Comments
Transcript
5.5.010 Kerkplein Klubhuis van die Pretoria Klub
5.5.010 Kerkplein [Erf nommer 277] Klubhuis van die Pretoria Klub Die klubhuis van die Pretoria Klub op erf nommer 277, op die noord-oostelike hoek van Kerkplein en Markstraat. Dit is nie bekend wanneer hierdie foto geneem is nie en ook nie wie die persone op die foto is nie. Pretoria was bekend vir die roosheinings rondom die erwe. Laatmiddag het die geur van rose glo oor die dorp gehang. Die heining op hierdie foto is heel moontlik een van die roosheinings. Bronne Rosa Swanepoel Versameling [Foto Kp5-005]