom gou.”
(CSRJ 2005:23)
Ook in Psalm 94:1-2 word hierdie aspek van God as die waarborg van reg en
geregtigheid bevestig:
“Here God wat onreg straf.
U wat onreg straf, verskyn tog!
Kom, Regter van die aarde,
reken af met die mense
wat hulle teen U verhef.”
Retribusie, in die Bybelse sin behels twee aspekte. Albei word afgelei van die Latynse
woord vindicare. Eerstens behels dit regverdiging (of handhawing) m.a.w. geregtigheid
32
handhaaf die eis van die slagoffer.
Die ander aspek het te doen met straf.
Geregtigheid vereis dus beide die handhawing van die slagoffer en die straf van die
oortreder (CSRJ 2005:23).
Die volgende is spesifieke Bybelse voorbeelde van die verhouding tussen retribusie en
herstellende geregtigheid:
4.3.8.1
Fisiese Aanranding:
In Eksodus 21:18-19 word die volgende gesê:
“Wanneer mans aan die stry raak en die een slaan die ander
met ‘n klip of met die vuis sonder om hom dood te slaan,
moet die slaner nie gestraf word nie.
As die man wat geslaan is, egter in die bed moet bly en
eers later kan opstaan en met ‘n kierie buite kan rondloop,
moet die slaner hom vergoed vir die tyd wat hy nie kon
werk nie en vir hom sorg tot hy behoorlik gesond is.”
Die interessante hier is dat die aanrander ‘n plig het om toe te sien dat sy slagoffer
“behoorlik gesond is.” Die retributiewe “straf” is dus gemik op restorasie in die volle
sin van die woord (Burnside 2007:138). Die slagoffer moet dus herstel word na sy
oorspronklike posisie so ver as wat dit moontlik is. Die verpligting is dus nie om
bloot ‘n boete of skade te betaal nie. As die slagoffer bv. ‘n plaasarbeider was en
nou as gevolg van die besering nie in staat is om te werk nie, sou die mees
natuurlike ding wees dat die oortreder sy seun sou stuur om in die slagoffer se plek
te gaan werk of om anders iemand te stuur om na “hom om te sien” (Burnside
2007:138). Dit kontrasteer sterk met ons moderne “vergoedings kultuur” waarin
geld gegee word instede daarvan om die situasie te herstel. In Bybelse reg is die
doel restorasie en nie vergoeding nie (Burnside 2007:138).
4.3.8.2 Diefstal:
In Eksodus 22:1-4 word die situasie geskets as daar diefstal gepleeg word:
“Wanneer ‘n man ‘n bees of skaap steel en dit slag of verkoop,
33
moet hy vyf beeste terugbetaal
vir die bees en vier stuks kleinvee vir die skaap.
As die gesteelde goed lewend in sy besit gevind word,
moet hy dit dubbel vergoed.
Of dit nou beeste, donkies of skape is.
‘n Dief moet ten volle vir sy diefstal vergoed.
As hy niks besit nie, moet hy vir die waarde van
die gesteelde goed verkoop word.”
Die voorbeeld van meervoudige restitusie is dat die slagoffer nie net in dieselfde
posisie geplaas word as wat hy was voor die misdaad gepleeg is nie, maar dat dit
hom in ‘n beter finansiële posisie plaas as tevore. Weer eens is die retribusie (die
terugbetaling) gemik op restorasie (Burnside 2007:139).
4.3.8.2 Die Lex Talionis: (“’n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand”)
Die rede waarom sommige herstellende geregtigheidspraktisyns, retribusie in ‘n
negatiewe lig beskou, is deels te wyte aan ‘n misverstaan van hierdie beginsel
(Burnside 2007:139). Die beginsel kom drie keer voor in die Mosaïse wette nl. in
Eksodus 21:20-25; Levitikus 24:19-22 en Deuteronomium 19:18-21. In Levitikus
24:19-22 word dit só beskryf:
“As iemand ‘n medemens beseer,
moet aan hom presies dieselfde gedoen word:
As hy iemand se been gebreek het, moet sy been ook gebreek word;
as hy iemand se oog beskadig het, moet sy oog ook beskadig word;
as hy iemand se tand uitgeslaan het,
moet sy tand ook uitgeslaan word.
Daar moet aan hom gedoen word wat hy aan sy medemens gedoen het.
As iemand ‘n ander se dier doodmaak,
moet hy dit vervang, maar as iemand ‘n moord pleeg,
moet hy die doodstraf kry”.
Dit is belangrik om te verstaan dat, anders as die populêre persepsie, die lex talionis
nooit bedoel was om weerwraak goed te keur nie.
Weerwraak word spesifiek
34
verbied in die Bybelse reg (Levitikus 19:18). Die lex talionis het ‘n tweevoudige doel
gehad deur aan die een kant die destruktiewe gevolge van retribusie te beperk en
aan die ander kant voorsiening te maak vir ‘n ewewigtige basis vir restitusie in
gevalle van persoonlike besering (Marshall 2001:80).
Die “oog vir oog” beginsel was ‘n proporsionele beginsel; slegs ‘n oog vir ‘n oog en
niks meer nie (Marshall 2001:80). Alhoewel die formulering van die beginsel fisiese
verminking impliseer, is daar baie redes om te aanvaar dat dit nooit letterlik verstaan
of toegepas is as ‘n strafmaatreêl nie, behalwe in die geval van sekere ernstige
oortredings (Marshall 2001:80):
-
Daar is te veel gevalle waar die toediening van ‘n presiese ekwivalente straf op die
oortreder nie letterlik uitvoerbaar was nie, bv, as ‘n persoon wat blind in een oog is,
se ander oog vernietig moes word, sou die vereiste van ‘n enkele oog van die
oortreder nie ewewigtig wees nie, omdat slegs een party dan heeltemal blind sou
wees.
-
Niks word gesê oor hoe hierdie regsbeginsel geïmplimenteer moes word nie.
Bybelse reg het bv. nie voorsiening gemaak vir ‘n beampte verbonde aan die hof wat
fisiese verminkings moes uitvoer nie.
-
Die blote feit dat in sekere gevalle, soos by moord en afgodery, die reg spesifiek
bepaal het dat ‘n oortreder nie jammer gekry mag word nie, (bv. Deuteronomium
13:8) impliseer dat in ander gevalle, insluitende doodslag per ongeluk, dat die
besering vergoed kon word deur monetêre vergoeding (Eksodus 21:30).
Dit wil dus voorkom asof die lex talionis van die begin af ingestel is om die beginsel
van ewewigtigheid uit te druk op so ‘n wyse dat dit nie vergeet sou word nie. Dit was
verstaan asof dit nie fisiese strawwe sou vereis nie, maar strawwe wat die erns van
die oortreding sou beklemtoon en moreel gelyk en materieel proporsioneel sou wees
(Marshall 2001:83-84).Dit is heel waarskynlik dat vanaf die vroegste tye hierdie
strawwe die vorm van monetêre vergoeding aangeneem het, behalwe in die geval
van voorbedagte moord waar dit sy letterlike betekenis behou het (Marshall
35
2001:84). Hieruit blyk dit weer eens dat retribusie en restorasie hand aan hand
geloop het.
4.4 GOD SE GEREGTIGHEID BY PAULUS EN JESUS:
4.4.1 Paulus
Geregtigheid en God se geregtigheid of reg is ‘n sentrale tema van Paulus se brief aan
die Romeine. Vier aspekte is hier van belang: Paulus se doelbewuste gebruik van
regstaal om God se verlossing in Christus te verduidelik; sy idee van goddelike reg as ‘n
reddende
herstellende
geregtigheid
meer
as
retributiewe
geregtigheid;
sy
gebruikmaking van die idee van die regverdiging deur geloof in sy teologie en sy
verstaan van die kruis van Christus as ‘n middel tot emansipasie en nie as
plaasvervangende straf nie (Marshall 2001:38, 40).
Paulus toon aan dat die evangelie alles te doen het met geregtigheid en reg. Dit is ‘n
uitdrukking van God se geregtigheid (Romeine 1:7) (Marshall 2001:41).
Terselfdertyd is dit ‘n uitdrukking van reg vir die onderdrukte.
Deur die kruis van
Christus het God geregtigheid bewerk vir dié wat onderdruk is deur die wet, die sonde
en dood, dié wat hulleself nie kan bevry van hierdie onderdrukkers nie. In Romeine
3:26 sê hy bv. dat God regverdig oordeel deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo
(Marshall 2001:41). Hiervolgens is geregtigheid primêr ‘n regsbegrip wat te doen het
met die regstatus van ‘n mens voor God. Paulus sien God as ‘n koninklike regter voor
wie sondaars aangekla word. Alhoewel hulle oordeel verdien word hulle uit genade
vrygespreek. Daar is egter meer tot ons geregtigheid as net ons vryspraak en die
regverdiging van God se wette (Marshall 2001:42).
Paulus se teologie van geregtigheid is gebaseer op Joodse voorveronderstellings soos
in die Ou Testament beskryf.
God se geregtigheid word volledig in die evangelie
geopenbaar, omdat dit in die eerste plek aantoon dat God die sonde van sy
verbondsvolk met dodelike erns hanteer. God het Israel en die res van die mensdom
beide onder sy oordeel gestel vanweë hulle oortreding van die verbond, maar in die
tweede plek het Hy nie Sy verbondsbeloftes verbreek om steeds hulle God te wees en
hulle te bevry van onderdrukking nie. God behou sy geloof in Israel deur Christus as
versoeningsoffer te gee en sodoende met die sonde klaar te speel en só het Hy
36
opgetree om Israel te herstel tot die volle verbondsverhouding (Marshall 2001:58).
Omdat hierdie voordeel van Christus se versoening vryelik beskikbaar is vir almal, deur
geloof, vir vreemdelinge en Jode, word die onpartydigheid van God se geregtigheid
verder bevestig (Marshall 2001:58).
Dit word baie keer beweer dat God se genade aan die mensdom slegs moontlik was
omdat retributiewe geregtigheid volvoer is deur die plaasvervangende straf van
Christus. Daar word gesê dat God die straf van sy oordeel oor die mensdom wat die
wet vereis het, uitgevoer het op ‘n plaasvervanger. Ons skuld en straf was op Christus
oorgedra en sy vryspraak was aan ons toegereken (Marshall 2001:60).
Paulus se seining is egter nie in ooreenstemminig met bogenoemde siening nie. Hy
beskou nie Christus se offerdood as ‘n daad van plaasvervangende straf om God se
toorn te bevredig nie. Christus se dood het wel ‘n plaasvervangende dimensie, maar
nie in die sin dat een persoon ‘n ander vervang nie, maar in die sin dat een persoon al
die ander verteenwoordig. Christus het nie soseer in die plek van sondaars gesterf nie,
maar namens sondaars as hulle korporatiewe verteenwoordiger (Marshall 2001:61). In
Paulus se verstaan van Christus se sterwe het die gevalle mensdom saam en deur hom
op ‘n misterieuse wyse gesterwe. Die plaasvervangende aspek van Christus se sterwe
is nie van toepassing op sy rol as ‘n onskuldige derde party wat in die plek van die
mensdom God se straf dra nie, maar van God se optrede (in Christus) wat homself
vervang in die plek van die mensdom in die aangesig van die sonde. God self was die
subjek wat die versoenende offer, Christus, in die wêreld gestuur het (Romeine 8:3)
om so dié wêreld met homself te versoen (2 Kor. 5:19) (Marshall 2001:62).
Paulus sien dus nie die kruisiging as een of ander goddelike straf nie. Selfs die feit dat
hy na Christus se dood in offerterme verwys, beskou hy nie as retributiewe straf nie,
maar as boetedoening.
Christus se dood dien dus as die
wegneem van ons
sondeskuld wat die weg baan vir herstel en vernuwing, nie om God se toorn te kalmeer
deur straf nie (Marshall 2001:63-64).
Christus se dood is ‘n daad van geregtigheid, omdat dit God se onfeilbare toewyding
aan sy mense demonstreer en omdat dit bevry, reinig, genees en herstel. God se liefde
is die dryfveer van sy geregtigheid en Hy is geregverdig om ons te vergewe op grond
37
van Sy liefde en nie op grond van ‘n ekwivalente bevrediging van straf wat aan hom
betaal is deur die dood van Jesus nie (Marshall 2001:67-68). God se geregtigheid
word dus gehandhaaf nie deur vervolging en straf nie, maar deur vergifnis, restitusie en
bevryding – wat ‘n uitstekende voorbeeld van herstellende geregtigheid is (Marshall
2001:68).
Dit is hierdie karakter van goddelike geregtigheid wat die model daarstel vir Christene
se etiese optrede. Juis omdat Christene vrygemaak is van sonde, het hulle slawe van
God se bevrydende geregtigheid geword om só instrumente te wees van herstellende
geregtigheid in God se gebroke wêreld (Marshall 2001:69).
Toegepas op die strafregstelsel beteken dit onder andere die volgende:
-
Om die kwaad ernstig op te neem, oortreders verantwoordelik te hou en hulle op te roep
tot bekering soos God met Israel gedoen het (Romeine 1-2);
-
Om nie ons verhouding met oortreders te ontken nie of om hulle aan hulleself oor te laat
nie, of om hulle uit te sluit van die gemeenskap
nie net soos God lojaal bly aan
sondaars (Romeine 3);
-
Om nie oortreders bloot as kwaaddoeners te sien nie, maar ook as slagoffers van die
vernietigende mag van die sonde waaruit hulle bevry en vernuwe moet word;
-
Om nie hulle straf per se as voldoening aan geregtigheid te beskou nie.
Ware
geregtigheid is geleë in herstel van verhoudings en die herskepping van shalom
(Romeine 5) (Marshall 2001:69).
4.4.2 Jesus
Terwyl Paulus die kruis en opstanding van Jesus Christus as die fokuspunt van God se
geregtigheid beskou, beskou die evangelieskrywers Jesus se hele lewe en bediening as
‘n demonstrasie van goddelike geregtigheid (Marshall 2001:69). Volgens die Sinoptiese
tradisie was die belangrikste aspek van Jesus se bediening die aankondiging en
vestiging van die eskatalogiese koninkryk van God (Marshall 2001:70). Marshall toon
aan dat daar drie fasette is van Jesus se koninkryk verkondiging (Marshall 2001:70-71):
38
Die eerste is dat die koms van God se koninkryk beteken dat God se eindtyd- mag
teenwoordig is om dinge reg te stel op die aarde in ooreenstemming met Sy uiteindelike
bedoeling met die skepping.
Dit word veral gesien in Jesus se wonderwerke en
duiweluitdrywing.
Tweedens beteken die koms van die koninkryk dat God se persoonlike teenwoordigheid
daar is om mense in ‘n nuwe verhouding van intimiteit met God te bring. Dit word veral
gesien in Jesus se tafelgemeenskap met uitgeworpenes, sy vergifnis van sonde en sy
klem om God as “Abba” (Vader) aan te spreek.
Ten derde beteken die koms van die koninkryk die skepping van ‘n messiaanse
gemeenskap wat so nuut leef in die ou wêreld dat hulle die onregverdige status quo
uitdaag deur hulle blote bestaan as ‘n gemeenskap van gelykes.
Jesus se volgelinge word dus opgeroep om te strewe na die oorwinning van God se
koninklike geregtigheid op aarde, ‘n genesende geregtigheid wat dit wat verkeerd is,
regstel en ook ‘n lydende geregtigheid wat onreg verdra sonder weerwraak en vergifnis
bewys (Marshall 2001:71-72).
4.4.2.1 Vergifnis
Jesus het herhaaldelik klem daarop gelê dat sy hoorders diegene wat hulle benadeel
het, moet vergewe. Hy vereis egter ‘n onbeperkte gesindheid om te vergewe (Marshall
2001:72). Dit word goed geïllustreer in Matteus 18:21-22 waar Petrus vra:
“Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerd teen my
doen? Selfs sewe keer?” Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer
nie, maar sewentig maal sewe keer.”
Hierdeur verhoed Jesus enige poging om oortredings te bereken as dit by vergifnis
kom. Jesus se volgelinge moet vergewe, en aanhou vergewe sonder om die koste te
bereken. ‘n Verpligting word hierdeur op die mesiaanse gemeenskap gelê om ‘n sigbare
gemeenskap van vergifnis te wees, om só te demonstreer waaroor God se heerskappy
eintlik gaan (Marshall 2001:73). Vir ‘n gebroke verhouding om herstel te word is
vergifnis deur die slagoffer nie genoeg nie; daar moet bekering wees by die oortreder
aangesien verhoudings-herstel altyd ‘n wedersydse proses is. Maar selfs as daar geen
39
bekering is nie en selfs as die verhouding nie herstel kan word nie, is die dissipel steeds
verplig om te vergewe; Jesus het immers sy moordenaars vergewe sonder dat hulle tot
inkeer gekom het (Lukas 23:34) (Marshall 2001:73). Menslike vergifnis word gemotiveer
deur die gelowige se geweldige sin van dankbaarheid aan God vir Sy genadige
vergifnis van hulle sonde en om genadig te wees soos Hy genadig is (Matteus 5:48)
(Marshall 2001:75).
Die messiaanse gemeenskap is die plek waar God se
eskatalogiese genade ‘n sosiale werklikheid word (Marshall 2001:77).
4.4.2.2 Jesus en die Lex Talionis
Die lex talionis het, soos reeds hierbo aangedui, ‘n belangrike en legitieme rol gespeel
in die bybelse en Joodse geregtigheid. Jesus se lering hieroor word egter in sterk
teenstelling daarteen geplaas in Matteus 5:38-42:
“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Maar
Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As
iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As
iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As
iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee
kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen,
nie afwys nie.”
Dit is onwaarskynlik dat Jesus probleme sou hê met die restoratiewe implikasies van
die lex talionis. Dit is meer waarskynlik dat Jesus sy hoorders wou uitnooi om te leer
om op onreg te reageer op wyses wat die beginsel van ewewigtigheid in die lex
transendeer en om die genadige goedheid van goddelike geregtigheid na te streef
(Marshall 2001:85). Vir Jesus is die beginsel van proporsionaliteit wat deel van die lex is
nie die hart van geregtigheid nie. Daar is iets meer fundamenteel nodig om by ware
geregtigheid uit te kom as geregverdigde weerwraak.
Hulle wat lewe in God se
koninkryk moet dus meer doen as om bloot weerwraak te beperk of geweld te
kanaliseer, hulle moet ‘n vredemakende geregtigheid praktiseer wat heenwys na die
doel van die koninkryk (Marshall 2001:85).
Jesus is nie besig om die Ou Testamentiese gebod af te skaf nie, maar eerder om dit
eenkant toe te skuif as ‘n geldende norm vir die optrede van sy volgelinge. Die reg se
40
behoefte om stabiliteit en reg te handhaaf word vervang deur Jesus se belang van niegeweldadige, lydende goedheid deur hulle wat onregverdig behandel is (Marshall
2001:86).
Al vier die voorbeelde
wat hier in Matteus 5:43-48 genoem word, is
voorbeelde van nie-geweldadige liefde teenoor ‘n vyand in situasies waar die reg ‘n
meer vyandige optrede mag sanksioneer (Marshall 2001:87). Elkeen van die
voorbeelde onderstreep dieselfde punt: Jesus se volgelinge moet nie terugslaan of
dagvaar vir skade nie, maar moet inteendeel versoenende, selflose liefde praktiseer wat
hulle teenstanders meer as halfpad tegemoetkom. Jesus se doel was nie om een
regsreël te vervang deur ‘n ander nie, maar om eerder klem te lê op verhoudings waarin
sonde en die self nie langer die beherende faktore is nie. Die grondslag van ‘n mens se
optrede is die herstelde verhoudings tussen individue waar die ander se belange
voorkeur geniet (Marshall 2001:88-89).
Wat Jesus deur sy lering en optrede duidelik maak, is dat ware geregtigheid, die
geregtigheid wat dinge beter maak, nooit plaasvind deur bloot die reëls na te kom nie,
ongeag hoe regverdig hulle ook mag wees , of deur jou regte af te dwing nie, hoe
geregverdig dit ookal mag wees nie. Dit word slegs bereik wanneer verhoudings herstel
word en die destruktiewe mag van die bose oorwin word en dit vereis ‘n vrye keuse om
afstand te doen van die beginsel van ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand (Marshall
2001:92).
41
5.
DIE KERK SE ROL IN HERSTELLENDE GEREGTIGHEID
Die kerk is essensieël vir herstellende geregtigheid.
Dit is baie beslis die kerk se
besigheid. Christene word opgeroep om bedienaars van versoening te wees, om te help
om Shalom te weeg te bring. (Zehr 1999:147) Slagoffer-oortreder mediasie is een van die
beste geleenthede wat vir die kerk beskikbaar is om sy missie in die wêreld uit te leef.
Slegs as die kerk daadwerklik optree sal die waardes van genesing en versoening in die
samelewing sigbaar word. Die kerk moet nie net hierdie prosesse ondersteun nie, maar dit
ook inisieer. Op hierdie manier sal die kerk op ‘n konkrete wyse aan die slagoffers se
behoeftes voldoen (Zehr 1999:147-148).
Die Christian Reformed Church of North America se komitee oor die studie van
herstellende geregtigheid, het die volgende spesifieke temas van die herstellende
geregtigheidsbeweging as prysenswaardig en ondersteuningswaardig beskou (CSRJ
2005:33-34):
a) Hulle
ondersteun
die
herstellende
geregtigheidsbeweging
se
klem
op
die
verhoudingsaspekte van geregtigheid. Volgens hulle is die huidige strafregsisteem onnodig
adversatief deurdat dit die staat teenoor die oortreder stel, slagoffers teenoor oortreders
stel en die gemeenskap teen oortreders;
b) Die herstellende geregtigheidsbeweging se besorgdheid oor die slagoffer is baie belangrik
omdat daar nog nie genoeg aandag aan die belange van die slagoffers gegee word nie;
c) Die beweging se besorgdheid vir die herstel van oortreders. Die pad van herstel is ‘n
moeilike een omdat dit beteken dat die oortreder verantwoordelikheid moet neem vir sy
oortreding, moet probeer om waar moontlik die leed te herstel en die gevolge te dra van sy
oortreding;
d) Die pogings om die gemeenskap te betrek by die strafregproses.
Herstellende
geregtigheid veronderstel ‘n meer bybelse, verbondsverstaan van gemeenskap as wat in
die praktyk van ons gemeenskappe bestaan;
42
e) Die pogings om herstel of shalom die eerste en laaste aspek van die strafregproses te
maak;
f) Die oproep om minder staat te maak op gevangenisstraf as die oorheersende vorm van
straf. Alhoewel gevangenisstraf die gemeenskap beskerm teen gevaarlike oortreders, moet
die meeste van hulle eendag terugkeer na die gemeenskap, verander of nie, maar negatief
geraak deur die ervaring van gevangenisstraf;
g) Die pogings om spesifiek Christelike waardes in die praktyk van die strafregsisteem in te
bring.
Bo en behalwe die ondersteuning van die herstellende geregtigheidsbeweging is dit ook
belangrik dat die kerk (ook as plaaslike gemeenskap van gelowiges) haar eie huis in orde
kry. Die kerk het baie keer die slagoffers van misdaad geïgnoreer en teenoor misdaad
gereageer met ‘n retributiewe lens wat by die breër gemeenskap geleen is. Die apostel
Paulus het Christene gewaarsku om nie hulle geskille na die staat se howe te neem nie,
wat uiteraard op ander veronderstellings gebaseer is (Zehr 2005:226). Hy het aanvaar dat
die kerk haar eie alternatiewe strukture behoort te ontwikkel om verbondsgeregtigheid te
implementeer. Die manier waarop ons binne die kerk konflik hanteer, behoort ‘n
herstellende verstaan te inkorporeer. Op hierdie manier kan die kerk ‘n voorbeeld vir ander
wees (Zehr 2005:227).
Buite die kerk behoort sy die herstellende lens saam te neem en behoort die kerk die weg
te baan om alternatiewe strukture binne die samelewing daar te stel wat kan dien as
modelle van hoe so ‘n siening
behoort te werk (Zehr 2005:226). In hierdie publieke
betrokkenheid sal ook meer radikaal gefokus moet word op verandering en bekering. In
dié verband kan die volgende benadering van T.Richard Snyder die kerk baie help:
“If our response to crime is to become truly restorative, it must go beyond loving care
and volunteer programs. As important as these are, they are not the whole picture.
Because the system is punitive rather than restorative, it needs to be changed
fundamentally.....
First, it is important to end our reliance on imprisonment and to adopt the various
successful alternatives that have been developed throughout the world, including within
43
our own nation. This demands political conversion. Second, it is imperative that we
address the causes of crime and not simply its manifestations. This demands economic
conversion. Third, a spirit of healing and redemption must replace the spirit of
punishment that drives our criminal justice system. This requires a conversion of the
culture. Each of these changes represents a radicalism that can only be described as
conversion – a fundamental turning around, an entirely new approach.”(Snyder
2001:144).
Ander aspekte waarby die kerk betrokke kan raak, is die volgende:
-
Kerke (en hulle lidmate) kan pleitbesorgers wees vir die verandering van wetgewing om ‘n
herstellende geregtigheid perspektief in die strafregsisteem te bevorder (CSRJ 2005:34).
Die kerk se betrokkenheid hierby kan soos volg verduidelik word:
“To speak of the conversion of the criminal justice system inevitably involves us in
public policy. While it is impossible to legislate morality, it is certainly possible to create
public policies that either enhance or impede justice, truth, and goodness. One cannot
expect radical conversion through public policy developments alone, of course, since
public policies are the product of debate and compromise. The best we can hope to do
is to set a direction that, over time, might result in a fundamental paradigm shift from a
punitive to a restorative goal. Our current policies are in need of fundamental
conversion.” (Snyder 2001:146).
-
Kerke (en hulle lidmate) kan betrokke raak by herstellende geregtigheidspogings deur meer
uit te vind oor herstellende geregtigheidsinisiatiewe in hulle onmiddellike omgewings en
saam te werk met groepe wat reeds daarby betrokke is (CSRJ 2005:34);
-
Kerke (en hulle lidmate) kan slagoffers van misdaad ondersteun (CSRJ 2005:34);
In dié
verband is die volgende opmerkings van Marietta Jager Lane wie se dogter vermoor is,
baie belangrik:
“Many churches have prison ministries, but I don’t know of one church that has a victim
ministry. Most often, victim families become isolated. People do not want to intrude on
44
victims’ privacy, fearing that a visit might remind them of something they have been
trying to forget. There is also a psychological phenomenon that is unconscious that
says, ‘If I keep my distance, this terrible violence won’t happen to me.’ But victim
families need to be held, loved, prayed for, and listened to.They need to continually
process their rage, loss, and grief so it won’t fester. The Christian community that
upholds the value of life and forgiveness needs to be present so that when the victims
have processed most of their pain, they hear that the next, best move is to give God
permission to change their hearts.” (Enns and Myers 2009:67).
-
Kerke (en hulle lidmate) kan by gevangenisbediening betrokke raak (CSRJ 2005:34).
-
Kerke (en hulle lidmate) kan die gesinne en families van oortreders en voormalige
oortreders help (CSRJ 2005:35).
-
Kerke (en hulle lidmate) kan help met die re-integrasie van gevangenes in hulle
gemeenskappe. Hierdie is baie harde werk, maar baie belangrik (CSRJ 2005:35). Die
volgende opmerking van T. Richard Snyder verduidelik hoe so ‘n bediening kan lyk:
“Churches can become communities of welcome, whether they are in the old
neighbourhood to which the released prisoner has returned or in a new neighbourhood.
Some churches have adopted men and women while in prison and, upon release, taken
them into their lives, helping them to receive job training, find housing, get a job, make
friends, and build a new life. It is important that the adoption of a prisoner begin long
before his or her release. The gap separating those on the inside from those on the
outside is almost as insurmountable as the gap that separated the rich man and
Lazarus. Stereotypes, misunderstandings, cultural differences, fears, prejudice, and
ignorance all strain the tenuous relationship. Building a relationship that can survive for
the long haul is an important task that takes time, patience, and understanding.”
(Snyder 2001:138).
-
Kerke (en hulle lidmate) kan die praktyk van herstellende geregtigheid bevorder in huise,
skole en kerke.
45
6.
GEVOLGTREKKINGS
Herstellende geregtigheid begin ‘n al groter rol speel in die Suid-Afrikaanse Strafregstelsel.
Dit sluit egter nie die toepassing van retribusie uit nie.
Uit die bybelse materiaal wat beskryf is, blyk dat retribusie ten doel moet hê dat restorasie
kan plaasvind.
Beide die Ou- en Nuwe Testamentiese materiaal wat behandel is, dui
daarop dat retribusie en herstellende geregtigheid kan saamwerk.
Wat ook baie duidelik blyk uit die bybelse materiaal is dat daar ‘n baie sterk bybelse basis
vir herstellende geregtigheid is en dat dit eintlik ‘n belangrike aspek van die bybelse
boodskap verteenwoordig. Eintlik behoort Christene aan die voorpunt van die herstellende
geregtigheidsbeweging te wees.
Dit is ook duidelik dat die kerk in Suid-Afrika dus ‘n belangrike rol te speel het in die
bevordering en toepassing van herstellende geregtigheid in die Suid-Afrikaanse
Strafregstelsel. Pierre Allard en Wayne Northey se opmerkings in die verband is ‘n goeie
aanduiding hiervan:
“As Christians return to the spiritual roots of restorative justice, they will be challenged
to discover new ways of doing justice. Repentance, or ‘changing one’s course in life’,
should lead to a commitment to influence through servanthood and not through power;
to change one’s perspectives on crime in the knowledge that the line dividing good and
evil cuts through every human begin. Restorative justice is a call to build new
communities where acceptance and reconciliation are realities. Restoration and
reconciliation are lived in the community of the covenant of love between God and
humankind, and between individual persons. It is becoming part of a community
committed to justice in a world of injustices, a community committed to listening to all
sides when crime happens, and a community committed to truth beyond the ‘guilty / not
guilty’ dichotomy. It is becoming a community committed to offering opportunities for
reparation and peacemaking so that offenders and victims find healing in a community
of hope.” (Allard en Northey 2003:166-167).
46
7.
BIBLIOGRAFIE.
1.
Allard, P and Northey, W 2003.
Christianity: The rediscovery of restorative justice, in
Johnstone, G (ed). A Restorative Justice Reader: Texts, Sources, Context. Portland, OR:
Willan Publishing.
2.
Anderson, A M 2003. Restorative justice, the African philosophy of Ubuntu and the diversion
of criminal prosecution, Paper presented at the 17th International Conference of the
International Society for the Reform of Criminal Law, the Hague Netherlands.
3.
Brunk, C 2001. Restorative Justice and the philosophical theories of criminal punishment. in
Hadley,M L (ed) The Spiritual Roots of Restorative Justice. Albany, NY: State University of
New York Press.
4.
Burnside, J 2007. Retribution and restoration in Biblical texts in Johnstone, G and Van Ness,
D (ed): Handbook or Restorative Justice: Portland, OR: Willan Publishing.
5.
Elechi, O O 2004. Human Rights and the African Indigenous Justice System. Paper presented
at the 18th International Conference of the International Society for the reform of Criminal Law,
8-12 August 2004 Montreal, Quebec.
6.
Enns, E & Myers, C 2009. Ambassadors of Reconciliation Volume 2. Maryknoll, New York:
Orbis Books
7.
Hargovan, H. 2008 Knocking and entering: Restorative Justice Arrives at the Courts. Acta
Criminologica Crimsa Conference Special Edition 1:22-40.
8.
Johnstone, G and Van Ness, D (ed) 2007. Handbook of Restorative Justice. Portland, OR:
Willan Publishing.
9.
Kgosimore, D L 2002. Restorative justice as an alternative way of dealing with crime. Acta
Criminologica 15(2) 69-76
47
10.
Marshall, C D 2001. Beyond Retribution - A New Testament Vision for Justice, Crime and
Punishment. Grand Rapids: Eerdmans.
12.
Marshall, C 2005. Biblical Justice. Intercourse: Good Books.
13.
Report from Committee to Study Restorative Justice (CSRJ) 2005. Christian Reformed
Church. Grand Rapids, MI.
http://www.crcna.org/site_uploads/uploads/osjha/2005_Report_justice.pdf 2011-10-19.
14.
Roche, D 2007. Retribution and restorative Justice, in Johnstone and Van Ness 2007:75-89
15.
Skelton, A 2007. Tapping Indigenous knowledge: traditional conflict resolution, restorative
justice and the denunciation of crime in South Africa. Acta Juridica 28(2) 228-246.
16.
Skelton, A & Batley ,M 2008. Restorative justice: A contemporary South African review. Acta
Criminologica 21(3) 37-51
17.
Snyder, T R
2001. The Protestant Ethic and the Spirit of Punishment.
Grand Rapids:
Eerdmans.
18.
Tshehla, B 2004. The restorative justice bug bites the South African criminal justice system.
South African Journal of Criminal Justice 17(1) 1-16
19.
Tutu, D 2004. The Truth and Reconciliation Process – Restorative Justice. Lecture delivered in
the Longford Lecture Series, Canada on 16 February 2004.
20.
United Nations Office on Drugs and Crime. 2006. Handbook on Restorative Justice
Programmes. Criminal Justice Handbook Series
http://www.unodc.org/pdf/criminal_justice/06- 56290_Ebook.pdf 2011-10-19.
21.
Van Ness,D W 2002. Creating restorative systems.In Walgrave, L.(ed) Restorative justice and
the law. London, UK: Willan Publishing.
48
22.
Yoder, P B 1987. Shalom: The Bible’s Word for Salvation, Justice and Peace. Nappanee
Evangel Publishing House.
23.
Zehr, H 1999.Restoring Justice in Lampman,L & Shattuck, M (ed) God and the Victim
Theological Reflections on Evil,Victimization, Justice and Forgiveness. Grand Rapids:
Eerdmans
24.
Zehr, H 2005. Changing Lenses: A New Focus for Crime and Punishment.
3rd Edition.
Scottdale Herald Press.
25.
Zehr, H 2002. The Little Book of Restorative Justice. Intercourse : Good Books.
26.
Washington, J M (ed) 1986. A testament of hope:The essential writings and speeches of
Martin Luther King, Jr . San Francisco: HarperSan Francisco.
WETTE:
Child Justice Act, Wet 75 van 2008
Strafproseswet, Wet 51 van 1977
Wet op Proefdienste, Wet 116 van 1991
SAAKVERWYSINGS:
S v Shilubane 2008(1) SASV 295 (TPD)
S v Maluleke 2008(1) SASV 49 (TPD)
S v Matyityi 2011(1) SASV 40 (HHA)
49
8.
ENGLISH SUMMARY:
The title of this mini dissertation is: “The role of the church in respect of restorative justice in
the South African criminal justice system: a theological ethical perspective”. The purpose of
this study is to investigate the concept of restorative justice from a theological ethical
perspective and to see how it is applied in the South African criminal justice system so that it
can be determined what role the church can play in this regard.
In the South African criminal justice system, the focus has been on the perpetrator and how
she/he has come into conflict with the state. The fact that in most crimes, victims are affected
by the crime, has traditionally not been taken seriously.
In this regard the concept of
restorative justice can play a vital role.
In the second chapter the concept of restorative justice is explained and it is shown what its
relationship to retribution is. Various definitions of restorative justice is then given and it is then
shown how restorative justice and the concept of ubuntu are interlinked.
In Chapter 3, the role of restorative justice in the South African criminal justice system, is
discussed. It is shown that restorative justice is already being implemented at various stages
of the criminal justice system and also how the Child Justice Act, Act 75 of 2008, has made
restorative justice an essential aspect of the child justice system.
It then sets out in Chapter 4 the Biblical basis for restorative justice in both the Old and New
Testaments and argues that Biblical justice is essentially restorative in nature. It is pointed out
that the foundations of Biblical justice are Shalom, Covenant and Torah. On this basis it is
then indicated that Biblical justice is an attribute of God, an object of hope and a primary
obligation. It leads to a commitment to action and is a relational reality. Because of this
relational aspect, it is then indicated how justice is a restorative activity. The Lex Talionis is
then discussed and it is shown how retribution and restoration can walk hand in hand as two
sides of the same coin. Jesus and Paul’s understanding of Justice is then discussed. In
Jesus’s attitude towards forgiveness and the Lex Talionis, it is shown how the restoration of
relationships are of primary concern to him. Paul’s view of Justice is then discussed and it is
shown that for him Christ’s death is an act of justice which is driven by his love and therefore
also restorative in nature.
50
In the last chaper, the role of the Church in Restorative Justice, is discussed. It is shown how
churches can support the Restorative Justice movement and mobilize the community to assist
in making restorative justice an integrecial part of the criminial justice system. Finally,
suggestions are made as to how churches (and their members) can get involved with victims
and perpetrators of crime.
51
9. TREFWOORDE:
Herstellende geregtigheid
Retribusie
Oortreders
Slagoffers
Suid-Afrikaanse strafregsisteem
Kindergeregtigheidswet
Ubuntu
Bybelse geregtigheid
Shalom
Verbond
Lex Talionis
Rol van die Kerk
Fly UP